Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Sharing the love

13 Kommentaar

Boendoe en Wipneus het my vereer met hierdie baie spesiale toekenning. Baie dankie!!

Wipneus het bietjie navorsing gaan doen van waar hierdie toekenning vandaan kom.  Nou is ek eers trots op my toekenning.  Hier is die storie soos deur Wipneus nagevors oor hoe hierdie toekenning ontstaan het.

My precious son Noah would not be here today if he hadn’t received a Heart Transplant on 07.07.07.

As you may have recently seen on my side bar, I have finally created a custom blog award!! I have wanted to do this for a long time but never came up with something that “fit”. I didn’t want just anything. It had to be something that meant something to me. And what could mean more than Sharing the Love by giving you pieces of my heart??

So I created this award in Honor Of The Donor That Saved Noah’s Life.  I share this award with those of you whose love and friendship have enriched my life and made my world a better place.

I hope by passing this award around the blogging world we can all help raise awareness of the need for Organ Donation.

Julle kan meer lees oor  hierdie toekenning by “Memoirs of a mommy”

Nou wil ek graag vir die volgende drie persoon die “Sharing the Love toekenning” gee.  Hierdie het my baie lank gevat want daar is so baie wat ek dit graag sou wou voor gee.

Die drie wat my die meeste geraak het om “Sharing the Love” mee te deel is:

Wipneus – Toe Boendoe die toekenning vir my gegee het was die eerste persoon wat in my kop opgekom het Wipneus.  Sy het soveel liefde wat sy vir almal gee.  Wipneus…jy is een special mens en daarvoor gee ek hierdie toekenning terug aan jou.

Tersia van Pandora se Kas – Ek wil graag bietjie liefde vir jou ook aanstuur.  Baie dae lees ek by jou en ek vind vrede daar met jou pragtige gediggies.

Meermin – Ek dink jy is baie braaf en ek gee graag hierdie toekenning ook aan jou!

Dan, aan al my blogmaats wat hier lees / kommentaar lewer.  Al het ek julle nie genoem nie dink ek elkeen van julle verdien dit ook.  Julle weet nie wat julle “liefde en aanmoediging” vir my beteken nie.

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

13 thoughts on “Sharing the love

  1. Baie geluk met julle almal se toekennings!!

    Die eintlike doel met blogging is om mekaar by te staan met hulp en raad waar moontlik. Nou moet ek erken dat hierdie posting my aangesteek het om ‘n orgaan skenker te word. Dink julle hulle vat ouer mense ook? Ek weet bejaardes kan vol-liggaam skenkers word vir Wits en ander universiteite maar het ook geen inligting hiervoor nie.

    Al die inligting op die skakels in hierdie posting is vir Amerika en ek voel om dit in ons eie land te doen.

    Kan iemand asseblief help met die regte prosedure en skakels vir SA want ek is seker meer bloggers sal dit nodig kry.

  2. Hi Zee, ek dink jy gee jou ‘awards’ aan waardige mense! 😉

    A3, hier is die link na die Organ Donor Foundation van Suid Afrika:

    http://www.odf.org.za/

  3. Wow, nou voel ek spesiaal, dankie vir die mooi woorde en die toekenning Zee.

    Geluk ook aan die ander mense, hulle verdien dit! Ters verjaar vandag!! Lekker presentjie!

  4. Sjoe! Wat ‘n voorreg! Baie baie dankie Zee! Julle outjies hier sal nie wet en besef wat julle vir my beteken het hierdie jaar nie! Ek is hierdie jaar deur baie dinge, soms het ek gedink daar is ‘n lig aan die einde van die tonnel, maar dan was dit die treinlig! Ek het soma moeilik opgestaan en wou soms sommer ook nie opstaan nie, maar ek het letterlik net opgestaan tot die blogs wat ek lees, dan het ek weer moed en krag gehad om aan te gaan! Baie baie dankie vir die voorreg vir die toekenning! Jys ‘n engel!

  5. Hallo Zee,

    Mooi inskrywing. Lekker week vir jou.

    Liefde
    Ninette

  6. Dankie Boendoe.
    Ek het nou net geregistreer en hoop meer ouens sal dit vandag doen.

  7. Zee ek belowe om my huiswerk môre te doen!

  8. Hierdie is nie ‘n “tag” nie, dis sommer ‘n vraag wat ek op ‘n paar blogs loslaat om te sien wat julle deesdae in SA drink. My idee is die volgende: ek wil ‘n minibar (so groot soos ‘n coolbag) saamtrek op ons reis deur SA en dan wil ek oral waar ons uitspan langs die swembad, my vroutjie verras met classy long drinks, wat mooi lyk en lekker (s)maak.

    Ek soek nie cocktails nie, want dan loop ek my dood tussen kombuis en swembad. Ook nie te sterk drankies wat mens na twee doppe laat slinger nie.

    Wat is jou gunsteling long drink en hoe maak ek dit?

  9. Huiswerk is gedoen!

  10. Zee ek sal jou nog tot vervelens toe “aanmoedig”🙂 baie hugs en liefde!

  11. hello zee…het maar net gou kom inloer om halo te se! ……gelukkige braaidag!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s