Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Nutsman – hier is jou helper!

26 Kommentaar

Jaco van Wosonki het nou die dag vir ons gewys hoe dit gedoen word om ‘n afdak te bou. Ek het gesien daar was so ‘n bietjie gesukkel en het nou maar net gewonder of hierdie helpertjie volgende keer kan kom help.

Soos julle kan sien, weet hy van leer klim.

Die mannetjie weet even hoe verskillende tools lyk..

Dan die compressor, kyk hy weet waar om hom aan en af te sit!

DIe handdoeke word goed gebruik in ons huishouding.

Daarsy Jaco, skreeu as jy hulp nodig het!

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

26 thoughts on “Nutsman – hier is jou helper!

  1. zee,
    hy is die mooiste ding!!! kan enige dag vir my kom help!!!

  2. Hierdie mannetjie kan enige dag hier kom handjie bysit. Ek weet nou nie hoeveel ons gaan werk nie, ons gaan heeldag sit en speel. 😉 Zee hy word nou so oulik! 😀

  3. Ek het in my lewe nog nooit ‘n werksplek so netjies gesien nie. Ek is seker Zeethan het dit self so netjies gepak. Was hy dalk skottelgoed ook?

  4. Ek het nou vir Liefie geroep om na die fotos van die netjiese werksplek te kyk. Sy antwoord: “you must help me sort it out”. Lyk my ek is alweer die busty/trusty assistant!

  5. Ai Zee, stuur hom bietjie oor, ek is seker hy en my kinders het gemeenskaplike voorvaders…. 😆
    Hy is die mooiste seuntjie, eintlik te mooi om ‘n seuntjie te wees!!!

  6. Te cute vir woorde!

  7. Hy kan by my ook kom help, maar ek waarborg nie ek gaan hom terugstuur nie!😆

  8. Jip, dis wat ek ook wil weet….darie netjiese werksplek. Wie sit daaragter? As dit Zeethan is, wil ekke nie wag vir Juniemaand se kuier nie, bring!! Die bedkassies van my kort so paar skroewe en `n nuwe lagie verf. Ek hoop hy weet hoe om die compressor oppi lorrie te laai?
    O, ja ek betaal met koue pizza`s en `n blikkie coke.

  9. Goeie hulp is baie skaars en altyd welkom. Maar ek kan ook nie waarborg dat jy hom gaan terugkry nie.😆

  10. Me steek vir Zeethan ver weg………………………………….

    Oor die werksplekkie, my man is so ‘n “perfeksionis” – amper so iets soos daar by Wipneus. Alles het n plekkie, tot gemerk op die bord net vir ingeval dit wegraak. As iemand iets leen word dit neergeskryf. Nou ja, hy amper net so erg in die huis soos in die werkspelkkie!!!

  11. Goeiste!!!😯 al daardie skroewedraaiers??!! Ek besit ‘n hele 2! een platte en een stêr😆

  12. Pragtige seuntjie, pragtige foto’s!

  13. Ag, Zee, hy is regtig ‘n mooi dingetjie! (Ek het soooo gesukkel oor die naweek om hier by jou in te kom. Gelukkig, aanhouer wen!)

  14. Ek dink dit is waarom ek nie prakties is nie – ek het nie jonk begin nie.

  15. Stuur hom gerus oor, hier is ‘n paar takies hier by my huis wat aandag kort. Stuur sommer daardie netjiese gereedskapmuur saam. Dit laat my dink, net dalk moet ek daardie werkskamer van my bietjie gaan uitsorteer….. nee maggies, dis te koud. Kom ons wag eerder vir die somer

  16. Vaderland! Ek wens manlief se garage het so netjies gelyk!
    Die kleinding is pragtig!

  17. Ag moeder ma. Sê vir hom antie Roer maak lekker pannekoek en sal hom propvol voer as hy kom help. Oops… het vergeet julle is so bietjie ver. Jou man se tools is netjies gepak. Baie mooi.

  18. Shame hy word te vinnig groot!!! btw ek dink nie ek het al ooit so n nekiese garage in my lewe gesien nie!!😯

  19. Te pragtig! Die Nutsman op TV beter in sy spoor trap, die volgende generasie is hier!😆

    En kyk, daai netjiese werksplek – ek moet dit eenvoudig vanaand vir Liefie wys!😉

  20. Pingback: GG - Uitgawe 5 « Gert Gariep

  21. heliotrope says : I absolutely agree with this !

  22. ZZZZZZEEEEEEE’tjie, jy het huiswerk….. 👿

  23. Rossetti says : I absolutely agree with this !

  24. Boys and their toys, will we ever grow up?

  25. Ah my word. The cutest little boy IV ever seen. It makes me really proud to be related to him. It look like you’ve done an amazing job of raising him.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s