Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

3kg swaarder na 4 dae!

18 Kommentaar

Ons het Sondagaand terug gekom van ‘n lekker 4 dag breek. Dit was die lekkerste paar daggies wat ek in ‘n lang tyd gehad het. Klein mannetjie was regtig baie soet gewees, maar besig. My vriendin se dogter Shemel en haar vriendin Anastashia het hom goed besig gehou en hy het heeltyd net gesê hy wil koedoe, koedoe en ons moes maar gedwee die stootkarretjie gaan haal en hom bokke en perde toe stoot. Hy was nogal skrikkerig vir die volstruise maar was mal oor die perde as hulle die vrugte so uit sy handjie gevat het. Natuurlik het hy weer gedraai om die honde wat maar net gaan lê het sodra hy begin speel het met hulle.

Kyk, as oupa terug gekom het met die jag voertuig was daar geen keer nie en hy moes eers vir ‘n spin gevat word (dis omtrent die enigste keer wat hy ‘n tantrum gegooi het) en dan was hy weer baie gelukkig.

Ons het in die oggende opgestaan en net vir die kok instruksies gegee oor wat op die spyskaart was vir die dag. Die res van die dag het bestaan uit rus, eet (dit is nou waar die 3kg vandaan kom) en op ritte gaan as iemand iets geskiet het. Ons het lui lekker in die lapa rondgelê as ons nie tussen 11 en 2 die plaas verken het nie. Lekker middag slapies was natuurlik die in ding.

In die aande het ons onsself verwonder oor die pragtige sonsondergange en lekker langs ‘n vuurtjie gesit en lekker gesels met ‘n lekker glasie wyntjie in die hand. Ek drink nou nie eintlik nie maar het nogal die rooi wyn geniet. Hier by 9 uur in die aand was ek ‘n gonner en het nie eers een keer wakker geword nie waar ek voorheen seker 6 keer in die nag opgestaan het omdat ek baie onrustig geslaap het. Tot mannetjie het deurgeslaap van al die gewoeker deur die dag.

Manlief het toe ‘n blesbok en ‘n bou wilde bees geskiet en dié is nou besig om bewerk te word vir biltong en droë wors.

Lokke2

Nou ja tannie Adrie en tannie Dellie, net sodat julle weet ek het al ‘n haar sny weg omdat my haartjies baie woes gestaan het in die oggend en ouma nie my hare wou nat maak in die winter nie omdat ek dalk siek kon word. Maar dit begin darem nou meer manageable (en ouma gel ook nou al hoor!) word so geen skêr sal in die nabye toekoms naby my goue lokkies kom nie. 😉 En soos tannie hulle kan sien is ek mal om my skoene in my hande te dra in plaas van aan my voetjies!!

LokkeLokke1

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

18 thoughts on “3kg swaarder na 4 dae!

  1. EERSTE!
    Ag, jimmel, die kind is regtig fraai! So onskuldige gesiggie.
    Zee, so wegbreek doen wondere vir ‘n mens se siel, en die feit dat jy (julle) so lekker geslaap het, wys net dit was broodnodig gewees. Ek hoop jy het sommer weer baie skop!

  2. Ek is bly dit was so lekker!

  3. Ek’s ook bly dat jy jou kuiertjie in die Bosveld so baie geniet het en welkom terug!!

  4. Welkom terug Zee

    bly jy het dit so geniet. Zeethan is te cute vir woorde. Lekker dag verder

  5. Welkom terug Zee, dit klink of jy lekker uitgerus is. 🙂

    Ag die fotos van Zeethan is te cute!!!

    Geniet die res van die week!!

  6. Welkom terug Zee. Waar plaas ek my bestelling vir biltong?

    Blykbaar is die nat hare wat verkoue gee ook ‘n ou vrou storie. Julle moet dalk vir Zeethan bottel en verkoop as ‘n verjongings kuur.

  7. Ek is bly julle het lekker gekuier Zee. Dit doen mens altyd eie wêreld se goed om bietjie uit te span. Zeethan is nog steeds die mooiste seun, met of sonder sy lokkies! Pas hom baie mooi op en hou hom maar weg van ander dogtertjies af, ek het hom bespreek!!!! 😈

  8. Lol @ Pikkie! Jy meen, jy kies al sommer nou!😆 Maar as ek ‘n dogtertjie gehad het, sou ek hom ook wou bespreek. Hy is pragtig!

    Zee, ek is bly julle het so lekker gekuier en gerus. Ek sou wat wou gee vir so ‘n wegbrekie… om nie eens van daai biltong te praat nie! Hoe water my bekkie nou!😉

  9. Ek is bly julle het die webreek geniet.
    Die mannetjie lyk alte pragtig!🙂

  10. Dit klink heerlik! Bly jy het so blaas kansie gekry, en die haarsny lyk al te pragtig!

  11. Bly jy het die paar daggies weg so geniet!

  12. Waar kan mens so kleinding koop?😆

  13. Gits, dit klink omtrent of julle dit baie geniet het. Ek is bly vir jou, jy het dit nodig gehad.

    Zeethan = C U T E !

  14. So bly julle is veilig terug en het dit enjoy!!! (Ek weet nou nie hoeveel kos daar was nie, maar as daar drank betrokke was, kan ek vir jou sê waar die excess kilo’s vandaan kom😉 Pleks julle bietjie deur die plaas gedraf het, ipv ‘ritte’… *tsk* – that’ll teach you to take you Hi-Techs next time!! en ek praat nou nie van luilekker ‘stoot’ beeste toe nie – nee wat, “Klim Zeetjie!!! Ouma gaan met jou en pram die grensdraad kafdraf!!”😆

  15. Bly julle het dit geniet.

  16. Ja, ek kan getuig, daai beddens by La Pumba slaap heeeeeerlik!

  17. Dadelik dink ek aan die gedig…”My vuurtjie en ek is op wag..my vuurtjie en ek alleen…”😉 klink alles lekker en daardie fodies!! pragtige kind..stuur hom vir my…spoed delivery …😉

  18. Nikita, nou dat jy so van vuurtjie praat… Daar was vir die kinders ‘n klein vuurtjie gemaak om marshmallows op stokkies te doen. Nou ja, mannetjie wou sy eie stokkie hê en dit het omtrent oppas gekos dat hy nie te naby aan die vuurtjie gaan nie. Die groot vuur het hy draaie omgeloop en net heeltyd ge “ouch” as hy te naby gekom het.

    Anty BB😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s