Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Ek wou baie graag….

14 Kommentaar

Wipneus het my alweer huiswerk gegee om te doen.  Die standaarde wat ek darem nou al gesien het is darem maar so bietjie bo my vuurmaak plekkie!!  Hier handig ek dan maar my huiswerk in🙂

Vandat ek kon onthou het my moeder motorfietse en hot rods gery.  Ons het altyd saam met haar gegaan na Dunswart op Vrydag aande as sy die hot rods gery het.  Sy het vele mans in haar stof laat byt!!! Dit was nou ‘n droom van my om ook sulke motors te ry wanneer ek groot is maar nou ja, ek was later jare maar te veel van ‘n bang jan vir die “gevaarlike” sport!

Volgende op die lysie was om ‘n doktor of verpleegster te word. Jip, julle raai reg, ma A3 was ‘n verpleegster.  Ek het altyd my poppe as pasiënte gebruik in die hospitaal wat pappa vir my gebou het.  Partykeer het boet en sus ook maar lekker deurgeloop.   Ek onthou ons het ‘n albino alsation hond genaamd Snowboy gehad (hy het soos ‘n bolletjie sneeu gelyk toe hy gebore is… vandaar die naam) wat my ma hulle groot gemaak het vir ‘n blinde dame en die hierdie hondjie moes ook maar deurloop onder die verbande en tamatiesous!  Eendag toe kry my boet toe regtig seer en die bloed vloei toe verskriklik….. nee wat, net daar het ek besef die droom van my het aan skerwe gespat!

Volgende op die lysie was om ‘n skool biblioteek juffrou te word.  Ek is baie lief vir boeke en dit was die logiese beroep vir my.  Ek het geen idee hoekom ek nie die droom van my vervul het nie.

Nou ja, soos julle weet het ek manlief by die ysskaats baan ontmoet.  Ek het by die ysskaats baan geboer want ek het geglo dat ek eendag vir S.A. figuur skaats gaan doen.   Ongelukkig was ek nie so goed in figuur skaats nie en het maar toe net vir manlief ondersteun met sy yshokkie.

‘n Ander droom van my was om ‘n model te word.  Ek het eendag ingeskryf vir Mej Bene by Sun City en wen toe die kompetisie.  Een van die pryse was ‘n foto shoot.  Nou ja, die foto shoot verskyn toe in ‘n tydskrif en ek was baie trots op myself……  Tot pa eendag by die huis kom en daar sulke blitse uit sy ogies skiet.  Toe hy by sy onderdane se werkswinkel instap en so op die muur kyk en sien sy doggie pryk op die muur het hy amper ‘n hartaanval gekry.  Hy het natuurlik die foto’s van die muur afgeruk en ja, soos julle kan raai was dit ook die einde van my model loopbaan.  EN NEE, daar was niks revealing nie!!  Is dié my bene?

Ek wou altyd ‘n sprokies huwelik hê met 2 kinders en die droom het wel waar geword!   Ek was nog nooit eendag spyt oor hierdie belangrike besluite wat ek geneem het nie.

Wie weet, miskien eendag gaan werk ek in ‘n biblioteek…….

O gaats, amper vergeet ek…. ek tag vir Nikita en Emmabel om hulle drome te kom vertel!

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

14 thoughts on “Ek wou baie graag….

  1. Oulike inskrywing Zee!!

    Hot Rods die doen jy as jy agter die stuur inklim. Dokter speel jy as Zeethan seerkry….Skool biblioteek juffrou doen jy as jy vir Zeethan stories lees…Figure Skating doen jy as jy en manlief dans, jy kan dit alleen ook doen as daar ‘n lekker Rock en Roll oor die radio speel😉
    Model kan jy elke liewe dag, heeltyd doen…. Kinders het jy toe al die tyd 3 gekry…

    Nee wat al jou drome het waar geword soos ek die storie sien!! 😆

    Lekker naweek!

  2. Lees ek nou hier ‘n paar dinge van moeder A3 wat ek nie geweet het nie Zee! 😉

    Om ‘n mej Bene wedstryd te wen – wow!!! Dit wil gedoen wees!!

  3. En wat is dalk met die standaard fout????

    Dit is alles cool beroepe.

  4. Vra ek ook mos Adrie….nie so aanmekaar geflans soos my huiswerk nie! Ek het lekker gelees Zee, dankie!

  5. Wel, jy het iets van die “biblioteek-juffrou” in jou en dis die woord “juffrou” as jy kom huiswerk uitdeel! Ek hoop ek is ‘n goeie skolier om dit so gou as moontlik te doen… Lekker beroepe…ek hou van die Hot Rods…klink so na aan een van my “drome”..😉

  6. Heng Zzzzzeee!!🙄 !! issit jou bene??!! but who cares?! Ek is impressed met enige iemand wat inskryf vir enigiets EN boonop nog wen ook – vir my part kan jy tot inskryf vir Mej Boep – as jy wen is jy SOMEBODY (big…:mrgreen: ).
    Nou wonder ek net – het jy ooit gedroom daarvan om harte aan te raak? Want as jy het, dan’t at least daardie droom al waar geword!! xx

  7. Mej. Bene..! Ek is erg beindruk.

  8. Ek moet se dit was nogal ‘n skok om jou fotos in die tydskrif te sien. Nogal ‘n tydskrif wat ons NOOIT sou koop nie. Vandag is dit heel anders. As mens bene wys is dit normaal.

    BB…jy is reg. As ‘n droom kon waar word, sou dit wees om harte aan te raak want dis wat sy elke dag doen. Dankie hoor!

  9. Moeder A3, Ek klink ‘n glasie op jou!!! Jy het haar grootgemaak, en sy is ‘n hartaanraker van formaat, net soos jy!!! Zee – jy is net so special soos jou drome!!!

  10. Pingback: Eendag as ek “groot” is…One day when I’m “grown up” « Chessalee

  11. Wipneus, Nou dat jy dit so mooi stel dink ek al my drome het waar geword. My drome is mooi uitgele vir my…..deur Wippie!
    BB….Dankie!!!!!!!!!

    Pikkelik, julle laat my regtig nou bloos. Maar weet jy, as ek net een hart aangeraak het deur my mission, sal dit my baie bly maak!!

  12. Dankie vir my huiswerk Zee, jy moet maar punte aftrek vir die laat antwoord.
    As ek eendag groot is wil ek in die sendingveld in Afrika werk – enige plek en saam met dolfyne swem en skilder.
    Wat ek met tye wou wees as ek eendag groot is – ‘n vryskut joernalis vir National Geographic, ek wou saam met die Boesmans woon vir ‘n paar maande en meer oor hulle leer, ek wou movies maak veral dokumenter, ek wou ‘n omroeper word, ek wou ‘n plaas vir verlore kinders he, ek wou ‘n kliniek vir volwassenes met leergestremdhede begin.
    Helaas, drome is nooit verlore nie, so die wou kan maar wil word.
    En ‘n Harley toer deur SA op 50! Saamry?🙂

  13. Emmabel, PUIK! Dis is nogal lekker om saam dolfyne te swem, ons het dit so paar jaar terug in die Comores gedoen. Ek wonder of mens daar by die nuwe plek in Durban saam met die dolfyne kan swem…

    Ek dink ons moet die lotto wen dat al jou wou waar word, ek join jou definitief in die plaas, en ‘n kliniek (jy vir die leergestremdhede en ek vir gerehabiliteerde dwelmverslaafdes wat geen plek het om heen te gaan nie) en dan doen ons sommer sendingwerk net daar!

    Ek ry saam, hoeveel pakplek is daar op die Harley vir my?😉

  14. So bek moet jam kry! Altyd plek op ‘n Harley vir nog een!
    :-))

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s