Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Boys and their toys!

34 Kommentaar

Meneer’tjie met sy Hummer wat hy vir Kersfees gekry het!

Tot vanmiddag toe was hy heel gelukkig met die speelding totdat die volgende opgedaag het. My dogter se verloofde is mal oor Zeethan en het vir hom hierdie Jeep’ie gekoop!!

Hier laai Marius “ons” nuwe speelding af!

Meneer’tjie natuurlik baie nuuskierig oor sy nuwe Jeep’ie en begin dadelik inspect!

Regte seuntjie… al klaar besig om inspeksie te hou wat onder hierdie “bonnet” aangaan!

And away he goes!!

Ek sien GROOT fun aankom……………..

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

34 thoughts on “Boys and their toys!

  1. Ek wil OOK so ‘n Jeep he!!!😛

  2. ‘n Heerlike speelding vir so ‘n oulike klein meneertjie!!

  3. Wow hier kom sports!! Hou die hekke toe hy gaan pad vat!!
    Die laaste foto is my gunsteling. Dit lyk vir my net soos ‘n groot man wat lief is vir sy motor of nuwe speelding. ‘n Man het mos ‘n verhouding met sy kar. 😆 Ek meen kyk nou maar hoe loer hy vir sy motor se enjinkrag onder die kap????

    Ek is mal oor hierdie nuwe speelding, ek soek ook een.

  4. Ek sien Zeethan spog weer met sy goue lokkies.

    Jammerte die vreugte van ‘n kind kan nie gebottel en verkoop word nie.

  5. Ai die speelgoed word al hoe ouliker!!
    Ek kan dink dit gaan ure se speelgenot vir Zee verskaf!!!!
    Hy lyk soos ‘n groot meneer op daardie trekker!!
    Drukkies vir hom!!

  6. Te cute.😆 Ek stem met A3 (bottel).

  7. 😆 😆 😆 Sterkte Zee!!! Mag ek maar sê HKGK!!!!!! Daai speelding is pragtig, maar vriendin nou sal jy maar moet sorg dat jy permanent jou Nike’s aanhet, want hardloop gaan jy hardloop!!!! 😆 😆 😆
    BTW – Dankie dat jy hom so vroeg leer kar bestuur, dan weet ek ten minste my meisiekind is in goeie hande…… 😉

  8. Soek ok so Hummer.

  9. WOW!!! … ek dink ek was ‘n seuntjie in my vorige lewe:mrgreen:
    A3 – dit kan!! dit kan!! is net dat ‘n Hummer nie sommer in enige bottel inpas nie…😦

  10. Hier kom baie ure se pret. Die foto’s is dierbaar, en ek is ook bly die goue lokkies is weer terug. Hy lyk na ‘n baie gelukkige en tervrede seuntjie.😉 Met die meneer moet hy seker net buite ry?

  11. LoL @ Pikkie, nee kyk, hy gaan baie beslis al die padreëls vroeg leer. Ek sien al hoe verloor ek bietjie gewig😉

    Carolina, lekker om jou weer raak te lees, jou kleinding is seker amper hierso!! Lees by Dellie jy gaan nou bietjie vir jou dogter kuier. Geniet dit hoor!

    Wippie, klein probleempie, hy kan net in die garage ry of op die groot oop veld oorkant ons huis. Ek sal maar die remotes moet wegsteek😉 Ek sien hy het al sy “tools” agterin gesit, ek wonder regtig of hy al die twee kan assosieer! (Hy boer mos in oupa se garage)

    Alta, jy gaan nie glo nie, my manlief is mos versot op Hummers, nou ja, toe ek so 2jaar terug Amerika toe was, was ek by die Hummer fabriek en het toe sommer vir hom 3 gekoop. Whawha, nou speel Zeethan met dit!

    Dellie en Adrie, jip, ek sny nie weer aan daardie lokkies voor hy skool toe gaan nie!

    Nikita, ek dink oupa gaan meer pret hê as die kleine mannetjie!

    Sonkind….. ai, wens ek kon ene vir jou pos!

    Roer, ek stem saam met jou, as ons Adrie se idee kon bottel, wat ‘n wonderlike plek sou hierdie wêreld nie gewees het nie!

    O ja, ek sien al hoe gaan die speelding saam Mosambiek toe Desember, bo-op oupa se sleepwaentjie!

  12. Te ou-gat vir woorde.

  13. Stem saam met Pikkie – HKGK! Jy gaan moet wyd staan Zee! Geniet elke oomblik se rondhol😉

  14. Oulik man. Geniet dit. Hier kom nog baie foto-geleenthede!

  15. Ag hy is SO sweet!! Ek sien hy gaan sommer nog jare se speelgenot met daai Jeep hê!!

    En daar mis ek jou alweer gister! En nou’s dit weer my broer wat in ICU lê!

  16. Reisiger,ja sorry man, het so bietjie rondgestaan hier gister met my broer hulle wat hier is. Sjoe, sterkte vir jou broer jong…. Laat weet as daar iets is wat ons kan doen!

  17. Ekke wil ok ene hê . . . .

  18. As ek dink waarmee ons gespeel het, sjoe vandag se kinders darem!

  19. Ag moeder, te oulik!

  20. Zee,
    Yip ek vlieg Sondag na haar toe. Sy is nou 22 weke swanger! Die sonar wys dis ‘n seuntjie. Ek raak so broeis as ek klein Zee se foto’s sien!

    Lekka aand!

  21. En ek wag nogsteeds vir myne. 😀

  22. Hoe wens ek nou ek was nog ‘n kind😀

  23. Alta, ek het gou jou Hummer georder! 😉
    Krista, joune amper klaar!🙂
    Carolina, dit is wonderlik. Jy moet jou tydjie baie geniet by haar!!!!
    Sonneblom en Meermin, ja die tye verander, ek kan nie onthou dat daar sulke speelgoed in ons tyd was nie, tensy dit net vir die baie baie ryk mense beskore was!

  24. Ek stuur jou sommer ‘n foto van ek en my nuwe Harley, maar dan sien almal hoe ‘n vokin sexy outjie Vokof is, en dan val die geharde manne se tanne uit van jaloesie!!!

  25. 😆 @ Vokov, welkom hier by my!

  26. Zee, kyk uit vir ‘n posduif…

  27. Zee

    Ek is mal oor jou vettie weergawe wat die eende voer.

  28. Julle is bevoorreg om so ‘n pragtige ou seuntjie in julle lewens te hê!

  29. Adrie, sy is cute nè!

    Eendjie, dankie, ons is baie bevoorreg om vir Zeethan by ons te hê!

  30. Hi Zee!
    Daai mannetjie lyk te grys in sy jeep!!! Ek hoop al die breukware is hoog genoeg dat hy nie “targets” het om om te ry nie🙂

  31. hi sommer….

    Kan sien die outjie gaan homself gate uit geniet….

    Hy lyk omtrent in sy skik…

    Hoop dit gaan hom baie vreugde bring.

  32. Hi Pampoen, lekker om jou weer raak te lees!! Wat van ietsie nuut daar by jou!!

  33. Hi Sommer’kie!!

    Hoe verlang ek nou daaraan dat my kinders weer so klein kan wees!! Ai hulle word so gou groot en ons so gou oud – lol!!

    Geniet hom terwyl hy nog so klein is!!

    Zeethan spin hom boeta!!

    Liefdetjies

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s