Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Fire!!

28 Kommentaar

Ek ruik rook.  Skielik word ek wakker en ek sukkel om asem te haal.  Ek strompel uit die bed uit en snak aanhoudend na my asem.  Die rook borrel orals om my.  Ek maak vir Liefie wakker en skreeu dat daar iewers ‘n brand in die huis is.  Hy spring op en hardloop na Zeethan se kamer toe en die vlamme staan hoog in sy kamer.  Hy strompel in die kamer in en gryp hom en gooi hom toe met die duvet wat hy van ons bed af geruk het.  Ons hardloop agterdeur toe en sukkel om die veiligheidsdeur oop te sluit om in die garage in te kom om die garage deur oop te maak om buite te kom. Maar ek het nie die remote vir die garage deur gegryp oppad uit nie!!!

Die rook raak al hoe meer….

Ek hardloop terug in die huis in om die garage deur se remote te kry ek druk die knoppie.  Ek druk sommer die panic button vir die sekuriteits maatskappy ook.  Die garage deur wil nie oopgaan nie.  Ek begin panic en skreeu vir Liefie die deur wil nie oop nie.  Haal eers die hakke van die deure af en sit die krag aan van die garagemotor skreeu hy vir my.  Toe onthou ek ons sluit mos elke aand die garage met hakke en sit die krag van die motor af sodat niemand die deur van buite kan af oop maak nie.

Ek skrik hygend wakker in koue sweet en besef dit was net ‘n droom.

Hoekom droom ek so ‘n droom….  Is dit omdat ek Vrydag by Izak se Firefighting blog gelees het oor “Fire Prevention” en besef het dat ons huis glad nie so veilig is as wat ek gedink het nie.  Op die sewe vrae wat hy vrae kon ek net nee antwoord op een en dis ook maar net omdat my man seker gemaak het dat al ons elektrisiteit in ons huis 120% korrek is, geen oorlaai op enige socket nie.

Ek besef dat ek die lysie sal moet druk en werk maak van dit.

vuur

Is your home fire safe?

I want to ask you only one question. Is your home safe if a fire should break out?  I don’t think so… Ask yourself these questions and if you answer NO to one of them then your home is NOT fire safe.

  1. Do I have fire extinguisher?
  2. Do I have a evacuation plan?
  3. Do I know the local fire department’s emergency number?
  4. Is my electrical wall sockets overload?
  5. Do my family know what to do in a emergency situation?
  6. Do I have a smoke alarm in my house?
  7. Do I keep different chemicals in my house or garage?

I thought so… I will explain how you can make your house fire safe.  Gaan lees gerus hier om te sien wat hy aanbeveel.

zee-signature2

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

28 thoughts on “Fire!!

  1. Genade. 1 uit 7 Ek sal moet gaan lees. (Ten minste het ek ‘n brandblusser!) 😉

  2. Zee ek is so bly jy het my post gelees en besluit om dit op jou plog te sit. Ek het geslaag in my doel, om een persoon te kry om te besef dat ons huise nie brand veilig is nie. Lol boendoe ek is bly jy het n blusser, die vraag is; is jou brandblusser se diens op datum? Hoop om nog meer mense bewus te maak van veiligheid deurdat Zee dit op haar blog gepost het. Baie dankie Zee!!!!

  3. Izak, never mind die op-datum-diens! Ek weet nie eens hoe die ding werk nie. Gebruik hom tans as deur-stop. 😳

    Ek sal definitief more bietjie by jou gaan lees.

  4. 0 uit 7
    Ek dog mens hardloop maar net buite toe en as ek ‘n brndblusser gehad het sou ek nie eers geweet het hoe om dit te gebruik nie. Nouja as jy nie ‘n plan het nie gaan dit niks help nie. Jou voorstelling het my aangeraak en ek gaan onmiddelik hiervan werk maak.
    Dankie Izak en dankie Zee

  5. 0 vir my ook. Dankie vir jou aaklige droom Zee. Ek voel skoon benoud. Ons is net te gerus!

  6. Ek is baie bang vir brande en vuur. My vriendin se man lei honde op om die oorsaak van brande uit te snuffel. Hulle doen ook brand ondersoeke. Dus julle kan dink hoe paranoid is ek. Ek hoor grusame stories!

  7. Ek het 3 uit die 7 maar moet bieg dat die brandalarm in die kombuis afgeskakel (of battery uitgehaal is) omdat die ding vir elke bietjie rook afgaan🙂. Omdat ons ver van die huis is, het ek ook ‘n sakkie met paspoorte en dokumente sodat mens dit ook net kan gryp.

  8. Vanoggend hoor ek by Liefie ons het ‘n brandblusser… Sowaar en waar is die nogal vra ek. In die garage… nou vra ek jou hoe moes ek dit wees, gaan mos nie in die garage in nie.. 😆 @ Boendoe, ek dink nie ek sal weet hoe om die brandblusser te gebruik nie so sou dit seker ook gebruik het om die deur oop hou as ek geweet het ons het ene.
    So ek het darem nou al 2 uit 7..

  9. Genade tog, amper gaan staan my hart, ek het dan nog gisteraand met jou gepraat!!!! 😆 😆 Ek het darem 5/7 gekry, maar ek dink dis eenvoudig omdat ons uit plantasiewêreld kom waar vuur deel van jou daaglikse bestaan is en mens so ingestel is daaroor. Nou beter ek gaan een eers die brandweer se nommer op my selfoon loop save en uitvind wat kos rook alarms… Dankie Zee en Izak, ons het nodig om dit te weet!

  10. Gendade! Dit klink nie na ‘n lekker droom nie!

  11. Vokkit, Zee! My hart het nou amper gaan staan! Hoe kan jy jou posting SOOO begin?!?! Donner, nou kort ek ‘n sterk dop vir my senuwees!

  12. Ons het brandblussers (wat gewoonlik op datum is, maar skielik besef ek hulle moes al verlede maand gediens gewees het!😯 ) Daar is twee in die sentrum, een in die kombuis, en een in elke kamer.

    Geen alarms, maar darem ‘n ontruimingsplan. Ek moes dit destyds doen vir my sentrum omdat ek werk met die publiek, en die prosedure moet aan elke nuwe student verduidelik word. Ek het dit toe sommer vir die huis ook gedoen. Dis gelamineer en op die yskas, so mens kyk elke dag daarin vas. Of ons dit inneem, is ‘n ander vraag…

    En ons het nie snaakse chemikalieë nie. Maar ek moet nou eers die ouens bel wat die blussers diens.

    Dankie vir die reminder, Zee!😉

  13. Gits ek is nou skoon angstig! Ek was nog nooit so verlig om te hoor dit was net ‘n droom nie! Sjoe. Maar ek sal seker die huis moet fire proof!

  14. Dankie tog dit was net ‘n droom! Maar die voordeel van so iets is dat dit mens meer paraat maak.

  15. Zee, jou inskrywing het my aan ons regte “nagmerrie” herinner van vroeër vanjaar. In plaas van ‘n lang kommentaar skryf, het ek sommer ‘n inskrywing daaroor gemaak op my blog.

    Dankie dat jy hierdie inskrywing gemaak het. Ek dink nie mens besef elke dag hoe belangrik dit is om genoeg voorsorgmaatreëls te tref nie!

  16. O griet.
    Ek vermoed ek gaan vanaand dieselfde nagmerrie as jy hê…

  17. Nee kyk julle, hierdie is nou ernstige sake. Gaan lees by Thea http://teatimewiththea.blogspot.com/2008/11/die-dag-toe-een-van-ons-huise-gebrand.html en as jy nog nie soos Dellie die plan teen jou yskas het nie, is dit nou die tyd om dit te doen. Kyk nou net hoe naby aan ons kuberdorpie het so iets gebeur!!

    Ek wil nie weet as dit regtig was nie, net die droom was al angswekkend genoeg vir my.

  18. lol! Ek lag vir party van die replies hier…ek het gedink jy wil ‘n storie skryf oor iets toe ek die eerste 2 reels lees!😉 bly dit was net ‘n droom! Ons het rook alarms hier in die dak wat ons ook in SA gehad het, my man is so “health and safety”-bewus nes die Engelse, hy kan omtrent vrek daaroor.

  19. o hel ek moet net nooit so droom droom nie, ek is vrek bang vir vuur, gelukkig vir jou was dit net ‘n droom!!! Ek is nou sommer nat gesweet net van lees van hierdie aaklige droom van jou!!

  20. Baie geluk! Jy het die Silwer Ponie gewen!

  21. Gits, jy kan seker dink wat eerste in my gedagtes opgekom het… Hehe. Bel jou more.

  22. Ons het so ‘n ruk terug ‘n brand in ons grasdak gehad. Gelukkig was ons wakker en kon dadelik reageer.

    Ek was beindruk (na die tyd) met my vrou se optrede. Ons het al voorheen so bietjie gesels oor wat ons sal doen as ons ‘n brand kry.

    Terwyl ek rondgehardloop het om die brand te blus, het sy die brandweer gebel, die karre uit die garage uit getrek, die honde na die bure geneem.

    Ja ek stem saam, dit is goed om ‘n noodplan te hê

  23. Wel boendoe as jy lately op jou blusser gekyk het sal jy sien hulle verduidelik nogal mooi hoe om dit te gebruik. Ek sal ook sommer kortliks hier verduidelik. Vat die blusser en skud hom so paar keer, dis net om die poeier los te maak, van al die staan sak dit maar af. Trek die veiligheids pen uit, slaan die knop in mik na die basis van die vlam en spuit. Ander blussers weer trek jy net die veiligheids pen uit en druk die handvatsel. Zee ek is bly om te sien dat ons n hele paar mense kon bewusmaak, dankie vir jou. ek sal maar n post gaan skryf oor hoe om n blusser te hanteer

  24. Ooooops vergeet ek om te se Dellie ek is bly om te hoor oor die blussers en die ontruimings plan. Weet nou nie of daar klein kindertjies is nie maar anyway dit sal sommer vir almal geld. Maak n speletjie van die ontruiming met kinders, speel-speel leer hulle meer as wat ons besef, oefen die kruip tegnieke wat ek verduidelik het, hulle geniet dit baie en so spandeer mens ook sommer lekker tyd saam.

  25. Jinne Izak, daar raak jy nou ‘n ander senuwee – daar is nie meer klein kiddies in ons huis nie, maar in die woonstel onder ons, waar my vriendin bly, wel! Ek gaan dadelik daarvan werk maak, die outjies moet ook weet wat om te doen, en ons sal sommer ‘n game daarvan maak, soos jy sê. Dankie, man!😉

  26. Okies julle op my blog het ek mooi verduidelik hoe om n blusser te gebruik en watter soort blusser vir watter soort brand. Sandra om te reply op die alarm, ek stel voor haal hom uit en sit dit in n vertrek die naaste aan die kombuis, dit kan wees dat die stoom ens. van elke dag se kos maak dit so bietjie deur mekaar maak😉 en onthou om hom gereeld skoon te maak stof kan aanpak en die sensors “toe” maak.

  27. EK trust nie brandblussers nie. Ons het ‘n brandblusser in die kantoor gehad by ‘n plek waar ek gewerk het. Toe die een dame se rekenaar uitbrand, en die ding aan die brand slaan, het sy die pc met die brandblusser gegooi.

    Dit het NIE GEWERK NIE.

    Sy was verplig om haar glas water oor die flamme te gooi, en toe trip die krag.

    Die baas was baie kwaad vir haar…

    Brandblussers kan jou in die moeilikheid laat beland.

  28. roflmao fixxxer, ja nee seker blond ne?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s