Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Band van vriendskap

21 Kommentaar

 

BAND VAN VRIENDSKAP

Deur Elize B

14/8/05 

 

Saggies het jy gekom en ‘n hand uitgesteek

van vriendskap en omgee, ‘n glimlag so breed.

 

Soms luister jy net of gee my ‘n Woord

as my lewenslied klink na ‘n valse akkoord …

 

Dan weer ‘n glimlag en ‘n stewige handdruk

as my ogies nat is en my skouers wil snik …

 

Jy sien ook my twyfel en weemoed soms raak,

vertel my van jou prag-kruik met sy eie seer-kraak..

 

Saggies-versigtig probeer jy my sê

mens kry nie altyd wat jy graag sou wou hê!

 

My lewe is hartseer en ek voel soms gedaan

maar as ek kyk na jóú vrede, dan stop dit mý traan.

 

Dankie dat jy ligvoet op my lewensskerwe trap,

jou nie daardeur laat afsit maar saam met my wil stap.

 

Jou vriendskap is ‘n seëning, opligtend, vol goud,

jy deel jou Jesus-liefde, jy’s die aarde se sout.

 

Mag mý vriendskap dan ook vir jou

opregtheid, kameradie en die Jesus-lig inhou …

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

21 thoughts on “Band van vriendskap

  1. Amen en Sela. Baie mooi, Zee.

  2. Dagse Zee

    Baie mooi en tog so waar van opregte vriendskap.

    Mooi bly

    Groete

  3. Zee, dankie dat jy ook saggies in my lewe gekom het en my onvoorwaardelik aanvaar het net soos ek is. Ek is jammer dat ek nie altyd die vriendin is wat jy vir my is nie.

    Dankie vir vandag.

  4. Zee baie mooi, dankie ook vir ons mooi vriendskap!

    Lekker verjaar môre ♪

  5. Thanks Boendoe. Elf het my gehelp om die mooi gedig te kry
    Dankie Tersia
    Ridder dankie en ja, dit is baie waar
    WnB, waarvan praat jy nou… jy is darem ‘n vriendin duisend vir my jong!!
    Wippie, ek sê vir jou dankie! Sjuut jong!

  6. Mooi inskrywing!

    Baie geluk met jou verjaarsdag Zee!! Mag jy ‘n baie geseënde nuwe lewensjaar hê en mag al jou drome waar word!!

  7. ♪ Happy birfday to yooooouuuuuuu . . . ♪

    Mag more en al die dae daarna net al hoe beter word!

  8. VANDAG IS JOU VERJAARSDAG!!! EN EK VIER SAAM MET JOU. HAPPY BIRTHDAY GIRLFRIEND…HOOP JY HET ‘N FANTASTIESE DAG…HIE HIE HA…- HARDE GIL VIR JOU X3!!! GROETE EN LIEFDE UIT BELGIE…MAG JY DIE KOMENDE JAAR SNEEU BELEEF VRIENDIN…LEKKER DAG HOOR.XXX

  9. ♪ Lekker verjaar ou maat, lekker verjaar! ♫

  10. Baie Geluk met jou verjaardag! Mag jy n dag vol lag en n jaar vol waarword-drome hê!

  11. Geluk, Zee’tjie! Hoop jy het ‘n wonderlike dag! 😆

    Ns. Het jy toe kreef gekry vir jou verjaardag?? 😉

  12. Zee,
    Veels geluk vriendin met jou verjaarsdag ♪ ♫ ♫ ♫ ♪
    Jy is so besonders en het soveel vir my beteken. Dis werklik ‘n voorreg om so ‘n geleentheid te kry om liefdevolle verjaasrdagwense aan jou te stuur, vir drome wat waar word en geluk wat ewig duur.

    ♪ Lekker verjaar ou maat, lekker verjaar! ♫

  13. Zee!!! Baie, baie geluk met jou verjaarsdag! Mag die jaar wat voorlê propvol liefde, seën, genade, bederf en rykdom wees!!

  14. Zee, baie geluk!

    Hoop jy geniet die daggie wat die Here spesiaal vir jou gegee het.

    Alles wat mooi is vir jou vriendin.

  15. Baie baie geluk en hoop en glo jy ‘n wonderlike dag sal he!!

  16. Zee, dit is ongelooflik mooi!

    Saggies-versigtig probeer jy my sê

    mens kry nie altyd wat jy graag sou wou hê!

  17. Ek wens jou alle vrede en vreugde toe vir die toekoms! Mag jy oneindige liefde ervaar! Opregte liefde!

  18. Dit is regtig pragtig!

  19. Pingback: Die Week in ‘n Neutedop…. « Demoerin’s Klasak

  20. Hey, happy birthday! Bietjie laat, maar het onthou! Hoop jy het ‘n fantastiese dag gehad!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s