Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Verstrooid

17 Kommentaar

Hoe verklaar ‘n mens dat jy vergeet dat jy laas week by die werk sit maar eintlik moes jy op verlof gewees het.  Hoe in die lewe kan ‘n mens so verstrooid raak dat jy nie eers so ‘n belangrike ruskans kan onthou nie.

So, volgende week gaan ek dan nou maar bietjie rus en bietjie agterstallige liassering inhaal.  Ek en mannetjie sal so bietjie vliegtuie gaan kyk en parkie toe gaan.  Ek het nou ook n week in Oktober, dan gaan ons so bietjie Margate toe.  My suster het geoffer dat ons hulle woonstel in Margate kan gebruik.  Die woonstel is op die strand so mannetjie gaan dit baie geniet.

Ek kan julle waarborg ek sal nie die trippie in Oktober vergeet nie.  My foon het nou al 3 reminders op!!

Ek het so bietjie gaan soek wat verstrooid beteken en ek kom toe op hierdie liedjie af!!  Dis offisieel, Zee is verstrooid!

Prof verstrooid

Goedendag mijn naam is Prof verstrooid.

Zeg het maar, wat had je willen weten?

Mijn formules heb ik weggegooid

en je naam ben ik allang vergeten.


Hij weet wat je wil weten,

is de slimste van’t hele stel.

Maar onthouden doen allen beter

en dat snapt hij zelf ook wel.


Goedendag mijn naam is Prof verstrooid.

Zeg het maar, wat had je willen weten?

Mijn formules heb ik weggegooid

en je naam ben ik allang vergeten.


Hij stopt geld in de waskom

en zijn aardappels eet hij rauw.

Als zijn zoontje van de school thuiskomt,

vraagt hij: ‘waarvan ken ik jou?’


Goedendag mijn naam is Prof verstrooid.

Zeg het maar, wat had je willen weten?

Mijn formules heb ik weggegooid

en je naam ben ik allang vergeten.


Hij zegt heel wijze woorden

en zijn hersens zijn goed op dreef.

Maar hij kijkt steeds als een verstrooide,

zijn geheugen is een zeef.


Goedendag mijn naam is Prof verstrooid.

Zeg het maar, wat had je willen weten?

Mijn formules heb ik weggegooid

en je naam ben ik allang vergeten.

 

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

17 thoughts on “Verstrooid

  1. Nee gits Zee, daar kan net een verklaring voor wees:

    JY WERK LEKKER!

    Wat se die ouens wat weet: Doen waarvan jy hou en jy sal nooit ‘n dag in jou lewe werk nie?

    Ek dink die persentasie mense wat werklik werksbevrediging het (en kan vergeet wat jy vergeet) is bitter laag.

  2. whahaha😆 Ons is te besig! Maar jy is bietjie erg.:mrgreen:
    Dit gaan net so dol by my, kyk hoe laat hang ek op die blogs rond, net om so effentjies op te vang!!

    Ek hou baie van die liedjie!! Dit klink so bekend😉

  3. Dalk die ouderdom!😆

  4. Ek wens daar was medisyne daarvoor! As dit ‘n olimpiese sport was het ek verseker met goud weggestap. Aan die anderkant, dalk silwer, want ek weet nie of ek ooit my vakansie sal vergeet nie!😉

  5. Sal ook maar die ouderdom die skuld gee!!

  6. EK stem – dit moet wees omdat jy die werk geniet😆

  7. ZEE,
    Ek het gedink ekke is verstrooid! Maar jy “beat” my!!
    Geniet jou vakansie!!

  8. Hie-hie!😆 Ek was darem nog nooit so vertstrooid nie… geniet jou ruskansie en lekker speel met Z!😉

  9. Onthou om jou reminder te stel om terug te gaan werk toe na jou week se verlof Zee!! 😉

    /me begin solank te hardloop!

    Het julle al vir Zeethan by Le Grange Voëlpark gehad? Hy behoort dit baie te geniet!!

  10. Hoezit Zee , in my huidige ,toekomstige en in watter leeftyd ookal sal ek nooit vergeet om nie by die werk te kan wees nie.Enige oomblik wat ek kan wil ek nie hier wees nie.

    Wel ons almal is maar een of ander tyd verstrooid.Maar die posting vat die koek.Geniet die verlof en ek hoop julle het mooiweer in Margate.

  11. 😆 Nee jong, lyk vir my jy het die rus nodig…BAIE nodig!

  12. WnB en Emil, jong ek weet nou nie mooi van die lekker werk nie😉
    Kaalvoetkind, dan is ek nou baie bly, die enigste goue medalje vir SA🙂
    Rustig en Alta, haai julle ek is nie oud nie😆
    Reisiger, ek gaan hom verseker bietjie soentoe vat… Mmm, ek dink ek sal maar daardie reminder stel om terug te kom, ek kan dalk net heeltemal vergeet om weer terug werk toe te gaan😛
    DMI ek dink jy slaan die bal so reg in die kol!
    Die Brein, mmm, Ek wens ek het al volgende week Margate toe gegaan maar dis eers in Oktober
    Wip ek dink dit is dalk omdat ons vreeslik besig is op die oomblik met audits wat aan die kom is – sjoe en ek haat dit!
    Dellie, dankie ons gaan verseker lekker speel
    Carolina, hallo jy, ek sien jy het lekker gekuier in die USA!

  13. Ek geniet my werk, maar van my verlof het ek nog nooit vergeet nie! Maar van verstrooid kan julle my niks vertel nie. Blykbaar is dit omdat ek so besig is vertel almal my, so ek sal maar daardie verskoning gebruik. Het selfs gistermiddag vergeet om die rekeninge wat ek een keer ‘n maand vir ‘n besigheid hier op die dorp tik vir ekstra inkomste, te gaan haal!

  14. Ag Zee, verstrooid is nie die woord nie. Bel my asb dat ek my foon kan kry. Alweer weg. Net die toutjie is om my nek! Ek dink die DNA ding wat jy wil doen gaan ook nie help nie.

  15. Is die 3 reminders in volgorde…die een om die ander te onthou? LOL! terloops..in Keswick…ek dink dis die plekkie wat ek gesien het – is daar ‘n “collectors” winkeltjie wat Betty Boop verkoop! Ek wou so graag daar aangaan om vir jou ene te kry! en toe ons terugkom, het ons langs ‘n ander pad gery deur Keswick en toe weet ons nie mooi waar die winkeltjie regtig was nie..so vies vir myself!! ek het dit in ‘n pamflet gesien wat in die cottage was waar ons was en ek was seker dit was in Keswick…so eendag as jy in daardie omgewing kom wanneer jy “hier” kom kuier…lol! ek het regtig uitgesien daarna om net die winkeltjie te besoek ook, maar het nie vooraf geweet ons gaan daarlangs ry toe ons die week (wat so reenerig was) net die pad gevat het in ‘n rigting en gaan ry het nie. Ek was binne-in Beatrix Potter se huisie ook daardie dag! maar ai, so uitgesien om vir jou ‘n Betty te kry!

  16. A3 se DNA ding is georder😆
    Nikita, baie dankie dat jy aan my gedink het. Ek dink dit sal darem ‘n experience vir my wees as ek so winkeltjie kan besoek. Miskien oor 4 jaar, wie weet!!
    En my eerste reminder het gewerk, sal wraggies nie vergeet om moreoggend lekker in te lê nie!!:lol:

  17. hehehehe !!!!

    mens kan sien wie pay nou te veel vir niks doen nie……

    dis mos al hoe mens so ietsie kan vergeet….. 😛

    Luv ya !!!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s