Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Ons La Pumba jag wegbreek!

33 Kommentaar

Ons het gou bietjie weggebreek om bietjie vleis vir die pot, bietjie biltong en droë wors te kry.  Liefie het op die mooiste jagplaas afgekom en ons saamgebring hierdie jaar.  La Pumba jagplaas naby Potgietersrus is regtig die mooiste jagplaas denkbaar wat ek nou al besoek het….

Ek doen absoluut niks nie.  Ek maak nie kos nie, ek was nie skottelgoed nie, ek maak nie beddens op nie, al wat ek hoef te doen is om klein mannetjie op te pas.  Ek rus baie lekker so as julle my nie sien rondswerf nie, weet dis omdat ek lekker om die kamp kampvuur sit in die aand of heerlik wild kyk in die dag.  Ja, met ‘n lekker drink dingetjie in die hand!!

Natuurlik moes Zeethan ook uitrustings kry vir sy eerste jag trippie.

Hier is meneertjie besig om gereed te maak om sy oortjies te beskerm teen die geweerskote wat gaan klap soos oupa sy geweer inskiet.

Oupa besig om sy geweer in te skiet.

Gisteraand was bietjie koud gewees.

Vanoggend moes ek ook maar warm aantrek vir die koue.

Hier sit ek lekker op die olifant leer banke.

Ek wonder of hulle my ook sal toelaat om ‘n bokkie te skiet.

Reg vir die wildsrit!!

Dit was nou lekker om saam met Ruan lemoene in die veld op te tel.

Ek en my mees favourite persoon in die wêreld.

Ek geniet my kort vakansie terdeë, ek slaap vir die eerste keer in maande soos ‘n klip en ek kom loer weer by almal in volgende week!!

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

33 thoughts on “Ons La Pumba jag wegbreek!

  1. Hi Zee dit lyk heerlik en Zeethan lyk te oulik!! Lekker rus.

  2. Jy moet dit vreeslik geniet Zee!!! Rus lekker en praat weer volgende week met jou!! Zeethan is die mooiste klein dingetjie. Hier is vir hom ‘n soentjie van tannie Pikkie af… Mwha!

  3. Ek hoop regtig julle geniet dit en wen lekker af!
    Zeethan lyk al klaar soos ‘n grootwildjagter. Houding et al!

    Groorneus🙂

  4. Ai tog, die spelling!
    Maar dit was omtrent ‘n goorneus die laaste week of wat.
    En julle wil nie verkoue in die woestyn hitte ervaar nie!
    Kom ons probeer weer.

    GROOTNEUS🙂

  5. Die klein mannetjie lyk tog te oulik in sy jagkleertjies!! Jy moet jou ruskansie geniet!

  6. Liewe genade, ek weet waar kom die “Pikkie” vandaan. Dit is omdat sy soen wat voorkom.

    Ek waarsku julle almal, ek gaan Zeethan steel.

  7. Zee

    Ek sulk sommer hier ook. Waar is Zeethan se goue lokkies heen?

  8. Julle moet dit vreeslik geniet! Dit lyk baie lekker enek sal wat wou gee om nou ‘n lekker stukkie biltong te kon eet….een van die dae!

  9. Hoop julle geniet die bosveld, die rus, die jag, die rustigheid, die biltong makery …. ag sommer alles.

    Zeethan = So sweet!! Gee hom ‘n stywe drukkie

    Dis in daai deel van de land waar hierdie boskind vir die eerste keer die son, maan en sterre aanskou het.

  10. Zeethan lyk te cute in sy camouflage klere! Het hy toe sy bok geskiet en waar is ons biltong?!

  11. Hi Zee,
    Jy kuier hier in my “valley”!!
    Hoop julle het die tydjie geniet!!

  12. Geniet julle tydjie.Niks beter as n paar dae af te sluit van die besige lewe nie.

  13. Te lekker! Ek wens ek was ook daar…😦

    Zeethan lyk te ougat met sy monderings. Hy is pragtig! Maar ek wonder ook wat van die goue lokkies geword het?

  14. Man, dis te oulik. Nou kan ek nie wag om ons klein jagter na sy oupa in Namibië te neem nie. Ek is darem nou self geweldig lus kudu-droëword, biltong en steak!

  15. Jy moet elke minuut geniet! Dit lyk heerlik daar, so rustig! Ekke sommer baie jaloers!!

  16. geniet dit, dit doen mens net goed so middel-van-die-jaar-wegbreek.

    Enjoy it

  17. Hi julle, ons is terug, het lekker gerus.

    Adrie en Dellie, mannetjie moes ‘n haarsny kry wat hulle het te woes gestaan en wou nie die haartjies nat maak in die winter nie, maar geen sker kom weer naby daardie krulle nie.

    Manlief het toe ‘n blesbok en blou wilde bees geskiet en die biltong en droe wors word een van die dae uitgedeel.

    Nou het ek some serious opvang om te doen!!!

  18. Laat my terugverlang na my skoonpa se plaas..hulle het ‘n wildsplaas daar gehad waar ouens kom jag het… ek het ‘n groepie medialeiers (van die stad natuurlik) daar gehad en hulle het hul GATE uit geniet in die veld… waar’s die goeie ou dae ne!😉

  19. Sjoe Zee dit lyk so nice op die plaas. Sien die klein mannetjie lyk of hy hom gate uit geniet. Dit is lekker om jou kind te kan vat waar jy nie hoef te worry oor hom nie. Sorgvry.

  20. ZEEEEEEEEEEEE, JY WAS OP MY VOORSTOEP!!!!!!!!
    La Pumba Hunting Safaris is die jagplaas van Jacques du Randt en Piet Moller. Jacques du Randt is die eienaar van die vorige plek waar ek gewerk het. Hulle bly altwee in JHB.
    Carl Pohl – die bestuurder is huisvriende. As ek geweet het julle is daar, sou ek graag wou kom groet.
    By die vorige werk het die mans gewoonlik vir ‘n week met die manlike kliente gaan jag en ons vrouens met die dames kliente gaan ‘kuier’ vir ‘n naweek.
    My man gaan juis volgende week so vinnige draai daar maak.
    Ou Andries wat die kos maak en skoon maak is werklik ‘n wenner!

    • RB!!!!!!!!!!!!!!! Ek kom kuier weer in jou valley die einde van die maand. Kom draai bietjie jong! 30/7 – 2/8………🙂

  21. O-ja, ek is in Naboomspruit, so 35km van die plaas af!

  22. RB, dis nou jammer ons het nie vroer geweet nie.
    Ja, Carl is regtig ‘n baie aangename mens, my man het regtig net goeie woorde vir hom, en ja, daardie Andries het ons lekker gespoil hoor!!
    Ons plekkie is weer geboek vir volgende jaar!!! Ons sal dan ‘n plannetjie moet maak hoor!

  23. My man was Dinsdag en Woensdag op La Pumba. Hy het vir Carl vertel dat hulle op die Blogosfeer genoem word. Eers het Carl nie geweet wat dit is nie. Kan ek maar jou inskrywing vir hom stuur?

  24. RB, jy is meer as welkom. Ek is seker as hy klein mannetjie sien sal hy dadelik weet wie ons is!!

  25. HET IEMAND ASB VIR MY LA PUMA HUNTING SAFARIS SE TELEFOON NOMMER

  26. William, ek het hulle gemail om jou te kontak!

  27. Goeie dag,

    Ek is self opsoek na La Pumba se nommer, maar kry hom in geen telefoon gids nie, sal enige iemand my kan help asb?

  28. Hi het jy dalk vir my die La pumba se nommer?

  29. Ian, ek mail dit vir jou!

  30. Hi Zee
    Sal jy asseblief so gaaf wees om vir my ook die nommer te mail

  31. Hi Gerrit, dankie vir die inloer. Ek het die besonderhede hierbo gesit. Z

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s