Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Beware of Strawberry quick!

25 Kommentaar

This is one of the cheapest drugs going around Pretoria & Jhb at the moment and is being used by all ages from 5 years old.  

strawberryquick.jpg

There is a very scary thing going on in the schools right now that all need to be aware of. There is a type of crystal meth going around that looks like strawberry pop rocks.  It smells like strawberry also and it is being handed out to kids in school yards .

Kids are ingesting this thinking that it is candy and being rushed off to emergency in dire condition.  It also comes in chocolate, peanut butter, cola, cherry, grape and orange it looks just like pop rocks.

Please instruct your children to not accept candy that looks like this even from a friend and to take any that they may have to a teacher, principal, etc. That is what they are calling strawberry meth or strawberry quick. 

They are calling this new form of meth “Strawberry Quick” and it looks like the “Pop Rocks” candy that sizzle in your mouth.  In its current form, it is dark pink in colour and has a strawberry scent to it.

Please advise your children and their friends and other students not to accept candy from strangers as this is obviously an attempt to seduce children into drug use. They also need to be cautious in accepting candy from even friends that may have received it from someone else, thinking it is just candy.

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

25 thoughts on “Beware of Strawberry quick!

  1. Hi Zee,

    Ek het die mail so paar weke terug gekry. Dit maak mens so de hel in om te weet hulle target ons kinders. Hulle het nie ‘n wil om te besluit of hulle wil verslaaf raak nie, dit word op hulle geforseer sonder dat die kind of die ouers dit weet. Mag almal wat ooit met drugs smokkel se vingers so krom trek en al hulle tande uitval…ons sal hulle dan kan herken…..wou eintlik iets anders kwytraak, maar sal maar los.

    Groetetjies
    Sonneblom

  2. Sonneblom, ek is nou op ‘n mission hierdie week, julle gaan seker siek raak vir my oor al my dwelm postings, maar dis maar eintlik hoekom ek begin blog het.

    My vriendin se seun is gister van die goed by die laerskool ge-offer en dit is hoekom ek hierdie gepost het vir die wat dit dalk nog nie gesien het nie🙂

  3. Hi Zee,
    Dankie vir die inligting!
    Ek het ‘n laatlam (17 jaar) nog op skool!
    Kinders besef nie altyd waaroor dit gaan en hou mos darvan om “cool” te wees! Groepsdruk is baie erg!

  4. Carolina, ek was gister so woedend toe my vriendin my vertel haar seun in Gr5 was die goed by die skool (deur die draad) geoffer. Hy het kop gehou en dit dadelik by die hoof gaan rapporteer!

    Gelukkig het ek ‘n hele ruk terug vir haar en die kinders daarvan vertel anders was dit dalk ‘n ander storie. Hoop nie julle gaan siek raak vir my dwelm postings nie, maar ek wil graag ietsie oor die mees “popular” dwelms skryf! Wil julle slim hou🙂

  5. Zee,
    Doensovoort!
    Hou ons slim!
    Ons sê dankie!!

  6. Mense, dis scary!

    Zee, ek mis jou!

    (((zee)))

  7. Platseltjie, bly jy lewe nog, al die boksies gepak vir Maandag se trek? (Is Maandag nê? Jy beter maar reel vir die ponies, klein Zee kan nie wag nie🙂

  8. Zee, gaan blog bietjie by Prof. Hennie op Woensdag 5 Maart se blog.

  9. Vader tog, wat volgende? Dit maak my sommer briesend dat mense ons kinders so wil verlei. Dankie, Zee, ek sal my twee daarop wys.

  10. Hi Zee

    In watter laerskool is jou vriendin se seuntjie?

    Sulke goed maak mens sommer baie bang.

  11. Dankie Zee. Ek sal bly wees vir soveel moontlik inligting. Ek het ook hierdie e-mail so ruk terug gekry en sommer vir almal aangestuur. As ek so iets kry maak ek gewoonlik sommer ‘n afskrif vir die Kleuterskool.
    Ek word ook so vies oor tattoo’s wat in lekkers voorkom. Ek weier om dit op my dogtertjie te sit, want so paar jaar terug was daar gerugte dat dit ook dwelms kan bevat, ek weet nie of dit waar is nie, maar ek is maar liewer bang Jan as dooie Jan.

  12. Squiggels, hy is in ‘n Engelse laerskool in Benoni. Nie seker van die naam nie.

    RB, jy gee my ‘n goeie idee jong, gaan sommer hierdie ook vandag vir klein Zee se kleuterskool gee! Stem saam oor die tatoo’s ding, mens weet nooit wat daar in is nie!

  13. Weereens iets waarteen ons moet baklei, ag liewe aarde en dan ook hierdie “choking game” Ons arme kinders!
    Zee
    Ek sukkel met die tagging, maar dankie vir die opspoor van my eerste probeerslag op WordPress.

  14. Sammi, ek het eers gister regtig die “tagging” reggekry (ek hoop). Skreeu maar Dellie, sy weet van alles!

    Ek hou daarvan om julle op te spoor !!!!!😆

  15. Ek is soooo bly my kind is groot! Klein outjies kan mos baie maklik dink dit is net sweeties. Dis rerig siek hoe ver hierdie mense gaan om slawe van ons kinders te maak.

    Hou gerus aan met jou dwelm possies, hoe meer mens weet, hoe makliker is dit om die probleem raak te sien. Dankie.

    Uhm, Zee, ek weet nie ALLES nie hoor!😆 Maar ek help graag waar ek kan!😉

  16. Ek kan dit nie flippen glo nie!!!!! Dankie vir die inligting Zee.

  17. Zee nie ons raak nie siek vir jou postings nie, allermins.

    LSD kom baie keer voor in klein prentjies wat seker soos tattoes kan lyk. Die dwelm word bo-oor geverf (reukloos en kleurloos) en as jy daaraan lek kry jy dit in.

    Hulle gebruik die prentjies wat op daardie stadium gewild is.

  18. Dankie Zee. Moenie stop. Dis belangrik dat ons ouers ingelig kom.

  19. More, ek wil net weet wat is die effekte wat dit op die kinders het. Na watse tekens moet ons kyk?

  20. Marietjie,
    Ek sal bietjie gaan opswat en n posting oor crystal meth doen.

  21. Pingback: Crystal Methamphetamine « Zee Se Scribbles

  22. Wow Zee, hierdie goed lyk lekker om te eet (om in te bad ook), daar is deesdae soveel gevaar daarbuite. My kinders is groot, maar hoe erg gaan dit gaan by die tyd wat ek kleinkinders het. Dit moet stop gesit word, en jou deel om hierdie euwel uit te roei word waardeer!

    Groete

  23. Was nou die dag VREESLIK trots op my sewejarige Doef…Hy het vir ‘n maatjie gese dat drugs gevaarlik is want dit gee vir jou braindamage. Sy presiese woorde (ok, soos ek dit afgeluister het) was :” If you sniff or drink drugs, you get braindamaged and then you can’t eat or walk” Een goeie ding wat uit sy boeta se lewe vir hom geleer is…

  24. Carina, voorwaar iets om oor trots te wees. En hy is net sewe!!

    Ek het juis gister by Zeethan se kleuterskool weer ‘n plakkaat van die SQ gesien wat deur die departement van gesondheid gestamp was. Mannetjie gaan van vroeg af leer oor die gevare van dwelms.

    Ek gaan bietjie jou Doef se woorde diep hier binne my bere vir eendag…

  25. Hi Zee
    sien vandag eerste keer jou blog en dankie dat daar nog sulke mense is wat omgee vir ander se kinners,doen navorsing vir seun vir skool projek en ek kom op dit af.High 5!So bly ons op hoogte,ek sal hom sommer dadelik vertel.
    Dankie sus in God

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s