Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Magical Kilimanjaro

14 Kommentaar

Ek het hier so rukkie terug geskryf oor my oom wat die Kilimanjaro geklim het!!  Hier is ‘n uittreksel van sy ervarings.  Nikita, ek dink jy en Doom Attie (as ek reg onthou het Doom ook die ervaring gehad) sal die nogal geniet!

As dit jou droom is om die Kilimanjaro te gaan klim moet jy oor Magical Kilimajaro hier gaan lees! Ek het en dit het vir my gevoel asof ek die hele tyd langs my oom gestap het en self hierdie magical ervaring meegemaak het!!!  Ok, ons sal nou net nie hierdie sertifikaat kry nie, maar wel deel in ‘n onvergeetlike ervaring!!

Magical Kilimanjaro
A Photo Journal by Willie Grové
March 2 to March 11, 2008
This photo journal was prepared as a record of one of the most amazing
experiences in my life – a profound, life-changing adventure which I wish to
share with as many as possible.
For more information, please feel free to contact me at
wgrove@columbus.rr.com. More information about my family’s travels and
adventures is available at New Trekker Adventures
More information about Tusker Trail and the wonderful people at Tusker is
available at here.

Hier is ‘n paar foto’s om julle lus te maak om wel hierdie ervaring te gaan lees!!!

Mount Kilimanjaro from the veranda of the Keys Hotel in Moshi

Sunrise on day seven, Summit Day! The 10,000-foot high cloudbank was several thousand feet below us.

On the lower slopes of Kibo with Rebmann Glacier in the background

Setting up camp in Crater Camp

Black Ice in the bottom layers of the Rebmann Glacier are thousands of years old

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

14 thoughts on “Magical Kilimanjaro

  1. hi Zee…dankie! Pragtige foto’s, ek sal bietjie gaan loer! Dus, my meen as ek die 4300m van Mt Aux Sources kon doen…(lw…ek was nog jonk en vol energie…nou loop ek byna met ‘n kierie hehehe), dan sal ek die byna 6000m (5895m om presies te wees!) ook kan doen…😉

  2. Zee! ek het die pdf nou op my rekenaar! Dit lyk ongelooflik! maar hulle se..”dis nie vir sissies nie!!”…ek dink ek is ‘n sissie, hoor! lol! ek brand om meer daaroor te lees …sien jou later…dankie!

  3. My jongste wil die ding gaan doen. Dit lyk na ‘n belewenis!!

  4. Dit blyk ‘n onvergeetlike ervaring te wees, maar oi, ek kom nie eers reg met Amdam se koue nie!!! 😆 😆

  5. Ek het die file gedownload – sal bietjie vanaand rustig daardeur gaan lees. Ek het groot bewondering vir mense wat kans sien om so iets aan te durf! Ek lees graag daaroor alhoewel ek nie dink ek self kan sien om so ‘n hoë bergpiek uit te klim nie. Het ‘n boek in my boekrak “On Top of the World” wat Rebecca Stephens geskryf het oor haar ervaring as die eerste Britse vrou om Mt Everest te bereik.

    Jou oom Willie sing sò mooi dat ek hom nooit eers sou picture as ‘n bergklimmer ook nie! Wys jou net mens moet nooit ‘n boek “judge by its cover” nie né! 😉 So terloops, wanneer besoek hy SA weer? Wil hom nie mis as hy weer optree nie.

  6. Sjoe, dit moes omtrent ‘n ervaring gewees het. Ek sal maar net lees daaroor…:mrgreen:

  7. Baie mooi foto’s.
    Ek sal graag wil gaan, ek is net op soek na 4 mense om saam te gaan…hulle moet my asb dra. Ek is net te lui, ai tog.

  8. Reisiger, sover ek weet kom Willie hulle in Augustus. My broer is ok vir nou, is in Wilgeheuwel hospitaal, word more na die kardioloog hospitaal Life Fourways oorgeplaas en word Woensdag geopereer, as hartomlyning nodig is, doen hulle dit dan sommer. Hy het vir my baie grys gelyk vanaand maar lyk ok onder die omstandighede.

    Dellie, lees, dan is dit asof jy wel die groot klim gedoen het😉

    Rosie, ek gaan soek tot ek vier jong gewillige hande kry om jou te dra😆

  9. Jislaaik Zee, lyk wonderllik, wou ook nog altyd, maar Rosa stel dit so mooi eerlik! Jammer ‘n Harley kan nie daar op jaag nie, ne!

  10. Sterkte met jou broer Zee, A3 en familie!!

  11. Dit lyk lekker. Ek wil volgende keer saam Zee asb?

    😆 lekker dag verder

  12. Dankie Zee vir die terugvoer! Sterkte nogmaals vir julle!

  13. Hoekom wys my avatar nog steeds ‘n monstertjie as ek dan ingeteken is? Wat doen ek nie reg nie? 🙄

  14. Jinne Zee, dankie! Dalk is hier ander bloggers wat bereid sal wees om my te dra? Ek is nie vet nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s