Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Water en nogmaals water!

20 Kommentaar

Ek lees nou nou by Meermin van die vloede by Uvongo en bel toe dadelik my mams wat op die oomblik pendel tussen Uvongo en Margate.  Sy en Marti haar sus is besig om my suster hulle se nuwe woonstel uit te rus in Margate en die ene in Uvongo te re-decorate. 

Ek het gister hierdie posduifie van haar ontvang met al hulle water probleme.  Moeder se die golwe was gister verskriklik groot (Volgens die NSRI is die swells tussen 4 en 5 meter hoog) en mens raak maar so bietjie benoud aangesien die woonstel in Margate reg op die waterfront is.

Asof mens nou nie genoeg het van storms nie moes hulle nou ook die katastrofe hanteer!

Hallo almal,  

Net gou ‘n paar woorde om julle te laat weet Marti en ek lewe nog.   Ook maar net.  

Na die aardigheid met die sardines hier voor ons,  begin ons toe met die gordyne korter maak ens. en probeer die woonstel regkry as Doreen hulle hier aankom.   Hulle was toe hier en is weer weg.   Voordat hulle ry kry ons ‘n boggerop met die wasmasjien en skottelgoedwasser se uitlaat water.   Die hele kombuis is onder water.   Die drein is heeltemal gestop van al die bousement ens.   Johan haal die p trap af en kry ‘n bondel sement uit so groot soos ‘n lemoen.   Dis Maandag en die end van die langnaweek en hulle moes toe ry om Carla in PMB af te laai en Johan moes sy vlug terugkry na Angola.  

Gelukkig kry ek en Marti ‘n hardeware winkel oop op die vakansiedag.   Ons koop die ptrap en sit hom aan.   Was 2 bondels nat handoeke van die vorige vloed en o wee………..  weer is die kombuis onder water.   Weer is al die handoeke nat.   Toe kry ons vanoggend ‘n storm wat skrik vir niks.   Al die woonstelle op die grondvloer is onder water.   Net klaar skoongemaak en sit toe weer met nat handoeke.   Kom in die badkamer,   albei badkamers weer gevloed van water wat deursypel van die bure af.   Hulle weet nie hulle woonstel was gevloed nie dus is daar enkeldiepte water in hulle plek.   Ons kry toe die agente wat hulle woonstel verhuur om skoon te maak en nou is dit droog in ons badkamers ook.   Die wasmasjien se pyp lek weer en ons neem al die nat handoeke na Doreen se plek in Uvongo sodat die bediende dit kan was.   Ons kry toe maar ‘n loodgieter om die pyp te kom regmaak.    

Kom terug by die woonstel in ‘n vreeslike storm, en sien die water weer opbou.   Pak handoeke voor en weer sit ons met nat handoeke.   Nou moet julle duime vashou dat ons nie weer ‘n vloed in die kombuis kry nie, want ons gaan nou die wasmasjien alweer MET NAT HANDOEKE aansit.  

Moral of the story:   Moet nooit in ‘n nuwe plek vakansie hou nie.   Laat die huurders eers al die foute uitsort.  

Love you all  

A3ana

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

20 thoughts on “Water en nogmaals water!

  1. Dit is vreeslik!

  2. Ai toggie, dit moet nie te lekker wees nie!
    Sterkte vir hulle!

  3. Jy meen dit was omtrent ‘n stryd om “kop bo water te hou” vir hulle! 😉

    Sê maar vir Moeder A3 en Marti ek sê sterkte daar!!

  4. Ag aarde A3 of moet ek eerder sê ag Water A3. Zee stuur tog vir haar ‘n epos van ons af om te sê sterkte en ons dink aan haar…

  5. Konsternasie op die stasie! Shame!😯 Stuur sommer ‘n vetkoek ook saam met daai e-pos… mens raak honger van handdoeke was!:mrgreen:

  6. Ag tog! Dis ‘n storie!! Sterkte vir hulle (en die handoeke!)

  7. Sterkte vir jou A3!!! Dis ‘n nat spulletjie!

  8. )))))))SONSTRALE(((((((

    Baie daarvan hier uit die Sandput om al die waters wat nie daar moet wees, op te droog!

    Sterkte in ons mooi land.

    Grootneus🙂

  9. Arabier, jinne lewe jy nog? Goed om jou weer raak te lees. Dankie vir die sonstrale, dink ons het sommer baie nodig. Hoe gaan dit met jou kamele?😛

  10. Haai hier is Arabier!!! Mens lewe jy nog daar tussen die kamele??? Ek het gedog jy het verlore geraak tussen die sandduine!!! he he

  11. Sjoe!! en ek kerm as my wasmasjien se pomp die waskamer laat oorspoel! Hoe sê my goeie vriend Carl altyd so mooi: “klein skippies daai, BB, klein skippies!!”.
    Sterkte daar! x

  12. Gelukkig is my vriendin ok!!

  13. Nagmerrie op nagmerrie! En as dit nat is in Natal, is die NAT! Sterkte daar vir moekie, Zee!

    NS. Zee’tjie, ek hoop om in die komende week my huiswerk klaar te maak… 😳

  14. Sterkte jong. Vanoggend oor die nuus oppad werk toe geluister. Dis verskriklik.

  15. Water of te not…ek sou veel eerder nou by die see wou gewees het. Maar ek kan dink hoe frustreerd hulle nou al is vir nat handoeke… Die son sal darem weer skyn😉
    Groetetjies
    Sonneblom

  16. Yippie………die son skyn!!!!!!!!!!!!!!!

  17. Hello Zee
    Baie mooi blog. Sterkte daar met die familie, hoop die skade is nie groot nie dat hulle sommer gou sal regkom.
    Nou weet ek ook hoe lyk die kleinman, en ja hulle kan heeltemal oorvat maar geniet dit.
    Alles wat mooi, vreugdevol en voorspoedig is vir julle.

  18. $wpsmiliestrans = array(
    ‘🙂’ => ‘smile.gif’,
    ‘😉’ => ‘wink.gif’,
    ‘:idea:’ => ‘lightbulb.gif’,
    ‘:blush:’ => ‘blush.gif’,
    ‘:bored:’ => ‘bored.gif’,
    ‘:secret:’ => ‘secret.gif’,
    ‘:yawn:’ => ‘yawn.gif’,
    ‘:yummy:’ => ‘yummy.gif’,
    ‘:neutral:’ => ‘blank.gif’,
    ‘:love:’ => ‘heart.gif’
    );

  19. hies ek ok, jy lyk nie vir my ok nie!😆
    🙂😉💡
    :blush:
    :bored:
    :secret:
    :yawn:
    :yummy:😐
    :love:

    Lyk nie vir my almal wil so lekker saamwerk nie!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s