Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

5 goetermajaties wat my gelukkig maak

6 Kommentaar

Vygie het my getag om die 5 goete wat my gelukkig maak te deel.

  • Zeethan – Ek is op my gelukkigste as klein Zee “happy” is. As ek hom by die kleuterskool aflaai en hy sy armpies uitsteek om na sy juffrou toe te gaan, dan weet ek hy is gelukkig by die kleuterskool en ek kan rustig werk toe gaan.
  • My geloof – As ek Sondae langs mamma in die kerk kan sit en meedoen aan Lofprysing en Aanbidding. Dan wil ek op my kniee gaan en vir die Here dankie se vir al die genade wat hy oor my familie uitstort.
  • “Scrapbooking” – Ek raak verlore in my eie ou wêreldtjie as ek scrap. Dit is baie teraupeties vir my. (Net jammer ek kry so min tyd daarvoor).
  • Scubaduik – dit is nou ‘n passie wat ek en manlief deel. Ook met die res van my gesin. My mams het eendag die te sê gehad oor duik en ek stem heeltemal saam met haar. Die beeldskone tonele onder water kan net God wees wat Sy kreatiwiteit vrye teuels gegee het”. Dit is ‘n plek waar ‘n mens besef hoe groot Hy is.
  • My man – ek glo dat as hy nie daar was vir my nie ek nie die persoon sou wees wat ek vandag is nie. Hy vat baie van die lewe se “punches” vir my. Hy is die alles in my lewe.

Ek “tag” vir Sonkind

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

6 thoughts on “5 goetermajaties wat my gelukkig maak

  1. Hi Zee ons kyk so maklik die klein dingetjies van ‘n gelukkige kind en ‘n goeie lewensmaat mis omdat ons so gewoond raak daaraan.

  2. Pingback: My 5 Happy’s « Sonkind

  3. Dis waar wat Ds Attie sê: die goed wat ons die gelukkigste maak, is reg voor ons oë. Jy en Zee maak dat ek dit elke dag onthou. Dankie!

    NS. Hoop jy voel gou beter! ((Zee))

  4. Ek is bly jy is van die ‘genuis’-goeters af weg! Het my skoon ‘n kompleks gegee!
    Ja, toe ek begin dink aan die goed wat my gelukkig maak, het my ou seuntjie ook eerste ‘to mind’ gekom. Hulle maak mens dem moeg, maar ‘n lewe SONDER hulle… ek weet nie.

  5. Scubaduik?! Ek is beindruk.😀

  6. Roer, gaan kyk na “oor my” dan sien jy my sommer daar onder in die diep blou see 😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s