Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Betty Boop

27 Kommentaar

My oorspronklike avatar het ek net eendag op die net raakgeloop en het haar gebruik vir my eerste post op my scribbles en het regtig geen idee gehad waar sy vandaan kom nie.  Ek het hier en daar van haar prentjies gekry maar nou regtig geen groot verskeidenheid nie tot eendag nie so lank gelede nie het Dellie my en Zeethan begin rondsleep daar op haar blog.  Ek het hier gekliek en daar gekliek en uiteindelik het ek op die naam Betty Boop afgekom.  Soos julle van nou af gaan sien gaan my uitrustings en gesig uitdrukkings gedurig verander!!

Betty Boop
Birthplace: Talkartoons, Paramount Studios
New York, New York, U.S.A.

Betty, designed by Paramount Studios, was born August 8th, 1930. Her first role on the road to stardom was that of a french poodle. However she quickly evolved into a coy, sweetly suggestive flapper girl. A conflicting mixture of sexy and innocent, saucy and sweet, naive and worldly, she boop-boop-a-dooped her way straight into the hearts of America. Betty starred in over 100 cartoons from 1931 to 1939.

In an era where women barely showed their legs, Betty was flaunting her sexuality and society was loving it. She wore short skirts, garters, tight fitting clothes, and low cut dresses. Her open sexuality was years beyond her time and in the end was her demise. The Production Code censorship laws enforced in 1934 forced her to cover up. Her skirts were longer, her neckline was higher and her roles were devoid of sexual content. The animators struggled to keep her interesting and popular but finally, in 1939, Betty’s career came to an end.

Betty was not defeated though.

She has survived the turbulence of world wars, gangsters, the 1960’s riots, the assassination of President Kennedy and the horror of 911. She has seen 13 President’s take office and joined in the celebrations of America’s 200th birthday.

She witnessed the invention of scotch tape, plastic, the ball point pen, jet engines, birth control pills, cake mixes and computers. She played with a hula hoop in 1958 and bought a permanent press dress in 1964. She started using a post it note in 1974, a cell phone in 1979 and an answering machine in 1991. Betty held her breath and celebrated the millennium with the rest of the world.

All this. . . . . . .without losing her gorgeous figure, not getting a single wrinkle and never leaving the hearts of society. She is still as sexy as ever and still dazzles the world.

Betty is a survivor. She will be forever young.

 Krediet : Jumpy en Glitter graphics

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

27 thoughts on “Betty Boop

  1. Ek’s MAL oor Betty Boop!! – jy opgelet haar voorletters is ook ‘BB’??😉 – eendag as ek groot is kan my tweede B dalk ook vir “boop” staan – net tog asb nie vir ‘boep’ nie!!😯
    Lekr naweek Zzz! xx

  2. Betty Boop se man se naam is Bennie Boep:mrgreen:

  3. BB ek dink my tweede naam is lankal boop!
    😆 @ Jaco!

  4. Ja, my tweede naam is definitief BOOP, maar ek dink die eerste is sommer ook BOEP!
    DIe prentjies is pragtig

  5. Ek het ‘n Betty Boop koffiebeker. Dink elke keer aan jou as ek uit hom drink!

  6. Ek wou sê die tannie raak darem regtig “dêring” met haar “poses”. Ek wonder of die oom ook darem soms so “entertained” word.😆

  7. dankie dit was nou insiggewend. betty is nie sommer net van hier nie, sy weet van.

  8. Maggies maar jy is darem kreatief (ook met hulp van jou blogmaats).
    Kyk nou net hoe skuins le jy teen die “Z” heel onder op jou posting.
    Net soos Betty, is jy ook ‘n survivor. Dankie vir die voorbeeld wat jy vir ons almal stel!

  9. lol @ Rustig

    Zee, een van my eerste inskrywings se opskrif was Betty Boop, maar dit het oor borsvergrotings gegaan.😆 (Ek het dit intussen delete). Dis net so ‘n catchy naampie.

  10. Ek het nou so lekker gelag dat my huismense kom kyk het wat met my aangaan!!

    Daai babatjie wat so gesleep word is so sweet!! Ek smile elke keer as ek daarna kyk.

  11. Ek is ook mal oor Betty Boop, by my haarkapper is daar so groterige Betty Boop pop, ek wil elke keer die pop huis toe vat.😆
    😆 @ BB

    Ek stem saam met A3, jy is vir my ‘n voorbeeld en ‘n survivor Zee!!

    Lekker naweek

  12. Boendoe, dankie, dis lekker om te weet iemand dink darem aan my🙂
    Roer, dis nou jammer dat ek jy BB gemis het!!
    Dankie A3!😆 @ rb
    Rustig😳
    Reisiger, ek het net so lekker gelag toe ek dit daar by Dellie gesien het!
    Wip, ek is besig om die net te surf, mens kan nie glo wat jy alles van BB kan koop nie. Dankie!!

  13. Ag Zee, ek wil ook weet hoe om hierdie glitter-graphic goedjies te doen! Miskine moet ek vir Dellie vra om vir ons ‘n lesings post daaroor te doen😉 Pretty Please!

  14. Zeetjie Boob!!!! 😆 😆 Jy is darem maar sexy jong!!! Kyk net hoe draai almal se koppe!!! 😆 Ek is gek oor jou image… Dis ‘n treat en ten minste lyk jy nie meer altyd moeg nie!!! 😈 Ek stem saam met Sonkind!! Ek wil ook weet hoe werk hierdie oulike goetertjies!!! :mrgreen:

  15. Hello Zee
    Jinne maar jy maak seker jou avatar is nooit boring nie.😉
    Verander Bettie Boob saam met jou moods?😀
    Dag vir dag is al wat tel, hou vas aan dit wat belangrik is en moenie dat die dooie takke die res die boom se mooi verberg nie. Soek elke dag die mooie en positiewe en te beleef dit.

    Groete van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok.🙄🙂

  16. Sy is te oulik!🙂

  17. Sonkind, dit is so fun…. Ek is seker Juffrou Dellie sal ons kan help. Ek wil ook weet hoe om my eie prentjies aan die regterkant te sit Juffrou Dellie..
    Pikkelik, Thanks! as ek maar net so in die werklike lewe gelyk het🙂
    Wit Ridder, nou dat jy so praat, lyk my ek verander nogal so met die mood, nou is ek baie lus om bietjie see toe te gaan, vandaar die sonbrille op my kop🙂 Dankie vir jou mooi woorde!
    Paula, ek stem, ek kan nou nie genoeg google van haar nie, net om al die verskillende prentjies te sien nie!

  18. hi Zee…ek het ook nie van haar bestaan geweet nie, tot so ‘n maand terug het ek ‘n ou (Amerikaner) op die skaaksite gevra of hy ‘n “betty” in die cartoon-karakters geken het… was daar nie so ‘n ander karaktertjie…vetterige dogtertjie, regte potjierol, maar cute, altyd snaakse dinge gedoen, jy het selfs boekies oor haar gekry, ek weet nie of ek haar naam reg het nie, dalk was dit iets anders… maar in elk geval, toe vertel hy my van Bettie Boop en ek google haar toe.. oulike karaktertjie en ek dink sy pas jou!😉 ek hou van die nou-en-dan-veranderings..maak dit bietjie interessant …😉

  19. Aangename Kennis Betty Boop

    Ek het nou die dag ‘n nuwe heks gevreetjie gesoek en het Wendy sterk oorweeg.

  20. En Zeethan is Baba Boet!

  21. Was daardie karakter waaraan gedink het nie Bessie genoem nie? Slaan my met ‘n nat vis, kan nie onthou nie en dit pla my dat ek nie die plomp-karaktertjie se naam kan onthou nie..ek’s oppad om jou skaakstelletjie (jou man s’n) te blog!😉

  22. Nikita, nou hoekom sou jy spam gewees het, tsk!!

    Ek gaan bietjie opsoek oor Bessie….. ek sien haar ook in my geestesoog, die ronde plomp karaktertjie!

    Aangename kennis Liewe Heksie!

  23. Het julle nou al reggekom met die goete waarmee julle sukkel? Julle moet maar posduifies stuur, ek sal help waar ek kan!:mrgreen:

  24. Lekker dag vir jou!

  25. Nikita, ek dink ek daardie plomp dogtertjie ontdek. Little Lotta maar ek dink sy was eers as Little Dot bekend😉
    http://home.att.net/~thft/lotta.htm

  26. Hi Zee, ek het al vergeet van lotta! maar ek is nog half seker dis Bettie/y, ek weet nie hoekom die naam met ‘n B in my kop vassteek nie! ek het hierdie site gesave, ‘n oulike site! dankie!!

  27. Pingback: Recent URLs tagged Sommer - Urlrecorder

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s