Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Ek is nog hier!

21 Kommentaar

Wipneus het nou die dag geskryf oor internet verslawing.  Ek het besef ek is presies soos hierdie tannie hier onder.  Ek is op die oomblik net baie besig, die griep het my lekker in sy greep en Zeethan sny al weer tande, ek het net nie genoeg tyd om alles te doen wat ek wil nie.   Maar weet verseker, ek lees getrou elke dag my “favourites”

 

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

21 thoughts on “Ek is nog hier!

  1. Ek is bly jy is darem nog met ons. Dis ‘n mooi prentjie vir ons toestand😉 Hoop jy en Zeethan voel gou beter.

  2. Ag shame Zee, gaan kyk bietjie na die rate daar by my toe ek so siek, siek, siek was. Moet sê, die Vicks onder die voete het wondere verrig.

    Hoop jy voel gou beter, en dat die tanne vinnige hulle verskyning maak! ((Zee))

  3. Hoop jy voel gou beter en kom reg met alles wat jy moet doen!

  4. Dankie tog…. al issit ook nou in stilte!!!

    ((((Zee))))

  5. Sterkte daar!

  6. Oggie toggie!!! Poppedyn sny ook ALWEER tande, dis nou al nommer bleddie 10!!! En boonop het altwee verkoue. Ag sterkte Zee, dink aan jou…

  7. 😆

    Eks bly jy is nog met ons. Sterkte met Zeethan

  8. Zee

    Ek sal namens jou slaap.

  9. Adrie, hoe laat is jy by my huis? Ek is seker my lyf het die beloofde slapies nodig!

  10. Adrie, 6uur is piekfyn….. jy sal die aandete ook moet doen!

  11. Zee

    Dit is okay? Waarvoor is jy lus? Woolies, KFC, Nando’s, Romans, Pizza, Spur, Wimpy, Steers, ens?

    Ek kook nie.

  12. (((Zee)))

  13. Tandekry en magie en brandboude loop mos so hand-aan-hand as ek reg onthou😉 – STERKTE skat!!x
    (Ek soek ook i Adrie-maaikie!!!😦 ):mrgreen:

  14. Bly jy’s nog oraait🙂 Sterkte

  15. Ek hoop dit gaan sommer gou beter met jou.
    Sterkte!

  16. Hi Zee, sterkte, hierdie kant het die liewe sinus ook weer sy kop uigesteek.
    Kan jy my asb e-mail, hier is ‘n ma by die werk wat inligting oor drugs nodig het. Sy vermoed haar kind gebruik extacy(?). Dankie

  17. Die wonderlike dinge dinge wat Winter ons gee: verkoue en griep sodat ons gedwing word om stadiger te gaan en na die liggaam te luister. En verslawing aan die net? In Amerika is daar 1 dag per jaar wat hulle opsy skuif vir Surf-adiction! Myne lyk darem noggie so nie! Kan 2 aande per week opsy sit sonder tv offie pc.
    But….I just love my mouse and all my other Internet pets!
    Wie van julle het nou al gehoor van die Gojji bessies? Effens duur, maar vat kinders veral deur die Winter sonder dat hul immuunstelsel `n knak kry. Stroop vir kinders en pille of gedroogde bessies vir volwassenes. 400% sterker anti oksidante as groentee, druiwe en pruimedante en nog kankerwerend ook. Kry myne oppi oomblik by `n chinese dr. Smaak goed.

  18. Lyanda, gee bietjie telefoon nommer vir die muti, sal nou enige iets probeer!

  19. Zee
    Google jou naaste gesondheids shop. Dis oral verkrygbaar. As jy nie regkom nie, kan ek volgende Dinsdag vir jou kry en dit tot in Benoni kry?
    Pleez help gou, hieso is mense wat wil kom loer en wil weet of mens `n password norag het? Hulle sikkil glo. Ek heddie link deurgemail.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s