Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

My 25 jaar lange sprokie

20 Kommentaar

Wipneus en Reisiger het my getag om my sprokie te vertel. Kyk, ek gaan nou regtig nie kers vashou by die sprokies wat nou al hier vertel is nie, maar hier probeer ek maar my weergawe gee.

Die Ys prins en Ys prinses

Eendag lank lank gelede was daar ‘n Ys prins en prinses.

Die Ys prins was mal oor yshokkie en het geboer op die Ysvlaktes.

Die Ys prinses het van figuur skaats gehou en kon haar dae daar deurbring.

Die Ys prinses het die Ys prins gereeld sien speel en het net daar besluit dat hulle eendag saam in ‘n yspaleis moes woon. Dit het baie beplanning gekos om hom van haar bewus te maak. Sy het een van haar diensmeisies gestuur om vir hom hokkie skaatse wat sy uit ys gekerf het te vat saam met ‘n uitnodiging om saam met haar die uitstalling van die mooiste werke denkbaar te kom aanskou van die meesters wat haar geleer het hoe om ys te laat lewe.

Hy het toe sy hokkie skaatse aangetrek en oor die ysvlaktes gegly om by die Ys prinses se paleis uit te kom. Daar aangekom het hulle skamerig na mekaar gekyk maar die “fatal attraction” was klaar daar. Hulle het die middag verwyl deur om al die ys kunswerke te bewonder.

Die Ys prins het later vir die Ys prinses gevra of hy maar weer kan kom kuier. Daarna het hulle die dae verwyl deur saam op die ysvlaktes te speel en skaats.

Ongeveer ‘n jaar later het die Ys prins sonder dat Ys prinses geweet het, vir haar die mooiste verloofring gaan koop in die vorm van ‘n hartjie, met 23 diamante in. Op Kersdag 26 jaar terug het hy haar die groot vraag gevra. Op 18 Junie 1983 het hulle ewige trou aan mekaar gesweer in die mooiste Ys kerkie wat jy jou kon voorstel……..

And they lived happily ever after.

My Lief, vandag is ons 25 jaar getroud. Baie dankie dat jy daar is vir my en my gedra het deur al die jare se lief en leed. Sonder jou sou ek dit nie kon doen nie. Dankie dat jy daar was vir my in my donker dae toe ek nie lig in die einde van die tonnel wou of kon sien nie. Jy maak na al die jare nog steeds my bene lam onder my.

Ek het gaan soek en op hierdie stunning gedig afgekom wat my so baie aan ons herinner.

En onthou…. EK LIEF JOU NOG STUKKEND!

HAPPINESS HAS BEEN YOUR GIFT TO ME

Happiness has been your gift to me
All these years of melody and pain,
Pleasure, hardship, wanton rhapsody,
Pure delight and hard, wind-driven rain.
Years do not add up to love and glory:
All things rest on non-things far more true.
No note is so sustained throughout our story;
Nothing but your love, and mine for you.
In our lives must always be confusion:
Very little lost in Time is clear.
Even so, the whirlwind’s an illusion
Regarding the few things we hold most dear.
So you have chosen me, and in that choice
Alone I find my refuge and my voice.
Reality is made by our own will:
You made my world and hold me in it still.

Nicholas Gordon

Bronne http://www.poemsforfree.com http://www.love-of-poems.com

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

20 thoughts on “My 25 jaar lange sprokie

  1. Baie geluk Zee! Dis ‘n moviese prestasie en ‘n voorbeeld vir almal. Hoop julle het ‘n lekker bederfdag!

  2. Baie Geluk. Julle is ‘n voorbeeld vir ander.

  3. Ek wil ook eendag so lank getroud wees. (Dit is nou as Lyfie my nie intussen met die bauerpan vermorsel nie :lol:)
    Julle is regtig ‘n inspirasie vir die res van ons

  4. Baie geluk Zee! Was dit ook so ‘n ysige dag soos vandag 25 jaar gelede?

  5. ♫♪♫ Baie geluk met julle herdenking!♫♪♫ Ek hoop julle sal vir nog baie jare geseënd wees met mekaar se teenwoordigheid en liefde. Praat van 7 sakke sout opeet, julle trek seker al by 70! Julle is ‘n inspirasie! 😉

  6. ♫♪♫ Baie geluk Zee! Mag daar nog vele jare van geluk en liefde vir julle voorlê! ♫♪♫

  7. Baie Geluk Zzz!! (Ek kon ook nou al so lank getroud gewees het (amper 2 keer!!) … as ek Mr Perfect daai tyd al ontmoet het… but you gotta kiss a few frogs sometimes for the real thing….:mrgreen: – hmmm – wag, laa’k my fairytale loop skryf!) Sê vir Mnr Stukkend-gelief ook sterkte, ehm ek bedoel geluk😉 *MWAH*

  8. Mooi storie! En BAIE geluk!

  9. Baie geluk Zee!!
    Seën, liefde en vrede vir die toekoms!

  10. Hi Zee

    Ek het gou kom inloer!! Baie baie geluk met julle huweliksherdenking🙂

    Jou sprokie is baie mooi ysprinses! Mag jy en jou ysprins nog baie jare gelukkig in julle yskasteel woon!!

  11. Baie geluk Zee. Mag julle nog lank saam wees in julle paleis😉

  12. Ai, Zee, dis ‘n mooi sprokie. Baie, baie geluk. Julle is inderdaad ‘n voorbeeld.

  13. Zee

    Wanneer jy klaar herdenk het, wag daar ‘n bietjie huiswerk.

    http://doringsensomsrose.wordpress.com/2008/06/19/slagspreuke/

  14. BAIE geluk en ek hoop daar le nog 25×25 vir julle voor!!

  15. Baie dankie aan almal vir julle mooi wense.

    Jinne Adrie, ek sal maar moet gaan dink oor hierdie huiswerk! Ek dog dan ek het al ene….

  16. Baie, baie geluk! Dit wil omtrent gedoen wees!

  17. Baie geluk kinders, ek hoop julle sal nog 25 (en nog meer) jare saam he.

  18. Laaste, maar beslis nie die minste nie, baie, baie geluk met julle herdenking. Mag daar nog baie gelukkige jare vir julle voorlê.😉

  19. Baie geluk!! My skoonouers was die 16e 52 jaar getroud, my ouers is amper 42 jaar getroud! Dit is ‘n leeftyd, ek en Koos is môre 7 jaar getroud!

  20. Ek is bietjie laat, maar steeds baie, baie geluk. Ek hoop julle het ‘n wonderlike jaar en een wat sommer veel, veel makliker is as die afgelope een. Alles wat mooi is.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s