Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

My storie (5)

31 Kommentaar

3 April 08

Laptop gesteel

4 April 08

Gee saak aan by polisie

6 April 08

Gee bevel dat saak moet aangaan aangesien die kinders my nog glad nie gekontak het nie.

8 April 08

Kry skielik ‘n oproep van seun af, (hulle toe gehoor ek het ‘n saak gaan maak) hulle het R480 maar kort nog R280 om laptop terug te koop van die Nigerians af. Jammer ek kan hulle nie help nie. Later die middag kry ek ‘n oproep van Pieter af (onthou ek het julle van hom vertel, hy het seun voorheen gehelp) om te sê die kinders het hom gekontak en gevra of hy hulle kan help. Hulle is toe na die Nigerian toe maar die wou nou R1200 hê om die laptop terug te gee. (o, die geld wat hulle toe het was nie waar nie, dit was seker om my te probeer sag maak) Pieter wou toe by my hoor wat wil ek doen en besluit toe maar om die geld te betaal, at least kry ek al my kosbare inligting terug. Ek het ook gesê dat hy eers moet kyk of al my inligting nog op is voor hy die geld gee. Hy gaan trek toe die geld en hulle gaan terug na die Nigerian toe. Mmmm, hy het sy mind gechange want hy dink Pieter is van die polisie. Hy soek R300 en dan kan hy terug kom Woensdag dan weet hy ons is ernstig.

9 April 08

Pieter tel die kinders op en hulle ry terug Hillbrow toe om die res van die geld te gee. Die Nigerian weier om die geld by hom te vat en sê my seun moet die geld bring dan sal hy die laptop vir hom gee. Pieter het toe ‘n groot kans gevat om dit te doen maar besluit toe maar dis die enigste manier wat ons die laptop sal terug kry.

Na so 5 minute besluit C dat sy nou wil rook en vra vir Pieter vir R1 om ‘n sigaret te gaan koop. Hy het haar dopgehou toe sy uit die kar klim maar skielik verdwyn sy net. Hy bel my toe na 1h30min en vertel my dat die kinders weg is en dat hy met die Nigerian gepraat het en gevra het waar is die laptop. Hy sê toe dat hulle daar was maar dat hulle drugs gekoop het met die geld. Ai, nou nog R1200 armer en die kinders weg met die geld. Hulle het natuurlik Dinsdagaand afgespreek dat hulle met die geld gaan hol.

12 April 08

Kry ‘n oproep van die drug squad af dat hulle die kinders gekry het en dat hulle toegesluit is en dat hulle Maandag getransfer sal word na die betrokke polisiestasie toe.

14 April 08

Kinders word na die polisiestasie waar die saak aangemeld is vervoer. Ek gaan maak ‘n verdere saak oop by die inspekteur vir die R1200 wat nou bygevoeg moet word.

15 April 08

Kinders word hof toe gevat. Daar beken C dat sy die laptop gesteel het (sy het van iewers af ‘n prok in die hande gekry) en die hof laat seun vry. Ek baklei vreeslik want wat van die R1200 saak wat ek gemaak het. Sorry, hulle het dit nie raakgesien nie en in any case het C mos confess dat dit sy was. Sy word terug tronk toe gestuur. Ek praat met die senior staatsaanklaer en hulle stem toe dat altwee verhoor moet word want die deeler is net so goed soos die steeler. Hulle issue ‘n vorm uit dat hy in die hof moet verskyn op die 5de Mei.

22 April 08

C gaan hof toe en kry ‘n R8000 boete of 6 maande tronkstraf opgeskort vir 5 jaar en word rehab toe gestuur na al die papierwerk gedoen is by die Maatskaplike werker op die 5 Mei. C se ma het in die hof gesê dat hulle kan haar nie vrylaat nie en moet haar asseblief in die tronk hou. Die landdros sê toe sy is mooi groot en sy weet dat sy nie mag dwelms gebruik nie. As sy nie die 5de Mei by die MW is nie word sy toegesluit. Hulle het C se ma amper toegesluit omdat sy konsuis ongeskik was met die landdros. Ai, ek is bly ek was nie daar nie anders het ek hierdie seker uit die tronk geskryf.

24 April 08

Die inspekteur bel my en sê dat die docket nou heeltemal afgehandel is en dat daar geen instruksies is vir seun om in die hof te verskyn nie. Die saak van die R1200 moet aangemeld word in Hillbrow omdat hulle die geld daar gekry het.

Ek gee moed op met onse regstelsel. So bottom line, die kinders is terug op die straat en gebruik weer dwelms. Ek staan sterk om geen kontak met hulle te hê nie. Hulle probeer maar sê net ek stel nie belang in wat hulle te sê het nie.

Die assuransie trek toe sommer R2578.26 van my claim af, Basic excess R500.00, Less additional excess (no forcible entry) R578.26 en Compulsory excess van R1500. Bottom line, ek kry nie veel uit nie en het toe maar besluit dat ek my ander laptop sal upgrade wat my so R3000 sal kos.

Intussen het ek seker 4kg opgetel van al die stress, Zeethan was baie siek en ek het laas week eers 1uur in die middag begin werk om na hom in die oggend te kyk, manlief het dan die middagskof oorgevat. Ek het nou mannetjie se griep oorgevat en is ook nou olik maar word darem beter. Zeethan is nog nie heeltemal gesond nie maar is darem baie beter.

Daarsy, my gal is gebraak vir die dag.

Het julle baie gemis hoor!

Ps, verskoon al die engels tussen in vandag, dis hoe my brein die laaste paar dae dink, so deurmekaar.

Pss, ek het darem ‘n paar foto’s terug gekry, moeder het disks gehad wat ek op ‘n stadium vir haar gegee het tot so Junie laas jaar maar die res is verlore.

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

31 thoughts on “My storie (5)

  1. dankie, nou het ek ook opgevang. ai zee, voorspoed vorentoe. plaas nou die hele hoofstuk in die verlede en kyk net vorentoe.

  2. Gedog ons hoor nooit weer van jou….

    Sterkte jongie

  3. Ek het nie woorde nie. Jy het beslis meer geduld as ek.

  4. Ai Zee, ek moet sê, na ek alles gelees het, stem ek nogal saam met Adrie. Jy het wraggies meer geduld as ek ook. Dis vreeslik. Sterkte vorentoe. Hoop jou griep verdwyn ook vinnig. Slaan ‘n lekker sopie gemmer-brandewyn af.
    Waar soek ek vir Gypsey girl? Ek wil graag my sel nr vir ha stuur. Of as jy wil, kan jy vir my mail stuur, dan stuur ek my nr vir jou om vir ha te gee, as jy nie omgee nie.

    Ek sal later weer hier kom loer.

  5. (((Zee))),
    Ek is stom!!! So jammer vir jou!!! Sterkte!!!

  6. Hoekom is dit altyd die mense naaste aan jou wat die meeste skade maak?

    Sterkte vir julle.

  7. Jaco

    Die mense wat nie naby jou is nie, het nie die mag om jou seer te maak nie. Liefde gee hulle daardie wapen. ‘n Mens wil hulle ook baie graag vertrou.

  8. Ai toggie. ((Zee)) En ons het jou meer gemis!

  9. Zee eerste, baie welkom terug, ons het na jou verlang!

    Ek weet nie eindelik wat om te sê nie, dis hartseer!!

    Sterkte is so klein woord vir hierdie omstandighede.

    Hoop jy voel gou beter!

    (((Zee)))

  10. (((((Zee))))))
    Dis so jammer dat die kinders van jou net nie wil luister nie. Jy moet ‘n hengse sterk mens wees. Ek het nie eers ‘n druppel van jou stres nie, en ek wil elke dag opgee. Sterkte jongie. Ek hoop en bid dat hul ogies betyds sal oopgaan.

    Groetetjies
    Sonneblom

  11. (((Zee)))
    Sterkte.
    Jy is in my gebede.
    Grootneus🙂

  12. Damn! (((((((Z, Zeethan&manlief))))))

  13. Sjoe, dit klink asof jy deur hel is die laaste ruk Zee!😐
    Ek hoop dat dit van hier af net beter sal gaan…

  14. Zee, jy weet ek dink aan jou en ek bid, al lyk dit wragtig nie asof die gebede verhoor word nie, maar nou ja, ons wil is nie altyd Sy wil nie. Dit het ek ook al op die harde manier geleer.

    Sterk staan, Zee, sterk staan. Al is dit bitter swaar.

  15. Terwyl ek hier lees, dink ek wat sou ek gedoen het… en ek besef jy’s reg. Wat ANDERS kan ‘n mens doen. Dit moet BAIE moeilik wees. Dis immers jou kind. Ek dink aan julle. Mag daar vinnig ‘n antwoord op gebed kom voor dit te laat is. (((Zee3)))

  16. Aai Zee, my hart bloei vir jou. Dis reg dat julle nou teen die twee opstaan. Hulle moet die gevolge van hulle dade self dra, wat dit ookal is – dit is hulle eie besluit om dwels te gebruik. Ek kan my net indink wat in jou binneste omgaan. Baie sterkte ounooi, weet nie wat ek sou gedoen het as ek in jou skoene was nie. Sterkte ook met die griep – laat mens mos ook nog meer depresief voel. Gelukkig het julle vir klein Zeethan – kleingoed het die manier om die ander goed beter te maak. Geniet hom – bly jy het darem ‘n paar fotos terug.

  17. ((((((((((((((((((((((ZEE)))))))))))))))))))

    Jy weet waar om my te kry!!! Net bly jy’s ‘terug’!!!! luv you lots!

  18. Is daar enigiets wat antie BB vir jou kan doen?? Laat weet tog asseblief, ok?! xx

  19. Tannie BB, net dat julle almal my so hier ondersteun vat regtig ‘n groot stuk van die seer weg. Ek moet maar net aangaan en soos Krista nou die dag gesê het klein Zee het ons nou meer nodig!

    Dankie almal vir julle mooi woorde!!!!!

  20. Zee dis so lekker om jou terug te hê 🙂

  21. Ek moes net vinnig uit my selfopgelegde ballingskap kom om te hoor hoe dit gaan. ‘Skies vir al die pyn Zee. ((((((Zee)))))

  22. Zee, jy hardloop so baie deur my gebede en gedagtes. Ek hoop dinge werk vir jou uit. Baie Sterkte.

  23. Hierdie comment relate na hierdie post, so ek sit hom maar hierso!

    26. Elsie Hullyer – April 25, 2008[Edit]
    Hi Zee,
    ek neem jou nie kwalik dat jy so hulpeloos en kwaad voel nie. Jou kinders het baie definitief nie reg gemaak met jou nie! Ek tik oorkondes vir die howe en ek hoor daagliks dat die familie van kriminele baie meer swaar kry as hulle self. Talle kere is daar ‘n ouer in die hof wat ter versagting van so ‘n persoon praat en my hart word baie seer as ek die swaarkry en hartseer in hulle stemme hoor. Jy moet glad nie sleg voel dat jy hulle nou aan hulle eie genade oorlaat nie, want behalwe as daar regtig iets drasties gebeur, hierdie mense weer en weer op die hof rol opduik.
    Kyk jy net op en geniet jou kleinseun.
    Ek skryf weer,
    Groete Elsie

  24. Sterkte Zee, my hart ruk elke keer as ek iets oor “jou storie” lees. Jy is regtig merkwaardig in jou optrede. (((Zee)))

  25. So bly jy is terug! Ons het jou baie gemis.

    Ai, dankie dat jy al die drama met ons deel Zee, in ‘n mate glo ek dat dit vir jou terapie is. En al kan ons nie veel aan die situasie doen nie, weet net dat ons hier is om te luister.

    Baie sterkte vriendin, en ek dink aan die kinders ook. Mag ‘n wonderwerk in julle lewens gebeur.

  26. Dellie, vandat ek begin blog het, het ek baie ondersteuning van julle almal af gekry. Partykeer sê iemand net vir my ietsie en dan besef ek, dalk moet ek dit so probeer. Ja, hierdie is baie terapeuties vir my en dankie aan almal wat deel het daaraan! Dis asof ek gebeure meer kan verwerk die laaste paar maande……

  27. Hi Zee, ai jongie, wat kan mens sê behalwe sterkte en sal jou in my gedagtes hou en hoop dinge raak beter…

  28. Zee, ek wil net Sonkind se presiese woorde beaam. Ek was ook vir ‘n ruk van die blogwereld af, soos jy weet, maar ek het nie ophou bid nie. Hou daai koppie hoog.

  29. Jy leef in ‘n movie…

  30. (((((ZEE)))))) Ek dink aan jou!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s