Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Heimwee….

26 Kommentaar

Vanaand sit ek hier en ek verlang.   Ek is sad omdat ek nie vanaand saam met my hele familie kon gaan uiteet het nie.  Zeethan is siek, sy koors is hoog en hy gooi op.  Ons het besluit dat hy belangriker is as die ete en ons hom nie aan die koue weer kan blootstel nie, maar tog…….

My ma se broer Willie (ek het mos al ‘n inskrywing oor hom gedoen – Kilimanjaro) en sy vrou Katie het vinnig laas week Woensdag hier geland vir ‘n blits besoekie aan ons.  Hulle gaan weer more terug en dit is nou al tradisie dat almal die aand voor hulle terug gaan Amerika toe lekker gaan uiteet by Jose (‘n Griekse restaurant waar jy lekker borde kan gooi) en net lekker kuier.  Ek mis julle vanaand en ek hoop julle geniet julle bord gooiery!!!

Nou waar kom die heimwee nou in……

As kind kon ek nooit genoeg van Willie gekry het as hy gesing het nie.  Hy moes altyd vir my sing en my gunsteling liedjie was Seeman van Ge Korsten.  As ek nou terug dink moes ek hom seker mal gemaak het want elke keer as ek hom gesien het moes hy vir my sing.  Ek onthou ek het myself altyd op sy skoot ingewurm as hy voor die klavier ingeskryf het.Ek het my dan altyd verbeel dat hy Ge Korsten is wat net vir my sing.

Laas Woensdag deel hy toe vir ons almal CD’s uit en spesiaal vir my ‘n DVD van The Wizard of Oz wat hulle opgeneem het van Jessica.  Ek sal later kyk of ek slim genoeg is om ‘n video van haar hier op te sit.

Donderdag oggend in my kar werk toe sit ek toe die CD “Heimwee” wat hy opgeneem het in Maart 2008 by dit Trinity United Methodist Church in Columbus, Ohio in my CD speler.  Die eerste snit vertel hy vir die gehoor hoe hy in Suid Afrika groot geword het,  en hoe Suid Afrikaanse musiek sy lewe beïnvloed het.  Hy het ‘n hele paar Afrikaanse liedjies gesing en die gehoor was vertalings gegee sodat hulle darem so min of meer kon verstaan waaroor hy sing.

Die tweede snit, ja raai maar, was SEEMAN.  Ek dink toe ek by die werk aangekom het het my baas gedink iets vreesliks het gebeur so rooi was my ogies gehuil.  Ek was so ver terug gevat dat die heimwee my oorval het.  Toe verlang ek nie net terug na my sorgelose kinderdae nie maar ek verlang toe ook na my paps wat net so mooi kon sing en ons ure kon vermaak met sy sang.  Ek het verlang na ouma en oupa… ai, hulle kon darem maar die hawain kitaar lekker tokkel.  As ek die foto so kyk wonder of dit nie ‘n banjo is wat Ouma speel nie…

Oupa en Ouma Grove wat die hawain kitaar tokkel

Oupa en Ouma Grove wat die hawain kitaar tokkel

Willie Grové – Seeman ( Maart 2008 )

Luister gerus hoe klink ‘n Suid Afrikaner wat al amper dertig jaar in Amerika bly.   Ek is verskriklik trots op hom dat hy nog na al die jare nog steeds Seeman so pragtig kan sing.  Ek is sommer lus en klim in my kar moreoggend en gaan sit weer op sy skoot by die klavier dat hy vir my Seeman kan sing.

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

26 thoughts on “Heimwee….

  1. hi Zee! BAIE dankie!! DIS PRAGTIG!!!!!!!!!!!! Se vir jou oom dat hy darem pragtig sing na al die jare…dit wys jou net…dat jy nie jou taal en die aksent verloor nie…hierdie mense wat so 7 jaar in Engeland is en dan vir jou probeer se dat hulle bietjie lanklaas Afrikaans gepraat het en jy moet “verskoon” as hulle Afrikaans nie so goed is nie, gee my ‘n vet pyn! – dan’s hulle Afrikaanssprekend! Ek het dit vreeslik geniet! Het jy toe die file ge-“convert” gekry met die program wat ek jou van gese het? Jy het my sommer weer na Ge laat luister ook! Ai…pragtige liedjies, mooi herinneringe! dankie weereens!

  2. Hi Zee,
    Sjoe dit is so mooi!! Ek kry hoendervleis!! Seeman kom uit era!! Dit laat my ok ver terug dink!! Thanx dat jy dit met ons deel!!

  3. Vriendin, nou het ek ook heimwee, en dis nie eers my Willie nie!!! Dankie vir die deel…

  4. Môre hoop sy koors is vandag baie beter!! Koue bad help vir koors wat so hoog is!

  5. Hi Zee, ek kom loer ook net gou vinnig in by jou. Daai oom van jou sing te mooi jong.

    Glimlag ek vir Pik, dis nie eers my Willie nie!!…lol

    Hoop klein Zee is beter. Lekker daggie
    Groetetjies
    Sonneblom

  6. Hoop Zee voel al baie beter.
    Willie sing werklik mooi!

  7. Daai heimwee gevoel pak mens so nou en dan – maar dis nie altyd ‘n slegte gevoel nie.

    (Het nou die dag so aan jou gedink toe ek die Betty Boop pyjamas by Woolworths sien!)

  8. Wow, maar hy KAN sing!!! Beautiful!

    Hoe ganit met die klein knapie? Hoop beter! Pasop vir ‘n te koue bad water, want dit het die teenoorgestelde effek. Lou water is die beste😉

  9. Ag tog Zee die lot van ‘n ou(ma)!!

    hy sing baie baie mooi ek was nog altyd Groot Ge fan!!

    Liefdetjies
    xxx

  10. Ai Zee, dis nou jammer dat jy uitgemis het op die ete en kuier!! Hoop Zeethan is al beter. Ek neem aan dat Willie nie hierdie keer by die kerk opgetree het nie?? Die Grové familie is darem maar baie talentvol as dit by musiek en sang kom!!

  11. Zeethan het alweer mangelontsteking maar is darem nou baie beter. Ek het panado suppository gebruik en dit het soos n bom gewerk vir die koors.

    Reisiger, hulle was in Moz gewees Sondag en dit is regtig jammer dat hulle net soos die wind ingeloer het…

    Netjane, ek is sommer lus om nou Woolies toe te ry😉

    Pikkie, by die tyd wat ek klaar gespog het oor my familie sal dit vir julle voel asof dit julle “Willie” is🙂 (Daar is nog baie hoor!!!)

    Dankie aan almal vir die mooi kompliment aan hom, sal hom die boodskap gee vanaand voor hulle vertrek.

  12. Fantasties! Dit bring sommer die groot verlang terug . . . .

    Mag ek jou dalkies vra om vir my aanwysings te stuur oor hoe jy dit reggekry het om die soundfile op jou blog te post? Ek wil graag daai song van BB op ons blog sit sodat julle dit kan hoor.

  13. Krista, mail oppad met komplimente van Nikita, sy het my gehelp om dit te doen.

  14. Ai, Zee, nou’t ek ook ‘n traan in die oog. Hoop dit gaan beter met die klein mannetjie?

  15. Dit is pragtig, ek pluk sommer ‘n kleenex nader!!!

    Ek is so bly dit gaan goed met die klein mannetjie!!!

  16. Ek hou ook van die nors Zee wat nie wil gaan slaap nie.

  17. Adrie, is sy nie te cute nie😉
    Boendoe, dankie dit gaan beter, dit is weereens mangelontsteking……
    Wipneus…. het jy nog genoeg kleenex by die huis, ek gaan julle nog baie laat huil hierso😉

  18. MIDDAG,

    Ai, dis omtrent ‘n toutrekkery met die hartsnare…..

    Gelukkig het als darem nou goed afgeloop met Zee en die ete met Jose’s? Wel in gees was jy tog daar en dit beteken soveel meer.

    Jou blog is pragtig, moet asb nooit ophou nie.

  19. SJoe!!!! Maar hy het ‘n pragtige stem! Hy kan amper vir Ge ‘n ding of twee wys🙂

  20. Nou waar is my maniere tog.

    Cornelia, baie welkom hier!
    Pampoen, dit was omtrent toutrek met my hartsnare gisteraand!!
    Paula, ek het ook nogal so gedink. Dankie!

  21. Sterkte met die mangelontsteking! en lekker naweek..ons gaan so bietjie weg vir ‘n week! Ek hoop klein Zeethan is gou beter, my twee se mangels moes ook klein-klein uitgehaal word agv die mangelonsteking elke nou en dan. Was dit Langenhoven wat gese het…”met swaarkry, lekkerkry, klaarkry”…daardie ou mangels!😉

  22. En nou lyk ek soos ‘n hoendertjie met al die knoppies op my vel. Sterkte met die siekte.

  23. Sjoe Zee laat jy my nou verlang na my ma. Sy was so mal oor Gé se musiek, veral Seeman. Hopenlik sing hy vir haar daar in die Hemel.

    Verlang sommer nou terug SA toe. My neef hulle was vir 4 maande hier in NZ en vlieg terug SA toe die 31ste Augustus. Hulle kon net nie hier aanpas in NZ nie. Hy het ‘n tweelingbroer in SA en kan nie sonder hom aanpas nie.

    Sjoe al die memories.

    Groete
    Beertjie

  24. wow, hierdie is vreeslik mooi Zee, ek weet nie hoekom kom ek nie meer op jou blog nie, sal moet kyk of my feed werk vir jou.
    Ek het vir jou ietsie op my blog, so kom loer…….

  25. En hier sit ek en luister weer na Seeman…. ek verlang so na hulle daar ver oor die water!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s