Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

My storie (6)

40 Kommentaar

Vrydag 2 Mei 2008 kry ek ‘n oproep van seun af. Hy is in Hillbrow polisiestasie. Hy was die middag gearresteer vir “common robbery”.

Vroeër die middag het hy en C blykbaar na ‘n kliniek toe gegaan waar sy/hy gevang was selfone steel. Hy is nie gearresteer nie omdat sy gesê het dat sy hom nie ken nie.

Hy het toe geryloop Hillbrow toe. Seker om drugs te gaan koop. ‘n Dame het vir hom ‘n ryloop geleentheid gegee. Ek weet nou nog nie presies wat gebeur het nie, maar seun het blykbaar uit dit motor gespring nadat hy vir haar gesê het om haar handsak en selfoon vir hom te gee. Hy het besef wat hy doen en dit terug gegooi deur die ruit (Ok, hoe waar dit is weet ek nou nog nie). Op daardie oomblik het daar polisie verby gekom en sy moes hulle gestop het. Seun het weggehardloop en hulle het op hom begin skiet. Hy het toe tot stilstand gekom en hulle het hom geslaan en skop (wat hy seker verdien het, maar dit maak dit nie reg nie) en toe polisiestasie toe gevat.

Hy is Maandag 5 Mei 2008 hof toe na hy die hele naweek in die polisie selle deurgebring het en die saak is vir ‘n week uitgestel. Op Maandag 12 Mei 2008 het hy weer in die hof verskyn. Hy het skuldig gepleit en gevra dat hy dadelik gevonnis moes word. Hy het nie die dwelm probleem as verskoning gebruik nie. Hy het nie vir “legal aid” gevra nie. Die landdros het hom gevonnis vir 2 jaar tronkstraf en hy is onmiddelik na “Sun City” Jhb gevangenis toe gestuur. Later sou hy vir my vertel dat ‘n kar highjacking volgende op sy lys sou wees en hy was bang daarvoor en daaroor gevra het dat hy dadelik gevonnis moes word.

Dit was nogal bietjie swaar vir my omdat Marcia die volgende dag 21 geword het. Ek het probeer vrolik wees die dag maar dit was maar swaer omdat ek heeltyd aan my kind gedink het wat nou as ‘n tronkvoël geklassifiseer word.

Hy is intussen na ‘n ander tronk oorgeplaas buitekant Springs. Ek het Sondag ‘n week terug vir hom gaan kuier nadat ek baie gewik en geweeg het of ek moet of nie. Ek het regtig geskrik toe ek my kind sien. Hy is maerder as maer. Ek het vir hom een karton goedkoop sigarette en net die nodige toiletware gevat want ek weet dat wanneer hy nie dwelms in het nie, hy eintlik ‘n baie netjiese persoon is en hou daarvan om lekker te ruik. O ja, en ook ‘n foto van klein Zee.

Ek het hom mooi laat verstaan dat hy my nie elke week kan verwag nie en dat hy nie net kan bel en sê ek het dit of dat nodig nie. Hy moet nou die harde manier leer wat is reg en wat is verkeerd. Ek wou eers nie gaan kuier nie totdat manlief vir my gesê het dat dit dalk nou die tyd is om by hom te staan. Hy moet weet dat ons daar vir hom sal wees as hy sy straf uitgedien het en nie weer die dwelm pad sal stap nie. My mond het oop van verbasing geval omdat hy dan niks van hom wou weet nie.

Hy het my goed vertel wat my tot in my kleintoontjie geskok het. Al wat hy van my gevra het was dat as ek lus het, nie wanneer hy vra nie, of ek asseblief vir hom kan kom kuier. Ek glo dat die volgende maande baie hard vir hom gaan wees, maar ek kan net aanhou bid vir hom dat hy “gesond” daar uit sal stap en met ‘n nuwe lewe kan begin.

(C was die volgende dag vrygelaat.. hoe sy dit weer reggekry het sal net sy weet. Intussen was sy weer gearessteer en is verhoor afwagtend die einde van die maand. Hierdie keer was daar ‘n landdros wat gesien het dat sy nie op die straat kan wees nie, en geen borgtog is toegestaan nie. Ek hoop van harte dat sy ook tronkstraf sal kry want dit is die enigste manier om hierdie kinders van hulle boemelaar bestaan en dwelms te red, niks anders wou werk nie.)

Vir die eerste keer in MAANDE slaap ek en C se ma rustig, want ons weet dat ons kinders ‘n dak oor hulle koppe het (met ‘n kombers) en ook elke dag ‘n bord kos kry. Ons hoef nie meer te “worry” of hulle iewers dood lê van ‘n oordosis heroin nie.

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

40 thoughts on “My storie (6)

  1. Ai!

    Ek laat sak my kop in skaamte.

    Zee, jy is ‘n voorbeeld vir duisende ander

  2. Ek hoop hy besef wat hy in jou het as ‘n ma! Dis baie sleg, maar partykeer moet ‘n mens die absolute bodem tref om ‘n “wake-up call” te kry. Dis great dat julle besluit het om daar te wees, julle is regtig ‘n voorbeeld vir baie!
    Ek dink aan jou en bid vir jou!

  3. Zee, ek hoop dit die wake-up call wat hy nodig gehad het. Sterkte vir jou en jou familie in die tyd wat voorle^, ek kan my nie eers indink hoe moeilik dit moet wees nie.

  4. Ai Zee, dit moet baie swaar wees vir ‘n ouer en ek kan dink dat julle baie slapelose nagte agter die rug het. Ek hoop en bid dat jou kind en C eendag uit hierdie hel van verslawing sal loskom.

    Baie sterkte vir jou! (((Zee)))

  5. Dis hartverskeurend sad!! Dat ‘n ma en pa eers behoorlik kan slaap wanneer hulle kind ‘daardie’ dak oor sy kop het! My hart pyn fisies hier binne my! Ek weet ek kan niks doen of sê om dit beter te maak nie, maar as daar iets is – enigiets – you got my mail addy, girl! x

  6. Hi Zee,

    Jong, my traantjies sit vlak. ((((Drukkie)))) Hoe is die veiligheid daar met betrekking tot die insmokkel van dwelms? En is daar enige sorg vir ontrekking van die dwelms daar? Ek hoop jou kind word gesond.

    Die mannetjie hier wat so aangejaag het is glo skoon. Hy het glo sy lewe heeltemal omgedraai. Dwelm, rook en drink glad nie meer nie. Hy is nou in Angola, en die manne lag hom glo uit as hulle drink en hy sit droogbek, maar se hy, dis ok, hy is skoon. Hoop dit hou.

    Zee, dankie dat jy jou verhaal met ons deel. Ek gaan die post weer vir my vriendin stuur. Die een wie se seun haar ook probleme gee. Dalk leer sy iets uit jou verhaal. Sterkte weereens vriendin.

    Liefde groetetjies
    Sonneblom

  7. Ek sit hier en huil Zee, ek het groen koring op die lande. Ek kan nie sê dit gaan nie met my gebeur nie, want dit kan!!! Oi, dit maak my bang en ek weet nie hoe om hulle werklik daarteen te waarsku nie. Want jou kinders het ook dan die beste opvoeding gehad… Ek kan maar net bid en bid en bid. En ek kan vir jou ook net bid en jou verseker dat daar vreemdes daar buite is wat so baie aan jou dink. Sterkte

  8. Ai, sterkte vir jou (((Zee))). Ek het ook ‘n seun wat nog die lewe moet in. Mens kan maar net bid.

  9. (((Zee))) ek sê weereens sterkte. Dit is baie moeilike omstandighede vir ouers.Jy moet hard wees vir jou kind se redding, maar jy kan nie anders as om sag te raak nie, want dit is jou KIND.

    Ek voel dit in my water, dat dit nou goed sal gaan, ons moet almal positief wees oor die saak. Ons moet glo dat hy nou op die regte pad is. As mens positief is, trek mens positiewe dinge na jou toe aan.

    Ek sien jou seer en ek het hierdie twee van my gesê as julle net waag kyk na ‘n dwelm blaartjie ruk ek julle harte uit daai borskaste, die ding kan maar verder op die vloer lê en klop! Ek moet hulle bang maak, die lewe is wreed daarbuite.

    En soos ek gister vir jou gesê het, hulle maak jag op ons kinders, want hulle is greedy vir geld. In die tussen tyd mors hulle soveel lewens op. Hierdie dwelmhandelaars moet op die plein pakslae gegee word, goed geslaan word, dat die ander dit kan sien.
    Hulle gaan sit net so bietjie in die tronk (“as” hulle gevang word) en in die tussen tyd gaan hulle handlangers aan en verkoop die dwelms en Mnr word nog steeds skatryk terwyl hy in die tronk sit.
    Siek.

    (((Zee’tjie)))

  10. Sjoe – hartroerend! Sterkte. Dit is prysingswaardig hoe jy die positief hier kan uitbeeld met die verwysing na die “dak oor die kop”.

    My seun is so pas 1. ‘n Pad lê vir ons voor.

  11. Sonneblom, ek het die instansie gebel en hulle waarborg my dat daar nie dwelms is nie. Ek hoop maar net dit is so. Hulle gaan ook kyk of hulle hom nie na ‘n “rehab” tronk toe kan stuur waar hy die nodige sielkundige behandeling kan gee nie. Ja, ek lê nou maar op hulle nekke vir die behoud van my kind.

    Wippie, ja, ek kon nie anders as “sag” te raak nie. Imagine net as hy dit maak, en ek glo die Here het hier bietjie ge-intervine deur dat hulle altwee vir verskillende goed aangekeer is om hulle van mekaar te skei.

    Kaalvoetjie, ek dink ook hierdie was die “rock bottom” vir hulle altwee, ek kan myself nie voorstel wat hulle verder sou gedoen het nie, moord om net geld in die hande te kon kry.

    Emil, ja, dit was regtig ‘n baksteen om my nek om nie te weet waar my kind slaap nie, hy het partykeer in ‘n veld geslaap, in telefoon hokkies, amper so iets wat jy op TV sien. Dit het my hart gebreek om hom my huis te belet, maar ek kon net nie anders nie. Ek glo dat hy nou veilig is….

  12. Sjoe Zee dis verskriklik, voel jou seer saam met jou, maar die Hoër Hand het defnitief ‘ge-intervine”. Dis nie lekker nie, maar at least weet jy waar jou kind is al is dit hoe moeilik om hierdie dinge te verstaan. Hoop van harte dis sy wake-up call. Geen ouer het hierdie pyn nodig waardeur julle gaan nie. Wees sterk vir jou kind want hy het jou nou nodig al sal hy dit nie altyd erken nie. Ons bly maar ‘n ma. En bloed is dikker as water. Sterkte.

  13. Zee,

    Dit kan nie maklik wees nie, maar soos jy sê dis dalk beter, hopelik stap hy skoon daar uit en dalk kry hy so biekie ambisie om erens te kom in die lewe. Zee ek sal vir julle bid.

    Sterkte
    N

  14. Zee, baie baie sterkte vir jou en jou familie! Mag God julle omvou met Sy liefde en beskerming!!

  15. Jammer om te hoor! Baie, baie sterkte!

  16. Sterkte Zee! Miskien het hy ‘n keerpunt in sy lewe bereik deurdat hy besef het hy moet vra om dadelik gevonnis te word. Ek glo dit sal nou beter gaan.

  17. (((((((((ZEE)))))))))) Dis net genade dat ons is waar ons is. Sterkte vir julle en ek hoop regtig alles sal nou reg kom.

  18. Zee sterkte, dink aan jou. Ek verstaan wat jy bedoel dat jy vir eerste keer rustig is, maak vir my sin.

  19. Aai Zee! Ek kan my so in jou situasie indink en het soveel empatie met jou – die liefde, bekommernis, tough love, ens. Ons het 4 mondige kinders en vir Laatlam. Die bekommernis oor hulle hou nooit op nie – mens hoor baie stories van dinge wat van hul kennisse doen en kan maar net aanhou bid dat hulle nie daardeur beinvloed word nie. Ek weet nie op watter stadium ‘n ouer kan ophou kommer nie. My pa het ‘n probleem gehad met ‘n hoesstroop van kodiene bevat. Ek weet wat dit aan die mense na aan hom gedoen het. Hy was ‘n lieflike mens, maar die misbruik het sy lewe verwoes en op die ou einde vroeg na sy graf toe gestuur. Sy gees was altyd gewillig maar die vlees was swak. Ek is “bly” dat daar nou ‘n drastiese, verpligte wending in jul seun se lewe is – ons bid dat dit die “geleentheid” is wat hy nodig het om homself reg te ruk met die Heer se hulp. Dink aan julle!

  20. (((Zee))). Jy weet ek is altyd hier as jy wil gesels.

  21. Zee, eerste keer dat ek hier comment.
    My hart gaan uit na jou en jou hele gesin. Jou seun sal deur alles kom, glo dit, want hy is in baie se gebede.
    Jy is ‘n baie dapper mamma, ek haal my hoed af vir jou!
    Sterkte vir julle almal!

  22. Ou Zee. Jy hou alles ook maar stil en vir jouself. Mens sou nooit uit jou vorige, vrolike postings kon raai waardeur jy gaan nie. Jy is ‘n ystervrou.

    Ek dink ook dit was ‘n bestiering. ‘n Bitter pil om te sluk, sekerlik, maar hoe anders sou hy sy lewe kon omkeer? Nou het hy ‘n kans, en ek glo met julle ondersteuning sal hy dit kan doen. En glo my, julle gaan eendag nog trots wees op daardie kind.

  23. Ek wil nie met bakstene op jou seer hart kom loop nie, maar toe ek jou storie lees, het ek dadelik gedink: DIS hoe ons gebede beantwoord is. Want ek het gebid (doen nog steeds), maar ek het gewonder hoe die Here dit gaan regkry. (ongelowige Thomas wat ek is!)

  24. Janine, welkom hier!

    BiB, dankie.

    Boendoe, weet jy, ek het ‘n week voor dit gebeur het baie geworstel met ons Vader, ek het regtig gepleit dat hy asseblief nou moet intree en die kinders help. En ook, hoe nou anders as daar so baie ander is wat ons in hulle gebede opgedra het.

    Sonkind, dankie ek weet!

    Dankie aan al die ander ook vir julle mooi woorde, dit maak dit regtig vir my makliker om te weet dat daar mense daar buite is wat my nie eers ken nie, en omgee! DANKIE

  25. Ek wil nie jou bubble bars nie, maar daar is net soveel drugs in die tronke as buite.

    Nogtans hoop ek saam met jou dat d’n draaipunt in sy/hulle lewens sal wees!

    Sterkte!

  26. Krista, dankie. Ja ek besef dit en ek bid net dat hy nie iets in die hande sal kry nie, al manier is om geen geld vir hom te gee nie en net die basiese nodighede aan hom te gee. Hopelik ruil hy dit nie vir dwelms nie.

  27. Almal het al klaar alles gesê, Zee, maar ek wil ook net vir jou salueer. Dat jy so staande kan bly deur dit alles, wys hoe sterk ‘n ma se liefde eintlik is. Die feit dat jy dit alles deel, gaan erens iemand help wat in dieselfde bootjie is, of afstuur op so iets.

    Verder het ek nie woorde nie, weet net dat julle elke dag in my gebede is. Regtig. ((Zee en familie))

  28. Kan ook niks byvoeg nie. Baie sterkte aan julle almal!

  29. Ek het nie woorde nie! Jy is ‘n baie dapper ma!! Ek haal my hoed vir jou af! BAIE baie sterkte en ek bid dat Jesus vir jou nog meer krag sal gee! Jy moet nou juis van die owerhede se dienste gebruik maak, hulle probeer misbruik! bly op hulle nekke le, hulle is nou daar en moet hulle werk doen! Dit was juis dalk die uitkoms om hom te red van daardie nare dwelms! Onthou net, alles gebeur met ‘n doel, mens weet nie waarom nie…ek het eendag na ‘n preek geluister, ek was self in ‘n “situasie” en die Sondagoggend preek die dominee oor die lewe wat soos ‘n geborduurde tafeldoek is, voorkant, alles pragtig en netjies, patroon ens…agterkant, onafgewerk, deurmekaar en jy weet nie wat aangaan nie…moet my nie vra wat die Teks gedeelte was nie, weet net daardie dominee het vir MY gepreek daardie oggend…en nou vir jou, daardie “patroon” gaan nog in mekaar pas, al lyk dinge nou deurmekaar, uiteindelik gaan jy ‘n netjiese pragtige tafeldoek he met ‘n pragtige patroon om te bewonder…STERKTE!! en ‘n lekker drukkie!!

  30. Krista, ek het gisteraand ‘n slapeloose nag gehad om te probeer dink hoe ek kan sien of hy dwelms in die hande kry of nie. Die enigste oplossing wat ek kan aan dink is om ‘n dwelmtoets te vat wanneer ons gaan kuier. Die voordeel hier sal wees hy gaan nooit weet wanneer ons kom nie. As hy nie skoon is nie sal daar nie weer gekuier word nie en dan sal ek wel wil weet hoe hy dit in die hande gekry en en die owerheid daarvan bewus maak en dit probeer oplos. Dit is al plan wat ek nou kan sien op die oomblik. Dankie weereens dat jy my bewus gemaak het (miskien het ek dit diep binne myself geweet maar het net nie op die oomblik daaraan gedink nie).

    Nikita, ai, hoe wonderlik sal dit nie wees as ek die “pragtige tafeldoek” kan terug kry nie. Baie dankie vir jou woorde!

    Dellie, dankie ek weet!

    Maxi, dankie en welkom hier.

  31. Sjoe, dis erg. Sterkte vir jou.

  32. Hallo Zee, ai man, sterkte, ((((ZEE)))) ek weet dat die Here sy hand van beskerm oor hom sal hou, jy is ‘n ma duisend, ander mense sou lankal hulle rugte op hulle kind gedraai het, maar JY staan deur dik en dun by jou kind. sterkte vir jou en jou familie, die pad is lank maar daar is ‘n liggie aan die einde van die donker pad, hou moed glo en vertrou.

  33. Hi Zee,
    Jy’s ‘n wonderlike ma!! Ek hoop regtig hierdie gebeurtenis beteken ‘n “draai” in jou kind se lewe.
    Sterkte vir jou en jou familie.
    xx

  34. Sterkte! Dit is waar dat jou hart buite jou rondloop as jy kinders het.

  35. ek het baie deernis en empatie met jou Zee. Goeie vriende van ons het ook hul seun huis belet,26jr ou en al 6 jr op drugs, al seker 4 rehabs gehad….duisende rande. ek het ‘n suster gehad wat aan alkohol verslaaf was, en het ook nagte om wakker gelê en dink: waar is sy, het sy kos en skuiling. Dit maak mens oud voor jou tyd.
    Baie baie sterkte vir jou en familie…….hoop hierdie is die keerpunt in jou kind se lewe.

  36. Joe, ek begin maar nou eers hier rondblog, so eks bietjie agter die tyd. Maar wil net ook se sterkte! Ek het nou al jou stories gelees en bewonder jou vermoe om vol te hou met die tough love, sonder om jou moederhart te verhard. Phew, jys goed hoor. . . en jy verdien daai laptop!

  37. Suster,

    dis rof…

    al wat ek kan se (omdat ek nog te jonk en onervare in die lewe is om raad te gee) ek bid vir julle en die kinders.

    Ten minste kry Zee die liefdevolle huis wat hy verdien, dis vir my die belangrikste….

    Hou moed.

  38. Gewoonlik het ek baie woorde, maar nou is ek stomgeslaan! Geen ouer moet deurmaak wat julle deurgemaak het. Ek haal my hoed af vir julle. Mag julle nooit moed verloor nie en mag hierdie storie ‘n gelukkige einde hê.Julle is almal in ons gebede en ek glo dat as ‘n mens aanhou bid jou gebede verhoor word.
    Gee vir klein Zee ‘n stywe drukkie en soen
    Baie liefde van ons almal hier op Ficksburg

  39. Hallo Adrian,
    Dankie dat jy hier kom loer het! Baie drukkies en soentjie vir jou kleingoed ook hoor! Wanneer kom julle bietjie kuier? Wanneer is die kersie fees nou weer daar in Ficksburg se area?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s