Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Trappe na die kelder

11 Kommentaar

Hierso is Lyanda se nuutste gedig. Dis gebore toe sy in die Spur gewag het vir haar kos….1 hele damn uur lank! Sy sien toe die bottels wyn en al wat rym is pyn, maar honderde mense het wyn en pyn al gehoor. Toe raak die tema trappe na die kelder! Nie haar eie pyn nie! Dalk net `n bleddie honger maag! Ek dink dit is stunning Lyanda!

Trappe na die kelder

As ek afstap na die kelder
vol gedagtes saam met my
seer onthou aan jou so helder
wat ek nou uit my wil kry.

Ek draai die vrugte van ons saamwees
dit word `n Pinotage
dat ek altyd meer daarin wou lees
wie was dronk en wie die dwaas?

Geluk van ewig en vir altyd
en ons glase bo oor vol
van wyn, al wat oorbly selfverwyt
en kyk…my trane maak `n kol…

Koor:
Al meer bottles raak nou leër
Al meer pyn wat vervaag
Al hoe meer wil ek jou vergewe
want wyn maak my hart sag.

Gedagtes wat al minder krap
die lewe gaan weer met my aan
ek staan hier op die boonste trap
die laaste wyn, die laaste traan.

My glas in jou hande saam
dat ek daaruit versadig raak
illulsies wat my nou ontgaan
ek wou dit ken, ek wou nog saam.

Koor: Al meer bottles raak…..

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

11 thoughts on “Trappe na die kelder

  1. Maar die gewag by Spur laat mooi dinge gebeur!
    Baie mooi!

  2. Oor 5 jaar leer die kinders nie meer AG visser nie, maar Zee se scribles

  3. Is daar ‘n wysie vir die gedig. Moet wees want daar is dan ‘n koor! Dit voel soos iets wat mens moet sing.

    Love u

  4. A3, sy het hoeka gesê dit kan haaar eerste liriek wees, miskien kry ek iemand om dit in ‘n liedjie om te sit!😉

  5. Aag, julle wil my net skaam maak…
    Volgende keer vat ek julle saam Spur toe, dan kyk ons wat gaan JULLE doen! Die eerllike waarheid: dit was 1 uur en 15min! Wat help dit mens raak kwaad as jy weet daar`s `n beter uitweg?

    Dankie Zee
    Weet nou nettie of ek jou sal moet begin betaal vir al die blootstelling nie? Van nou af is jy dan my verse-agent!

  6. Mooi so Lyanda, ek weet van ‘n hele paar plekke waar jy ook vir jou kos moet wag. As jy weer die kreatiwiteit voel bruis laat my weet dat ek jou in die rigting van die regte restaurant kan draai. Zee – verse-agent, jy bly maar baie, baie special!!!! 😉

  7. Pikkelik, no ways! Ek het hierdie 248 gedigte wat gelyk in my kop draai…nou, op hierdie oomblik! Ek moet skarrel of koes vir al die woorde! Ek eet liewer by die huis…miskien gaan ek dan tyd kry en skryf so 3 van die goed klaar!

    Jip! Zee is x-tra special! Sal maar moet begin spaar en betaal?

  8. Die gedig is gorgeous!
    Ek like!

  9. Dankie Zee – dat jy Lyanda se digkuns met ons deel. Jislaaik Leanda, dis nou ‘n wonderlike gawe wat jy het om morstyd in sulke mooi kreatiewiteit te omskep. Mag die woorde voortspoel….. van trap tot trap.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s