Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Halloween 1993

13 Kommentaar


Bottertjie het my die 11de September getag om my kreatiwiteit te laat vloei.

Ek het gedink aangesien Oktober Halloween is doen ek maar iets oor Halloween,  ek het foto’s gaan uitkrap van jare terug en hulle ingescan.  Dalk is dit ook hoekom die kwaliteit van die foto’s nie so goed is nie.

Ek het eers gedink, a hierdie gaan sommer baie maklik wees omdat ek mos die ware jacob doen.  Hoe moeilik kan dit nou wees.

Mmmm, ek het my lekker misgis.  Dit was toe nie so maklik soos ek gedink het nie omdat ek Photoshop CS wou gebruik.  Dit het my omtrent laat search op die web na instruksies hoe om Photoshop CS te gebruik.  Ek het sommer ‘n hele paar ander programme ook afgelaai en o ja, sommer baie scrapbook kits ook.  Geen wonder my cap het so vinnig verdwyn nie.

Sondag het ek uiteindelik die baie basiese beginsels van photoshop bemeester met natuurlik so bietjie baie hulp van Chantie af.  Maandag aand doen ek my projek en toe ek al die layers begin toemaak…..  nee julle wil nie weet nie, ek save toe nie my projek nie, en dit nadat ek tot 1.30 die oggend gesukkel.  Nou ja, ek het maar weer begin (die oefening laat mens dit darem al vinniger doen) en hier is my eind produk.  Vir my lyk dit maar bietjie blurry maar ek sal dit ook nog regkry.  Ek sal maar moet rondspeel met die resolution ding ook.

Photoshop sal nie my baas word nie.😆

Ek het geen idee vir wie om krediet te gee nie behalwe vir Jeni Hopewell Designs waar ek die template afgelaai het.  Al die ander papiere en snaakse goeters wat ek gebruik het, het ek gekry op die links op my scrapbook blogrol gekry.

Nou ja Chantie, uiteindelik is my huiswerk ingehandig! *bloos*

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

13 thoughts on “Halloween 1993

  1. Zee, geen rede om te bloos nie, dis stunning! Ek haal regtig my hoed af vir mense wat Photoshop aandurf en jy het nerens training gekry nie! Maar as jy eers die basiese weet, dan kan jy lekker dinge doen! Ek sal jou sertifikaat vir jou stuur. Well done, girl!

  2. Ek dink ook jy het ‘n wonderlike joppie gedoen!😉 Nou gaan jy natuurlik nie kan ophou speel nie, né!😆

    Ekke sal eventually daarby uitkom – het nie nou rerig tyd om Photoshop te leer nie, maar ek sal nog…

  3. Haai, ja, Botter, ek het jou sertifikaat by pa vergeet. As hy onthou, bring hy hom saam en dan sal ek hom met groot fanfare post! 😉

    Zee, ek is dalk hoofmeisie omdat ek eerste die tag gedoen het, maar vir uitmuntende werk behoort jy nou ingehuldig te word. Dit is baie, baie mooi!

  4. Baie mooi Zee!!!!😛

    Soos ek jou gesê het, as mens eers aan die ding verslaaf is, wil jy nie meer blog nie. Hy vat jou en hardloop met jou!😆

  5. Net gister vertel Jaco my van hulle Halloween paartie die een paartjie wil soos ADAM en EVA aan trek, nou soek die girl raad van hoe om die blare aan hulle lywe te kry, hulle wil net die blare aan trek, hoe meer Jaco vir hulle vra om dalk maar eerder elkeen ‘n swemdingetjie aan te trek en die blare aan die swemklere vas te maak, hoe meer hou die twee aan, niks onder die blare nie!! EISH!!

    S H A R K S !!

  6. Eendag wanneer ek groot is, sal ek dalk weet wat de moer photoshop is.

  7. Pragtig gedoen Zee. Die eindproduk lyk baie goed

    Aanhouer wen…

  8. Botter, dankie. Ek dink ek gaan die photoshop ding baie geniet. Ek moet nou net die fynery tricks gaan leer, soos wat die magic wand alles kan doen etc.
    Dellie, jy is heeltemal reg. Moet nou net die tyd vir dit ook soek. Ek soek nog die link vir jou vir. Anders mail ek sommer vir jou die stappe.
    Boendoe hoe😳 ek nou.
    Wip, mmm, dis hoekom julle my nie hierrond sien nie, ek leer HARD! Maar nou gaan ek weer tyd hê om my favourite ding te doen, om blogs te lees!
    Kokkewiet dankie!😆 @ Meermin, jy moet vir ons pic’s kom wys!
    Adrie, tsk gaan leer photoshop en kom wys vir ons jou scrap page!
    Ilze, dankie – ja nee, ek sou nie dat photoshop my onderkry nie!

  9. Mooi so Zee
    Ek belowe myself elke dag ek gaan begin met scrapbooking, maar kom ook nie sover nie. Jy inspireer my sommer om te dit te doen.

  10. Hallo Zee. Wel gedaan. Dit neem baie tyd om ‘n digitale kunswerk tot stand te bring. Die goue reël met enige PC werk is maar om gereeld die Save knoppie te click. Ek praat uit dure ondervinding.

    Vir die outjies wat nie Photoshop kan bekostig nie, probeer gerus Gimp. Werk dieselfde. Kos niks. Google sal jou help.

    Digitale scrapbooking. Iemand was vrek skerp. Dis ‘n briljante idee en die motte kan dit niks maak.

    Emma.

  11. Ingrid, probeer gerus, dit is BAIE lekker.

    Emma, baie welkom hier. Nee kyk, ek sal nooit weer vergeet van die save knoppie nie. Snaaks dat ek tog dit gereeld by die werk doen maar het nooit gedink om dit te doen nie😆

  12. Dit is PRAGTIG gedoen!! Ek beny jou!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s