Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Lemoenskille

30 Kommentaar

Cellulite.jpg

Ek was nog nooit iemand wat ontbyt geëet het nie, totdat Boendoe vertel het hoe sy dink deur in die oggend bietjie jogurt en muesli te eet haar gewig laat verloor het.  Nou ja, ek doen dit ook nou en sien ook bietjie ‘n verskil aan die broeke wat gekrimp het.  Sien, ek kan nie op Margate se strand gaan lê met die verskriklike lemoenskille en oortollige goed gepleisterde lyfie nie.!!!  So gaan surf ek maar weereens om ‘n vinnige kuur te soek…..

Ek het op hierdie interessante stukkie afgekom van Karminsolutions.  Hulle www sal by teen die einde van die week up en running wees.  Dit het my weereens laat besef hoe belangrik ontbyt nou eintlik is!

This scientific report received from the Karmins Solutions company’s board of doctors & scientist.

Why eating breakfast is important

When you wake up in the morning after going 10 – 12 hours without food, your energy reserves are low and your body and brain need fuel. What you choose to eat for breakfast can affect your mood, physical and mental performance, weight and your general and long-term health.

What our body needs

What you ate yesterday consisted of two major groups of nutrients:

The first group supplied energy (proteins, fats, carbohydrates).

The second group supplied building material (proteins, amino acids, vitamins, minerals, micro-elements and many others).

You expended energy yesterday, whilst you were awake and active, and while you were asleep last night your body used up all the building material to regenerate itself. So you would have nothing left when you woke up this morning!

Our body wakes up in the morning needing to replenish what it used up yesterday, so on behalf of 100 trillion cells begs you, “Hey, I need more of those 114 nutrients and energy food which I used up yesterday!”

Now here is the big question – in answer to its plea – What do you give your body in the morning? Remember all our bodies wake up in the morning ’empty’ with normal sugar level. What we decide to eat for breakfast, will determine what will happen to our blood sugar level for the rest of the day.

Carbs-Based Breakfast
In the morning, simple carbohydrates (sugary refined cereals, white breads, toasts, etc.) cause an immediate surge of blood sugar level which results in the body over compensating for the extra sugar
load, the excess is converted and stored as fat. The result is a decreased level of blood sugar and a thirst for more carbs. This cycle too much carbs and the body over compensating repeats itself 2-3 more times during the day. This vicious cycle constitutes one of the reasons for the development of other major health challenges and extra weight.

When you skip breakfast, blood sugar drops below the normal level, you experience cravings for food and a drop in energy. You are again tempted to revert to simple carbohydrates to achieve a quick surge of energy. Simple carbohydrates will cause an immediate surge of blood sugar level followed by the body compensating for the extra sugar load. Excess sugar turns into fat. Then this cycle repeats itself 2-3 more times during the day. This vicious cycle constitutes one of the reasons for the development of other major health challenges and extra weight.

This is the reason for weight gain, high blood pressure and heart disease, taking its place with diabetes as the fastest growing lifestyle diseases in the world and it all starts with a BAD BREAKFAST.

Well, by now, you would like to know what a good breakfast is supposed to be,  wouldn’t you?

The Balanced Breakfast

Your first meal in the morning should meet these four main criteria:

  • 1. Replace the energy that was consumed yesterday, when you were active.
  • 2. Provide the body with all the nutrients used during the night.
  • 3. Replenish the water stock.
  • 4. Maintain the energy levels within the normal range

With a Balanced Breakfast you keep your blood sugar levels in the normal range and so the insulin levels remain with in the normal ranges.

So, Zee gaan hard probeer vir die volgende paar weke om so bietjie oefening in te kry en ook om reg te eet!!

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

30 thoughts on “Lemoenskille

  1. Ek is weer baie sterk op ontbyt. Soek altyd ‘n rede vir ‘n goeie ontbyt.

  2. Hi Zee, dis nou baie interessant. Brefis is toe rerig belangrik! Hoe doen jy op die muesli en jogurt? Dis vir my nogal lekker, as ek myself net sover kan kry om dit in te skep. 😉

  3. Dit was nou baie interessant en leersaam. Een van my gunsteling ontbyte is so stukkie koue gebraaide skaapvleis. Wonder wat die dieetkundiges darvan sal se^?😉

  4. Ai Zee, jy weet mos nou al, dit is net hier by die eerste ete van die dag waar ek uit die bus val!!
    Dit voel of hierdie inskrywing spesiaal vir my geskryf is, wag dat ek gaan ontbyt eet!!! 😆

  5. Riaan, ek kon net nog nooit in die oggende eet nie. Ek voel altyd so ongemaklik die res van die dag.
    Boendoe, ek kom by die werk, wat my koffie beker, gooi die muesli so half en dan die jogurt en meng die twee. Ek moet sê, dit is nogal lekker so.😆 @ Flippiefanus – klink vir my jy is so regte egte boerseun😉
    Ag Wipneus, gister het ek so mooi begin, tot 12uur gisteraand toe my lus vir die stukkie vars brood met botter en vye konfyt my beetkry!😆

  6. Koffie en beskuit werk vir my, want ek kan nie ‘n donnerse eier bak nie. Ek sit nie my mond aan roereiers nie.

  7. Dit werk beslis. Doen ook die Muesli en Yoghurt ontbyt…

    Interesting article, Thanx! Ek val net nie onder die groep wat vir 10-12 ure sonder kos gaan nie. miskien slaap ek nie genoeg nie…😉

  8. Zee,
    Jy het my ge-inspireer!! Gaan nou ok ontbyt!! Hou gelukkig van muesli en jogurt. Wil so graag gewig verloor vir my seun se troue!
    Lekka dag!!

  9. Hallo Zee – ja, dis hoekom dit “break fast” (breek die vas van die nag) noem. Baie interesante inskrywing. Sterkte met jou voorneme.🙂

    Lekker dag.

  10. pampoen verstaan dan net een ding nie……

    ek doen die muesli en joghurt ontbyt of die all bran flakes….. maar my pens raak net groter en ek raak net ongemakliker by die dae 😛

    Baie baie interessante stukkie

    Jy gaan die tydjie by die see so geniet saam klein Zee, dat daar nie eers gaan geworry word oor vetjies / lemoenskilvelle nie….

    Just enjoy en be yourself

  11. Baie interessant! Ek eet nie ontbyt nie want ek staan te laat op!! Miskien bietjie vroeër uit die vere…

  12. Baie interessant, maar helaas is ek nie ‘n ontbyt eter nie!

  13. Ek hou van ontbyt en is sommer moerig as ek binne ‘n uur na opstaantyd nog niks geëet het nie. Ons eet mieliepap of oatspap, deesdae muesli omdat dit nog te vroeg is vir die pap om gaar te wee en naweke eiers (roereier of omelet) op roosterbrood. En koffie. Liters daarvan!

  14. Ekke persoonlik haat ontbyt, maar my man en seuntjie eet nog elke oggend hulle pap.. lol..

    Ek kan nie so vroeg eet nie, ek sal res van die dag pyn op die maag hê !!!

    Ek eet brunch, so 11uur of 12uur dan eet ek liewers weer in die aand.

  15. Ek kan ook nie vroeg ontbyt eet nie, maar sal so teen 10 uur ‘n ietsie eet.

    As jongeling het ek sommer die heel dag sonder kos gebly en eers in die aand geeet. Baie slegte gewoonte!

    Gelukkig raak ek wyser hoe ouer ek raak🙂

  16. Baie interessante artikel, dankie! Ek’s lief vir muesli en yogurt! vrek daaroor…maar wat my nie honger maak later nie, is ‘n bord oats…en dit eet ek slegs gedurende die termyn…vakansies hou ons daarvan om redelik laat ‘n groot ontbyt te eet. (binne perke, natuurlik)

  17. Ek drink net koffie tot so 10h00, dan eet ek net proteiene vir ontbyt. Dis al wat my gewig in toom hou (soort van).
    Elke naweek maak ek ‘n ordentlike groot ontbyt, met al die trimmings.
    Dan is die huismense versadig tot aandete, spaar my middagete maak😆

  18. Ek lyk al soos ‘n koffiepot, kan ‘n goeie koppie koffie nie weerstaan nie. Ontbyt is vir my iets wat verdwyn tussen doeke skoonmaak, kinders uit die bed uit kry, manlief dryg om tot stort te kom en jaag om betyds vir werk te wees…

  19. Whoooopppppeeee!!!! Zzz’tjie hettie lig gesien!! Ontbyt binne 30 minute na opstaan – All Bran, Oats, Special K, WheetBix – anything with bran and fibre to get the system going… nou’s die trick net to keep it going – en raai wat??? Nie eens ‘n kar loop op petrol-fumes nie!! so?? Gee hom genoeg – heeltyd – aanhoudend – and as you do it uses what it needs and it gets rid of what it doesn’t… no more bêre until tomorrow. As jou lyfie weet hy kry nou-nou weer raak hy ontslae van als wat oorbodig is – as hy wonder of hy weer gaan kry bêre hy de laaste kriesel. Is dit soooo moeilik vir anybody om te verstaan???
    Ek eet al vir die afgelope 40+ jaar van my lewe -(oops!!! amper gee ek my ouderdom weg😳 hehehe) die hele dag deur… ain’t never once been on a diet or picked up more than 3kg’s during any season – of ek nou gym toe gaan of nie… (ok ja met die swangerskappe – but once the baby’s out – the weight’s off).
    Ek tart niemand – ek spog nie – ek is nie sarkasties nie – ek weet net wat ek weet. Kry ‘n eetroetine en hou daarby. Jou body hou van routine – glo my! Dis soos jou 2 liter water per dag. Wat is nou so moeilik daaraan om vir die eerste 4 weke ‘n reminder op jou selfoon te sit vir 8h, 10h, 14h en 16h om daai botteltjie leeg te drink??? Na ‘n maand remind jou body jou sommer self – it’s not your body’s fault it looks the way it looks – it’s yours!! you’ve gotto know the basic rules: one of which is when to put the freakin’ spoon down:mrgreen:
    Hierdie as nou waaragtig nie op jou gemik nie Zzzz’tjie – and you ought to know that… maar die woord dieet, eetgewoonte, vet, oorgewig en what not als trigger my telkens – and all it really takes is common sense and a bit of discipline (dis nou daai dêng wat ons op ons kinders probeer toepas😉
    Zzz’tjie, jy sê: “Ek voel altyd so ongemaklik die res van die dag.” – have you tried eating b’fast regularly for 3 weeks every single day?? jou body sal met jou disagree! i promise!!
    (Even as ons gaan uit ontbyt – Sondae of so – eet ek steeds my pap – bietjie minder but nonetheless… cause ek ‘straf’ nie my body vir iets wat hy nie gedoen het, deur te moet wag to 10uur se ‘treat’ van eggs, bacon en die hele tutty nie – cause my body don’t know it’s Sunday!!👿

  20. 😆 @ Pampoen, miskien is dit die kleine mannetjie😉
    Adriana, nou wat is die verkil… eiers bly mos eiers!
    Ice, ja ek kan sien dit begin werk, my waspoeier krimp nie meer die klere nie
    Carolina, ek is bly.. probeer dit, ek voel regtig al beter😆 @ Ninette
    Carina, Kokkewiet, Jeannie en Paula, probeer gerus, na (sjuut… 40+ jaar) besef ek dit…
    Nelba, ek gaan probeer aanhou… aanhouer wen!
    Nikita, miskien sal ek oor naweke die oats ding doen saam met Zeethan, hy is mal oor sy oats!
    Maxi, slim van jou.. Ongelukkig is ek nie die kok soort nie, so ek gaan maar vir hulle ook net oats gee.
    Ogies, jy het my sopas beskryf, maar ek moet van die lemoenskille ontslae raak, en ek moet sê, ek begin nogal die ontbyt storie by die werk geniet, veral noudat ek die resultate sien aankom.

    Anty BB, ai, kan jy onthou hoe jy my probeer vertel het in die chatroom hoe om dit te doen, en al die oefeninge daarby. Mmm, I was to lazy to follow up or to listen al het ek geweet wat die regte ding was om te doen…. Ek het ook my 2 liter water begin opgee, geen idee hoekom nie want ek was nog altyd mal oor my water. Glo my, ek gaan hard probeer volhou.. I want to fit into my clothes again!

    Hulle sê dit vat 21 dae om ‘n gewoonte aan te leer. Ek trek nou al by 10 dae……..

    /me vat gou ‘n slukkie water!

  21. Zee

    Ek eet sommer in die oggend saam met die kinders ‘n pap of ietsie maar ek eet!!

    dankie vir die leersame stukkie!!

    Liefdetjies
    xxx

  22. Zee,

    is dit dan nou hoekom my broek so styf sit vandag?😉

  23. Ek is een van daai mense wat nie sonder ontbyt kan gaan nie. Soos ‘n kar sy brandstof nodig het, het ek my ontbyt nodig anders het ek nie krag nie. ‘n Lae GI-indeks saadbroodjie met ‘n proteïen doen dit vir my vir ontbyt en hou my vir ‘n baie lang tyd.

    Interessante artikel Zee!

  24. Zee, as jy nie mal is oor ontbyt nie (soos ek), probeer jou ontbyt inkorporeer in ‘n smoothie. ‘n Bietjie muesli, pomelo sap, ‘n lepel BarelyLife (opsioneel), ‘n yogurt, ys, vrugte van jou keuse en siedaar. Soms as ek nie muesli het nie, gooi ek sommer ‘n blokkie Weetbix in. Dit werk net so goed. Daar is so baie goeie opsies. Moet net nie ontbyt mis nie. Dankie vir ‘n goeie inskrywing.

  25. Zee, hoe lag ek nou vir die lemoenskille.
    Ek weet ontbyt as ek spek en eiers kan kry🙂

  26. Ek eet ontbyt, middagete en aandete en meer kere nog tussenin ook.   Gelukkig kom ek nou agter dat ek nie vet is nie, net flippen intellegent want as mens ouer word raak ons almal swaarder en swaarder omdat daar al hoe meer en meer inligting is wat gestoor moet word.   Soos die kop vol word sak die inligting af na die res van die liggaam.  Dus sal ek nooit op ‘n dieet wil gaan nie, ek wil nie graag die inligting wat baie jare geneem het om gestoor te word, wil verloor nie.

  27. Grappies op ‘n stokkie – hierdie inligting wat jy hier vir ons bymekaar gemaak het is baie waar en baie belangrik. Ek kom maklik in die patroon maar sukkel so om daarby te bly!.

  28. A3 ek het nou die dag so gelag vir ‘n vriendin. Sy sê sy begin die eerste tekens van anoreksie toon… Elke keer wat sy in die spieël kyk, sien sy ‘n vet vrou!

    Sy sê ook binne in haar is ‘n maer vrou wat skreeu om uit te kom. Sy maak haar elke keer stil met tjoklits!

  29. Zee, ek het ook ‘n paar skakels na Photoshop tutorials op my blog gesit. Jy sal dit heelbo aan my blog kry as ‘n bladsy.

  30. Ek is pateties as dit by ontbyt-eet kom! Ek pak maar dese dae grondboontjies of van die Jungle Oats granola bars in (sonder chocolate)…dit help😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s