Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Vakansie eindig op in ‘n disaster!

25 Kommentaar

Elf, jy het so mooi gevra, hier is nog ‘n paar foto’s van Zeethan.
Hy het begin gewoond raak daaraan as ons sê ons gaan see toe.  Hy het as hy see gehoor het, sy sakkie gaan pak met sy emmertjie en graaf.  Come, come, see…..  en dan trek hy oupa se vinger totdat ons strand toe stap…. tot ons daar kom :lol:  Dit het hom nog ‘n rukkie gevat om eers sy voetjies op die strand te sit maar waag naby die water, no ways.

Ek is reg vir die strand, my sakkie gepak en my hoed op my kop

Sjoe, maar hierdie water is darem maar baie hier agter my, laat ek liewers na ouma toe hardloop!

Nee, wag, sal ek 'n kans vat....mmm ek dink nie so nie!

Nee, wag, sal ek 'n kans vat....mmm ek dink nie so nie!

Ai, die son kan 'n man darem maar laat dors word!

Ai, die son kan 'n man darem maar dors maak hoor!!

Genoeg is nou genoeg, ek vat die pad terug woonstel toe!!!!!!

Ons het eendag so bietjie uit Umkomaas se kant toe gery om vriende te ontmoet.  Hulle seuntjie het lekker saam met Zeethan gespeel.  Hier is die twee besig met so bietjie ondersoek in die tuin.

Ek en my vriend besig om miere te soek....

Jip, ons het hulle gevind!

Ons het Sondagoggend so 9 uur uit Margate uitgery.  Ons het besluit om saam met ons vriende te ry omdat Zeethan nie eers sy voete Sondagoggend op die strand wou sit nie.  Hier duskant Harrysmith het die Jeep net gesê “poef”en dit was dit.  Ons het gelukkig “Roadside assistance” wat ons toe gehelp het.

Terwyl ons so langs die pad staan het daar ‘n ouerige omie gestop en vra of ons hulp nodig het.  Huh…  Ja oom, die kar wil nie start nie.  O, ons het ‘n toudiens… Nee dis reg, kan oom hulle ons help.  Ja wag, ek bel gou my seun…  Die “Roadside Assistance” bel toe die toudiens en hulle kan ons help………… teen R4200 om die kar terug Jhb toe te bring op ‘n trok.  Watter opsies het ons nou eintlik gehad.  Na sowat 3ure in die son en Zeethan nou regtig omgekrap het die trok toe eiteindelik opgedaag.  (Gelukkig het ek genoeg drinkgoed gehad vir ons).  Gelukkig was daar plek vir ons in ons vriende se motor anders sou ons 3 seker soos sardiens in daardie trok gesit het.  Teen 9uur die aand is onse karretjie eiteindelik veilig by die garage wat hom sal regmaak.  Nou wag ons vir die verdere skok.

Maar dis was nog steeds lekker by die see, tenspyte van ons teespoed!!!

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

25 thoughts on “Vakansie eindig op in ‘n disaster!

  1. Dankie Zee! Dierbare klein ding .. Met die hele see-tema en als . ek het eendag so sê-ding gelees wat lui iets in die lyn van ‘I dropped a tear in the ocean – the day you find it, is the day I will stop loving you’

    Flippet Zee dit is vir my SO gepas in jou liefde vir klein Zeethan. Ek sal NOOIT die dag vergeet wat ek eerste hier op jou Scriibles beland het en bietjie dieper in die oukie se lewensverhaal begin krap het nie.

    En dit was die dag wat ek n kombinasie van respek en bewondering vir almal van julle ontwikkel het … en my hart – klip soos wat hy is – is net die venus fly traps … as hy jou daarin toeklap en vang is dit tickets met jou dan is omdraai nie n opsie nie … en yup, you guessed it – julle is lankal daarbinne lol – go figure.

    Baie baie dankie vir die pasella bederf. Ek hoop n miracle red julle van n erge addisionele finansiële skok met die regmaak van die wiele. Sterkte jong! xx

  2. Ek mis die see!!! Sal maar eers ‘n bietjie moet “gym” om die lyf reg te kry…eish

  3. Ek sal daai kleinman opvreet so cute is hy! Julle is so bevoorreg om hom te kan hê! PS: Umkomaas is ons duikplek. Manlief gaan my nou weer mal maak Desember!!!

  4. Zee
    Eerste keer hier, ek sal beslis weer kom. Jou kind is pragtig en kosbaar, geniet hom
    Lekker dag vir jou

  5. Zeethan is adorable!!! Weet jy ek dink soms dat ‘n vakansie nie ‘n vakansie is sonder teëspoed nie! Ek is jammer oor julle skade en hoop dit gaan julle nie nog soveel kos om die ding weer aan die loop te kry nie!

  6. Hallo Zee

    Jammer om te lees van die motor en al die probleme op pad terug! Hoop die res van die vakansie was darem lekker genoeg om daarvoor op te maak.

    Zeethan is te dirbaar vir woorde!

  7. Hi Zee

    Pragtige foto’s van Zeethan. Ek hoop die finansiële skade is nie te veel nie!

    x x

  8. Zeethan raak net groter en ouliker by die dag. Geniet jou dag.

  9. Geez, jammer om te hoor van die finansiele implikasies, maar, aag, dit gaan eendag ‘n lekker storie wees om te vertel.

    Rerig Zee, die foto’s en die dagboek wat jy hier hou, gaan eendag priceless wees vir Z!😉

    Ek wil jou sommer net druk, omdat jy vir hierdie kindjie so ‘n wonderlike lewe gee… ((((Zee))))

  10. Onthou nou volgende keer, ek het ‘n broer op Harrismith wat julle met liefde sal help! 😆 Toemaar, ek hoop nie daar is ‘n volgende keer nie! Dis genuine die ergste ding wat met mens kan gebeur op vakansie. Simpatie, Zee!

  11. Ja, en ons bly op Estcourt en sou julle met liefde kom haal het…

  12. (((Elf)))
    Cebella, ek het hard probeer om die lyfie reg te kry, maar het nie gewerk nie, was nie een keer in my kostuum nie.
    Ogies, daardie foto van die twee kleingoed was hoeka by Sebastiaans geneem. Ons het omtrent die hele middag daar spandeer. Ek sien dit nou ‘n ander duik operateur daar en nie meer Aliwal Dive Charters nie. My favourite duikplek ook!!
    Ingrid baie welkom hier en dankie vir die kompliment!
    Pikkie, ons wag maar nog vir ‘n kwotasie, hopelik sal dit nie te veel wees nie (/me hou duime vas)
    Ninette, ek is so spyt ek het nie weer my laptop by die see aangesit nie, ons kon so lekker gekuier het Saterdag middag😦
    Wip😉
    Neykie, en so bietjie stouter ook hoor🙂
    Dellie dankie vir die drukkie. Ek hoop hy sal dit eendag kan waardeer.
    Boendoe, ai, gee my jou nommer, nou hoe anders sal ek jou in die hande kry…
    Nelba, weet jy, toe ons verby Estcourt ry het ek aan jou gedink, as ek net jou tel no gehad het sou ek jou gebel het en gesê het kry my by die garage daar langs die hoofweg. Spyt kom altyd te laat, net soos ek ‘n kans gehad het om vir Ninette daar by Uvongo te kon ontmoet.😦

  13. Zee

    Die silwer randjie is seker dat dit nie gebeur het toe julle oppad was nie.

    Eish, sterkte.

  14. Baie sweet-seefoto’s. Margate, ag lekker!

  15. Ai Ouma dis darem baie water vir so ‘n klein ou seuntjie!! Miskien volgende jaar…

    Pragtige foto’tjies van hom!

    Jammer oor julle skade!!

  16. Vakansie is lekker maar karre wat moeilikheid gee is sleg

  17. Pragtige, dierbare foto’s!! Jinne, my twee sal lekker met hom speel, Wilmie is baie erg oor sulke kleintjies, sy wens baie dae kliphard vir nog ene en het al ‘n paar keer met ons “baklei” oor daar nie ‘n derde een is nie..LOL! Jammer oor die skade/ongerief. Ek hoop ook dat daar nie nog ‘n skok gaan kom nie! Sulke dinge gebeur wanneer mens dit nie wil he nie, met kleintjies soos Zeethan. Ek kan net dink hoe julle moes voel in die gewag. Margate was altyd ‘n heerlike plek, maar ek het laas gehoor hy’s nie meer die “ou” Margate nie, is dit so? Ons was in 2002 daar. -dalk ook net met die matriek=paarties…ek weet nie.

  18. Zee, ai nou trek die verlange darem sterk. Ek is mal oor Sebastiaans. Ons het dit nog nie gewaag om daar te gaan eet vandat ons vir Seuntjie Kind het nie. Hy is net te besig! Dalk eendag… Ons bly gewoonlik by Helena by Umkomaas Lodge. Manlief en die eienaar Brian kom ‘n lang pad saam, so Manlief DM gewoonlik en dan kry ons bed en brekfis en die duike verniet. BARGAIN. Wens nou Helena kan aftree dat ek en liefie die lodge kan gaan bestuur! En dan natuurlik ons FAVOURITE skipper: EMMEL!!!

  19. hoe jinne maar hy is ‘n sexy seun…..

    hy sal later beter voel oor die see. my seuntjie was ook omtrent so groot en wou ook niks van die see afweet nie. toe ons hierdie jaar in Knysna was (hy is nou 4), kon ons hom nie uit die see uit kry nie. ons het elke dag meer as 70km heen en weer gery sodat hy in die see kon speel.

  20. Hy is dierbaar Zee!

  21. Ai, jy het omtrent nog’n vakansie nodig om te herstel van dié! Sterkte

  22. Sterke met die kar se skade! Hopelik ruk dit nie die sak te kwaai nie.
    Zeethan lyk te pragtig!

  23. Ek gaan Zeethan ook maar my Angel boy noem. Soos ek my appelboudtjies noem.
    Julle is te pragtig.
    Baie lief vir julle!

  24. Ja OUMA!

    Zeethan se oe is baie goed, hy kan sien wanneer is iemand ou en wanner nie, bwha ha ha ha.

    Kinders en babetjies nie vir my nie dankie, maar ek sal hulle maak met plesier as die dame mooi is, maar die plesier is myne en die baba hare.Ag sorry ekt vergeet ek het `n vasektomie gehad net om seker te maak, geen glipsies.

    Hastilla Vista!

  25. Hi Zee, jammer om te hoor van julle kar moeilikheid. STERKTE! Die fotos is opvreetbaar oulik !

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s