Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

‘n Brief vanaf 51 BN

22 Kommentaar

Dellie het so ruk terug geskryf oor regte briewe.  Ek het onthou iewers het ek nog ‘n brief wat my lief vir my geskryf van die grens af.  Ek het hom gevind en ek deel dit graag met julle.  Ek is bang ek verloor die brief so hier is hy vir ewig vasgelê vir my.  Vandag as ek hierdie brief weer deurlees is ek bitter spyt ek het nie meer vir hom geskryf nie.  Dit moet regtig vreeslik gewees het as ons manne so op die grens gesit het en al wat hulle voor gewag het was ‘n briefie van die huis af.  Ek dink ek het omtrent elke dag ‘n kort briefie van hom af ontvang maar hoekom ek hierdie spesifieke ene gehou het is vir my ‘n raaisel. 

 army.jpg

Plek – Op my bed  in die tent

Tyd – 6.29nm

Ek – Verlang baie en mis jou baie

24/7/83

Hi my Liefling

Ja, alweer besig om ‘n brief te skryf so verland ek na jou dat deur ek ‘n brief skryf voel dit vir my of ek met jou gesels in ‘n manier.

Na gisteraand se lat opbly he tons almal tot laat toe gelê en slaap.  Daarna het van die ander klere gaan was.  Toe ek opstaan het ek eers ‘n beker tee gemaak en saam met dit beskuit geniet.  Na ek vir die ander geoffer het was daar nie juis veel oor nie, maar nou ja, dis waarom ons so meededeelsaam is sodat almal van iets kan kry.

Vir my voel dit of die tyd maar bra stadig omgaan want dit voel net nie vir my of die dag nader kom om hier weg te kaom nie.  Maar gelukkis soos almal sê, die tyd staan nie stil nie.

Ek het sover agt van jou briewe ontvang en baie dankie daarvoor, ek waardeer dit regtig baie ou vroutjie.  As jy ‘n pakkie stuur gaan koop vir my sout en asyn speserye wat soos peper lyk.  Maar moenie te veel goed staan en koop nie.  ‘n Pakkie aan die einde van elke maand met biltong en Tabasco sal voldoende wees.

Verder is daar nie juis nuus nie.

Stuur groete aan almal asseblief.

Skryf gou want dit is al waarop ek wag is jou briewe.  Ek is baie lief vir altwee van julle.  Ek dink aan julle en mis julle baie. 

Jou verlangende man M

XXXXX

Baie lief vir jou!!!

XXXXX

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

22 thoughts on “‘n Brief vanaf 51 BN

  1. Sjoe …. dit is ‘n spesiale brief.
    My eerste kêrel het vir my met so ‘n brief vanaf ‘n weermagkamp gevra om te trou. Soms wonder ek hoekom. Miskien was dit uit velrange? Desperaatheid? Sal seker nooit weet nie want ek het sy huwelikaanbod van die hand gewys.

  2. Dit is so kosbaar!
    Ek het bokse vol briewe, wat nooit weggegooi sal word nie.
    Dalk is ek outyds, maar ek verkies steeds handgeskrewe boodskappe bo e-posse.

  3. Briefies van Krista af tydens my verblyf by SAW en seuns lê ook nog almal in ‘n boks bo-in my kas, en sal altyd van my mees spesiale besittings bly.

  4. Baie mooi!
    Ek het ook nog al ons briefies bo in die kas!! 😉

  5. Ek het ‘n koekblik vol briefies wat my man vir my geskryf het, en ons het mekaar elke dag gesien!! 😆 Maar dit maak dit nie minder kosbaar vir my nie! Dis precious…

  6. Regtig baie speiale brief.

  7. spesiale!!

  8. Dagse Zee

    Baie mooi brief en die sentiment agter dit kan geen mens met geld koop nie.

    Bewaar jou herinneringe en drome soos goud, dis al wat jy het as niemand ander naby is nie.

    Groete.

  9. My man is glad nie ‘n brief skryf mens nie. En ek moet erken dat ek dit baie mis. Daar is net vir my iets in om jou liefde in swart op wit te verklaar. Dis kosbaar, baie dankie dat jy dit gedeel het.

  10. Zee,
    Ek het ook so ‘n boksie vol grens briewe van manlief af. Dis kosbaar!! Dankie dat jy joune met ons deel!! Lekka dag!!

  11. briefies is altyd spesiaal en as mens dit erens uitgrawe en dit weer lees, dan onthou jy hoe dit was voor email en selfone.

    Ek bere elke briefie en dingetjie wat ek beskou as ‘n herdenking of “memory” van hoe dit was

    Lekker week vir jou Zee

    p.s En as ek dalk weer in die tyd vas gestrengel word geluk met jou verjaarsdag wat voorle, mag jy nog vele meer he.😉

  12. Kosbaar, Zee. Ek dink eendag gaan hierdie grensbriefies Africana wees.

  13. Ogies, ek stem, ek sal wat wil gee om vandag op skrif dinge te “hoor”…

    Zee, ek het ook nog al die briefies wat my man vir my geskryf het! Dis kosbaar, maar ek sou wat wou gee om weer vandag so ‘n briefie van hom te kry…!

  14. Dis iets baie besonders wat jy hier verewig het. Jy moet die oorspronklike ene gaan lamineer – dan bly dit behoue vir altyd.😉

  15. Stem saam met Tersia dat ons Manne weer so doen!!

  16. Hallo Zee

    Dis baie spesiaal – die weermagmanne het darem baie deurgemaak.

    Lekker dag vir jou.

  17. Ek het nooit ‘n kerel of boetie in die army gehad nie maar wel ‘n nefie wat ek baie gemis het!! Ek het ook nogsteeds sy briewe alhoewel ek is nie iemand wat sommer iets weggooi nie so ek het nog al my kaartjies en briefies van Gr 1 af!😳

    Dis ‘n pragtige brief!!

    Liefdetjies
    xxxx

  18. Ek het nog elke brief wat ek van Lyfie ontvang het terwyl hy in die weermag was. Dis een van die 1ste goed wat ek sal gryp as ek moet hardloop!

  19. Sulke goed is kosbaar. Ek het selfs nog my laerskook kys-briewe. Kry dit nie oor my hart om dit weg te gooi nie. Het selfs ‘n boek met al die chocolate-papiertjies ingeplak, wat manlief vir my gekoop het.

  20. Ek het die wonderlikste briefies gehad wat my man in sy Bybel gebere het. Toe, na sy dood, het ons ‘n inbraak en hulle steel wraggies toe die Bybel. Zee, al die briefies wat jy op jou blog het kan nou bewaar word en nie wegraak nie. Wonderlik ne!

    Bottertjie, ek hoop nie een van jou laerskool kys-briefies was deur my seun geskryf nie. Ons het hom in standerd 4 uitgevang dat hy vir 5 meisietjies dieselfde briefies gestuur het wat hy met daai jare se carbon tussen die blaaie geskryf het.

  21. Mmm, A3, is jou seun se naam dalk Morne, Nicky, Dawid, Hendry, Pierre?

  22. Dankie almal, ja hierdie was nogal vir my spesiaal… Ek dink ek moet gaan soek, dalk kry ek die ander briefies.

    Botttertjie..sjoe maar jy het baie boyfrieds gehad😆
    A3, ek onthou pappa se briefies, dis so jammer dat iemand sy bybel gesteel het. Ek hoop dat die bybel darem iets vir hulle beteken het.
    Krista, ek is nou nog spyt dat ek hulle nie gehou het nie, dalk het hulle verlore tussen al die trekkery geraak so deur die jare!
    Thasia, scan so bietjie van die briefies en kom wys vir ons😉
    Paula, ek dink baie keer dat van hulle sulke goed net uit verlange doen.
    Maxie ek stem, net jammer mense doen dit nie meer nie
    Jaco en Krista, is julle briefies in dieselfde boks?
    Neykie, dankie vir die wense en dat jy onthou!’
    Thanks Alta
    Wip, ek gaan daardie briewe saam met jou kom lees🙂
    Dellie, dis nou goeie raad,ek gaan dit sommer net more by die werk doen!
    Pik, jy se briefies en jy het hom elke dag gesien, dis so cool
    Ridder, jy praat sulke waar woorde
    (((Tersia)))
    Carolina,ek moes net hierdie deel,dit het in my kop bly vassteek toe Dellie maande terug van briefies gepraat het
    Ninnete, ek stem
    Ogies, skryf sommer vir jou man n brief, miskien kry jy ene terug😉
    Imagine net Boendoe… Africana

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s