Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

100 / ID-a-Kid

34 Kommentaar

Hierdie is my 100ste post vandag.

glowtxt.com image

Dankie aan Platterfuss wat my in hierdie verslawende wêreld ingehelp het.   Platty, dankie dat jy in my geglo het dat ek dit kan doen!

Juffrou Dellie, baie dankie vir al jou hulp….  as dit nie vir jou was nie was ek seker lekker verlore!!

Dankie aan al my lesers wat dit vir my die moeite werd maak om wel my gedagtes hier neer te pen.  Ek trek nou oor die 20,000 loertjies so obviously skryf ek oor iets wat julle aandag trek en dit vir my die moeite werd maak om aan te hou.

Ek het begin blog om mense bewus te maak oor dwelms.  Daar was 240 soekterme na dwelms net vir 2008 sover.  Ek hoop dat as jy wel hier gelees het dat dit jou gehelp het om te besef dat dwelms jou lewe sal verwoes, of as jy hulp vir iemand gesoek het dat die informasie van waarde was.

‘n Soekterme in die laaste sewe dae wat my die meeste getref het was “jesus, help my nou dadelik asseblief” (2x).  Ek weet nie hoe jy hier beland het nie, maar daar was ‘n rede.  Ek hoop dat ek jou kon help!!  Maar praat maar met Hom, lê al jou vrese voor Jesus se voete, Hy sal jou help.

Sonkind, Wag ‘n Bietjie, Wipneus en Reisiger, dankie dat julle die tyd afgestaan het om my te ontmoet.  Julle is stunning mense!

Rosie, baie dankie vir al jou e-mails toe ek dit nodig gehad het waar om te gaan soek oor navorsing…

Nou vir my 100ste posting.

ID-a-Kid

Jaco het my nou die dag hier aan die dink gesit toe hy genoem het dat daar ongeveer 970 kinders maandliks ontvoer word net in die Gauteng area en ek het besef, wat se informasie sal ek aan die polisie kan gee as so iets moet gebeur.

MISSING my child NEVER

Why would anyone require an ID-a-Kid kit for their child?

Every adult in South Africa has an ID book buth their children don’t!!!

Imagine this scenario:

A child goes Missing

The parent(s) are in a “high panic” mode.

Police ask the parent(s) for full detail on their child, including photo, height, hair colour, wight, fingerprint data etc.

If you have the ID-a-Kid you will be prepared.  You will reach into the handbag and hand the police office your Child’s ID-a-Kid Complete Kit.

When one is in a panic situation, research has shown that there is increased difficulty in verbally giving correct and concise information.

Bestel NOU jou ID-a-Kid Complete Kit vandag! Vir jou eie gemoedsrus!!  Ek het!

Uitreksel uit ons Anti-crime Gazette vir Augustus 2008

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

34 thoughts on “100 / ID-a-Kid

  1. Dankie vir JOU, Zee – dat jy dtyd gemaak het in die besige Goudstad om lughawe toe te kom en my te kom groet. Jy is ‘n stunning mens en ek dra jou en jou gesin, veral klein Zee en sy pa, altyd in my gebede. Mag jy nog 100 x 100 posts hier doen🙂

  2. Is ‘n paranoid ma! Was een van die eerstes wat een gekry het. En Doef kon op 3 reeds sy naam en van, telefoonnommer, adres, ma se werk adres, pa se kantoor details en sommer die kleuterskool s’n ook opse soos ‘n versie. Ek is net kort om ‘n chip in sy pols in te plant! Dit is ‘n briljante idee.

  3. Sonkind😉
    Carina, vandat die kinders so ruk terug gedreig het om klein Zee te ontvoer het ek gewonder hoe kan ek dit voorkom, en al hierdie goeters. Ek het al tot van sy hare en naels wat ek geknip het in die vrieskas gesit vir DNA. Ek gaan hard aan die mannetjie werk om ook al die belangrike details soos jy hierbo noem te leer sodra hy mooi verstaan. Jy kan opreg trots wees op jou Doef hoor!! Daar is nie baie kinders wat sommer al daardie besonderhede kan onthou op daardie ouderdom nie!

  4. Zee, baie geluk, Jy is pragtig! Ek het verlede jaar daardie pakket vir my kinders gekoop en was nog nooit vir ‘n oomblik spyt nie. Dit is rerig die moeite werd, ek moet byvoeg dit was nogal ‘n mision om Poppedyn se vingerafdrukke en DNA monster te neem, maar dis nou gedoen en net ‘n kwessie van op datum hou, wat ek ook gereeld doen. As jy kiddies het, is dit ‘n moet. Ek het ook nou die dag daaraan gedink dat hierdie stelletjie ideaal is vir ou mense met Alzeimer’s of met ernstige verkalking. Sodoende kan jy hulle besonderhede ook altyd byderhand hê.

  5. Zee, baie geluk met jou 100ste posting. Jou boodskap het hier by ons ook groot impak gehad. My oudste seun lees jou “My Storie”-stukke soos dit uitkom, en as gevolg daarvan, kyk hy ELKE aand op Zone Reality die program “Intervention”. Ek dink hy het nou ‘n heilige vrees vir dwelms en wat daarmee saamgaan, en ek kan jou daarvoor bedank. Doen so voort!

  6. Baie geluk met jou 100ste. Mag jy nog jare blog en mense se lewens aanraak.

  7. Ag, het ek gedink ek comment hier? Of is ek spam

    Baie geluk Zee. Die scribbels was een van die eerste blogs wat ek begin volg het. Ek is mal oor die eerlikheid van die blog.

    Op die volgende 10 000

  8. Adrie, nee jy was spam, en ek het dit ge-“despam”, maar ek weet nie waar dit heen verdwyn het nie. Maar hier is jy nou!! Dankie vir jou mooi woorde!!

    Pikkie, ek kan nie wag dat my kit moet kom nie, dit klink vir my dit gaan lekker fun wees om dit alles te doen. Ek dink jou idee vir die Alzeimer’s is baie goed. Miskien moet ek een extra order vir A3, net in case, mens weet nooit😉

    Boendoe, ek is bly dat dit vir iemand n vrees ontwikkel het. Ek het nog nooit daardie program gekyk nie, maar gaan sommer vanaand n plan maak.

    Jaco, ek hoop dat ek dit wel sal regkry.

  9. Baie geluk! Mag daar nog vele wees🙂

  10. Zee….

    Baie geluk….

    ek glo jy het al baie mense se harte en lewens aangeraak…. maar die heel belangrikste…. klein Zee s’n. Jy het hom die liefde en tuiste gebied wat sy ouers nie kon nie. Jy het so ‘n sukses daarvan gemaak – daarom dat jou blog so fantasties en ‘n sukses is.

    Baie geluk weereens

  11. geluk geluk geluk. jy het, raak steeds en gaan nog baie mense se lewe en harte raak.
    ag ek party sommer op die volgende 100!

  12. Baie geluk met die Tannie se 100ste verjaardag! Dalk is dit nie so slegte idieë on ‘n soort “banner” te maak en op elkeen se blog te sit, sodat mense weet van die ID-kit. Nie eers geweet so iets bestaan nie.

  13. Baie geluk Sommertjie! Hopelik sal jy nog daar wees as ek die eerste poef-doek fotos opsit waar ek self die “change” doen!

  14. Geluk Zee.
    Ek hou van jou snazzy Z met Betty Boop wat so daarteen leun, nou rérig classy moet ek sé!
    Ek het ook nog altyd van haar gehou, het selfs ‘n T-hemp gekoop om vir my man te dra met Betty wat sé: Hello sailor!
    My man seil mos…😉

  15. Jammer Zee, ek moes gou toets hoekom die groen mannetjie langs my comment verskyn.
    Wil kyk of iets anders werk…

  16. Zee, baie geluk!
    Doen so voort.
    Grootneus🙂

  17. Sjoe, Zee, baie geluk! En dankie. Dankie dat jy so mooi na klein Zee kyk. Dankie dat jy altyd positief, altyd opbouend kommentaar lewer. En dankie dat mens hier posse kry wat informatief, snaaks en sommer net lekker is om te lees,

  18. Baie geluk met jou 100ste vriendin!!!!! Dankie dat jy altyd so positief is. Dankie ook vir al jou bystand die laaste rukkie.

    Wel Zee, jy weet nou al dat jy my eerste maatjie was, wat my ook orals gehelp het, en toe het ons blog vriendskap verder gevorder. Wat ‘n fantastiese vriendskap!! Jou blog sal altyd een van my gunstelinge bly.
    Dit was altyd vir my lekker as ek gesien het jou naam verskyn ook daar by my comments.

    Ek het lekker gespeel op wordpress en dis nou maar wors ek gaan julle mis!!

  19. Zee,

    Baie geluk met die 1ste 100. Kan nie wag vir die volgende 100 000 nie

    Jy het voorwaar ‘n hart van goud !!

  20. Baie geluk! En dankie vir die inligting oor ID-a-kid, ek het nie eers geweet daar bestaan so iets nie. Pikkie het ‘n punt beet, my buurvrou het Alzheimers en het eenkeer soek geraak. Gelukkig het dit goed afgeloop.

  21. Eilandkind – dankie, ek hou ook nogal daarvan, so asof ek elke inskrywing teken🙂
    Rustig – dis nou weereens n baie goeie idee van jou kant af, hoe sal ons dit doen? (Bietjie IT gestremd onhou!🙂 )
    WnB – dankie
    Maxie – Ek stem heeltemal saam oor Pikkie se slim idee.
    Paula – Dankie
    Arabier – Bly om jou weereens raak te loop en dankie!
    Oaktree – Ek wag in spanning vir daardie foto’s😉
    Boskind – Jy ook!
    Vygie – Baie dankie vir jou mooi woorde, ek waardeer dit regtig. Partykeer het ek geen idee wat om oor te skryf nie, maar nou ja, soos my logo se…. waarvan die hart vol is, loop die mond van oor!Rosie – dankie, ag en ek join jou sommer in die party! Partykeer goed vir mens se gemoed😉
    ((((Wipneus)))) – ek is besig om aan ‘n plan te dink, jy hoef nie te verdwyn nie!

  22. Baie Geluk, 100 posts wil gedoen word.

  23. Welkom jikkels, dis nou vir my n verassing😉

  24. (((((((((((((ZEE))))))))))))))))

    En dankie vir die gesels weer vanoggend! Jy bly een moerse special mens! ALTYD!!!! En met ‘n diep plekkie in my hart!!!!!

    Bly net wie en wat jy is…. jy maak in almal van ons se lewens ‘n verskil!

  25. Zee, onthou dit was net die ysbreker, ons gaan weer saam koffie drink ne!!

    Baie geluk ook met jou 100ste inskrywing!! Dankie ook dat jy bereid was en steeds is om jou verhaal met ander te deel om hulle bewus te maak van die gevare van dwelms en verslawing!!

    Ek dink hierdie Id-a-kid is ‘n baie oulike idee en alhoewel ek self nie meer klein kindertjies het nie, sal ek ander wat wel het, attent maak daarop.

  26. Ons sal moet skree vir help hier vir banner! Ek is ook maar gestremd. Is daar in SA ‘n website vir vermiste kinders? Ek weet in VSA is en hulle sit ook die kinders op die melk kartonne. In die VSA word daar jaarliks 50 000 kinders vermis aangemeld. Weet nie hoeveel word weer gevind nie.

  27. Het ek reg verstaan, jy wil my DNA in jou yskas bere? Sjoe, die rede laat my worrie. Juis omdat my sleutels, beursie en selfoon altyd soek is. Ek het nou ‘n sakkie vir die goed en dra dit om my nek maar is bang ek vergeet waar die sakkie is, so die DNA ding is dalk ‘n goeie ding!
    Baie geluk met jou 100ste posting. Ek is bevoorreg om dit te lees en mense, wat reken hulle kan die inligting gebruik, na jou blog toe te verwys. Love u, MAMMA

  28. Baie geluk Zee!

  29. Baie baie geluk!

  30. Baie Geluk Zee. Hier’s op die volgende 100. Cheers!!

  31. Baie geluk Zee! Ek het nou wel nie al 100 gelees nie, maar geniet dit altyd om hier te kom inloer.

  32. Het jy nou by ‘n 100 gestop?😉

  33. Baie geluk Zee, ek hoop jy blog tog weer!
    Jy doen baie goeie werk.
    Ag, en ek is mal oor daardie liedjie – Gé het die beste stem gehad. Mens sukkel om cd’s van hom te kry!

    Jou resep is op, hoor, ek sal vir jou nog stuur.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s