Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Die treffer in die jaar toe ek die lig gesien het

18 Kommentaar

Dellie het my getag om ‘n treffer te gee in die jaar toe ek gebore is.

Ek het nogal gesoek om iets te kry wat ek darem ken.  Ek kom toe op hierdie ene af.  (O, en ek ken nog nie van You Tube nie so ek gaan maar probeer….) 

Hier is die link as die video nie wil werk nie.

http://www.youtube.com/watch?v=IGSZu1bVRHs

 

NAT ‘KING’ COLE – RAMBLIN’ ROSE
(trad; bew: J. Sherman; N. Sherman)
Capitol F 4804

Ramblin’ rose, ramblin’ rose
Why you ramble, no one knows
Wild and wind-blown, that’s how you’ve grown
Who can cling to a ramblin’ rose?

Ramble on, ramble on
When your ramblin’ days are gone
Who will love you with a love true
When your ramblin’ days are goneh?

Ramblin’ rose, ramblin’ rose
Why I want you, heaven knows
Though I love you with a love true
Who can cling to a ramblin’ rose?

One more time everybody now!

Ramblin’ rose, ramblin’ rose
Why I want you, heaven knows
Though I love you with a love true
Who can cling to a ramblin’ rose?

So, ek dink nie PlatterFuss, BB het nou al vir ons gewys nie, so dames, gaan soek so bietjie na julle treffer!

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

18 thoughts on “Die treffer in die jaar toe ek die lig gesien het

  1. Sal by die link gaan luister. Ek weet nie wat dit deesdae is met WP en Youtube videos nie. Soms werk dit, en soms nie.

    Dankie vir die “huiswerk”, hoop dit gaan darem al beter met julle tweetjies?

  2. Jy let nie op ini klas nie Zee!!😉 Ek het lankal myne geplaas – tot die friggin jaartal neergepen! (die meeste ander bloggers laat my nou weer google om die treffer en die betrokke jaar op te spoor) – ook maar girls ook maar ‘vain’. Vra my eerder my ouderdom as my gewig😆

  3. Treffer!!!

    jy is ook getag om jou Miss SA van jou geboorte jaar te gee

  4. BB, sorry was bietjie siek, en dis baie moeilik om in te haal in die klas……… maar ekke gaan nou kyk😆

    Dellie, dankie, ons voel beter behalwe nou vir die “bubbles” soos Pikkie sal sê!

    Neykie, ek het dit sommer daar by Meermin gelos. Jinne, ek moet nog my matriek afskeid ook doen. /me maak nota…. geen slaap vannaand nie!

  5. Ramblin’ rose is ook een van my gunstelinge!
    Laat ‘n mens vêr terugdink🙂

  6. Ek het darem al van Nat King Cole gehoor. Dink ek.

    Nice lied.

  7. Nat King Wie? Maar ELizabeth is nou al vir meer as 50 jaar Queen. Koes en verdwyn soos mis voor die son…..

  8. Zee, sjoe. Daar was ‘n tyd wat ek gedink ek’s die oudste …. Hier’s myne ook: http://emiljung.co.za/?p=303

    Die video’s wil nie aldag saamwerk nie – verstaan nie hoekom nie. Goeie idee om die link saam te post!

  9. Emil, welkom hierso by my! Maar wat sê jy nou…. ekke oud!

    Demoerin, ek gaan jou kom soek hoor😆

  10. Geen wonder ek is altyd so slingerend nie, my ma het natuurlik te veel na rambling rose geluister 😆

  11. Die naaste wat ek innie hande kon kry…Springbok `73 Hit Parade…ou finyl plaat van `n jaar voor ekke die lig gesien het. Songs: Heaven is my womans love; My daddy was a rock a roll man; Come back Lisa; Going down Jordan; Waikiki man; Angie; Dan the banjo man; Smoke on the water.

    Was nog te klein om als te luister, maar onthou wel Heavan is my womans love!

    Nou? Is ekke nog jonk?

  12. Lyanda’tjie, jy sal vir my moet tannie sê😆

  13. Mooi song!! Laat my ver terug dink!! Lekka naweek!

  14. Skuus Tannie!

  15. Carolina, lekker om jou weer hier te sien, hoe gaan dit met jou kinders daar in die vreemde? Kleinding al hierso?

  16. Hi Zee,
    Gaan goed met kinders! Dogter nou 12 weke swanger! Haar datum is 30 November. Op 20 weke sal sy die geslag kan sien! Sy wil so graag ‘n dogtertjie hê. (Seker omdat sy alleen tussen 3 boeties moes groot word en altyd so graag ‘n sussie wou hê?) Aan my maak dit glad nie saak! Dogtertjie of seuntjie ewe welkom!! Ek luv babas!! Ek hoop om so einde Augustus te gaan kuier. Ouma moet gaan help babakamer reg maak en ooievaarstee rëel!Groete. Drukkie vir klien Zee. Lekka naweek!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s