Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

A Picture says a thousand words!

31 Kommentaar

Zeethan klou soos n bobbejaantjie aan Oupa vas!

Zeethan se eerste kennismaking met die see was nou nie wat ek dit voorgestel het nie.  Ek was nogal baie teleurgesteld omdat sy reaksie nie was wat ek verwag het nie.

Die weer was baie goor vandat ons hier aangekom het.  Reën, wind en nogmaals reën.  Gelukkig het dit Dinsdag so bietjie opgeklaar en ons kon meneertjie na ‘n beskutte strand toe vat waar hy so klein bietjie ontdooi het maar as ons naby die see kom huil hy net nee, nee en klou verbete aan ons vas asof sy lewetjie daarvan afhang!

Rooikappie?

Rooikappie?

Met die reën het ons maar besluit om Margate bietjie te gaan verken.  Die wolke het swaar in die lug gehang en ons was gepantser met n lekker reënjas van plastiek vir Zeethan wat ons oor sy stootkarretjie kon trek, maar nee wat, hy wil toe ook sien wat aangaan en ons moes maar die plasties van hom afhaal.  Ons loop toe verby ‘n winkeltjie wat genadiglik oop was op die Sondagmiddag en kry vir hom die windbreaker daar.  Die kleinste grote wat ons kon kry was 7-8 jaar, maar dit het die doel gedien, hy was van kop top by sy enkels “gecover”.  Ons sal maar die windbreaker gaan ingee by die huis dat die moue so bietjie korter gemaak kan word.

My eerste kite

My eerste kite

Oupa probeer enige iets om die besige besige mannetjie besig te hou.  Hier probeer hy self om sy eerste kite te vlieg.  Net agter die palisade mens die see sien.  Dit is ‘n asemrowende gesig om mee wakker te word elke oggend.

Meneertjie bekyk hierdie baie sand versigtig!

Priceless!!

Zeethan trotseer die sand met ouma se plakkies aan.

Die wind wat tog so waai!

Hy het gou geleer as die wind die sand so in sy gesiggie waai om vinnig iets nader te trek en die sandjies uit sy ogies te vee.

Nou ja, laat ek gou bietjie na die see gaan luister!  Wat ‘n rustige klank vir my ore op die oomblik!

by die see

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

31 thoughts on “A Picture says a thousand words!

  1. Sies tog! Zee, die meeste kleintjies is bang vir die see, wat dalk n goeie ding is.

  2. Hey Zee, die keer is dit my beurt lol😛

    Ek wil dit eintlik nie eers hardop se en jou aanhoudend daaraan herinner nie, maar elke keer wat ek sulke pics van Zeethan sien .. ek is jammer, maar soos dinge op pad was om uit te draai, sou hy nie eers hier gewees het nie.

    En om die klein vlerklose engel so spontaan en eerlik te sien optree, dit gooi mens elke keer. Ek dink skielik, sy naampie begin met die laaste letter van die alfabet.

    Amper asof dit die einde van die sleg aankondig … en klein Zeethan die uitverkorene een is om die afabet splinternuut by A te begin … sy eie storie te skryf eendag … en sy ouma en oupa se welverdiende name by die voetnotas en credits in te vul.

    Mooi gemaak. Die baie trane wat die outjie in sy kort lewetjie moes deurmaak is n oseaan op sy eie .. he’ll come around, gee net kans. En vir JOU Zee. Keep it real. Jou bootjie is n passasierskip teen hierdie tyd. xx

  3. Hida Zee!
    Jou fotos is pragtig! Ja nee, die weer het sy lelike tande gewys hierdie jaar, MAAR vandag is pragtig. Ry bietjie meer Suid en verken Mpenjati, gaan dan Oribi Gorge toe (ry net deur) en besoek Leopard Rock.
    GENIET julself!

  4. Geniet jou vakansie. Hy sal hierdie see vakansie onthou!

  5. Nou kyk nou net daai skoonseuntjie van my!!! Hy en Poppedyn sal goed oor die weg kom!! Ek sal bietjie vir jou haar eerste seefoto’s mail, dan sal jy verstaan!!! 😆 😆
    Zee geniet die ruskansie!

  6. Jinne Ouma, die see is dan so groot man!😉

    Dierbare foto’s, en as die wind bedaar hoop ek julle bou ‘n lekker sandkasteel! Geniet dit!

  7. Wou sommer net sê ek geniet jou blog vreeslik. Geniet die see !

  8. Ek onthou hoe my broer ook so keel opgesit het by die see…Mind you, hy het elke keer geskree as hy moes swem oor sy broek nat word. Nou kry jy hom nie uit die water nie!

    So seevakansie is darem maar lekker, al is die weer dalk nie te hot nie. Dit bly die see.

  9. Te kostelik vir woorde-veral die Rooikappie foto`tjie..

  10. Ek onthou ook hoe bang my dogter was vir die see en hoedat haar vingers in my nek ingegrou het as ek haar wou neer sit, maar as jy 28 dae op Toti se strand gaan wees, kan mens nie toelaat dat kinders te bang is nie, ek het haar maar net neergesit en geraas, gepaai en beloftes gemaak. En so breek mens maar `n perd (kind) in.

    Hoop julle kom reg.

    Lekker dag.

  11. Ek onthou ook hoe bang my dogter was vir die see en hoedat haar vingers in my nek ingegrou het as ek haar wou neer sit, maar as jy 28 dae op Toti se strand gaan wees, kan mens nie toelaat dat kinders te bang is nie, ek het haar maar net neergesit en geraas, gepaai en beloftes gemaak. En so breek mens maar `n perd (kind) in.

    Hoop julle kom reg.

  12. Ag te lekker by die see!! My dogter het glad nie van die see sand gehou nie,toe sy klein was. As Zee groter is dan sal dit beter gaan.

  13. Ons vra altyd vir ons kleinseun, Gaan jy saam see toe? dan antwoord hy nee ek was al daar.

  14. Hallo Zee

    Sal jy my asb. e-mail by bordercollie@mweb.co.za? Ek sal jou terug antwoord oor hoekom ek dit vra.

  15. Hi Zee,
    Ek onthou my kinders was ook aanvanklik bang vir hierdie “groot water”!! Dit was te oorweldigend!! En dan “vou die water” ok nog!! Wou eerder in die “groot sandpit” speel!!
    Hoe verlang ek nou na hulle kleintyd!!
    Geniet die see en vir Zee!!

  16. Geniet net die tyd saam met hom Zee. Daar is nog baie tyd vir in die see swem. Dis soos Carolina hierbo tereg opmerk, hy is dit nie gewoond nie en dit is oorweldigend.

    Pasop, oor ‘n paar jaar sleep hy jou in die water in en dan wil jy dalk nie swem nie.😆

  17. Die see maak ‘n magtige dreuning, mamma!! Dit raas. Ek ken dit mos nie😆

    Ek sal ook nie baie gelukkig gewees het om in sulke triesterige weer op die strand te kuier nie. Hopenlik skyn die son gou daar! Lekker kuier.

  18. Baie cute foto’s, hmm…laat my te veel aan ons eie mannetjie dink toe hy min of meer so oud was..St Lucia…wind waai en dis heeltyd net daardie “seer” sand teen die bene en in die gesig..🙂

  19. Hallo almal, Zeethan het darem so klein bietjie gewoond geraak aan die see maar wil nog steeds niks weet van in die water ingaan nie. Maar glo vir my, as ons se see…. pak hy sy sakkie met alles en is reg…. tot ons daar kom😆

    Nou ja, ek is terug by die rat race… en wat ‘n race was dit nie vandag nie. ‘n Nagmerrie rit…. later meer daarvan👿

  20. Welcome back liefste ((Zee)) ek is spyt jou vakansie is verby maar erg dankbaar dit het jou veilig teruggebring en so bietjie nader aan ons. Is seker almal sien met afwagting uit na ‘n update .. no pressure lol.😀

  21. Dis als net ‘n show… Koop solank vir hom ‘n surfboard. Een van die dae gaan jy hom nie uit daai see uit kan kry nie.😆 Jinne Zee, maar hy het die mooiste ogies.

  22. Pingback: BP / MC Projek « Dellie se Dinge

  23. Zee,

    Die see lyk so heerlik al weet Zeethan nie nou sal die foto’s vir hom een groot herinnering wees!!

    Hoop julle het dit BAIE geniet!!

    Liefdetjies
    xxxx

  24. Eks jaloers eks jaloers eks jaloers…. ekke wil ook by die see wees… of dirt nou reen of nie 😀 lekker kuier daar😉

  25. Was Ouma nou weer te suinig om elke jaar plakkies te koop? Toe koop sy sommer groot mens size met die hoop dat hy dit ingroei.
    Oulike foto’s. :LOL:

  26. Ek kom nou eers agter dat ek nog nie eers hier kommentaar gelewer het nie. Dis omdat ons in elk geval heeldag gesels!! whahaha ek kry nou sommer skaam 😳
    Maar ek maak jou blaai heeldag oop! Ag nee my kop is nie meer lekker nie! Dis pragtige foto’s Zee! Ek het dit al vir jou gesê, maar dit help nie ek sê dit op die verkeerde plek nie!!!

    Hy is te cute!!!! Ek is bly julle het die vakansie geniet!

  27. Ek het nie geweet mens kry op 32 al heimweë nie… Die eerste keer toe ons my laaitie see toe gevat het wou die weer ook nie saamspeel nie en eendag het ek en my boet met my laaitie langs die see gaan stap en toe begin die wind waai. Ag ek was so jammer vir my klein seuntjie en ons het so gou moontlik by die woonstel probeer kom. Gelukkig was dit gou vergete en die volgende keer kon ons lekker op die strand baljaar. Nou wil hy net met alle geweld weer see toe gaan vir ‘n vakansie na sy pa belowe het hy sou hom vat net voor hy skool toe gaan en nou is sy eerste skool jaar al amper verby…

  28. Ag my moeder! Dit lyk of dit groot pret was!

  29. My klein poppie was ook lekker bang vir die see. Gaan kyk: http://bottertjie.wordpress.com/2008/07/14/tyd-vlieg-so-vinnig/
    Ek’s bly jy’s terug. Hoe vorder die digital scrapbooking?

  30. Elf, /me vee sweet af, die pressure is nou weg😆
    Rustig, jinne, ek moet bietjie spaar met die skoen ding jong😛
    Wipneus, ek het gewonder hoe jy die ene gemis het😆
    Xanika, mens mag maar verlang, al is jy hoe “jonk”
    Semisoet, dit was lekker pret met hom by die see
    Botter, ek het gaan loer, dit bly vir my nog steeds ‘n misterie oor die kleingoed wat so bang is, maar soos Emil sê, dis darem maar baie water daardie!!
    Sonneblom, jou beurt gaan kom, gee net kans
    Thasia, hy sê al klaar as ek vir hom die foto’s wys “see see”
    En al die ander wat ek nou nie by die naam noem nie, dit was amazing om vir die eerste keer saam met Zeethan by die see te kon wees🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s