Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

One Way

16 Kommentaar

So 21maande terug het ek M & C na ‘n live concert van Hillsong toe gevat by die Coco Cola dome.  Dit was op hulle aandring want hulle het gevoel dat hulle dit op daardie stadium nodig gehad het.  Hulle was toe net terug van Noupoort af en nog nie weer op dwelms nie. Dit was 3 maande voor Zeethan gebore is en ek het regtig gedink hulle was reg al het hulle weggeloop van Noupoort af.  Een week na ons hierdie gaan kyk het was hulle weer terug op dwelms.  Eendag gaan hulle tog besef dat daar net ONE WAY is.  Ek dra hierdie liedjie aan Zeethan se biologiese ouers op terwyl ek weet die Here is besig om met hulle te werk!!  Ek weet ek het al opgegee maar die Here gee nooit op nie!

Ek was eenkeer deel van hierdie atmosfeer en dit was awesome!

http://www.youtube.com/watch?v=IPuUIUWE8h8

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

16 thoughts on “One Way

  1. (((Zee))) – /me dink ons was by dieselfde konsert!!! Daardie atmosfeer is amazing.

  2. Sterkte!

  3. eks mal oor hillsong en ek dink dis nice om so te worship partymaal is crowds ook very exciting

  4. (((Zee))) jy is reg ons Skepper gee nooit op nie!
    Jy moet ook nie opgee nie.

  5. Dink baie aan jou Zee! Sterkte!! (((Zee)))

  6. As die Skepper die dag moet opgee, waar sal ons almal wees?

    Sterkte Zee, ek hoop daardie twee ruk hulleself nou reg.

  7. Jy moet altyd onthou dat opgee nie ophou omgee is nie. Opgee in hierdie geval is eintlik onttrekking (tough love) en dit was sielkundig vir hulle, die regte ding om te doen.
    Partykeer voel ons of die Skepper ook op ons opgegee het, maar ek weet Hy is daar en gee NOOIT op nie so moet nooit alleen voel nie.
    Love u

  8. HI Zee,
    Ekke comment hier uit Amerika! Kuier so lekker by my kind! Ons het die babakamer so mooi reg gemaak!
    Dankie tog dat daar Iemand is wat NOOIT opgee!!

    En nogmaals dankie dat jy anderdag daar vir my was!! Gaan baie beter met my seun!! Die Here se genade is so GROOT!

  9. Hi Zee,

    My meisiekind is net so gaande oor Hillsong. En soos A3 sê, “opgee is nie ophou omgee nie” Dis tog so waar. Sterkte ((((Zee)))

    Groete
    Sonneblom

  10. Sterkte Zee, Eendag is eendag dan sal hulle verseker besef wat jy alles al vir hulle gedoen het. Lekker dag verder

  11. Zee- ek moet net deel wat ek gister in die kerk gehoor het. Die ds. het gesê dat daar baie dinge in die Bybel en die skepping is wat ons nie verstaan nie en dat daar baie dinge is waaroor ons kan twyfel en kan redeneer, maar een ding wat ons nie oor hoef te wonder is dat God ‘n God van 2de, 3de, 4de en selfs 70ste kanse is. God se genade is so groot dat hy ons nie beperk tot een kans nie. God kyk na ons deur Jesus se bloed, en dan lyk ons goed.

  12. Mag God se hand van beskerming oor hulle rus en mag hulle terugkeer na Sy wil.

    Ons het ‘n jong man aan diens geneem wat ‘n ou dwelmverslaafde is. Hy was in Noupoort en het sederdien nog nooit weer gebruik nie. Hy het die Here aangeneem en dit is wonderlik om te sien hoe hy weer mens word.

    Vir God is niks onmoontlik nie!

  13. Dankie almal, ek het nou nie bedoel om my hartseer weer hier oop te lê nie, maar gister toe ek weer na die video kyk toe besef ek daar is regtig net ONE WAY, en ek hoop hulle word bearbei daar waar hulle is dat hulle dit net moet verstaan.

    Paula, dan is daar nog hoop…. dankie dat julle ook vir sulke mense ‘n plekkie in die son gun…

    Blixer, dankie dat jy die mooi woorde met my gedeel het.

    Sonneblom, ek is absoluut mal oor hierdie groep en kyk gereeld die video (wat ek nogal op aandrang van my seun gekoop het).

    Sterrewind, welkom hier!

    Carolina, ek is bly dat ek darem so bietjie kon help en dat dit beter gaan. Geniet jou tydjie saam met jou dogter en kom vertel ons gereeld hoe dit daar gaan.

    A3, Luv u 2

    En nou weer besef ek soos Wippie en Adrie ook noem, ons Skepper gee nooit op nie, hy vat oor waar ons nie meer kan nie!

  14. Zee, dink aan julle.

    NS. Kyk tog uit vir jou langverwagte huiswerk more… 😳

  15. Zee,

    Remember we have an Awesome Living God!

    Sterkte!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s