Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

My storie 3 (‘n Update)

30 Kommentaar

Boendoe wou graag weet hoe gaan dit met die kinders en antwoord graag op haar vrae sover binne my vermoë.

 

Zee, as ek mag vra: hoe lewe hulle? Waar bly hulle? Werk hulle? Eet hulle?
En nog iets, asb tog. Wat moet ‘n ouer doen as hy/sy uitvind sy kind gebruik dwelms? Waar begin mens? En om dit nog moeiliker te maak: wat kan ‘n ouer wat geld het doen, en wat kan ‘n ouer wat NIE geld het nie, doen?

Die kinders bly op die oomblik op die straat soos ek verstaan (ok, dis nou as hulle nie vir my lieg nie).  Volgens een van die drug squad ouens (wat ook probeer om hulle te help) bedel hulle elke dag geld en kry seker so R150 – R200 per dag om hulle dwelm habbit te support.  Hulle “harras” ons natuurlik daagliks vir geld maar ek weier om  enige geld te gee.  

Werk?  Nee, want hulle kan nie helder dink nie en dis mos makliker om ons te probeer manipuleer vir geld wat hy wel baie reg gekry het.  Al waaraan hulle dink is hoe om geld te kry vir n volgende fix.  Ek weet dat C se ma wel vir hulle kos nou en dan gee maar my punt is as hulle geld het vir dwelms kan hulle eet ook.  As ‘n mens aanhou gee, gaan hulle aanhou vra en tough love is die enigste ding wat hier werk (of nie werk nie  —  hoe sal ons weet) 

Ek weet ek is hard maar ek gaan nie verantwoordelik wees vir die laaste naald in my kind se arm nie. 

In die begin het ons regtig gedink hy is nou op die tiener stadium wat regtig baie rebels is.   Dit begin gewoonlik met gedrag wat drasties verander.  Hulle begin lieg.  Hulle begin verskonings maak.  Eet skielik baie min vir ‘n jong seun.  Mens begin opmerk dat hulle skielik vreeslik aktief en aan die gang is, net om die volgende oomblik lusteloos, pap en slaperig te word. En hardegat – hy was vreeslik hardegat as mens hom enige iets gevra het, amper asof hy heeltyd op die verdediging was dat jy hom probeer uitvang – soort van paranoies.  

Hulle bring “vriende” huis toe wat jy voor jou siel weet nie ‘n goeie invloed kan wees nie.   Hulle bad of stort sommer ‘n paar keer per dag en die kamer word sonder ‘n argument pynlik netjies gehou.   Slaap meeste van die dag  om.  

Later besef jy iets is drasties fout.  Jy begin hom na sielkundiges toe vat om uit te vind wat die probleem is.   ‘n Ou wat op dagga of dwelms is, is verskriklik slim. Hy draai ‘n rat voor die sielkundiges se oe en vertel vir hulle net wat hulle wil hoor.  Dan vertel hulle jou hoe ‘n oulike seun jy het min wetende wat by die huis aangaan. Uiteindelik het een wel reg deur hom gesien en ons vertel wat die eintlike probleem is. 

Goed begin uit jou huis wegraak.  Vriende begin vertel hulle beursies is weg…..  Mense begin aan jou deur klop en sê jou kind het van hulle kind se goed gesteel of hy skuld hulle geld. 

Die eerste stap dink ek is om dadelik iemand te kontak by ‘n SANCA of enige ander instansie wat met dwelm verslaafdes werk en ‘n afspraak te reel om hulle te gaan sien saam met die betrokkene.   En onthou, hulle is so slim dat hulle tot die dwelmtoets kan omseil.  

Ons was gelukkig in die begin omdat ons mediese fonds vir dit betaal het.  Die meeste mediese fondse betaal wel vir een behandeling per jaar en dit kos ongeveer R17000.00 vir so 21 dae.  

As n mens nie geld het nie kan jy wel van die staat se SANCA gebruik maak maar dit is partykeer n baie lang proses.   As jy nou baie moedeloos is laat jy hom arresteer dan is daar darem meer persone wat met die saak werk. 

As jy baie geld het is daar wel n paar plekke wat redelik duur is (en van hulle is soos ‘n hotel). 

Ons het vir M en C Noupoort (wat ‘n twee jaar program is) toe gestuur wat elk R28000.00 op daardie stadium was wat nie deur die mediese fonds of deur die staat gedek word nie.  (Na 3 maande het hulle daar weggeloop)

Die probleem is dat as hulle nie gehelp wil word nie sal geen rehab werk nie.  Die wil moet daar wees. 

Zee is op moedverloor se vlakte met haar kind.  Ek weet net dat al behoud wat ek het is my Here.

E-pos of skakel  gerus vir  Stepping Stones (dankie Sonkind) of  Horizon Clinic vir enige ander vrae. Hulle beantwoord elke e-pos wat hulle ontvang.

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

30 thoughts on “My storie 3 (‘n Update)

  1. Zee, ek het nie woorde nie.Dankie dat jy my vrae beantwoord het. Dit kon nie maklik gewees het nie, en ek vra om verskoning daarvoor.
    Ek se dit elke keer, maar dis die waarheid: ek kry jou as ma verskriklik jammer. Geen ma behoort hierdeur te gaan nie. Maar ek gaan nou ophou met jammerte, ek gaan regtig nou bid vir jou seun.

  2. Hi Zee, wou al lankal bietjie my “krummels” hier kom los het maar kon nie op jou blog inkom nie.

    Ek weet nie eintlik wat om vir jou te se nie – behalwe sterkte en “klou” vas aan jou kind. Ek sal jou kind ook in my gebede onthou, moenie moed verloor nie asb. My hart is so seer vir jou part Zee.

    Baie sterkte en ek dink aan jou.
    Koekie

  3. Dankie dat jy dit met ons deel – ons wat jou nie eers ken nie.
    Sterkte, ek kan nie eers begin om te dink waardeer jy al is nie.
    Ek sal vir julle bid!

  4. Zee, dankie!! ek wonder net baie kere of daai mense besef wat dit werklik aan hulle families doen. besef hulle hoe seer julle in julle harte het?

    voorspoed maatjie. en dankie dat jy die moed en die krag het om dit te deel.

  5. Zee, dankie hoor. Doen so voort. Jy is vir ons almal ‘n voorbeeld met jou uitkyk op die probleem, en jou moed en sterkte om dit in die openbaar te deel, en ek weet persoonlik van iemand wat jou blog lees en sy het al baie baat daardeur gevind. Ek dink net om te weet jy is nie alleen nie, help al klaar verskriklik baie. Ek dink elke dag aan julle in my gebede.

  6. Ek het met trane in my oë jou stuk vandag gelees, ek bid nog heeltyd vir julle, en baie vir M en dan wil ek net vir almal sê wat ‘n aantreklike, pragtige seun Zee het, enige meisie se droom. En ek wil ook dankie vir jou sê dat jy dit met ons deel, onthou ek mis nooit die seer in jou oë nie. Maar jy staan so sterk, glimlag altyd en sorg so goed vir klein Zee, mag die HERE jou seën vrou.

  7. Zee

    Ek het regtig nie woorde nie. Dit is die tipe storie waarvan ‘n mens net altyd in die huisgenoot lees. Moet erg wees om daarvan te lees. Ek het al genoem dat van my vriende dwelms gebruik, maar dit is sommer openlik. Hulle het dit ook eers in volwassenheid begin gebruik. Wat my van die storie geskok het, is dat die begin regtig soos tipiese tienerbuie lyk.

  8. Sterkte. Ons weet dis ‘n voortdurende styd, maar staan sterk!

  9. Zee ek bid vir jou: “Here gee vir Zee genoeg krag om elke dag met ‘n glimlag te kan aanpak!”

  10. Ek wil net vir almal dankie sê vir die omgee.

    Boendoe – Jy krap regtig nie ‘n seer oop nie. Ek deel graag met jou wat ek ondervind het.

    AfrikaFairy – hulle het geen benul wat hulle aan ons doen nie, hulle dink net aan hulle self.

    Mamma – dankie vir al jou ondersteuning, ek weet nie hoe ek dit sonder mamma se hulp sou gedoen het nie.

    Adrie, jy is heeltemal reg met die tipiese tienerbuie. As hulle net kan besef dat hulle dalk net een van die ongelukkiges kan wees wat nie sal kan ophou nie.

    Koekie, Rb, Elize, Krista en Carolina – baie dankie vir die omgee.

    Gou ‘n vinnige update – seun kom toe gisteraand weer by die stasie aan (ek dink hy en C het haar maar se selfoon gesteel en is nou natuurlik bang). Sy pa laai hom op by die stasie en ek weet my man het n groot skok gekry toe hy hom sien, want hy het regtig soos n “hobo” gelyk. Ek kon die seer in sy oë sien gisteraand maar hy sê niks.

    Ek het hom laat bad en warm klere gegee, (ek hoop maar hy verkoop dit nie) kos gegee en toe terug taxi rank toe gevat om ‘n taxi terug te kry Johannesburg toe maar almal was klaar weg. Hy het toe gisteraand by ons oornag in die hut buite want ek laat hom nie in my huis sonder toesig nie en mens weet nooit wat hulle sal aanvang as jy vas aan die slaap is nie.

    Hy was baie hartseer gisteraand omdat hy klein Zee se eerste stappie gemis het, sy eerste tand, sy eerste glimlag en en en. Ek hoop dalkies net het iets ingesink… ek weet nie…. ek hoop so.

    Manlief het hom vanoggend by die stasie gaan aflaai en hy het gesê dat hy na die staatshospitaal toe gaan om te detox. Ek bid dat hy dit doen anders slaap hy weer vannaand onder die sterre in hierdie koue weer.

    Ek wil net vir julle sê ek skryf nie hier omdat ek simpatie soek nie maar dit is wel ‘n groot uitlatingsklep vir my en wel om dalk net vir een ouer te help as dit euwel dalk eendag oor hulle pad moet kom.

  11. Hi Zee,

    Ek is bly jy kon hom warm bad en klere gee. Ek hoop in my hart hy skrik betyds wakker jong. En ek hoop hy gaan regtig vir rehab.

    Ek sit en dink aan my vriendin se seun (nog op skool) wat so dagga rook. Was gevang by die skool met dagga…toe eis die skoolhoof dat hy en sy 2 maats moet gaan vir toetse – sou dit positief wees – skors. Gaan my vriendin en kry iemand anders se urine en stuur dit in. Nou ek weet dit was om haar kind te beskerm, maar het sy nie die verkeerdste ding gedoen nie? Is sy nie besig om ‘n rat voor haar eie oë te draai nie? Ek wil haar nooit oordeel nie, want ek sou heel moontlik dieselfde ding gedoen het.

    Dankie dat jy alles so deel. Ek stuur kort kort vir haar van jou postings, miskien tel sy iets op wat haar dalk vroegtrydig kan help.

    En dan wil ek ook net baie sterkte weerteens vir jou toewens. ((((Zee))))

    Groetetjies
    Sonneblom

  12. Zee,

    Sterkte…

  13. Ai Zee, baie dankie dat jy dit deel met ons. En weet ek dink aan jou en bid vir jou.

  14. Zee, sorry ek het vanoggend weggeraak hulle het ons geload shed vir 2 ure.

    Sterkte vir jou girl! Dit maak mens so kwaad want die mense wat hierdie goed aan die kinders verkoop maak ‘n kruiwa vol geld en intussen verniel hulle die mooi kinders van ons land!

    Ek hou jou in my gebede.

  15. Eish Zee….. dit maak my hart so seer!!!

    Jy’s een ongelooflik spesiale mens…. maar ek dink jy weet dit teen die tyd!!

    (((((ZEE)))))

  16. Hi Zee! So jammer ons het mekaar gemis gister. Ek stuur maar nou vir jou ‘n cyber-drukkie! (((Zee)))

    Dankie vir dit wat jy hier deel. Ons weet jy soek nie simpatie of ‘n kloppie op die skouer vir jou wonderlike aandeel in klein Zeethan se toekoms nie. Maar ons wil dit graag vir jou gee!

    Bietjie simpatie – ek is jammer dat jy al hierdie drama in jou lewe het.

    ‘n Kloppie op jou skouer – welgedaan, vriendin! Jy verdien ‘n medalje of twee, en ons is vreeslik trots op jou omdat jy so sterk staan!

  17. Ek beskou dit ook nie dat jy simpatie soek nie. Inteendeel, leer ek by jou. Weereens DANKIE dat jy dit deel.
    Ek stem saam met Wipneus – die mense wat hierdie goed verkoop is stink ryk en kom niks oor nie, terwyl jou lewe uitmekaar val.
    Weereens STERKTE. Dit klink so hol en so min vir alles wat jy al deur is en vir wat nog voorlê.
    Hopelik het sy oë gisteraand oopgegaan toe hy sy kind sien. Ek hoop so!!

  18. (((Zee)))
    Have a blessed Easter! x

  19. Hi Zee, dankie vir die inloer in my blik. Jislaaik, ek voel of ek kan huil. Toe ek nog in die stad gebly het, het ek as jeugwerker gewerk en hierdie dinge elke dag gesien en beleef. Maar vandat ek na my stippeltjie platteland toe is, is dit asof ek myself afgesluit het van hierdie dinge. Wat ‘n wake-up call! Ek bid vir jou en gesin, ek weet julle gaan deur hel!!! Thanks Heavens Hy het vir ons gesterf en opgestaan.
    Sterkte
    Geseënde Paasnaweek

  20. Hi Zee,

    Ek ken jou nie eintelik nie, maar ek chat so lekker met jou, nooit so ek kon raai deur watter diepe waters so ‘n mooi Moeder hart is nie.
    Ons sal aanhou bid,glo en hoop, Zee, want niks is onmoontelik by God nie.

    Sterkte en vrede vir julle xxx

  21. Zee, dankie so baie vir gister. Dat jy die moeite gedoen het om lughawe toe te kom. Ek sal regtig baie graag weer wil saam kuier, vir langer.

    En onthou, my gebede loop elke dag saam met jou en M. As ek my oe toemaak om vir Bernard te bid, dan kom M se naam in dieselfde sin by. Ek glo dat jy die regte ding doen en ek dink aan jou.

    Mooi loop.

  22. Liewe, liewe Zee

    Hierdie post van jou…ai Zee. Simpatie? Nee…dis nie wat ek voel nie (so jy kan vir ons nog baie inligting gee) Dankbaarheid oor jy dit in soveel (seer) mooi woorde, mooi uiteengesit met ons kon deel. Jou menslikheid straal uit al jou skrywe en dis asof `n klein deeltjie elke keer saam met my gaan as ek hier aflog.
    Wat dit soveel meer persoonlik maak ,is dat ek jou en klein Zeethan ontmoet het en net my kop in ongeloof kan skud, omdat daardie 2 mense nie DAAR is om al die liefde wat Zeethan hulle kan bied, wil deel nie. En Zee… dis nie dat ek net dink dat jy sterk staan nie (ek dink dis soms so damn moeilik en SEER) maar dat jy nie ophou om te glo nie…want jy bly afterall die MA! Wat jy doen soos om besluite te neem om hulle nie in hul habbits te ondersteun nie; 100% vir jou!

    Ek wens ek kan se ek verstaan, maar dis nie waar nie. Ek probeer darem en dink vreeslik baie aan jou, seun se pa en DNS, Zeethan.

    Al my liefde
    Gypsey-girl

  23. Dankie.

    http://wagnbietjie.wordpress.com/2008/03/21/sonkind-en-zee/

    Ek kan jou en julle seer nie uit my gedagtes kry nie. Ek wonder so oor hom. Ek bid ook vir julle. (((((Zee)))))

  24. Zee, baie sterkte met hierdie pad. Ek loop nou ‘n pad met ‘n jong vrou (23) wat nou ses maande skoon is. Ek het gehoop dit kan vir jou ‘n bietjie hoop gee. Ek bid ook vir jou en vir hulle.

  25. Sonneblom, weet jy, al dink die mamma sy doen goed gaan sy eiteindelik meer skade veroorsaak. Ek bid vir hulle familie.

    Neykie, Vygie, Wipneus, Platseltjie, Dellie, BB, Pikkelik, Monna, (((Sonkind))), WnB, Lyanda – baie dankie vir julle woorde, ek glo nie julle het ‘n idee wat dit vir my beteken nie.

    Attie, dit is wonderlik. Ek hoop dat sy sterk sal bly en sê vir haar ek sê baie sterkte en liefde vir haar lang pad voorentoe. En ja, my hoop sal nooit kwyn nie. Eendag…..

  26. Baie, baie, baie sterkte vir jou. Ek bid vir jou en vir jou seun, dis ‘n moeilike pad, ek weet. Ek is net nie reg om oor alles te praat nie, miskien eendag …

  27. Soms vra mens, Liewe Here, hoekom ek… Jy het ‘n rukkie terug kommentaar gelaat op my blog oor die baba wat ons verloor het, maar skielik wonder wat is erger… nie dat dit saakmaak nie.

    Zee, vir jou seun kan ek nie praat nie maar jy is ‘n sterk baba. Vasbyt; ek dink almal wat jou blog lees is baie aangegryp deur die storie, en ons staan almal bankvas agter jou.

    Vir wat dit werd is.

  28. Ek dink aan jou!!! Sterkte!!!

    En lekker res van die Paasnaweek!!!

  29. Hi Zee… die Here weet vir wie hy kinders soos daardie kan gee… klink my jy hanteer dit “goed” met Sy genade… dis al waarvoor mens kan bid. Jy het my hoendervleis gegee met hierdie inskrywing… dit laat mens dink. Dankie! en mag Jesus jou dra deur hierdie tyd en dit wat nog kom…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s