Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

EK is gister rotten gespoil!!!

18 Kommentaar

Nee kyk, ek sukkel nou al n hele paar maande met my ou laptop.  Ek wag nou al 2 maande vir 1Gig memory maar die daag net nie op nie en moes dit maar toe op die ou end vir die ou sê nee kyk, genoeg is genoeg,geee maar liewers net my geld terug.  As die laptop nie stadig was nie, het die scroll knoppie vas gehak en elke keer as ek enter gedruk het, move die cursor net waar hy wil. Dis hoekom julle partykeer van my kommentaar sommer so in een groot paragraaf gesien het.  Enter of backspace ek spring die ding rond asof hy dans.

Gisteroggend het ek en moeks ‘n lekker ontbyt gaan eet en later die middag het sy ‘n draai by my kom gooi net terwyl ek so sukkel en ek sê vir haar as daar nou ‘n byl net naby my was was hierdie laptop in stukkies gekap binne minute.  Sy stel toe voor ons gaan maar bietjie dorp toe, sy wil ‘n paar van die slippers gaan koop wat hulle so by Verimark adverteer en het ietsie nodig by Incredible Connetction.

Ons ry toe so rond en kom daar by Incredible Connection aan en natuurlik loer ek toe mos of ek ‘n pienk of wit laptop kan sien maar niks!  Ek loop maar toe so deur die winkel om te kyk wat is nou nuut en moeder roep my en sê sy is klaar, sy wil net gou vir haar aankope betaal en ek gaan wag maar toe in die kar vir haar.  Hier kom sy met ‘n boks onder die arms aan en ek dog sy wil net gou foto papier vir die printer gaan koop.

Sy klim in die kar en gee vir my die boks aan en sê sy wil nou nooit weer ‘n gemounery hoor oor hoe ek sukkel met ‘n laptop nie.

Hier is wat in die boks was!!!!!!!!

HP 530

Mamma, baie baie dankie!!!!!!  Ek weet mamma weet hoe belangrik my laptop vir my was en ek gaan hierdie ene soos goud oppas!!  (En ja, dit is omtrent die plek waar ek die meeste met my speelding werk, in Zeethan se kamer!)

Ek het tot middernag gesukkel om die laptop op te stel wat ek is mos nou nie eintlik baie computer literate nie. Toe alles nou klaar opgestel was en ek die 9 backup disks gemaak het, was ek reg om weer bietjie te surf, maar o wee, my Samsung SGH-U700 se disk is nie vir Vista nie, so nou ja, ek was toe natuurlik vroeg by moeder om gou dit van die internet af te laai sodat ek darem gou weer aanlyn kon kom!

Ns.  ek wag nou net vir ‘n “skin” vir die laptop, dalkies dalkies net is daar so ietsie pienk!!!

DANKIE MOEKSIE DANKIE!!!

UPDATE!!!!!!!

Hier is soos my million $$ diamonds lyk.  Gaan loer gerus by MySkins.

 

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

18 thoughts on “EK is gister rotten gespoil!!!

  1. Zee

    Kan ek ook jou moedertjie vir ontbyt (middag en aandete uitneem). Ek sal ook baie hard oor die werk se laptop kla. Ek is immers haar naamgenoot en als.

    Ek is grasgroen. Geniet dit.

  2. Dis baie gaaf van moeder A3! Geniet jou nuwe laptop!!

  3. Sjoe, jy het ‘n wonderlike moeder!
    Geniet jou nuwe laptop🙂

  4. Hi A3 dis nou ‘n lekker en mooi ding wat jy vir jou meisiekind gedoen het!! “special”

    Wonderlike mens die A3! ‘n Stewige plekkie in my hart geskrop.

    Zee maar dis darem ‘n vreeslike groot bederf, maar ons weet almal hoe swaar het jy gekry sonder jou lappie!!! Geniet hom, nou kan jy weer memories versamel…

  5. Zee

    “Wat is ‘n huis sonder ‘n moeder”?
    Geniet jou laptop!!

  6. Yip geniet hom stukkend!!!😀

  7. Amazing!!! A3 jy het ‘n hart van suiwer goud! Zee ek is so verskriklik bly vir jou… Geniet jou lappie en nou kan jy sommer baaaie post! 😉

  8. Dis ‘n lekker bederf. Hoop jy geniet hom

  9. Whooooopppppppppeeeee vir so ‘n awesome Moeks!! x

  10. Julle, ek spin soos ‘n katjie op die oomblik, dit voel asof ek te vinnig deur alles hardloop so groot is die verskil. EK het myself nou rustig gemaak na ek alles gedownload het wat ek wil en nou begin die lekker lees aan my gunsteling blogs!

    DANKIE MA!!

  11. Haai daar…

    Jis, maar die kleinding van jou het groot geword!!!

    Lekker dag

    Renchia

  12. Geniet jou nuwe laptop! Dis mos altyd lekker om iets nuuts te he! Geniet ‘n naweek vol surfing…..!!

  13. Lucky fish! Geniet die groot geskenk.

  14. hi
    nice blog
    Direct Download Movies
    dllmovie.org

  15. Dit was behoorlik ROTTEN gespoil! Ek kan net nie “vat” aan laptops kry nie, hier het elkeen sy eie, maar ek verkies maar my ou desktop pc… ek gebruik die laptop net as ek MOET…jy moet amper nie eers vir my vra om hom te gebruik nie, alhoewel ek besef hoe gerieflik die goed is, veral as jy travel…

  16. Baie geluk! Sy lyk na ‘n sporty nommertjie.😉

  17. Gaan loer gerus by MySkins, hulle het werklik pragtige skins vir laptops!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s