Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Toilet papier

27 Kommentaar

Ek loop so deur die Spar Saterdag ek soek gou toilet papier.  Ek trap in my spore vas toe ek hierdie toilet papier sien.  Ek het dadelik aan Wipneus gedink.  Wippie, weet elke keer as ek hierdie toiletpapier gebruik ek aan jou sal dink.😆

Toilet papier kan vir verskillende doeleindes gebruik word.

Hierdie nuwe ontwerpe vir die kinders van Dinu Kids Collections sal hulle vir ure op die toilet kan besig hou.  Roer het eendag ook oor toilet papier gepraat en het vir ons ‘n prentjie van Superman gewys.  Ek het nou al 4 verskillende ontwerpe vir Zeethan gekoop vir sodra hy gereed is vir die “groot”toilet.

Hier het Zeethan gedink dis nou lekker om met toilet papier te speel.  Later het hy so bietjie noodhulp toegepas op oupa. Soos julle kan sien op die laaste foto was hy glad nie gelukkig dat daar opgepak moes word nie.

Geniet die “Drive In” by Route 66!!


Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

27 thoughts on “Toilet papier

  1. Dis oulike lavvie-papier! Ek het nog net hondjies en vlindertjies gesien…
    Daai knapie kan darem al ‘n hogere toring bou! 😉

  2. Ag dis te cute!!! Ek wil dadelik vir my ‘n gros van hierdie toiletpapier gaan koop!

    Zee dis ok as jy aan my dink in jou private plekkie!! whahahaha 😆
    Solank daar feëtjies is!!!

  3. Wonder of die oulike toiletpapier ons hier op die platteland ook sal bereik. Het die “Drive In” baie geniet, hulle kan soms met die snaakste goed so lekker speel, maar die oppak is nooit lekker nie.

  4. Dis so oulik…..

    Mens kan sien waar ons bly….. hier nie sulke toiletpapier nie….

    vyeblare moet maar doen….. of is dit nou wingerdblare?

  5. Ek het die inry sommer baie geniet! 🙂 Pragtig!

  6. Dit is baie oulik. Ek het ook die drive in geniet. Dit is nogal iets wat ek baie jare laas gedoen het.

  7. Dit is nou oulike toilet papier!

  8. Hoekom hou kinders so baie daarvan om met toiletpapier te speel?

  9. Ek is jammer maar ek sal nie beindruk wees as iemand aan my dink elke slag as hulle toilet papier gebruik nie.😦

  10. Ek het ook van daardie feëtjie toiletpapier, maar is te jammer daarvoor om dit te gebruik😆

    Dan het ek nog ander met die mooiste dolfyne ook op. Een keer toe my suster en swaer kom kuier, kom vra hy of dit vir gebruik of slegs vir ornamentele versiering is – hy wil darem net seker maak😆

  11. Ek het dit ook gesien noudiedag. In my spore gestop. dis soooo cute😀

  12. Rustig, dis nou die feetjie ding, tsk, jy sal tog nie verstaan nie 😆
    Boendoe, ek het nog nie die hondjies gesien nie, gaan bietjie uitkyk vir dit!
    Xanika en Pampoen, o ja ek vergeet, die platteland is mos bietjie 4 dae agter soos Pampoen sê😆 Dalk is dit by die naweek daar by julle!🙂
    Paula & Riaan, dankie, dit het vir my net te oulik gelyk om dit so te doen!
    Meermin, dit is regtig oulik, die dolfynties is net so mooi!
    Sonstraal, gelukkig is myne vir die oomblik in die spaar badkamer, so dit word regtig net gebruik as ons kuiergaste kry. Dis nou as Zeethan dit nie in die hande kry en die hele huis met toilet papier bestrooi nie.
    Adrie, vra jy my – geen idee nie, al wat ek weet dat dit hulle baie ure se genot verskaf. Ek het nou al sommer van hierdie goedkoop toiletpapier gekoop om hom mee besig te hou😆
    Sonneblom, dis hoekom ek so in my spore vasgetrap het!

  13. Uiteindelik kom ek toe hier uit!🙂 baie baie oulik!!!

  14. Wow! Ek wil ok hê!!! Sal bietjie gaan loer da innie winkels. Sal net met “special” geleenthede die toiletpapier gebruik (hie hie)!
    Ek laaik jou inry kwaai!

  15. Ai Zee, my twee sal die toiletpapier mos nie kan uitlos as dit so mooi is nie!

  16. Ek sal te jammer voel om dit te gebruik vir die doel waarvoor dit gemaak is!😯 Ek sal tien teen een geskenke daarin toedraai!😆

    Dit was lekker by die drive-in!😉

  17. Dat toiletpapier ons nou so opgewonde kan maak!😆
    Jou drive-in is oulik. Arme Oupa…🙂

  18. Hulle bly darem verskriklik cute!

  19. Gits, jy raak regtig oulik hier op jou blog! Jy moet laat weet wanneer begin jy met jou klasse… Ek sal my eie toiletpapier bring.

  20. Nikita, ek is bly, ek was bekommerd dat ek dalk iets hier aan my kant verkeerd gedoen het!
    Botter, gaan kry vir jou so paar.
    Nelba, Zeethan is nou op die stadium of dit nou mooi of plain, one ply of 3 ply, hy sleep dit die hele huis vol😆
    Dellie, dis nou ‘n briljante idee van jou😆
    Roer, ja arme Oupa loop baie deur met hom….
    The unpregnant mother, baie welkom hier.
    WnB, toemaar, ek is seker ek kan so een velletjie toiletpapier uitkrap iewers vir jou😉

  21. Hi Zee,

    Is ek nou bly ekke is nie WipNeus nie (lol)

    Lekker dag verder

  22. Hallo Zee

    My eerste keer hier by jou … ek sal weer so maak. Oulike blog van jou!
    Dankie dat jy by my ook ‘n draai gemaak het . 🙂

    Groete
    Ninette

  23. Ninette, welkom hier!😆 @ Jeannie, welkom hier!

    En nee, ek dink aan haar baie feetjies in haar tuin wat so orals rondvlinder!

  24. Ek hou wat die papier met die dollar note op! Dit laat mens soos Rockefeller voel hier op die einde-van-die-maand-Salticrax-dae

  25. @ Cebella – solank dit net nie Zim dollars is nie!😆

  26. 😆 @ Cebella en Dellie!!

    Cebella, ek het nog nooit die gesien met die $ note nie! Gaan bietjie op die uitkyk wees vir dit!

    Dellie, jou oog is cool!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s