Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Granny Goose Farm

14 Kommentaar

Met die weer wat so bietjie goor was met ons vakansie het ons vir Zeethan Granny Goose Farm toe gevat.  Met ons aankoms daar het hy amper uit sy velletjie gespring toe hy die diere sien!

Hier wys Oupa vir hom om vir “Stoot” bietjie te streel.  Ek het vir hierdie bok so bietjie kos gegee, maar die bok was so gulsig, hy gryp toe sommer die pakkie uit my hand uit en woerts warts, daar vreet hy toe sommer ook die papier op.  Ek het nie geweet wat om te doen nie, maar my hand sou beslis nie na daardie bek toe gaan nie🙂

    

Hier staan meneertjie die diere en uitkyk.  Skielik sien hy iets wat darem vir hom baie bekend lyk.  Oupagroot se Candy.  Daardie beentjies het begin waggel en agter “Candy” begin aanhardloop.  Dit was te cute hoe hy die hondjie “Candy Candy” geroep het!              

                   

Daar was so bietjie tyd om by die speelparkie ook te speel,  my eerste keer op ‘n swaai en ‘n slide.  Ai, ek het dit baie geniet hoor!

   

Nou vir die groot besluit…. ek weet nie watter een die lekkerste was nie😉

           

Zeethan het sy gate uit geniet by die plasie.  Hy is regtig ‘n kind vir die buite lewe.

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

14 thoughts on “Granny Goose Farm

  1. Hey Zee

    Oulike foto’s maar ek dink julle moet nou as ons cabins op die plaas reg is rerig kom kuier Zeethan sal dit baie geniet daar!!!

    Liefdetjies
    xxxx

  2. Hoe bevoorreg is ons nie om “buite speel” kinders te kan hê nie! Dierbare klein dingetjie!!!!

  3. Dis mos baie lekkerder as voor die TV sit. Kan sommer sien die mannetjie het dit baie geniet!

  4. Dis priceless om hul bewonderende gesiggies te sien!

  5. Cool!

  6. Ek is bly hy is nie altyd bang vir kalfies nie.

    Zeethan is regtig een van die mooiste seuntjies ooit.

  7. Jinne, ma, daai lyfie is opvreetbaar!

  8. Haai ek kan nie glo jy het nog foto’s geneem nie, ek sou te besig wees om hom stukkend te druk!!! 😈 Hy is die pragtigste dingetjie denkbaar!!!

  9. oulik! Waar is dit?

  10. BAIE oulik, ek kan net dink watse “memories” julle nou bymekaarmaak met hom wat nou al ouliker raak! Julle moet ‘n “memory-capsule” vir hom maak.

  11. Dagse Zee

    Baie mooi herinneringe wat jy hier het. Geniet dit, hulle word so vinnig groot.

    BLOU BULLE BO!!!!!!

    Hoekom het hy nie sy BLOU BUL hemp aan nie?😆

    Groete

  12. Lyk of dit baie lekker was.

  13. Darem net te sweet Zee!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s