Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

My spesiale verjaarsdag wense!!

16 Kommentaar

Eerstens wil ek aan almal wat gister vir my boodskappies gelos het, gebel het, gesms het, gemail het, geskype het, Baie dankie sê.  Julle het my so spesiaal laat voel. 

Liefie het my gisteraand so surprise… nie gedink hy kan dit nog doen nie.  Ek wou eers Rustig se reseppie doen, maar nee, ek was te lui, ok, volgende opsie was dan maar pizza.  Liefie sê toe kom ons ry gou, hy wil net gou iets gaan doen by ons vriendin se restaurant.  Haar krag bly trip met die reën.  Ons stop by die plekkie en omw, daar was ons spesiale tafeltjie gedek, sjampers op die ys en kerse!!  Dankie my lief dat jy my dag so mooi afgesluit het!  Ek kon nie vir ‘n beter dag gevra het nie.

TOT VANOGGEND……….

Dit het my ‘n rukkie gevat om van my trane ontslae te raak…… Tsk, ek het nou nog ‘n knop in my keel.

verjaarsdag

JULLE IS BAIE SPESIAAL………………………….

Nooit in my wildste drome het ek ooit so iets verwag nie.. Ek is vandag speechless!!

BAIE BAIE BAIE DANKIE!!!!

zee-signature2

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

16 thoughts on “My spesiale verjaarsdag wense!!

  1. 😆 😆 Wat het jy nou weer gese oor die ‘band van vriendskap’? Hoop jy’t ‘n lekker dag gehad!

    (Maar jislaaik, eervolle vermelding aan Botter wat dit so flippen oulik saamgestel het!)

  2. Boendoe, ja… slegte maniere van my. Bottertjie jy dis darem maar oulik jong!! (ook met al die gekonkel😆 )

  3. Ag, dis ‘n plesier, my dier! ‘n Spesiale ietsie vir ‘n spesiale dame!

  4. Hoop jy het ‘n heerlike dag gehad, Zee. En ek moet net sê, hier is darem ‘n klomp kunstige ‘artists’ op die net – julle kaartjies is pragtig!
    Geniet jul naweek!

  5. Baie oulike kaartjies.
    Hoop die naweek hou jy sommer nog steeds verjaardag.

  6. Veels geluk liewe Zee, omdat jy verjaar het!!!

  7. oh fekkit…jy’t verjaar en is agter die klip! Hoop dit was ‘n lekker een en dat die voorspoed jou in die nuwe jaar sal verveel!😆 mooi jaar!

  8. Bly jy het dit geniet Zeetjie. x

    Botter, jy’s ‘n ou doring!😉

  9. Mag jou jaar geseend wees met geluk, vrede en liefde!

  10. Ek is bly jy het dit geniet Zee!
    Baie dankie Bottertjie! 🙂
    Kaalvoet het gesê ek moet haar gelukwense oordra met jou verjaarsdag🙂

    Zee se Liefie is darem oulik om haar so te bederf🙂

  11. Hallo Zee

    Baie, baie geluk vir gister – bly jy was so bederf met boodskappies en meer. Mag jy ‘n wonderlike jaar voorentoe he.

    Liefde
    Ninette

  12. Ek’s bietjie laat in die kraal, maar nogtans baie geluk! 8)

  13. nou ja, hier kom die agter-os ook! BAIE BAIE geluk!! Ek hoop jou dag was vol van sonskyn en ‘n huppel in jou stap! Mag jy oorvloedig geseen word vir al die jare wat nog kom!!!

  14. Baie dankie almal, dit was ‘n wonderlike dag gewees!

  15. Dit is baie special en pragtig!! Ek glo mos dat daar EEN dag in mens se lewe is wat BAIE spesiaal is en dit is jou verjaardag! Mag die jaar wat voorle, net soos daardie dag weees….!

  16. Sjoe, jammer ek het dit gemis Zee!
    Dit lyk my jy het ‘n wonderlike dag gehad.
    Mag jy nog vele seeninge kry in die komdende jaar.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s