Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Ouma gaan weer ‘n sussie ryker word!

13 Kommentaar

Laas week kuier ek by mamma.  Sy haal toe die sonar uit en ek skrik my boeglam.  Dis dan n kleine babatjie wat daar lê.  Nee kyk, skok staan om my gesig geskryf en sê toe maar,  OK, solank die skuldige net ryk is laat ek kan aftree, lyk mos vir my ek gaan na 2 kleingoed moet kyk…ek sal nie meer kan werk nie.

Sy begin so hard lag dat die trane rol…. en nou…. ek weet sy het dokters gaan sien oor die pyn in haar rug en hulle was besig om toetse te doen om te kyk wat die skade aan haar rug is, maar die… nee man, sy is in haar 60’s.

Die klein karnallie is al so 6.2 by 7.2 cm.  Ek beloer toe maar weer die sonar papiertjie.  Ek sien nie handjies of voetjies nie… Wat nou? 

Nee kyk, sy het my gehad hierdie keer.

Sterkte vir die operasie vandag mamma om daardie karnallie van ‘n “cist” te verwyder en ek hoop dat die die probleem was en dat mamma die pyn van ‘n rug operasie gespaar sal wees.

Love you! 

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

13 thoughts on “Ouma gaan weer ‘n sussie ryker word!

  1. Jy het my nou laat giggel!
    Sterkte aan jou mamma met die operasie!!!

  2. Haai maar oumense kan ok nog stout wees op hul oudag!
    Hoop jou ma sterk mooi aan!

  3. Hi Zee,

    Sterkte met jou moeder se operasie. Ek net net begin dink sy sien kans vir baie met nog ‘n baba. hehehe.

    Groetetjies
    Sonneblom

  4. Ek is bly dis nie haar rug nie. Sterkte en beterskap vir haar!

  5. Sterkte met jou ma se operasie!!

  6. Hahaha!! Moes weer lees – wou nou net sê: behoed my liewen Heer as ek op 60 moet…. oh my word!! Sterkte vir jou se mamma! x

  7. Oef, ja-nee! Baie voorspoed.

  8. Sterkte vir jou ma – kan dink dit moes vir jou eers ‘n skok gewees het!
    Jy’s getag: http://tekkies.wordpress.com/2008/02/07/vat-vyf/

  9. Lekker giggel ek nou!😆 Hoop die operasie het suksesvol afgeloop!

  10. Het ek op SSSB reggelees dat klein Zee bietjie olik is? Hoop hy is al beter!

  11. Botterjie, dankie, Zeethan is beter, dit is mangel ontsteking en bietjie kroeperigheid, die groot ding is om hom op die “nebulizer” te sit en daar te probeer hou, weet nie hoe die dokters verwag ‘n mens dit met ‘n 1jarige moet doen nie, moet 3 verskillende goeters inasem!!

  12. Zee, hoop jou moeder sterk goed aan!!
    Baie voorspoed vir julle!

  13. Ek moes waaragtig waar jou skrywe 3 keer lees, ek het amper ‘n hart aanval gehad en dan was my twee monsters mamaloos. Sterke met mamma se operasie. Sy sal vinnig weer haar ou self wees. Stuur groete aan Sigeuner as jy Sondag gaan kuier, ek mis haar baie.. Sê asseblief vir haar ek sal haar binnekort weer bel om te chat.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s