Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Hoe voel ‘n ma van ‘n dwelmverslaafde?

25 Kommentaar

“Want Uno-man is wel uiteindelik deur die polisie opgespoor, maar hy is ‘n dwelmverslaafde wat in sy Uno bly. Hy is al voorheen gevang vir ander klein misdade en sy ma het hom maar elke keer uit die tronk kom “bail”. Ek dink nie ek sal ooit ‘n sent sien nie.” Rosalin Franklin het hierdie post op 19 Februarie geskryf en ek wil graag uit die “ma” se oogpunt iets hieroor lewer.

Na ek hierdie storie van Rosalin gelees het, het ek wel gelag oor die komieklikheid daarvan maar aan die ander kant het ek ook die erns en swaarkry daarvan besef.

Hoe voel ‘n ma van ‘n dwelmverslaafde elke keer as iemand aan jou deur klop of jou bel vir:

  • Jou kind het my seun se Diesel skoene verloor
  • Jou seun het my selfoon gesteel
  • Jou seun het hier by ons gekuier en ons video kamera is weg, nie dat ons nou sê dat dit hy is nie maar net hy en ons kind was by die huis
  • Jou seun het my beursie gesteel

Ek kan hier aangaan en aangaan maar ek dink julle verstaan wat ek hier probeer sê!

Hoe voel ‘n ma van ‘n dwelmverslaafde elke keer as jou vriende kom kuier en jy vir hulle moet vra om asseblief hulle handsakke en selfone in ons kamer toe te sluit of dit liewer by die huis te los.

Hoe voel ‘n ma van ‘n dwelmverslaafde wanneer die “Nigerians” jou dogter begin “harass” op haar selfoon vir die geld wat haar broer hom skuld.

Hoe voel ‘n ma van ‘n dwelmverslaafde wanneer die “Nigerians” wel by jou huis opdaag om die geld van jou te eis anders word jou dwelmverslaafde seun en jou hele familie uitgewis.

Hoe voel ‘n ma van ‘n dwelmverslaafde wanneer sy besef dat haar juwele wat gesteel is en sy die huishulp blameer het eintlik nie die huishulp was nie

Ek het in die begin al hierdie “goed” vervang of die geld aan die betrokke ouers terug gegee want dit was my kind wat dit gevat/verloor het.  Op daardie stadium het ek nog nie regtig besef wat die omvang was nie. 

Hoe voel ‘n ma van ‘n dwelmverslaafde as mense jou bel of aan jou deur kom klop en jy nie meer die geld het om hulle skade te betaal nie?

Hoe voel ‘n ma van ‘n dwelmverslaafde as jy NIE MEER WIL BETAAL om jou kind uit dit tronk te hou nie?

HARTSEER, VERNEERDER, USELESS, jy voel hoe jou gesig rooi word van SKAAMTE as jy jou voordeur oopmaak en daardie te bekende rympie word herhaal…….. Jou seun het……………..

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

25 thoughts on “Hoe voel ‘n ma van ‘n dwelmverslaafde?

  1. Zee. Ek is ‘n ma. Ek het ‘n seun. My hart breek vir jou. Ek hoop, ek bid dat ek NOOIT sal weet hoe jy gevoel het nie. Dankie dat jy (en Sonkind) so oopmaak. Dis vir my ‘n aanwyser, want ek weet baie goed dat dit KAN my lot ook wees.

  2. Zee… ek ken daai gevoel, hulle het nie net aan my ma se deur maar ook aan myne begin klop op die ou einde! Mens voel al die bo genoemde maar my grootse vrees was dat ek daai deur oop maak en die persoon aan die ander kant sê vir my “jou broer het… sy lewe geneem” my niggie het in haar drug haze dit gedoen en ek dink my tannie se hart skip nog n beat as sy die voor deur klokkie hoor lui…

  3. Ek probeer dink wat om vir jou te sê. Ek het met so iemand uitgegaan. Alles verdwyn net, jou familie se goed, alles. So graag soos wat mens wil moed opgee, net soveel kan jy nie. Ek steek nou nog alles weg al is ons al meer as ‘n jaar uitmekaar en hy in September oorlede. Ek het in die tyd wat ons saam was soveel sulke ma’s gesien en ek het hulle hartseer kon deel. Dwelms is ‘n verskriklike ding en voor jy nie met so iemand te doen gehad het en gesien het hoe hy homself verniel terwyl jy magteloos toekyk nie, dink ek nie mens kan verstaan nie.

  4. Dit kan glad nie lekker wees om ooit sulke nuus te moet hoor as mens se voordeur klokkie lui nie.

    Sterkte

  5. Zee, ek kan my nie in dink nie. (((Zee))) Dit moet BAIE erg wees.

  6. Ag ou Zee, ek kan maar net vir jou ‘n drukkie gee, en bid dat dit nooit met my sal gebeur nie. My vriendin van wie ek so ‘n rukkie terug vertel het, het haar seun nou in terapie, maar die maatskaplike werker sê vir haar dat hulle niks kan doen voordat HY nie besluit het dis nou genoeg en verby nie. Sy saak moet nog voorkom. En weet jy wat? Sy probeer haar bes om hom gestraf te kry, sy is bang hy gaan net oor die vingers getik word en aangaan met wat hy doen. Ek weet dat ‘n ma in hierdie posisie die beste doen wat sy kan. Dankie vir jou deel. Dit maak dit vir my effens makliker om haar te ondersteun.

  7. Zee…Ek wil net ‘n bietjie konteks gee na aanleiding my my storie. Die dwelmverslaafde wat in my vasgry het, is al 38 jaar oud. Moet sy ma nog vir hom ma-staan? Ek het duisende rande se skade gely.
    Ek is vreeslik jammer oor jou situasie en indien my skrywe jou seergemaak het is ek jammer. Baie sterkte.

  8. Ai Zee, wat kan mens sê. My broer het ook goed gegaps. Hy was nou wel nie op drugs nie, maar ek weet waardeur my ma gegaan het as die foon lui en sê ‘jou seun….’ Het hom ook laat toesluit een keer, maar hy het net die polisie gecharm en hulle het hom weer huis toe gebring. Vriendin van my het ook so probleme met haar seun se dagga neiging. Sy is ook raadop en moedeloos. Ek copy vir haar die postings oor dwelms en mail dit vir haar. Miskien sien sy iewers ‘n ligstraaltjie, en kan dalk iets doen vir haar kind voor dit ook te laat is. My hart gaan eerlik uit na jou, en die ander mammas wat so probleem het. (((((((Strekte ou Zee))))))))
    Sonneblom

  9. Rosalin… ek het hierdie geskryf om net ‘n bietjie insig te gee waardeur ouers van dwelmverslaafdes gaan. Ek het geensins bedoel om jou daardeur “sleg” te laat voel nie.
    Ek glo nie dat daai outjie se ma meer vir hom moet ma-staan nie want sy steek hom net verder in sy kwaad. Ek voel dat hy moet betaal vir wat hy gedoen het en nie sy ouers nie, maar deesdae met die wet hoop ek dat jy darem jou “excess” van hom/hulle sal terug kry.
    Ek het dit vir jare gedoen en toe die Nigerians begin klop het, het ons besef, genoeg is genoeg en hom gevra om die huis te verlaat en net sy eie lewe in gevaar te gaan stel aangesien al die hulp wat ons vir hom aangebied het vir hom niks beteken nie. Hoop ek maak sin hierso!

  10. Natuurlik Zee, ek kan my nie indink hoe moeilik dit vir jou/julle moet wees nie. Jy maak heeltemal sin, ek verstaan. Die mense wat eintlik hierdeur seerkry is die ouers, die vriende, die familie en ander. Dankie dat jy dit hier gedeel het, baie, baie liefde.

  11. Dankie dat jy jou seer met ons deel Zee. Mens verstaan nie altyd sulke goed en die “ander kant” nie. Die dwelm wêreld is vir my vreemd, baie liefde vir jou.

  12. Ek sit hier en tjank my hart uit maar dan onthou ek ook tussen die trane hoe goed die Vader vir ons is. Ek lees juis vanoggend met my stiltetyd in Joyce Meyer se Everyday Life Bible in Psalm 37:5 “Commit your way to the Lord (wat beteken: roll and repose each care of your load on Him); trust (wat beteken: lean on, rely on and be confident) also in Him and He will bring it to pass”. Ag Zee, ek weet waar jou serkte is maar ek bid elke dag dat jy sal volhard en dra julle as gesin en ook vir Zeetjie se ouers op aan ons Saligmaker, en ek weet – nee ek glo dat wanneer ons dit die minste verwag, ook hierdie hel verby sal wees. Baie lief vir julle

  13. Ai Zee, jy weet ek bid elke aand. Moenie moed opgee nie, maar moet ook nie teruggaan op jou besluite nie! (((((((Zee)))))))

  14. Zee, ek is sprakeloos. Ek weet nie wat om vir jou te se, behalwe BAIE STERKTE, nie. Ek dink mense wat nog nie daardeur is nie weet nie wat dit is nie. Ek hoop en vertrou dat julle die nodige ondersteuning kry van vriende en familie. Ek dink aan julle.

  15. Zee,sterkte vir jou en jou mense. Ek dra julle op aan Hom wat oor alles beskik,vir krag en genade,om hierdie bitter beker met grasie te ledig!
    Grootneus.

  16. Here seen asb vir Zee met baie liefde,goeie insig & oordeel wat van U kom! Verryk haar menswees met U teenwordigheid & help haar om U wil te doen.Hou U hand v bewaring oor haar en haar gesin,want ek weet sy’s vir U KOSBAAR! AMEN.

  17. Vandag wil ek vir almal hier baie dankie sê vir die omgee. Dit is baie swaar om jou kind af te skryf en te weet hy het nie ‘n plek om te bly of kos om te eet nie. Maar ek moet volstaan met my besluit want anders gaan ons familie dieselfde pad loop. Al wat ons kan doen is om vir hom te bid en te glo dat die Here binnekort sal ingryp in sy lewe en ons weer ons kind terug sal hê.
    Dankie!

  18. Zee, gebruik asb ‘n donkerder kleur as jy posts doen – ek is nou in ‘n kopseer in gelees. 😉

    Jy is so bevoorreg om jou siel hier te kan uitskryf, alhoewel dit nie die situasie enigsins minder erg maak nie. En dit ook nie oplos nie.

    Daar is ouers wat dit nie kan doen nie, en wat suffer in stilte in die dwelmhel wat ‘n kind vir hulle geskep het.

    Vir julle mense bid ek toe ‘n regering en ‘n leier wat die waarde van gesonde kinders en gesonde gesinne aanhang, en wat die vernietigende effek van dwelms op mense in die algemeen erken, en wat alles in hulle vermoens sal doen om van hierdie onwettige drek ontslae te raak wat tans grommend op die straathoeke staan en grynslag en onskuldige kinders onherkenbaar vermink.

    Nie soos die huidige sogenaamde leiers wat self users, pushers en vennote in die gemors is nie.

  19. Sorry Skoor dat ek jou oë gestrain het, ek het die kleur verander. Ag ek hou net daarvan om dinge mooi te maak.😉

    Jou woorde is so waar, nevermind hoe jy smeek by die staat om jou kind te help nie. Ons sukkel nou al 3 maande net om hulle (ons het klaar die hofbevel) vir ‘n “assesment” te stuur. Die MW is of siek of in die hof of……. Dit bly net ‘n neverending story!

  20. Goeie genade Zee. Ek voel saam jou. Dit moet hel wees om so te leef. Ek bid vir rustigheid vir jou.

  21. Hi Zee – ek weet presies hoe jy voel – maar ek vra nou hulp aan jou – wat of waar moet ek gaan hulp soek met so n kind – hy was in rehab en het ontsnap – ek wil he die hof moet hom stuur -please

  22. Sonskyn, ek stuur vir jou ‘n e-pos!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s