Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Five Freedoms of animal welfare

15 Kommentaar

Diere versorging – ‘n verhouding gebaseer op respek, vertroue, liefde en  beginselvaste sorg.

Ons het vir Zeethan van kleins af begin leer om vir die diere te sorg.  Hy moet elke oggend en aand vir hulle kos en water te gee.  Dit is nou al so ritueel in die oggend en aand dat as ons nie die kos vir hom gee nie dat hy gaan staan en perform voor die kas waar die kos gebêre word totdat ons dit vir hom gee.  Nou dat die somer kom begin “ons” ganse ook weer terug kom en daar word nou elke aand ook vir hulle brood gegee.

Ek voel dat hy van kleins af moet weet hoe om vir diere te sorg en ook om hulle nie seer te maak nie.  Hy is absoluut mal oor ons twee hondjies Purdy en Vlooi.  Purdy is ‘n miniatuur maltesie en is nou al seker so 12 jaar oud, miskien bietjie meer.  Zeethan is verskriklik lief vir haar maar sy is maar bietjie knorrig met hom.  Dis asof hy net weet dat hy maar bietjie versigtig moet wees met haar.  Vlooi is so mungrel van ‘n puk en nog iets.  Sy het die lieflikste persoonlikheid en Zeethan kan nou absoluut alles met haar doen en dan kom lek sy hom nog steeds.  Baie keer moet ons hom maar berispe as hy te rof met haar aangaan.

Ek het bietjie gaan loer op die net en het op hierdie “Five Freedoms of animal welfare” afgekom.

Animals require the freedoms to ‘turn around, to groom themselves, to get up, to lie down and to stretch their limbs’. These have since been elaborated to become known as the Five Freedoms of animal welfare:

  • Freedom from thirst, hunger and malnutrition
  • Freedom from discomfort due to environment
  • Freedom from pain, injury and disease
  • Freedom to express normal behaviour for the species
  • Freedom from fear and distress

Ek dink as ons almal hierdie vyf beginsels toepas sal daar nie dieremishandeling voorkom nie en die diere wat so op ons vertrou, kry wat hulle toekom.  Ek raak so woedend as ek sien hoe diere mishandel word, of dit nou is dat hulle die hele aand moet huil en niemand gaan kyk hoekom nie, of as hulle nie kos gegee word nie, en veral wanneer dit Guy fawkes kom en mense nie omgee oor hoe bang hulle die diere maak nie.

Zeethan besig om vir Oupa die voëltjie kos aan te gee en probeer hard om die houer oop te maak.  Op die oomblik wil ek nie hê hy moet vir die Indian Ringneck kos gee nie, alhoewel sy mak is, is ek bang dat sy hom sal byt.

Partykeer raak hy nog so bietjie deurmekaar oor wat voëlkos en viskos is en dan gaan die houer ook saam koi dam toe.  By hierdie deur sal hy staan en staan totdat jy oopmaak vir hom om na die visse toe te gaan.

Zeethan besig om vir die visse kos te gee. Hy weet al hoe om die viskos te skep en in die water te gooi,  maar partykeer beland daar meer op die vloer as in die water.

In die aande word daar vir ons “ganse” brood gegooi, en die voëltjies kom haal maar ook hulle deel.

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

15 thoughts on “Five Freedoms of animal welfare

  1. Zee ek stem saam met jou. Ons is ook geleer om respek te hê vir diere en om hulle te versorg. Hulle is afhanklik van ons. Voel as kinders diere respek dan is hulle geneig om meer respek te hê vir mense en alle lewende dinge. Goeie beginsel.

  2. Zee dis te pragtig. Ja mens moet verseker jou kinders leer om lief te wees vir diere. Ag hierdie mannetjie is darem so cute!!

  3. Ja, ek verkies diere bo mense. Diere tree 99% van die tyd net natuurlik op, teenoor mense se optrede wat wissel van 0% tot wie weet waar? Ek haat dit as mense diere mishandel en dit is uitstekend om kinders die basiese beginsels van goedheid te leer deur met diere-versorging te begin! Mens se onmenslikheid teenoor mens is afgryslik! Dan praat ek nie eers wat mense al teenoor diere wat hulself nie kan beskerm nie gedoen het!

    Zeethan vir diere-president!!

    Sjoe!! Ekke sit nou hier met oor die 600 sywurms en EK moet die goed soggens kos gee, want die kids is in die skool! Die goed vreet ons amper uit die huis! Maar ek love dit! Was my sakgeld toe ek kind was.

  4. Rustig, ek hoop dat die beginsel hom baie sal baat vorentoe in sy lewe.
    Wipneus, ek wens jy kan sien hoe opgewonde hy raak as hy hulle kos gee. Partykeer gaan sit hy sommer saam met die honde en begin hulle kos saam met hulle eet🙂
    Sigeuner, wat gaan julle weef met daardie sywurms se sy. Onthou, jou koi’s wag vir jou!! Hoe gaan dit met daardie 2 pragtige meisiekinders van jou?

  5. Zee met ‘n ouma en oupa soos julle, watter klein kind sal nie. My ouers het ook hul een klein seun vir so tyd groot gemaak. Hy is 18 jaar oud nou en spring op aandag as ouma hom net een kyk gee en luister dan.🙂

  6. Ek het ook my kinders van kleins af geleer hoe om met diere te werk. Kos gee, liefde en baie aandag.

  7. Ag maar dis oulik dat julle vir Zeethan van kleins af leer om diere lief te hê en te versorg. Ek kan sommer aan daai gesiggie sien hoe ernstig hy daaroor is en hoe baie hy dit geniet!!

  8. Interessante konsep. Ek sal so iets oorweeg wanneer ek kinders van my eie het.

    Ek glo wel dat ‘n kind met ‘n troeteldier moet groot word. Dit leer hulle om verantwoordelikheid vir ‘n lewende dier te neem. Wat hulle nodig gaan he wanneer hulle kinders van hulle eie het. Hulle moet iewers leer om iets te versorg.

  9. Mis ek nou my woef…
    Boet het haar opgepas wyl ek in die UK was en een aand probeer ‘n paar skerminkels inbreek en virgif haar….

    Wens nog steeds ek kan my hande op die maat kry..

  10. Zee, as mens nie’n kind leer hoe om diere te behandel nie, hoe sal hulle tog weet? Dit is 100% ouers se verantwoordelikheid. Ek hou van die 5 punte.
    Alle diere op aarde verdien om nie mishandel te word nie en hul unieke behoeftes behoort nagekom te word. Bv. baie diere is groepsdiere en moet nooit alleen aangehou word nie.

  11. Zee, dit gaan helemal great met almal hieso!
    Ons spin egter geen vormpies of rokke van sy nie. Die wurms gaan helemal beserk as hulle hulself nie kan toekokon nie! Sjame.
    Ons verkoop maar so onder die laerskool kids. Dit verkaf hulle blykbaar hope pret om moerbeiblare te pluk.

    Rosalind, soos ons 6 honde op die werf…helemal groeps bedinges! Enn die leier is hoeka ene wat soos `n wolf lyk!

  12. Man, te oulik. Jinne, op hierdie ouderdom is hulle darem werklik ‘n wonderlike plesier … seker op enige ouderdom, maar dis wat ek nou ken. Die ander is verby en res kom nog.

  13. ja, so oulik! Ons is ook groot gemaak met liefde vir diere, my ma se eerste woorde nadat my suster hulle, hul seuntjie aangeneem het, was: ” Ag moeder, julle moet hom lief maak vir diere.”
    Ek dink ‘n mens se karakter word gewys met hoe jy diere behandel.

  14. aah, Zee is nog soooo klein, maar tog sooo groot!!! Hy lyk na ‘n prag kind, ek is bly dat hy so van kleins af respek vir diere het…..

    Julle is wonderlike leermeesters…

  15. Ek dink diere in ;n kind se lewe is baie belangrik. Dit leer hulle van onvoorwaardelike liefde, van verantwoordelikheid en, omdat die meeste diere korter as ons leef, van verlies. Die laaste mag wreed klink, maar dis belangrik dat kinders besef die lewe is ‘n siklus.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s