Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

My storie 7

55 Kommentaar

Soos julle weet was seun gevonnis tot twee jaar tronkstraf.  Hy het op 12 Mei 2008 sy vonnis begin uitdien.  In die vier maande het ek nou al vier keer vir hom gaan kuier.  Die laaste keer so twee weke terug het hy vir my gesê die kans dat hy Januarie 2009 kan uitkom is baie groot. (Begin al klaar stres daaroor!)

Ek het baie duidelike voorwaardes aan hom gestel.  Ek sal niks teken totdat hy ten minste een jaar van die vonnis uitgedien het nie.  Geen dwelm gebruik in die tronk nie. (Groot was my verbasing toe ek sien dat hy met n boek daar aankom wat presies dieselfde program is wat ek op my blog doen en wat ook op TV geadverteer word.  “The Truth About Drugs” Hulle is besig met die program op die oomblik.)

Ek vra hom toe of daar dwelms in die tronk is.  Ja ma, en voor ma vra, ek het dagga gerook.  Hy het die bewaarders gevra om hom na ‘n nie-rook sel toe te skyf want in die sel waar hy was het hulle dagga gerook in die aand.

Hy probeer hard sê hy maar dit is swaar. Hy sê dit is hel daar.  Hy mis om saans buite te wees.  Hy mis om TV te kyk.  Hy mis alles wat hy vir ‘granted’ aangeneem het.  Hulle word al twee uur in die middag toegesluit en word eers weer die volgende oggend oopgesluit.  Nou ja, wat het hy verwag, ‘n holiday camp!!

Nou kom die kinkel in die kabel…………

Vanaand toe ons by die huis kom lê daar so papier onder die deur.  Sjoe, my hart sak in my skoene, wat se summons kry wie vir watter spoed oortreding!

Dié is toe ‘n brief van die korrektiewe dienste af.  M hoef net 1/6 van sy vonnis uit te dien en dié is dan nou 4 maande, wat môre is.  Wat ‘n skok vir my sisteem.  Ek bel toe dadelik die sel nommer wat op die brief is en verduidelik aan die parool offisier dat dis onmoontlik is dat hy nou al vrygelaat mag word.  Nog elke keer as hy ‘skoon’ was vir 3 maande was dit net twee weke en hulle was terug op die goed.

My voorwaarde was soos volg aan hom gestel.  Ek kan mos nou eis.  Ek betaal dan belasting!

Seun moet vir ten minste ‘n jaar daar bly.  Hy moet elke drie weke getoets word vir dwelms en as hy positief is moet nog ‘n maand by die jaar bygevoeg word.  Hy moet ‘n dwelm kurses suksesvol voltooi in die tronk.  Hy moet ‘n kursus in watookal hy wil doen en slaag.

Ek sal onder geen omstandighede teken dat hy vroeër uitkom nie.  Wat is die doel dan van die straf….

Ek het ook voorgestel dat as hy wel uitkom dat hulle hom eerder na Noupoort toe moet stuur vir die res van sy parool.  Daar sal hy die keer nie kan wegloop nie want dan kan hy weer tronk toe gaan.  Die parool offisier gaan my voorstel aan die ‘board’ voorstel en hopelik sien ek bietjie lig in die einde van die tonnel.  Hy gaan ook seker maak dat die dwelm en watookal seun wil doen kurses wel gedoen word.

Is ek verkeerd om nie te wil teken nie?

Is ek verkeerd dat ek voel dat hy nog nie genoeg gestraf is nie?

Miskien wil ek hom net nie nou al terug hê in my huis nie.

Miskien geniet ek die vrede en geen bekommernisse op die oomblik nie.

Is ek te selfsugtig op die oomblik?

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

55 thoughts on “My storie 7

  1. Ek dink jy doen die regte ding Zee. Ek dink ek sou dieselfde gedoen het. As dit dan al genade is om hom skoon en op die regte pad te kry dan moet dit so gebeur. Eerder dit as wat hy weer in sy ou gewoontes verval. Baie sterkte!
    (((Zee)))

  2. Zee, niemand wat nie al in jou skoene was, mag klippe gooi nie. Ja, aanvanklik het dit vir my ook hard oorgekom, maar dis seker waar die ‘tough love’ deel inkom. Om nie te dink aan die onmiddellike nie, maar eerder aan die toekoms. En dit vat ‘n ma met senuwees van yster!

    En ja, ek dink jy MAG maar ‘n tydjie sonder bekommernisse he! Demmit, jy verdien dit!

  3. Selfsug? O nee.. Genade man, ek ken geen ander mens wat deur alles is wat jy is, en nog steeds bly vasbyt nie. ‘n Selfsugtige ma sou jare gelede handdoek ingegooi het. Ek sou! Doen wat jy weet wat reg is vir jou kind. Glo daarin en glo in jou Maker en moenie ophou bid nie. Ek en ander doen nog steeds.

  4. Hallo Zee

    Sjoe, taai ene. Nee, jy’s nie selfsugtig nie – jy wil hom net help.
    Baie sterkte daar!

    Groete
    Ninette

  5. Zee, ek glo jy doen die regte ding. Jou volharding is vir my so ongelooflik. Ek kan nie my begin indink in jou skoene nie. Soms is dit nodig om “cruel to be kind” te wees. Mag ek vra watter invloed Zeethan se ma en pa in sy lewe het?

  6. Niemand durf jou oordeel nie Zee!

    As jou voorwaardes gaan verseker dat hy skoon gaan kom en ‘n plesier in julle lewe word, dan kan ek nie sien hoekom hy vandag moet uitkom om net voor die einde van die maand presies weer gehook te wees nie…

    Sterkte!

  7. (Jy’s getag. :wink:)

  8. Vasbyt Zee. Dis vir jou kind se eie beswil. As hulle hom dan nie langer in die tronk wil hou nie, laat hulle hom Noupoort toe stuur. Baie sterkte!

  9. Zee, ek is trots op jou. Deursettings vermoe en senuwees van staal. Aanhouer gaan wen, en daar gaan n dag kom wat jou seun jou gaan bedank dat jy opgetree het soos n ma moet….jy het ingetree toe hy te swak was om homself te help.

    Kleine Zeetjie staan danksy jou onselfsugtigheid en geloof, hoop en vertroue ook die kans om sy biologiese ouers te kan ken, wat heel moontlik nie daar sou wees as dinge aangehou het soos nou nie.

    Staan sterk, en druk deur.

    *hugs*

  10. Nee, jy is glad nie selfsugtig nie. En wat jy voel is ook nie verkeerd nie. Dis jou volste reg!

    /me staan op haar stoel en gee moerse applous vir Zee! *fluit* *clapping*😀

  11. Zee,
    Jy is baie dapper!! Sterkte!!! Ek bid vir jou!!

  12. Ek dink regtig wat jy doen is reg. Ek glo nie dit maklik nie, maar dis reg. Hy is op die oomblik veiliger binne die tronk as daarbuite.

  13. Ek stem saam met almal, dis die regte ding om te doen en ek gee ook vir jou staande applous saam Krista!

    Ek weet hoe swaar dit vir jou is, en alles het nou net positief begin draai!

    (((Zee)))

  14. Ek dink nie dis verkeerd nie, jy wil net die beste hê. Om deur al die stres en stront te gaan is net te erg. Mens kan net SOVEEL vat. Ek dink dis seker baie moeilik vir jou, want dis die kind wat jy 9 maande onder jou hart gedra het, maar jy moet maar deurdruk, vir julle, jul seun en klein Zee se part.
    Sterkte!

  15. Jy verstaan nie HOE goed ek verstaan nie Zzz’tjie…
    You go girl – staan jou staan – en as dit selfsugtig is om jou kind geheel en al gesond te maak – then so be it: wees met ‘n geruste hart die selfsugtigste mens ever ooit!
    I salute you, skat!
    (tussen ons ander bloggers kan ons al vir jou ‘n hele erewag vorm😀 ) – ek dêps die drummy wees – met die stokkie – ek gee nie om waffer instrument die ander blaas nie:mrgreen:

  16. NEE Zee! jy is net LIEF vir hom! Dit wys jy gee OM! Baie sterkte en ‘n lekker drukkie vir jou! Ek glo dat ek ook in hierdie omstandighede hierdie besluite sou neem. Jy kan verseker wees dis die regte besluit. Geluk en hou so aan! Jy is op die regte pad en jy weet dit!

  17. Zee, jy ken jou seun en sal beslis beter weet. Baie sterkte vir jou!

  18. Baie dankie aan almal vir julle mooi woorde. Ek sit hier met trane in my oë omdat julle my so bemoedig!!

    Ek het gisteraand omtrent nie geslaap oor my besluit nie, maar ek kan net nie die kans vat om hom so gou te laat uitkom nie.

    Hy is seker woedend vir my vandag… so be it! Soos julle sê, eendag sal hy dit waardeer wat ek gedoen het.
    😆 @ Anty BB!!

  19. Staan sterk Zee! Jy gaan hom nie help om nou sag te word en in te gee nie. Laat hom eerder deur die hele proses, dis vir sy eie en meer nog, julle beswil!!!!

  20. Zee, ek het jou al gese. Fok wat die mense dink.

    Ek dink jy moet nou streng wees. Dit is tyd dat Seun grootword en sy plek in die gemeenskap volstaan. Hy gaan dit nie doen met dwelms nie.

    Ek dink glad nie dit is hard nie.

  21. Jy is ‘n dapper vrou, ek salueer jou, en van vanaand af sit ek Seun se naam op my gebedslys. Net ons hemelse Vader kan julle help en ek glo Hy sal.

  22. Zee, ek staan nie in jou skoene nie, so ek het dus nie ‘n idee hoe dit voel en waardeur jy gaan nie. Ek dink jy’t wel die regte besluit geneem – vir jou en jou seun. Sometimes you have to be cruel to be kind.
    (((Zee))).

  23. JY is 100% reg, maar of die owerhede vir jou gaanluister is ‘n ander storie – deesdae wil hulle nie gepla wees nie en as hulle die verantwoordelikheid kan skuif, dan doen hulle dit. Ek hou duime vas, Zee.

  24. Zee

    Jy is defnitief reg!! Ek bid vir jou darling maar glo my dis vir die beste dit vat aan ‘n ma se hart ek kan my net indink!! Maar onthou ons is daar vir jou!!

    Liefdetjies
    xxxx

  25. Zee, nee wat, jy’s reg!
    Moenie jou kop daaroor breek nie…as dit die enigste plek is waar jy hom kan “reg kry”, so be it!

  26. Sonkind, het nou net met die parool offisier gepraat en hy sê hy het ‘n baie “strong” report vir hulle gestuur, hy sal dit Maandag vir my faks. Al wat ek kan doen is bid!! Ek sal nou maar moet baklei as ek moet om hom daar te hou..

    Amanda, Doringroos en Pagoda – baie welkom hier en dankie!

    Dankie weer aan almal vir julle positiewe kommentaar, ek waardeer dit opreg!

  27. Zee, ek het ongelooflik baie respek vir jou en die manier hoe jy dit hanteer. Jy is reg, al is dit hoe moeilik vir jou ma-hart.

    Sien jy hier: dis ek wat kniebuig vir jou.

  28. Wil ook maar net se: Baie, baie sterkte en dink aan jou!

  29. Ek dink dit is baie moeilik. Net gisteraand in ‘n lesing wat ek aanbied het ek vir die mense genoem dat mens partykeer hard moet wees om iemand te help. Ek dink jy doen die regte ding.

  30. Ek kan my nie eers indink hoe moeilik dit moet wees nie. ((Zee))

  31. sjoe Zee, die pyn van ‘n ma, sterkte!

  32. Ek wil graag vir al Zee se blog vriende wat haar in die verlede en ook veral vandag so bystaan en moed inpraat, uit my hart bedank. Dit is vir haar so bitter moeilik maar steeds is sy altyd met haar glimlag gereed om oral waar hulp nodig is, te help. Sy is my dogter en ek is verskriklik trots op haar.

    Ek sien elke dag die hartseer en bekommernis waardeur sy gaan en het nou ook die vrymoedigheid om almal te vra om haar, haar liefie, haar dogter en ook vir M en sy seuntjie, klein Zeethan, aan Hom by wie niks onmoontlik is, op te dra.

  33. Zee byt vas jy doen heeltemal die regte ding, nie net vir jou seun maar ook jouself en jou kleinkind! jy het tyd nodig om weer krag op te bou, en hy het tyd nodig om sy stelsel en gedagtes skoon te maak!

    sterkte aan julle almal!

  34. Baie sterkte Zee. Ek is bly jou seun het gevra om na nie rokers sel geskuif te word. Dit is ‘n bewys dat hy wil probeer. Maar ja, ek dink ook dis te vroeg om hom aan sy eie lot oor te laat so gou. Ek hoop jy kry dit reg om hom daar of op Noupoort te hou. Jy is baie sterker mens as ek. ((((((((Zee))))))))

  35. Sjoe Zee dis ‘n tough ene hierdie, ek kan my nie in jou skoene plaas nie. Dis moeilik, ek weet jy sal die regte besluit neem. Ek wonder net, sal jou seun jou nie kwalik neem as hy weet jy wil nie hê hy moet nou op parool uitkom nie. Soos ek sê ek wil nie eers in jou skoene staan nie want ek sou nie weet wat om te doen nie. Hopenlik sal alles uitwerk vir julle albei. Sterkte vir jou en jou familie, want dit raak almal rondom jou.
    (((((Zee))))) en (((((familie/vriende)))))

  36. Net iemand wat jou pad gestap het kan hieroor oordeel fel. As dit my kind was, sou ek graag wou sien dat hy gestraf word vir oortredings waar hy ander se lewens ook in gevaar kan stel. As jy hom nou laat los, wat leer hy? “Nee wat, ma sal elke keer my foute vir my regmaak…” Hy leer niks. Vir iemand wat die pad so ongelooflik byster geraak het, het dit ‘n soortgelyke skok nodig om hom (hopelik) weer terug te dwing in die regte rigting. Die enigste ding wat my pla…hy het toegang tot dwelms in die tronk.

  37. Dankie Mamma!!!
    Carina, jy slaan die spyker so op die kop. As hy nie gestraf word vir sy dade nie, waarvoor het ek so lank al dan baklei. Hy moet leer wat is reg en wat is verkeerd. Ek het in die verlede “te” veel sy foute vir hom reggemaak en ek kan en wil nie meer nie. Hy moet dit self regmaak.

    Daar is dwelms. Hy het spesifiek vir my gesê van dagga en Mandrax. Dis hoekom ek wil hê dat hy elke drie weke randomly getoets moet word. Ek sal baklei daarvoor. Dagga bly ongeveer twee weke in ‘n mens se stelsel so dit sal vinnig opgetel word. As hy wel ander gebruik sal hy nie presies weet wanneer hy getoets sal word nie, so… sy lot sal in sy eie hande wees as ek kan regkry wat ek beoog. Ek dink as ek lank genoeg aanhou veg vir sy regte om gerehabiliteer te word, mag ek dit dalk net regkry..

    Beertjie, seun weet wat my voorwaardes is. Baie duidelik. Toe ek laas by hom was het hy genoem dat hy dal Des/Jan kan uitkom en toe het ek vir hom gesê dat ek nie sal teken dat hy huis toe kom voordat hy ten minste een jaar gedoen het nie. Al wat my pla is Sondkind se kommentaar…. maar ek sal aanhou veg…. vir sy rehabilitasie!

    (((((Almal)))))

  38. Ai liewe Zee, ek dink so baie aan julle. Moenie te hard op jouself wees nie, jy is maar net ‘n ma. Ma’s is veronderstel om vir hul kinders uit te kyk. As jy dit nie gaan doen nie, wie gaan? Jy het die regte ding gedoen.

    (((((Baie sterkte)))))

  39. Iemand het eendag vir my hierdie gebedjie gegee toe ek dit erg nodig gehad het met my meisiekind…

    “Goeie môre! Ek is God. Vandag gaan Ek al jou probleme hanteer. Onthou asseblief dat Ek nie jou hulp daarvoor nodig het nie. As die duiwel iets oor jou pad laat kom wat jy nie self wil hanteer nie, moenie eers probeer nie. Gooi dit eenvoudig in die ‘gee dit vir Jesus’ kissie. Ek sal daaraan aandag gee op My tyd – nie jou tyd nie. Wanneer jy die probleem in die kissie gesit het, moenie langer daaraan vashou of dit probeer wegkry nie. Dit sal net die oplossing van jou probleem belemmer. As dit ‘n situasie is wat jy dink jy sal self kan hanteer, bespreek dit asseblief eers met My in gebed, om doodseker te maak dat jy die regte oplossing beet het. Omdat Ek nooit slaap of sluimer nie, is daar geen rede waarom jy ooit hoef wakker te lê nie. Raak rustig, My kind. As jy My wil kontak, onthou: Ek is net ‘n gebed ver.”

  40. Zee. Shoe ek voel vir jou … ek wou sommer ‘n traan puk. Bytvas suster.

    Net die beste vir jou

  41. Baie sterkte Zee!!! Jy doen die regte ding en jy het niks om skuldig oor te voel nie!

  42. Enige nuus, Zee?

  43. Ice, het vandag met die betrokke owerheid gepraat. Seun het begin werk in die “maintenance” afdeling wat vir my baie goeie nuus was want dit was een van my voorwaardes aan hom dat hy moet werk en nie leeglê nie.

    Hulle het my ook verseker dat hy nie kan uitkom as ek nie teken nie en niemand anders kan vir hom teken om uit te kom nie omdat my adres op file is.

    Hy gaan ook getoets word vir dwelms sodra ek ‘n kans kry om daarheen te gaan en mooi aan hom te verduidelik dat hy sy toestemming moet gee om getoets te word op ‘n adhoc basis, as hy nie sy toestemming gee nie, is hy op sy eie want dan se dit vir my dat hy dwelms gebruik.

    Ek sal julle laat weet sodra ek daar was. Maar at least kan ek vir nou rustig slaap net vir die rede dat die owerheid nie my versoek sommer net so afgemaak het nie.

  44. Xcellent!!

    Sterkte vir julle en ook ons gebede aan “Seun”!

  45. SJOE!!!!

    Is jy nie maar net ‘n ma nie? Een wat die beste vir haar kinders wil hê, al maak dit ook hoe seer?

    Vir my….. is jy waarlik ‘n voorbeeld……
    Jou kragte hou net nooit op nie en die slae van die lewe kry jou nie
    onder nie.

    Jy is sy man en jy het hom grootgemaak, so ek sou sê dat as jy voel dit wat jy voorstel is die regte ding om te doen…. dan is dit verseker!!!

  46. Zee,

    Soos ek jou al leer ken het belowe ek jou dat niemand aan jou dink as monster nie🙂 Jy is goeie vrou en uistekende Ma, jou seun kan baie dankbaar wees vir ‘n Moeder wat so baie omgee oor hom…

    Ek sal julle in my gedagtes en gebede hou….

    Sterkte, en onthou my skouer is altyd daar as jy wil huil, ek belowe jou ek huil saam….

    Luv U’s 2

  47. Zee,
    Ek kan dink hoe moeilik dit vir jou moet wees om saans aan die slaap te raak. Dis mos donkernag se dinge dat ‘n mens se geliefdes so in jou kop rondkrap.
    Sterkte, jy doen die regte ding. Dink ook vandag besonder aan Coenie de Villiers.

  48. nee, jy is nie selfsugtig nie. jy is net ‘n ma wat die beste vir jou seun wil he…. en al is dit hoe moeilik om sulke groot besluite te neem, gaan hy ‘n beter mens word deur sy ma se besluit.

    dink aan jou!!!!!!!!

  49. Almal het al klaar alles gesê. Ek wil net vir jou sê dat ek ongelooflik trots is op jou, en die wêreld se respek vir jou het. Jy doen die regte ding. Julle is elke dag in my gebede, en ek is seker dat wanneer jy na klein Z kyk, jy weet dat alles die moeite werd is. Sterkte my maatjie, jou beloning eendag gaan groot wees!😉

  50. Aan almal wat vir die eerste keer hier is, baie welkom en dankie vir julle mooi woorde!

    Dellie, ek glo nie almal besef wat julle ondersteuning vir my beteken nie. Elke keer as ek sien dat hier nog ‘n comment by is raak my hart so warm van ongeloof…. Dankie almal…

  51. 🙂 ek lees nou graag hier … sterkte

  52. Aan Zee se Mamma,

    Ons is almal hier vir Zee, sy kan enige tyd op ons staat maak om haar te help waar ons kan. Dankie dat jy lief is vir jou dogter Zee se Mamma want sy is amazing mens🙂

    Zee lekker af daggie vir jou vandag, sien jou weer more

  53. HI Zee!!
    Eks seker nou mostert na die maal maar geluk jy’t iets bereik wat ons nie nie kon nie.
    My man se dogter wat nou al in seker 5 verskillende re-habs was is weer opgeneem.Sy was nogal saam met Coenie se dogter in Noupoort maar het daar ontsnap(dink ek het dit al genoem) almal geflous en gesê sy is skoon, het ‘n man by noupoort ontmoet en wou toe trou wat wel gereel is en baie lekker en mooi was net om uit te vind hulle is nogsteeds betrokke.Was mos gearresteer en het ‘n keuse gehad of rehab of tronk.Ek persoonlik het gedink die tronk beter opsie maar sy is toe weer 5mnde rehab toe.Sy word nie lank na ontslag ,in die hospitaal opgeneem vir/met trombose en die ma vertel ons dis agv dwelm maar sy het nog nie weer iets gebruik nie.2Weke terug kry ons weer ‘n oproep sy’s weer gearresteer en het weer ‘n keuse rehab of tronkstraf. Nou my magtie waarom laat hulle haar nie toesluit nie hoeveel wil hulle nog spandeer.Die beste van als – die ma sê toe dat sy nooit tydens die hospitaal sessie skoon was nie maar hulle wou ons nie sê nie.
    Gister sê my man hy weet nie meer nie, maar onthou, ons was nie deel van haar opvoeding nie want die ma en die se ouers wou nooit gehad het sy moes kom kuier nie ( haar onderhoud is gereeld betaal) en eers toe sy begin werk het het sy uit haar eie begin kuier.(eenmaal in 3 jaar) Ons word nou beskuldig vir haar gedrag omrede ons nooit daar was vir haar nie.
    Sy’s nou dertig en ek glo nie sy sal skoon kom nie maar ons gaan ook nie meer betaal nieen ek dink persoonlik haar lewe hang aan ‘n draadjie.Ons is lief vir haar maar deesdae is sy nie meer deel van ons lewe nie maar sy sal altyd deel wees van ons gebede!
    ps. Is te lui om te blog

  54. hi Zee my darling!!

    jy doen die regte ding omdat jy doen waarin jy glo. ‘n ma se gut oor haar kind is altyd reg. dinge kan nou net beter gaan want jy het die element van hoop nog nooit verloor nie en solank jy kan hoop is daar ‘n great toekoms

    liefde

  55. Hi Zee.
    Nee jy het die regte besluit geneem, jinne ek is trots op jou. Kan my nie indink hoe hard dit vir jou moes wees om dit te se nie. Kan nie wag om te hoor wat die parool board gese het nie. Sterkte vir julle ons gebede is met julle. Gee n lekker hugs vir klein ding

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s