Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Extreme Sports – Kilimanjaro

30 Kommentaar

My oom Willie Grové van Colombus, Ohio, U.S.A. het onlangs saam met sy seun Thomas, skoondogter Yuki en nog ‘n paar Amerikaanse vriende en kliente, die hoogste vrystaande berg in die wêreld, die Kilimanjaro in Tanzanië, Afrika geklim.  Hy is nou besig om ‘n artikel oor hulle ondervinding te skryf en ek plaas dit op my blog sodra ek dit het.

(Ps. – Boetie, ek sal met graagte een van jou kliente word en van my geldjies by jou belê net om die volgende “extreme” ekspidisie saam met julle te kan doen)

BAIE GELUK MET JULLE PRESTASIE!

 boetie.jpg

Uhuru meen Freedom.  Na independence in Tanganjika in 1965, het die mense die hoogste peak in Africa Uhuru (freedom) gedoop om hulle onafhanklikheid te celebrate.

Ek sou wat wou gee om ook so ‘n “experience” te kan hê.

Ek het nou wel nie so ‘n “extreme” sport ervaring nie maar ek het al wel “parasailing” en scuba duik gedoen.  Die “parasailing” was vir my “mind blowing” – jy is so hoog bo die water agter ‘n boot en het regtig geen beheer oor waar jy heen gaan nie. (Ok, as jy ‘n ervare valskerm springer is sal jy wel weet wat om te doen)

Het jy al ‘n “extreme” of snaakse sportsoort beoefen?

Ek sal nog baie graag “river rafting” wil doen.

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

30 thoughts on “Extreme Sports – Kilimanjaro

  1. Extreme sport?

    Nee, dankie! My lewe is extreme genoeg. Eendag tot vir die polisie probeer wegry.

  2. Uhuru Peak? Wonner of dit iets met lang messe te doen het…

  3. Adrie – ek dink jy moet ons vertel van daai wegry vir die polisie ene😆

    Zee, ek het al by Gouritsmond afge”bridge-swing”. Nou wil ek nog by Tsitsikama gaan bungijump (265 meter) en ek MOET nog eendag gaan valskermspring. Die oudste vrou wat dit gedoen het, was 83, so ek het darem nog so paar jare oor om moed bymekaar te skraap😆

  4. Ek het ookal “parasailing” gedoen op die see! Dis was wonderlik, maar my adrenalien het hoog geloop!! Is gewoonlik maar die bang een in my familie! Manlief(het altyd ‘n passie vir die “extreme”) het pas ‘n klein vliegtuig (2 sitplekke , 1 motor) klaar gebou en sy vlieglisensie daarop voltooi! Wanneer ons terug is in SA (tans vir nog 5 weke oorsee) sal ek al my moed bymekaar moet kry om saam met hom te gaan vlieg!! My man “love” vliegtuie en ek hou altyd maar my asem op!! Maar uitsit sal ek nie! En vlieg sal ek vlieg!!!

  5. Zee, parasailing en scuba is extreme genoeg! Ek is maar ‘n sussie as dit by hoogte kom, en snorkel is erg (lekker) genoeg. Ek sal nog eendag river rafting wil doen, maar dis omtrent hoe sterk ek is, veel meer sal ek nie kan hanteer nie.

  6. Eerstens, Amper Ouma Carolina, baie geluk met die kleinding wat sy opwagting gaan maak nog voordat julle julle ogies uitvee. Nee dankie vir my vir daardie klein vliegtuie. Die grotes is scary genoeg vir my.

    Sonkind, toe ons in Zim was so 2jaar terug het seun ge-bungijump en my probeer oorreed, maar ai, dit lyk te scary!

    Machiel, geen idee nie, sal bietjie probeer uitvind aangesien my oom alles navors wat hy aanpak! Dankie vir die draai hier by my.

    Adrie, probeer wegry? Het hulle jou toe gevang?😆

    WnB, ek sien ‘n ding aankom….river rafting vir ons!

  7. @ Sonkind

    As ek jou die volle waarheid vertel moet ek jou stil maak. Al wat ek kan sê is ek was 21, ‘n student, half kaal en doodnugter.

    @ Zee

    Op die ou einde ja, ek het al gesien hoe slaap ek in die tronk. Gelukkig is my mond tot meer in staat as eet. Ek het soooo mooi ge-please explain (ten volle geklee) dat ons skotvry daarvan afgekom het.

  8. Nee, aarde, ek is bietjie van ‘n banggat. Hou nie baie van water nie, maar Kilimanjaro het nog altyd vir my ‘lekker’ gelyk. Miskien eendag, as my skippie ingekom het… 😛

  9. Die mees extreemste ding wat ek nog gedoen het was ‘n valskerm sprong, en naas dit miskien die Tree Top Tour in TsiTsikamma en bietjie afspring en af absail van ‘n paar groot klippe en so aan. Ooooo, en ‘n 10 dag oorlewings-kamp, maar dis was lank terug! En ek het al gaan swem saam met wilde dolfyne in Mozambiek (dit was fantasties!).😀

    Ek wil nog een of ander tyd gaan bungee, en as ek kan wil ek baie graag gaan loops en toetjies vlieg (as ‘n passasier). En miskien op ‘n volstruis probeer bly – maar ek’s nie seker van die een nie…klink na ‘n kek idee as jy afval! En ek wil nog leer hoe op ordentlik te stop as ek ysskaats in plaas van om myself net oor die muur te gooi!😉

    As jy ‘n berg wil gaan klim moet jy nie laat iets in jou pad staan nie Zee! Make it happen…

  10. Wat????? Extreme sport as ek nie eens kan swem nie… nee wat ek het my eie gat nogal lief. Adrie ek het ook nogal in my prulle jeug so ‘n polisiekar ondervinding gehad. Ek het met my smart maatskappymotortjie ‘n oulike Merc Compressortjie op die R28 “gedice” net om R3 000,00 verder agter te kom dit was eintlik ‘n ongemerkte polisiemotortjie. O die skande…..

  11. Ek sal daai hoë berg sommer maklik aandruf, maar doen moet iemand my abba.

  12. Ek het daardie berg in 2005 geklim. ‘n Onbeskryflike ervaring, maar moenie dat iemand jou oortuig dit was maklik en ‘n uitstappie nie. Maar om daardie piek te bestyg en voor jou daardie borde te sien – extreme experience!

  13. Hi Zee..ek het EEN valskermspring gedoen…is dit “extreme” genoeg…was ‘n student..en jy weet studente doen enige iets..lol! was lekkkkkkkerrrr..moet se…😉

  14. ag man…meen valskermsprong! lol!

  15. Pikkelik

    Ek het daardie storie van jou al gehoor. Klink my jy ken iemand wat ek ken of is dit ‘n legende?

  16. Tel trou???:mrgreen:
    Nee wat, ek is nie much into extremes nie – Helge sal stry, maar in my hart der harte staan ek graag (fisies) met albei voetjies stewig oppie grond. Het al die tree-top canopy tours in die Drakensberge gedoen – maar ek het meer vir Helge gelag as wat ek die ervaring geniet het – so, sal dit dalk eendag weer doen. Ek duik ook nie – ek kan nie eers dit handle om tot op die bodem van die swembad te duik nie – en ek is ‘n goeie swemmer, maar ek kry ‘n ongekende vrees?! – so ek snorkel net as die ander gaan duik – boudjies en agterkoppie moet nog son ‘sien’ – dan’s ek ok.
    Terloops Zeekie – ‘strumming’ (volgens Wikipedia) : A strum is the act of brushing one’s fingers over, or strumming, the strings of a string instrument such as a guitar. – dis nou daai ding wat my regterhand nie weet hoe om te nie!😦

  17. ek sal ook graag nog daai berg wil klim. ek het verlede jaar river rafting en canopy touring gedoen – dit was vir my extreme gewees.

  18. My oom het toe geantwoord oor Uhuru Peak! – Uhuru meen Freedom. Na independence in Tanganjika in 1965, het die mense die hoogste peak in Africa Uhuru (freedom) gedoop om hulle onafhanklikheid te celebrate.

    LoL @ BB. Dankie vir die antwoord op strumming!

    Dit lyk vir my of Pikkelik en Adrie in dieselfde “chase” betrokke was😆

    Attie, wel gedaan hoor!

    RF – lyk my abba sal ook my voorland wees, ek is so onfiks dat dit nie snaaks is nie…. Ek is hoeka 5.iets jaar ouer as my regte ouderdom daar by Boendoe!

    AfrikaFairy – niks sulke goeters vir jou vir die volgende 9 maande nie hoor!

  19. Ja so berg klimmery klink uitdagend en wonderlik!

  20. Ek dink ek sal die parasailing wil aandurf. Ek sê altyd ek MOET valskerm spring voor ek doodgaan, maar hoe ouer ek word, hoe banger word ek!😯

  21. Adriana, jong ek het nie besef ek is berug nie! Maar dit was nogal ‘n skande wat met smaak oor die kastele en hansas oor die hele bleddie Joburg versprei is. Maar dit was laaaaank terug, maklik al 12 jaar as ek reg uitwerk!

  22. Sterkte met die bergklim en rivierding ek gaan dit BESLIS mis!

    Sal later weer inloer, moet eers groet.

    Dankie.

  23. Dit klink so vrek lekker! Sal dit enige tyd doen!

    sonkind: Bungi is baie lekker! Ek het by Gourits gespring…volgende is Bloukrans (312m) en ek sal ook nog die valskerm-ding wil doen! Ek is ‘n absolute adrenalien junky!

  24. River rafting klink vir my heerlik… maar bergklim…. eish!😯

  25. LOL @ BB! Trou! wel om met Kobus getroud te wees gebeur daar weekliks ekstreme dinge…. Ek gaan soek eerder nie vir ekstreme dinge nie, dit soek my uit om mee te gebeur – meeste van die tyd as ek nie die krag, geduld of mood daarvoor het nie!

  26. “Drag racing” met die Kawa op Tarlton. Tel dit as extreme sport? Party mense se dit tel vir “commin / tappet”. LOL!

  27. Gert, verseker ja. Dis dan ‘n baie vinnige sport daardie en vir my lyk dit maar bietjie gevaarlik! Ek dink nie dis commin nie hoor! Ek geniet nogal om dit op TV te kyk.

    Agge nee Sterfling, ek dog nou hier gaan ons almal bietjie river rafting doen!

    Kaalvoetkind, ja, dit sal lekker wees om so iets te kan doen, ek wonder nou net of n mens moeilik asemhaal as jy daar heel bo op die berg is.

  28. Klink vir my die bloggers is almal half extreme. Ek en Sterfling sal maar van die kantlyn af kyk. Ek is glad nie extreme nie – die rides by Gold Reef City is vir my te erg…

  29. Dear Zee,

    Thank you very much for posting about our Mt. Kilimanjaro climb! It was certainly an amazing, life-changing experience for us. It was a great feeling when we were walking way above clouds for the last few days of our climb. We started our climb in rain forests and ended up seeing glacier on top. I believe this experience gave all of us confidence that we can achieve anything if we try hard, step by step, slowly but surely. I still can’t believe we all made it to the summit! Before climbing, I was worried if I would be the only one in the team who would not make it to the top and hesitated to take this challenge. But now, I am very glad I took this challenge and made it to the summit with everyone else!

    Please check out my Kilimanjaro climb photo gallery if you haven’t!
    http://www.lotek.org/~yuki/photography?g2_itemId=37868

    Thanks🙂

  30. Yuki, the photos are amazing. I am going to do another posting about your experience as written by Willie. It felt like I was actually doing the climb myself the way he described it. Miss you guys!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s