Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

My 2 uitstaande tags!!

38 Kommentaar

Goed, ek weet dis nou bietjie laat, maar toe ek nou my huiswerk gaan doen het vanaand (dankie Pikkie ek moes na my tannie toe te ry om haar albums te gaan raid) en kom toe sommer op my matriek afskeid foto af!

Ek is eintlik baie trots op my “outfit” aangesien moeder dit vir my gemaak het. Daardie jare was die geldjies maar nog lekker skraps!

Matriek afskeid

En nou vir die fotos van toe ek klein was. Ek het gesoek en gevind.

Ek as ‘n baba

Ek as baba

Ek en my boeta

Ek en boeta

Sien julle, ek het ook ‘n bicycle gehad

Ek en my bicycle

Ai, die moes seker baie lekker gewees het!

Daarsy, huiswerk gedoen!

Dan dink ek TristonJ, Dellie, en Boendoe moet maar ook uithaal en wys

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

38 thoughts on “My 2 uitstaande tags!!

  1. hey

    ek het mos gese ek gaan kom loer…mooi foudies. dit laat mens so terug dink aan daai dae……..

  2. Sexy! Kyk net daai slit!

    Die baba foto’s is vreeslik oulik, jy en jou boetie lyk na double trouble…

  3. Mmmmm jy kom uit ‘n goeie oesjaar.
    Ag Zee jy was ‘n oulike ou dingetjie. Ek het ook so “scooter” gehad, mens daardie goed het lekker gespeel, veral op ‘n afdraande.
    Jy mag maar trots wees op jou “outfit”, dit was hoogs mode in ons dae, en ons kan dit vandag nog dra, My rok het ook so slit ingehad, maar aan die anderkant van die foto wat ek geplaas het. As jy daardie jare nie ‘n slit ingehad het het nie, sorry dan was jy “so laasjaar” en heeltemal uit die mode.

  4. Wippie dankie, het jy die sandale gesien, ek onthou ek het omtrent geshop vir dit!

    Netjane, ons spot hoeka dat ons ‘n tweeling is, lyk op ‘n druppel na mekaar en het mense lekker op hol gejaag😆

    WnB😉

  5. Ai hoe verlang ek nou na die dae toe almal nog in die huis was. Ek het nooit geweet die fotos bestaan nog nie. Wat ‘n surprise.

  6. Zee dis die eerst ding wat ek opgemerk het, die fyn sandaaltjies….

    A3 ek het nou pas eers op my blog uitgevind jy is Zee se sussie. Ek is ook altyd agter die tyd…. the story of my life…. dan slaan ek my naam met ‘n plank! 😦

  7. Nee Wip – ek het vir jou verkeerde karakterlys vir Days gegee. Dis die Ma, nie die sussie nie. Kom ons sê maar sy lyk so jonk sy kon net sowel die sussie gewees het…

  8. NJanie ek het klaar my naam met ‘n plank geslaan whaahaahaa ek wil my vrek lag…… Ons twee is heeltemal mal saam…. 😆 😆

  9. Ja Wip, ek’s ook pap gelag hier. Liefie dink ek’s nou heeltemal mal!

  10. Jy vat die koek vir die beste matriekfoto-pose!!! Lekker…skoene die works. Ek smaak dit!

  11. Dis nou wat ek noem huiswerk met onderskeiding. Dankie Zee, dit lyk pragtig… Sexy klere, pragtige baba, en ek het ook so ‘n scooter gehad, ‘n rooie!!!!!!!! Ek en my boetie het dae lank vuisgeslaan oor wie ry eerste!!! 😆

  12. Pikkie, dankie! *buig*

    Rosie, jy gaan dit nou nie glo nie, gister toe ek so deur die foto’s gaan en ek sien myself pose op omtrent elke foto…. op party het ek my gesig lekker getrek maar daardie tyd moes ek seker gedink het, hier kom ‘n model.

    *Zee maak nota, moet nooit weer so pose nie*

  13. Baba Zee en kleuter Zee is pragtig.

    Matriek Zee ook.

  14. Wip, dis nou regtig ‘n kompliment maar ek is regtig die ma. As jy die gryshare sien weet jy hoekom bly ek in ‘n aftreeoord. Dis die tweetjies op die foto se skuld.

    NJ watse karakterlys praat jy van. Sal darem laaik om dit te sien! Snaaks hoe mens altyd iemand in jou gedagtes voorstel en as jy hulle in persoon ontmoet is dit heeltemal die teenoorgestelde.

  15. Pragtige fotos. Ek hou van jou glimlag!

  16. Jy was ‘n pragtige baba. Daai matriek afskeid rok lyk heel netjies hoor!!

  17. Paula, jinne ek sukkel om daar by jou te comment vandag, sal weer bietjie later probeer.

    Meermin, dankie!

  18. Zee met so slit, het hulle jou nie onder kerkelike sensuur geplaas nie? Dit was darem gewaagd in daardie dae.
    Daai vingertjie in die foto van jou en die fiets spreek boek dele.

  19. Hi!

    Mooi foto’s. Jy “kommunikeer” mooi met die kamera.

    Toe ek kind was, het my ma baie van my klere gemaak en al wat ek wou hê, was winkelklere. Nou mis ek my ma en dra ek alles wat sy gemaak het op.

    Sy het gereeld op naaldwerkkompetisies gewen en het later jare matriek- en trourokke gemaak – trouens, die meisies het vuisgeslaan oor tannie Louise want sy het nie ‘n skewe stekie laat verbybaan nie.

    Ek sou darem nou waardeer het as sy vir my ‘n baadjie of twee kon maak vir die nuwe werk….

  20. Zee. *sug* Moet ek reeeeerig??

    Jy het baie goed gelyk met jou matriekafskeid. Mens sou nie dink dit dateer uit die jare toet nie! Handige moeder wat jy het!

  21. A3 ja ek kan sommer op die foto’s sien hulle het jou grys hare besorg😉

    Boendoe, jy moet regtig die ding doen, ons wag opgewonde…

  22. Dis gin wonder Zee is so pragtig nie. Dit loop dik in die gene.

  23. Ag genadekie tog, hier kom ek ook op my kniegies nader gekruip en vang nou eers soos ‘n blond die stert van die storie. 😳 Ek lees by Wip van A3 en Zee maar snap nie, ek lees hier van A3 en Zee maar snap nog steeds nie, en toe ek nou vir die derde keer lees toe kom ek eers agter A3 is Zeethan se Ouma! 😳 /me gaan nou in die naaste boom klim en daar bly tot die brein weer normaal funksioneer….

  24. Ag toemaar Pikkie, agteros kom ook in die kraal

  25. Wow, maar jy was sexy in daai matriekafskeidsrok🙂

    En ek hou van daai pasop-vingertjie van jou by jou fietsie😆

  26. Pikkie, kom ek stel dit nou so…. A3 is eintlik die ouma grootjie en ekke die ouma😆

    Ag dankie julle dat julle dink ek was so pragtige baba😉

  27. Ag Zeetjie, nou het jy vir Pikkie regtig deurmekaar. Jy sal moet ‘n wyntjie skink om almal weer op die regte golflengte te kry

  28. Pikkie dis die oulikste rooi gesiggies wat jy daar het. Ek is mal oor dit. En Sonkind en Zee s’n lag! Zee, kom wys my tog hoe sodat ek bietjie meer rekenaargeletterd kan lyk

  29. Sexy matriekafskeid foto! A3 jy kan trots wees op jou handewerk!

    Pragtige fototjie van jy en jou boeta en ek kan sommer aan daai ondeunde gesiggies sien julle tweetjies moes vir moeder goed besig gehou het! 😉

  30. Cute. ‘n Gewaagde slip vir matriek?

  31. Ai Emil, dit was die mode daardie tyd! *bloos*

  32. Ok ek het ‘n hele nag lank hieraan gewerk. Correct me if I’m Wrong….
    A3, is Zee se mamma, dus Ouma Groot (terloops A3 : oops : 😳 vir daai rooi gatseggie.)
    Zee is A3 se kind dus is sy Zeethan se ouma en andereen se skoonma.
    Zeethan is andereen se kind en Zee is sy ouma en A3 is sy ouma-groot…
    Verstaan ek nou???

  33. Pikkie, jy het dit nou lyk dit vir my!😆

    Soos volg…. Zeethan, Zee se seun, Zee, A3
    Ek is Zeethan se ouma en A3 sy Ouma Groot

    Ek weet nou net nie waar die skoonma storie inkom nie. Is A3 nou Liefie se skoonma? LmGa

  34. Eish, ek voel ook nou so effens verward…:mrgreen:

    Jy het ‘n baie vriendelik glimlaggie oral, Zee, en ek sien nou net jou gravatar het amper dieselfde pose as jou matriekfoto! Netjiese skoene, btw!😆

    Ek sal my huiswerk Maandag inhandig.😉

  35. Pingback: Tag - Mini Dellie « Dellie se Dinge

  36. Zee’tjie, hang maar net bietjie aan ‘n tak! Myne kom, moenie bekommer nie, hoor!

  37. Ons wag in spanning Boendoe! Hoop jy voel al bietjie beter.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s