Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Hartseer – My storie (4)

42 Kommentaar

Vandag is ek buite myself van hartseer.  Of miskien is dit omdat ek woedend is.  Nee, miskien is ek terleurgesteld. Ek kan nie ophou huil nie!

Woensdag aand so 9 uur lui my voordeur klokkie.  Seun en sy vriendin is by die deur.  Sy wou net gou vir Zeethan kom hallo sê want sy MIS hom so.  My moederhart het maar so bietjie sag geword en sê toe hulle kan maar agter in die hut slaap vir die aand maar hulle moet die volgende oggend (Donderdag) saam met my man ry dat hy hulle by die stastie kan aflaai.

Ek het hulle altwee gewaarsku dat as hulle iets uit my huis vat ek hulle vir diefstal sal aangee.  Seun was al die laaste 2 weke 2 keer by ons en daar het niks weggeraak nie, so ek was gerus dat die dreigement die ding sal doen.  (Ek het waar moontlik hulle maar dopgehou want jy weet nooit nie.)

Ek het Steers Woensdag aand gekoop maar nie myne ge-eet nie, ek was nog nie honger nie en gee toe maar myne vir hulle en toe raid hulle nog my koskas.  Ek het nie omgegee nie want ek weet hulle eet nie.  Ek het al hulle wasgoed gewas en gestryk sodat die bietjie klere wat hulle wel het darem skoon is wanneer hulle my huis verlaat.  Ek het hulle in n lekker warm skuimbad ingedompel want hulle het regtig soos “hobo’s” gelyk.

Donderdag oggend maak ek hulle so 6uur wakker om op te staan om darem nog bietjie tyd saam met die kleinding te spandeer.

Elke oggend net voor ons ry sit ons vir Zeethan in oupa se Jeep dan dink hy mos nou hy is katjie van die baan, blaas die hoeter, flikker die ligte, sit die hazards, weet ook al tot waar die radio aansit……. maar toe sluit hy die kar en ons sukkel vir ‘n halfuur om hom uit te kry.  Oupa verduidelik nou vir die 14maande dingetjie om die knoppie te druk en hy dink dis ‘n groot grap.

Met die geskarrel om die deur oop te kry vergeet ek om die 2 heeltyd dop te hou maar snaaks genoeg, een van hulle wat altyd in sig.  Uiteindelik druk Zeethan die regte knoppie en daar gaan die deur oop en almal is te happy dat die kleinding dan nou so slim was.

Oupa ry toe met die twee om hulle af te laai maar ek waarsku hulle ook om nie net sommer weer op te daag nie, hulle kan my darem eers bel.

Ek dwaal toe maar nog by die huis rond want sussa is besig om alles van ‘n selfoon af te haal wat ek vir C se ma wil gee want hulle het nou die dag haar selfoon gesteel (ok omtrent alles van haar) en sy het nie meer geld vir ‘n ander ene en ek sit met drie.

Lekker gewerk gister en nou ja, Dellie het my mos huiswerk gegee om ‘n prentjie op paint te teken en ek kon nie wag om dit te gaan doen nie want ek het nie tyd by die werk gekry om dit te doen nie.

Soek my laptop………. pa, het jy hom weggesteek omdat ek so baie op die net is?  Sussa het jy hom dalk werk toe gevat?

Die twee klein wetters het my laptop gesteel terwyl ons besig was om vir Zeethan uit die kar probeer kry.  Hy het nogal die cheek gehad om my gistermiddag te bel om iemand se sel nommer te kry want hy en C het blykbaar baklei (nou wonder ek waaroor nogal…. wie gaan die drugs kry van my laptop se geld).

Ek is woedend en hartseer….. ek weet nie eintlik nie……. nie oor die laptop nie, dit kan replace word maar al daardie klein mannetjie se foto’s is daarop.  Ek weet ek moes back-ups gemaak het maar ek het nie.  Ek gaan nooit weer daardie foto’s terug kry nie.

TristonJ, vandag weet ek hoe jy nou die dag gevoel het.  Vir my is dit net bietjie erger omdat my kind dit aan my gedoen het.

As ek nooit weer van hulle hoor nie is dit te vroeg.  Van vandag af bestaan hulle nie meer vir my nie.  Ek wil hulle nooit weer in my lewe sien nie.

As my laptop nie by my vanmiddag is nie sal ek ek diefstal saak gaan oopmaak en hulle sal die gevolge dra van hulle selfsugtige daad!

My oë is vanoggend toegeswel van al die huil oor my kosbare fotos van my engeltjie wat nie replace kan word nie.

My kind, ek hoop jy en C het ‘n lekker fix gehad! 

Dankie my 2 vriendinne wat my moed ingepraat het gisteraand.

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

42 thoughts on “Hartseer – My storie (4)

  1. ai maatjie. my hart huil sommer saam met jou. jy het die reg om hartseer, teleurgestel te wees. voorspoed. ek dink baie aan jou!

  2. Ag Zee, ek huil nou so dat ek sukkel om te tik! Sorry, ek het nie woorde om jou te troos nie. Dis kosbare goed wat jy verloor het. ((Zee))

  3. ai jy dit is hartseer, voorspoed dink aan jou!

  4. Sorry Zee! Dis baie eina!! x

  5. Zee, ek is sprakeloos…

    Liewe Jesus, vertroos asb die Moederhart en gee kalmte in haar gemoed, Heer!

    ((((((Zee)))))

  6. Pingback: Laaaaannnnnnggggggg Vingers « Dorings en soms Rose

  7. Ek is so jammer Zee, ‘skies vir al jou hartseer! Dit lyk my dit wil net nie ophou nie…

  8. Zee, ek het nie woorde nie!! So jammer vir jou!!!
    Ek is bly dat jou vriendinne jou hierdeur kan dra,
    want ‘n goeie vriendin is iemand wat die lied in jou hart ken… en dit vir jou sing as jy die woorde vergeet hê!

    Konsentreer op daardie lied in jou hart!!!
    In my gedagtes dra ek jou op en sing ek saam met jou daardie lied waarvan jy soms die woorde vergeet!!
    Sterkte ek kan net vir jou bid.
    Lekka week!!

  9. wat meer kan ek sê as….. EISH!!!

    (((((((ZEE)))))))

  10. Zee wat sê mens, en hoe lank nog, vra mens? Gaan dit ooit ophou?
    Die probleem is hulle gaan baie geld kry vir jou skootboksie en kan hulle nie dalk “over-dose” as hulle te veel van die gemors gebruik nie.?
    Ek leer baie van die goed by jou, en dis vreeslik hartseer.
    Sterkte
    Ek stuur vir jou ‘n drukkie…..

  11. Ai tog, Zee.

    Ek praat dalk uit my plek uit, maar dit IS dalk ‘n goeie idee om afstand tussen jou en jou seun te sit. Hy weet nie nou wat hy doen nie, en breek net jou hart.

    Ek sal nie ophou bid nie.

  12. Zee, jou hart is so goed. Jy is geskeur deur die emosie om vir hulle kos te gee, te bad en wasgoed te was, te laat oorslaap. Dinge wat jy met liefde doen en dan gebeur dit. Die hartseer en teleurstelling, die verlies.
    Ek wens ek kon jou troos, op enige manier wat dit net vir jou sou effe beter maak.

  13. Boendoe, ek en my man het so besluit vanoggend. Hulle is glad nie meer welkom in ons huis nie (al was dit net ‘n bietjie). Hy gaan ook nie toelaat dat hulle Klein Zee meer sien nie. Al kry ons die laptop terug voor 4 vandag sal ons by ons besluit van vanoggend staan. Ek is moeg om so seer te kry.

    En jy praat nie uit jou plek nie, as dit nie vir julle was in hierdie kuber wêreld nie was ek seker al in Weskoppies.

    Dankie vir almal se omgee!

  14. Zee

    Ek weet regtig nie wat ek kan se nie, ek wat oor alles altyd ‘n opinie het. As ek kan help, laat weet my gerus.

  15. Aai, dit is nou al die derde maal wat ek hier opeindig en elke keer begeef my moed my. Ek is useless met simpatie en sulke goed, maar ek wil darem laat weet dat ek ook hier was en gelees het.

    Ek kan nie eers verkondig dat ek verstaan waardeur julle gaan nie. Daar is nie maklike of selfs regte besluite vir so situasie nie.

    Alle sterkte aan almal van julle. Ons dink aan julle

  16. Ai Zee, ek weet nie hoe om jou te troos nie. Ek voel self verpletterd en daarom weet ek dat julle as ouers veelvuldig erger moet voel.

    Toe jy my gisteraand bel was ek sprakeloos, maar dit het darem vir my die hele nag vir bid gegee. O, kindjie, ek vra dat Liewe Jesus julle almal sal beskerm en julle teen Sy bors sal vasdruk, en dat Hy met M en C sal werk soos Hy goed dink Net Hy weet waar hierdie pad heen lei al lyk dit vir ons hoe donker.

    Ek besef dat jy dink jy is by die einde van jou uithou vermoe, maar ek weet ook dat jou geloof sterk is en as die initial skok verdoof jy weer sal opstaan.

    Ek dink ook Boendoe is reg. Alhoewel jy ‘n afstand tussen julle gehou het, dink ek die tyd het nou aangebreek vir ‘n algehele afbreek. Miskien sal dit hulle laat wakker skrik.

    Laat weet asseblief as daar iets is wat ons kan doen. baie lief vir julle.

  17. ((((((ZEE))))))))
    Ek hoop regtig jou seun en C kom reg VOOR dit te laat is. Dis baie hartseer. Sterkte vir julle.

  18. Zee, weer ek. Ek wonder net of jy jou lappie teruggekry het vanmiddag?

  19. Boendoe, nee ons het nie, nog nie ‘n woord van hulle gehoor nie. Ek het darem besef dat ek n paar fotos op disk vir ‘n paar mense gegee het so ek sal dit nou maar van hulle moet terug “koop”.

    Ek was polisiestasie toe gistermiddag om ‘n diefstal saak oop te maak en hulle moet nou maar die gevolge dra van hulle selfsugtige daad.

    Mamma, ek besef dat alle drade nou geknip moet word en ek berus my daarby. Tyd sal net leer wat nou voorentoe vir hulle 2 voorlê.

  20. Zee,

    Dink so baie aan julle!

    ((((((Zee)))))

  21. En hier het ek gedink ek het probleme met my 2 tieners, my hart gaan uit na jou Zee. Dinge gaan vir jou uitwerk in die toekoms, jy sal sien.

  22. Ek dink julle is te sag op hulle. Hulle (wat die laptop gesteel het), het geweet wat hulle doen. Hulle het net nie omgegee nie. Nie eers vir jou wat hulle kind grootmaak soos jou eie nie.

    Sny hulle af, jaag hulle weg, moenie hulle weer in neem nie. Zeethan gaan wanneer hy groter word agterkom wat aan die gang is en wat gebeur, en op een of ander stadium gaan hy begin skuldig voel. EN maak nie saak hoeveel keer jy vir hom gaan vertel dat hy nie moet nie, hy gaan nog steeds.

    Julle is dit aan hom en aan julleself verskuldig om hulle uit julle lewens te ban. Hulle speel op julle gevoelens.

    Sterkte, ek weet dis nie maklik nie.

  23. Ag liewe aarde Zee, wat nog? Ek kan nie verstaan dat mens se eie familie dit aan mens kan doen nie. Ek voel nou sommer baie sleg vir julle onthalwe. Het myself eergister bederf met ‘n lappie vir die eerste keer. Liefdegroete.

  24. Zee’tjie,
    Eerstens wil ek net se, ek dink jy het ‘n wonderlike ma. (Al het ek onlangs eers die kloutjie by die oortjie uitgekry!)

    En dan, sterkte, ou ding. Dit moet hel wees om die naelstring te knip. Tog dink ek dis vir die beste. Ietsie van M leef voort in klein Zee. Dis darem bietjie genade, of hoe?

  25. Krista, ek het tot die besef gekom oor presies wat jy geskryf het. Ons het besluit dit is nou hoe dit sal wees en al ons aandag en energie aan Zeethan spandeer. Dit soos jy daar se, Zeethan gaan grootword en dan? Tyd sal ons nou leer wat om vir hom eendag te se.

    Sammie, moenie sleg voel nie, geniet jy lappie!!

    Boendoe, ek het in die begin vir my ma gese dalk kry ons n tweede kans met hom met ietsie van M in. Toe se sy vir my nee, hy is sy eie ek, maar vandag voel ek tog soos jy daar se, n bietjie genade vir my!

  26. Hi Zee
    Dit is BAIE hartseer! ek kan net dink hoe jy moes gevoel het, NA al daardie omgee van jou kant af…STANK VIR DANK! Jesus sien jou hartseer raak en HY sal die minus in ‘n plus vir jou verander! HOU MOED! hoe moeilik dit ookal mag wees… ek dink aan jou!!

  27. ((((((Zee))))))

    /me tel skielik sy seëninge…

    Grootste menslike wysheid wat ek ooit gehoor het… “This too, shall pass.”

    :.-(

  28. O, en natuurlik kan jy uitstel kry.

  29. hi mamma, dit is bad. Wat kan n mens doen, behalwe dat die 2 nie weer by die huis in gaan kom nie, want ek sal dit nie toelaat nie. C gaan nog haar dag kry en dit belowe ek ma!!!!!!!! Ek hoop alles gaan vir ons uit werk ma.

  30. More Zee, sien net altyd jou naam. Ek wil vir jou sê jy moes ‘n goeie ma gewees het en nog steeds is, want jy het jou seun se kind ‘n huis gegee. Jy kon gesê het dat jy nou jou eie lewe gaan lei maar omdat ek glo jy gelei word deur die Heilige Gees, jy dit in jou hart kon vind om weer mamma te wees en ons almal weet watter opoffering dit verg om onbaatsugtig lief te wees vir ‘n wesentjie wat nou eers werklik met die wereld kennis maak. Dankie dat daar ouers soos jy is, GOD SEën Julle!
    Elsie Hullyer

  31. Verstom sit ek hier en lees jou skrywe en ek voel innig jammer vir jou. Dis reg dat jy besluit het dat hulle die gevolge gaan moet dra.

    sterkte anyway. hiers ‘n stywe drukkie vir jou

    ((((ZEE))))

  32. Moet nooit ophou vertel hoe dit gaan nie. Slegte dinge soos die labtop (en damn! dit bly nog steeds duur!) Goeie dinge soos eerste woordjie van Zeethan. Waarom dink jy is hier juis soveel comments op hierdie skrywe?

    Ons gee om, Zee.

    Sal jou vir nog baie lank wil ken. Sterkte anyway.
    Lyanda

  33. Aaai Zee!
    Weet waardeur jy gaan, het ‘n baie naby familielid met dieselfde probleem. Hoewel mens nooit ophou om vir hulle lief te wees nie, VERDOEM mens die dade wat noodwendig tot gevolg is van hulle misbruik. Soveel mense ly daaronder. Daar is ‘n boek van Dr James Dobson “Tough Love” – dalk het jy dit al gelees – gee mens nogal goeie insig op wat die titel sê. Al is dit hartverskeurend (dit bly immers jou kind/ers): “you’ve got to be cruel to be kind”. So jammer oor jou fotos – dis baie, baie kosbaar en ‘n groot verlies – het jou laptop teruggekry?

  34. Ek het op hierdie hartseer verhaal afgekom en my hart gaan uit na julle. Ek hoop en bid dat dinge vir julle sal uitwerk en dat God sy hand oor julle sal hou.
    Sterkte!

  35. Wil net se ek was hier, en jou verhaal het my nogal baie diep geraak.

  36. Hi

    Nou eers die blog gekry (jy weet) ek voel vir jou vrou!! My kinders is miskien nog nie so groot nie maar ek kan my indink

    Thasia

  37. Liewe genade Zee! Dit is wragtig die hartseerste storie wat ek in ‘n baie lang tyd gehoor het. Die ding is net…tot waar kan jy jou liefde vir jou kind strek voor jy iets van jouself verloor?

  38. Carina, dit is ‘n vraag wat ek myself al baie lank vrae. Ek weet nie….

  39. Jy veg nie teen jou kind nie, maar wel teen dit wat van hom besit geneem het! Ek ken ‘n ma wat na drie(ja #!) kleinkinders kyk en steeds besteel word. Daar word by die huis ingebreek. Sterkte. Moet nie ophou om vir jou kind te bid nie!

  40. Die # was eintlik ‘n 3!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s