Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

My gunsteling

7 Kommentaar

Xanika het my getag om my 5 gunstelinge te gee.  Omdat ek nou nog nie so lank in hierdie wêreld is nie, het ek net een.  Ek tag niemand nie want by nou is almal al seker getag!

My harts-kind is my gunsteling.

Ek het toe ek die gediggie geskryf het nog ene geskryf en het nie geweet watter een om te post nie, nou het ek sommer die kans om hierdie een ook op papier neer te lê😉

zeethan-027.jpg

Zeethan

Voor jou koms die angs en vrees
gewonder of jy oraait gaan wees
maar die eerste oomblik se ontmoet
toe jy saggies aan my siel kom groet!

Jy was so deel van my DNS
kon sowel jou eie mamma wees
want dis wat ek toe vir jou wou sê
ek wil jou altyd by my hê.

Elke dag se hospitaal te deel
gewonder of ons saam sou speel
waar’s hy?waar’s hy? peeka-boo!
toe doen ons dit in  “ICU”.

Met gram vir gram se weeg
al nader aan mekaar beweeg
en op die 15de dag se pyn
kon ek jou huis-toe vat vir my!

In ‘n oogwink het jy alles hier
in ‘n positiewe way gestuur
en nou weet ek wat’s die doel
met jou kan ons net liefde voel!

Al die baklei was die moeite werd
al die gesweet-talk en papier werk
gewag omdat ons by jou wou wees
ons deel meer as net bloed en vlees.

Nou het ons elke dag geluk
want 10 Mei 2007 was jy wettiglik
my engeltjie en gene-kind
my seerste seer, my hart se punt!

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

7 thoughts on “My gunsteling

  1. W O W !!!

    Dankie vir jou kuier op my blog. Kom loer weer more, het iets daar vir jou.

  2. Nice, Zee!😉

    As jy more vir Gypsy girl sien, gee haar asseblief ‘n vet druk van my af?

  3. Ai, Zee, soveel soet en suur in jou lewe. Hoop dis eendag NET soet. Sterkte, jong.

  4. Jinne tog, maar dis vreeslik mooi. So baie liefde!

  5. Dankie Wag-n-bietjie!😉

  6. Wow dis ‘n vreeslike mooi gedig!!

    En Tannie Wipneus se baby lyk te pragtig hier!! :mrgreen:

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s