Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Zeethan kry sy silwer lepel in die mond

36 Kommentaar

Ek kry Donderdag ‘n nota om te sê dat iets by die poskantoor afgehaal moet word.  Ek gaan toe gou Saterdagoggend en kry die pakkie.  Wat my ongelooflik hartseer gemaak het oor die inhoud van hierdie pakkie is dat dit van my stiefbroer afkomstig is wat ek jare laas gesien of van gehoor het.  Toe my pappa oorlede is was dit asof ons net van mekaar afgesterf het.  Adrian, ek waardeer dit regtig baie!

Die eerste briefie wat ek toe uithaal was aan my en my man gerig.

M & M

Julle kind / kleinkind se storie is een wat hartroerend is maar ook een van hoop.  Ek het navraag gedoen oor wat hy nodig het, en die antwoord wat ek gekry het was: “Niks.  Skenk eerder iets aan een of ander instansie”.  Dit klink toe vir my net nie reg nie!  Dalk het Zeethan niks nou nodig nie, maar iewers in die toekoms sal hy iets nodig kry.  Daarom het ons besluit om vir hom iets te gee vir die toekoms – ‘n silwer lepel.  Dit het dalk nie nou vir hom waarde nie, maar eendag as hy groot is sal hy moontlik die simboliek van die lepel verstaan.  Bêre dit maar met sy briefie vir hom totdat hy ouer is.

Oor die jare wat ek met kinders werk het ek al gesien hoe verskeie kinders wat aangeneem is, wie se ouers gekei het of wat net een van hulle ouers ken of deur hulle ouma en oupa grootgemaak is (julle sal verstom wees aas julle weet hoeveel sulke gevalle daar is) op ‘n stadium baie vrae begin vra.  Dikwels pla die spoke van die verlede hulle, al is dit iets waaroor hulle geen sê gehad het nie.  Dis normaal.  Al ken hy die storie van sy verlede, sal Zeethan ook seker eendag antwoorde soek en vrae begin bra.   Baie kinders worstel met hierdie spoke van die verlede.  As dit gebeur, gee hom die lepel dat hy kan verstaan dat alhoewel daar ‘n verskil tussen hom en sy  maats is, hy maar eintlik die gelukkige een is.  Watter van sy maats het met hulle geboorte ‘n silwer lepel wat al 3 geslagte oorgedra is, vir ‘n geboorte geskenk gekry!  Net baie spesiale babas kry sulke geskenke!

Mag die outjie vir julle twee op julle ‘oudag’ baie vreugde gee.  Mag hy soos ware silwer skyn en van groot waarde vir julle wees.  Onthou net, silwer slaan aan en moet deurentyd met groot liefde skoon gevryf word om te skyn.  My gebed is dat hy die hartseer wat julle die afgelope paar jaar beleef het oorskadu sal word deur die vreugde wat julle uit Zeethan sal put.  Mag hy in julle lewens skyn.

Baie groete en liefde

Die F… van Ficksburg

Die tweede briefie was aan Zeethan gerig met hierdie kosbare geskenk aan hom!

15 Augustus 2008

Liewe Zeethan

Jou ouma sê jy het niks nodig nie, maar dit sal baie onvanpas wees om niks vir jou te stuur nie.  Na baie dinkwerk het ek besluit om iets vir jou te stuur wat jou altyd sal laat onthou dat jy baie spesiaal is.   Dis dalk ‘n bietjie onortodoks, maar dis hopelik iets wat jou later in jou lewe sal laat onthou dat jy spesiaal is.

Dit is elke ouer se droom dat hulle kind met ‘n ‘silwer lepel in die mond’ gebore word – dit beteken dat jy gebore word met geen probleme of hartseer en met ryk ouers.  ‘n Mens kan maar sê die kind word onder perfekte omstandighede gebore.  Ongelukkig is dit ons nie almal beskore nie.  Aangesien jy nie met die spreekwoordelike ‘silwer lepel in die mond’ gebore is nie, het ek besluit om vir jou een te stuur.  Jou opwagting in hierdie wêreld was in baie opsigte hartseer, veral jou eerste 10 dae.  Onthou net, dit maak nie saak waar ons vandaan kom nie, maar eerder waarheen ons op pad is.  Al was alles nie perfek nie, dink ek jy kan uitsien na ‘n wonderlike vol lewe, met mense wat vir jou omgee en lief het.

Ficksburg is ‘n klein dorpie en my soeke na ‘n suier silwer lepel het niks opgelewer nie.  Al wat ek kon kry was oorgeblaasde silwer lepels.  Dit sou mos nie deug nie – hulle slaan aan en as jy hulle skoonmaak dan kom die silwer af.  Hoe dan nou?  Daar was net een uitweg.  Vir drie geslagte is daar ‘n suiwer 108 stuk Elkington silwer eetstel in ons familie.  Dit was my oupa (Ivor Walters) sin gewees wat hy vir my ouma gegee het toe hy aftree.  Met my ouma se dood het my ma dit gekry en sy het dit ‘n paar jaar gelede vir my gegee.  Dit is vir my BAIE spesiaal en word net op baie spesiale geleenthede gebruik.  Aangesien jy ‘n BAIE spesiale kind is kan ek nie aan ‘n beter rede dink om hierdie stel te breek nie.  As daar nou een outjie is wat verdien om so spesiale silwer lepel te kry, dan is dit jy!

Aangesien jy nie met ‘n silwer lepel in jou mond gebore is nie, stuur ek vir jou jou eie silwer lepel.  Dit sal vir jou gebêre word totdat jy die simboliek van die lepel kan verstaan.  Mag jou lewe soos ‘n silwer lepel wees – baie spesiaal.  al slaan ‘n egte silwer lepel aan, kan dit altyd skoongemaak word en blink soos nuut.  Mag jy naby die Here loop, en waar jy van tyd tot tyd afdwaal (dit gebeur met ons almal), kan jy soos die lepel weer skoon gepoets word en weer blink.  Mag jy ‘n pragtige blink toekoms hê.

Baie liefde

A, A, T en C

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

36 thoughts on “Zeethan kry sy silwer lepel in die mond

  1. Ek het sommer hoendervleis gekry!! Dis vreeslik mooi!
    Bring nader die Kleenex!

  2. Gelukkig is hier Kleenex op my lessenaar! Is dit nou nie die kosbaarste geskenk wat jy al ooit van gehoor het nie?? Dis hartseer maar só mooi…

  3. Tannie Zee… Dis baie hartseer EN mooi. Ek los ‘n boks tiesjoes vi al die mense wat hie ga lees. Dis nou sowaar een van die mooiste stories wat ek al van gehoor het.

  4. Dis vreeslik mooi hoor…

    Gun my die geleentheid om vandag ieder en elk se daggie beitjie op te kikker!

    A presious little girl walks into a pet shop and asks: ‘Excuthe me, do you have any widdle whabbits?’ The shopkeeper’s heart melts, he gets down on his knees so that he’s on her level, and says “Do you want a widdle white wabbit or a thoft fluffy bwhack wabbit or one like that widdle bwown wabbit over there?” The little girl blushes, went down on her heels, puts her hands on her knees, leans forward and whispers… ” I don’t weally fink my pyfon gives a phuk…”😆

  5. Whuhahahaha! Tannie Zee… Het jy al die harlekyn antwoord vi dorings?

  6. Ek is stil… vir eens is ek tjoepstil… thanks Zzzz for sharing x

  7. Sjoe, dis darem ongelooflik spesiaal. Die beste geskenk ooit!

  8. Gee aan die tissues Wiile kjind.

    Zee, dis die mooiste storie en klein Zee sal eendag weet hy was BAIE spesiaal, ook dat al die bloggers altyd aan hom sal dink – soos hy grootword.

    Op ‘n manier het hy ons almal se kind geword😉

  9. Wat ‘n oorspronklike gedagte. Dit is regtig ‘n baie besonderse geskenk.

    Ek los maar vir julle nog ‘n boks tissues.

  10. Wat ‘n moerse nice gebaar!

    /me maak ‘n nota . . .

  11. Dit is amazing. Ek het sommer getjank.

  12. Dit is so ‘n fantastiese geskenk, sjoe, iets wat mens kan onthou.

  13. Wat ‘n besonderse gebaar en gedagte! Ek het ook een van daai tissues nodig!

  14. ‘n Besonderse en goed deurdagte geskenk en woorde daarby! Zeethanis een gelukkige seuntjie om soveel mense te he wat vir hom lief is!

  15. Eendag gaan daai lepeltjie nog baie vir ons seunskindjie beteken.

  16. nee a sommer, die trane loop…. en dit hou net nie op nie.

    Dis so pragtig, mag dit vir hom ook eendag van soveel waarde wees as wat ons ander daaraan sou heg. Hy is regtig geseend om mense te he wat hom so immers lief het….

    liefies

    xxx

  17. Sjoe, dis soooo spesiaal! Hy kan so bevoorreg wees dat hy so ‘n oom het. Wow, ek is sommer speechless!!!

  18. Dit is seker die mees sinvolste geskenk wat iemand ooit vir ander persoon kan gee.

  19. Ek lees nou eers jou blog, dit is die mooiste wat ek nog belewe het, sommer trane in my oë. Mag Zeethan se silwer lepel net die beste vir hom wees in alles wat hy aanpak.

  20. Ai, my hart is oopgeruk. Dis so baie spesiaal – ‘n Erg spesiale geskenk vir ‘n erg spesiale seuntjie…!

  21. Zee,
    Sjoe, my trane loop!!
    Dankie dat jy hierdie kosbare briefie en gebaar met ons deel!!
    Ek glo dit gaan eendag baie beteken vir Zeehan!!

  22. Sjoe Zee, dis diep, baie diep. As alle kinders maar net daardie voorreg kon hê om niks in te lewe te nodig te hê nie.

    Hoop Zeethan waardeer eendag daardie lepel.

  23. Zee, ek het halfpad gelees toe loop die trane hier! Dit is so ‘n mooi gebaar en daardie briewe! Dis pragtig!! en so kosbaar!! Dankie!

  24. Woww … wat ‘n pragtige gebaar! Absoluut besonders🙂

  25. mmmm ek is met BB op die een… het geen woorde nie… snik net so bietjie, Zeethan is een van die lucky’ste kinders wat ek ken!

  26. Dit is regtig iets besonders Zee. Eendag vorentoe sal hy self die simboliek daarvan verstaan. Baie mooi.

  27. Dit laat mens dink al sien of hoor jy ook nie van vervreemdes nie bly mens ook in mekaar se gedagtes. Zee jy is ‘n spesiale seuntjie en ‘n klein wonderwerk in ons familie. Jou ouma en oupa is ook net so spesiaal jy sal dit meer en meer besef soos dit tyd angaan. Dankie sus vir al julle opofferings ek weet julle sal sorg dat die silwer lepel tot sy reg kom in die toekoms.

    Groete van ver.

  28. Baie dankie aan ALMAL vir julle pragtige woorde!!

    Sus, jy is net so spesiaal, sien jou oor 2 weke!!

  29. Dis amazing. Ons almal wens ons kinders kon so gebore word. Hy’s geseën.

  30. Jy roer my hartsnare!!! Ek en jy is geseend met twee engeltjies. Maar jy moenie vergeet dat ons spesiaal vir hulle gekies is nie!

    Jesus liefde
    J

  31. Jenny, jy is so reg!!! Het nog nooit so daaraan gedink nie!😉

    Dankie Oopkop!

  32. dit was so beautiful van A. tannie julle is baie gelukking om so baie ondersteuning te he en jul verdien elke oomblik daarvan. baie liefde

  33. Candazie, was dit nie ‘n wonderlike gebaar van hulle nie. Ek dink hy gaan so baie daaruit leer wanneer hy eendag kan verstaan. Mis julle!

  34. Ag dis lieflik! Wens ek kon ook ‘n paar lepels uitdeel

  35. Juffer, baie welkom hier by my scribbles. Sou dit nie wonderlik wees as ons dit wel kon doen nie!

  36. Pingback: Websites tagged "mond" on Postsaver

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s