Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Dankbaar!

9 Kommentaar

Vandag is ek dankbaar.

Dankbaar vir my man. Dankbaar vir my moeder.

In Desember 2007 het ons omtrent elke dag gehoor dat daar ‘n kleinding verdrink het in ‘n swembad.  My man het daar besluit dat ons nie eers moet wag dat Zeethan eers moet loop voordat ons ‘n swembad net moet opsit nie.  Ons het kwotasies gekry vir die swembad en koipond.  Ek het nie genoeg geld gehad om vir altwee te betaal nie, dis waar mamma ingekom het. Sy het vir ons die helfte van die geld gegee om die nette op te sit.

Gister toe ek by die werk kom moes ek hoor dat een van my kollegas se 2jaar oue seuntjie verdrink het in hulle swembad.  Ek het yskoud geword.  Wat as ek nie die geld bymekaar geskraap het nie, wat as ek nie die nette laat opsit het nie.  Ek wil nie eers daaraan dink nie.

Hulle moes gister Brian se kluis sleutels van hom wegvat.  Wat gaan deur hierdie ouers se koppe.  Ek kan myself nie indink wat hulle moet deurgaan nie.  Soos ek hier tik kry ek koue rillings en die trane rol oor my wange.  My hart is so seer vir hulle part.  Dit is nie nou net meer is statistiek nie, dit is iemand wat ek ken.

Brian, my hart goes out to you and your family, may God provide you with peace and hold you and your wife in His loving arms and comfort you. 

Dankie Dada (manlief) en Mamma, dat julle ‘n plan gemaak het, ek dink nie ek sal dit kan oorleef as dit met klein Zee gebeur nie. 

My versoek aan almal wat swembaddens het, klein kindertjies, gaan maak skuld, sit ‘n net op, nou nou is dit nie meer net ‘n statistiek nie.

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

9 thoughts on “Dankbaar!

  1. Lekker om ouers te hê wat so ondersteunend is! Jou Pa en Ma is verseker ook baie dankbaar dat hulle kon help!

    Goed dat julle ‘n net gekies het vir dieswembad. Jare terug toe ons ‘n swembad gebou het, het ons die swembad omhein. Dit het nie my kind uitgehou nie! Hy het ‘n tafel nader gesleep en oor die heining geklim. Gelukkig het ons dit betyds gesien!
    Die Here het hom beskerm! Dankie tog!!
    Jy moet so gou as wat dit moontlik is jou kind leer swem!! Dit is die veiligste!!!

    Ek bid vir bg ouers!!

    Sterkte vir jou!
    Geniet jou kind!! Hulle word so gou groot!

    My dogter(dalk dieselfde ouderdom as jy) en haar man woon in Amerika. Ek verlang!! Hopelik word ek ook een van die dae Ouma!

  2. Carolina, as jy nou so van Amerika praat verlang ek ook, my ma se broer bly daar en hulle kom elke jaar oor, ma oe, mens mis hulle, nou kan ek my indink hoe jy jou dogter hulle moet mis. En ja, die swemlesse gaan binnekort gebeur, veral omdat ons baie gaan duik en by water is. En net so by the way, klein Zee is my kleinkind, gaan lees gerus my storie 1 en 2 dan sal jy verstaan😉

  3. ai zee… Klink of ons dieselfde ouers het!

    ((zee x 2))

  4. Zee,
    Toe het ek die kat aan die stert beet! Dog jy is so oud soos my dogter en al die tyd val jy in my ouderdoms groep!

    Sjoe jy het ‘n hartseer verhaal!
    Ek het hoendervleis gekry toe ek jou stories lees!
    Maar uit julle hartseer en pyn het daar groot vreugde vir julle gekom!!
    Iemand het eendag geskryf: “Pyn is die mes wat jou lewe skoon sny sodat jou vreugde weer suiwer en jou geluk opreg kan wees”

    Ek is saam met julle bly dat julle soveel vreugde beleef met klein Zee!!!
    Gee vir klein Zee ‘n drukkie namens my!! Hy is so spesiaal!

    Ja ek mis my dogter baie! Ek het 3 seuns en sy is my enigste dogter!
    Sy en haar man is reeds 2 jaar daar. Hulle be-oog om nog so 4 jaar daar te werk(sy het haar meesters graad in verpleegkunde en haar man is ‘n geoloog) en dan hopelik terug te keer na SA! Ons kuier 2 keer ‘n jaar by hulle. So sien ons ook darem die mooi plekke in Amerika. Los Angelos, Las Vegas , San Francisco en die laaste keer was ons saam hulle in New York!

    Sal saam met julle bid vir julle seun!!
    Sterkte!!

  5. Dis baie baaaaaie eina!! Sterkte vir jou kollega en die gesin! x

  6. Dis vir my net so hartseer om van sulke goed te lees. Mens dink altyd dit gebeur met “ander mense”. Wel vir ander mense, is ons ander mense…

  7. Se asb. vir jou kollega ek dra hulle uit die diepte van my hart aan Die Groot Geneser van alle hartseer op en bid dat tyd die seer ligter sal maak. Ek is seker hulle het ook soos jy gevoel – dat as so iets met ons gebeur, jy dit nie sal oorleef nie, maar ons moet altyd onthou dat daar ‘n Maker is wat ons bystaan. (maklik vir my om te se wat nog nie ‘n kindjie verloor het nie). Zee, hou aan om vir Brian by die werk by te staan want hy gaan nog vir ‘n baie lang ruk julle ondersteuning nodig he. Ek het hom en sy gesin ook op die gebedsgroep se lysie gesit. Love u.

  8. Ai Zee, ek dink baie spesiaal aan jou kollega-hulle. Marco het nou al twee keer “ingeval” in die swembad. Die swembadnet was nog elke keer op, so hy’t net nat geword. Sulke goed gebeur. En hulle is verskriklik tragies.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s