Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Viêt Nam 1

23 Kommentaar

Boendoe, Netjane, Kaalvoetkind en BiB maak my nou al ‘n hele rukkie lus om vir julle te wys hoe Viêt Nam lyk!

Ek en manlief was baie gelukkig om laas jaar September Viêt Nam toe te gaan komplimente van my werk. Daar was drie afdelings wat pryse gewen het en ons departement het die prys vir beste depot gewen.

Die pryse was dat 5 bestuurders en metgeselle elk van die drie afdelings die voorreg gehad het om net meer as ‘n week lank Viêt Nam toe te gaan (all expences paid en sommer nog so bietjie spending geld ook). Ons was altesaam 30 persone wat gegaan het, en hier is so ietsie van ons onvergeetlike ervaring.

Ons arriveer by Saigon lughawe op 17 September 2007 en het die ongelooflikste ontvangs gehad van ons toergidse.

Ons busrit na die Caravelle hotel in Saigon.

Dit is werklik ongelooflik hoeveel bromponies daar in Viêt Nam is. Die wat ‘n mens in movies sien is regtig niks nie, ‘n mens moet dit sien om te kan glo. Die toergids het ons vertel dat daar omtrent nooit enige ongelukke is nie. Jy hoor net biep biep die hele tyd en dis asof hulle net weet hoe om mekaar te vermy. Niks is ook te groot om te vervoer op die bromponies nie!!

Ons was hartlik ontvang by die Caravelle hotel. Die bar het nog die oorspronklike waaiers in van die oorlog. Hier was ook lekker geparty in die aande (eintlik tot ligdag toe omtrent vir party!!)

SAB Miller Viêt Nam het ons die eerste aand ‘n onvergeetlike onthaal gegee met die see as ‘n tema. Die kos was ongelooflik.

18 September 2007

‘n Ongelooflike besoek aan SAB Miller Viêt Nam.

Saigon poskantoor

Riksha’s het ons vir ‘n toer deur Saigon gevat….

Hier besoek ons ‘n ornament fabriek. Dit vat blykbaar so drie maande se skuur, was en polish oor en oor om een ornament te maak. Daar word heelwat eierdoppe gebruik asook mother of pearl. Ek het vir my ‘n paar van die borde gekoop maar dit was ongelooflik duur ~~$$~~

Later die aand was ons getreat met ‘n boat cruise op die Bonsai I.   Ons het almal ‘n lekker nek massage gekry en die verskillende snacks was omtrent uitgedra.  Ons het op die Saigon rivier gecruise vir omtrent ‘n uur totdat ons by die mees eksotiese plekkie uitgekom het vir aandete.


Die Saigon rivier in die aand

The Garden Restaurant

So ietsie snaaks wat ons opgemerk het by die restaurant se kleedkamers!!

Die einde van die eerste twee ongelooflike dae in Saigon!!

Word vervolg…..

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

23 thoughts on “Viêt Nam 1

  1. Wow! Dis baie nice…Ek gaan verseker nog Vietnam besoek voor ek permanent teugkeer SA toe.

  2. Voorwaar ‘n onvergeetlike ondervinding. Baie nice foto’s!!

  3. Interesting.(engels, want ek kan nie die afrikaans spel nie!!!)
    Sien uit na more se episode.

  4. Baie, baie oulik! Ek is mal oor daai bromponies, ek kry sommer vir my ook een! Kan jy dink hoeveel brandstofgeld ek gaan spaar… 🙄

  5. Goeiste, maar hulle laai darem daai bromponies!! Ek sal heel moontlik ‘n ongeluk veroorsaak in een van my “Mr Bean” oomblikke!! 😆

    Dankie Zee, interessante inskrywing!! Ek geniet al hierdie inskrywings oor ander lande! My naam is nie verniet Reisiger nie! 😉

  6. Reisiger, ek dink ek het nog heelwat oorlaaide bromponie foto’s, moet net deur hulle almal werk. Dit is regtig amazing hoeveel mense ook partykeer op die bromponies was. Sommer ‘n hele gesin.

    Pikkie, ek dink dit sal nogal ‘n goeie belegging wees, wonder of mens ‘n kappie kan opsit vir die koue😉

  7. Sjoe, dit lyk na ‘n plek wat ek graag sou wou besoek🙂

  8. Ek het lank oorweeg om ‘n VESPA te koop. Tot ek gesien het wat dit kos.

    Zee, ek is skoon jaloers. Ek kom by julle werk.

  9. Thanks for sharing!! Dit was nou ‘n lekker lees!! – ek’s net seriously altyd bang vir die ‘Ooste’ se kos… let’s just say my ingewande reageer nie te goed op meeste exotic foods nie:mrgreen:

  10. Pragtige foto’s, lekker “gekuier”…!

  11. Wow! Baie nice.

  12. Dit lyk of dit baie lekker was. Die kos lyk heerlik!

  13. Een persoon op ‘n fiets is un-PC… en prys vir die een van sy huis op sy fiets laai.

    Ag lekker.

  14. Whow! ‘n Ongelooflike ervaring. Dankie dat jy dit met ons deel!

  15. Jy maak my lus om te gaan!

    Ek het iewers gelees die regering sukkel vreeslik om die mense te kry om valhelms op die bromponies te dra, want die meisies gebruik dit as geleentheid om te “cruise” vir metgeselle en lewensmaats en dan moet hulle mooi opgemaakte gesigte sigbaar wees!

  16. NJ, nou dat jy so praat, ons het omtrent geen valhelms gesien nie.

    Party van die meisies het sulke lang handskoene en gesig maskers opgehad en die toergids het vir ons gese dis omdat hulle hulle velle wil beskerm van die son.

    Dellie, ja die kos was nogal heerlik. Hulle het meer vir ons kos gemaak en net as jy nou regtig hulle kos wou eet sou hulle dit voorberei. Sien Anty BB, jy kan maar onse soort kossies ook daar kry!!🙂

  17. Dit was nou lekker lees en lekker onthou. Ek was so jaar of wat gelede ook daar, net in Saigon. Ek was verstom oor die bromponies, mens kan jou dit regtig nie indink totdat jy dit self sien nie. Ek verstaan nou nog nie hoe hulle dit regkry om nie in mekaar vas te ry nie, want daar is nie eens robotte nie. Almal ry net die hele tyd, karre, fietse, bromponies, busse, net een aanhoudende stroom. Zee, onthou jy hoe mens oor die pad loop? Ek was vrekbang die eerste keer, totdat ek dit net gedoen het: jy loop net. Jy wag nie vir ‘n gaping nie, want daar is nooit een nie. Jy loop net, en moenie skielik stop nie, want dan is daar die grootste kettingbotsing wat Vietnam nog ooit gesien het. Op een of ander manier werk dit, almal vleg net by jou verby en jy kom aan die ander kant van die pad uit . . .

  18. Rondloper, ek wou hoeka oor dit skryf in 2. Die gidse het ons gewaarsku dat jy net moet loop, hulle kom blykbaar gou agter wat jou “move” gaan wees… nou ja, ek het die eerste keer gevries en manlief moes my maar oor die straat pluk, maar daarna was ek lekker gekonfeit in die stappie oor die straat. Ja, dit is amazing dat niemand raakgery word by die voetoorgange nie. Het jy ‘n bromponie daar gery?

  19. Nie daar nie, daarvoor was ek net te bang. Wel in Kambodja, wat op die paaie soos ‘n mini-Vietnam is, nie heeltemal so erg nie, maar amper. Hulle ry ook sonder helmets, en ry ook net, stop nie eintlik nie.Jy vleg maar net saam met die verkeer. Ek het gewoonlik iemand ge-‘shadow’, as hulle ry, ry ek. Ek leef nog . . .

  20. Zee, dit was nou lekker gewees. Daai foto van die prawns gee my sommer ‘n hartpyn! Ek wil ok eendag sulke pienkes voor my op die tafel he…

  21. Sjoe Zee dit lyk so lekker, ons beplan juis ons vakansie en wil graag weer Singapore toe gaan, maar dit lyk so nice. Nou is ons in twee minds. Wil ook nog Australie toe, sal maar sien.

  22. Dit was nou lekker lees. Weet jy besoeke aan die “skrefies-ogies” se lande bly maar net ‘n belewenis!!!!!
    Dankie vir die mooi fotos!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s