Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Fun with coolerbags!!

20 Kommentaar

Saterdagmiddag. Die manne kyk rugby.. SA teen Argentinia…

Zeethan kry die coolerbag in die hande en wil net tata. Hy dink as hy iets oor sy armpie kan gooi gaan ons ry. Die coolerbag word van hom af weggevat en hy skop ‘n lekker bohaai op. Nou ja, die manne kyk rugby en die sak word maar vir hom gegee om mee te speel…..

Hier klim hy in die coolerbag en speel heel rustig in die sak……

Baie vermaaklik vir ons almal. Dat so ietsie klein so baie pret kan veroorsaak vir almal.

Skielik is daar ‘n vreeslike geskreeu…. Die Bokke het hulle eerste drie gedruk en almal begin hande klap..

Meneertjie het hierdie spulletjie so bekyk en besluit, hier is seker iets groot aan die gang en ek moet ook maar seker hande klap.

Wat gevolg het was natuurlik baie min rugby kyk en meneertjie het vir die vermaak gesorg die res van die middag!

Hier is Ouma-ouma Groot Thea saam met hom!!!

Lekker week vir almal…..

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

20 thoughts on “Fun with coolerbags!!

  1. Zee ag dis te cute, ek kan sien hy het hierdie sak speletjie vreeslik geniet!

  2. Oeps , lekker week vir jou ook! 😆

  3. Ai, hy’s pragtig!

  4. Ag Zee, hy is so sweet!! Gee hom sommer ‘n ou drukkie en ‘n soentjie vir my part!!

    Ek sien ek en groot Ouma deel dieselfde naam!

  5. Wanneer Poppedyn by my intrek, sal ek die mannetjie mooi moet dop hou. Hy sal net Cokes in daardie bag van hom he.

    Ek terg net.

    Zee, hy is gorgous. Hoe voel jy oor Sugarmommys?

  6. Adriana – gedra vir jou!!! Sy is my kind, my alle mintag!!! Loop maak jou eie… :mrgreen:

    Zee – daai mannetjie het so diep in my hart ingekruip, ek MOET hom net binnekort aan Poppedyn voorstel!!! Ons moet maar begin met die reëlings – dit moet die troue van die eeu wees!!! 😆 😆

  7. Ag te pragtig!

  8. Pik

    Sy was gister heeltemaal reg om haar tassies te pak en te waai saam met my. Ek is heeltemaal te jonk vir trou en kinders van my eie.

  9. Te dierbaar.

  10. Kan nie glo hoe groot die mannetjie word nie! Hy is baie cute, Zee!

  11. Te pragtig, laat my verlang na die tyd toe myne nog so klein was.
    Ek sal enige tyd baby-sit!

  12. Halo Zee,

    Lekker dag vir jou. Zeethan is baie cute

  13. Te dierbaar! Issit nie wonderlik hoe kleintjies iets so “simpel” kan vind en ‘n hele avontuur daaruit maak nie? Hehe! Ek hoop jy bêre al hierdie foto’tjies baie mooi vir hom.😆

    En daai troue met Poppedyn mis ek vir niks, al moet ek vokin loop om dit by te woon. Mind you, teen daai tyd gaan ek vokin OUD wees en tien teen een ‘n battery aangedrewe rolstoel bestuur!:mrgreen:

  14. 😆 @ Dellie!!! Ja nee, ek sien die eerste blog troue in die toekoms!!

    Ja, die mannetjie het lekker fun gehad met sy coolerbag!

  15. Ag moederlief!! Hy is te dierbaar!

  16. 🙂 Dellie … dan moet jy weet hoe oud gaan Ebie wees!!!

    Zee toe ek die posting begin lees, toe wou-wou ek my vererg vir jou🙂 ‘n Man MOET ‘n cooler-bag he!! Ek reken hy moet reg groot gemaak word van die begin. Soos hulle se die boompie moet reg gebuig word, terwyl die nog klein is!!:mrgreen:

    Ernstig – dis pragtige foto’s en soos Dellie tereg skrywe, bere dit vir hom, en onthou skrywe agterop watter ‘toets’ hy ook bygewoond het met sy cooler-bag!!🙂

  17. Lekker week vir jou!

  18. Zee ek sien jy leer hom mooi om te gaan shop. Baie cute.

  19. Baie cute! kreatiewe spel kom sterk uit hier..;)

  20. Ai Zee

    Ek het al vergeet hoe oulik hulle op daai ouderdom is!!
    Geniet hom voor jy jou oe uitvee is hy groot!

    Liefdetjies
    xxx

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s