Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Klein Zee word 1 en die disaster koek!

25 Kommentaar

p-2.gif

Your’e 1 Today

There’s so much fun for you to have,

so many things to do,

Taking steps and saying words

and your first birthday too.

Have A happy Day Little One!

Hier is hy, my liefling kind, en hy word 1 jaar oud vandag.  Zeethan, baie geluk met jou verjaarsdag, ouma en oupa het jou so lief soos die sterre vermeenigvuldig met oneindigbaar!!  “Kleinding, jy is die lig van almal se lewe”.  Jy het ons weer iets gegee om voor te lewe, daar gaan nie ‘n dag verby dat jy ons nie laat smile nie.  Ek druk jou sommer stukkend! Mag jy net voorspoed en geluk in jou lewe voorentoe hê!

zeethan.jpg

 

Die verjaarsdag koek!

Ek het lekker gebak gister, was opgewonde want EK wou sy eerste verjaarsdag koek bak.  Mmmmm, die koek ruik so lekker, haal hom uit die oond en laat die koek afkoel.  Nou begin die versiering, groot pret want ek kannie kook nie en ek kannie bak nie!!, maar hou van creativity! Hier’s hy, klein Zee se eerste verjaarsdag koek.

 

zeethan-247.jpg

Nou kyk, terwyl ek besig was om die koek te versier het hy al uitmekaar geval – kan dit nie verstaan nie, hy is dan gaar!  Ek patch toe maar orals met die instant versiersuiker op en woela, sit hou gou in die yskas en hoop dat hy maar sal set.  Ek gaan so ‘n uur later om na my handewerk te kyk en toe ek die yskas oopmaak begin ek sommer huil, die een helfte van die koek het soos ‘n avalance inmekaar getuimel.  Manlief troos en sê ek moenie worry nie, ons eet hom net so en toe stroom die trane eers, ek het regtig probeer!! Plan B?? Sal vinnig een moet kry voor vannaand😆

Maar in elke geval, hierso, kry vir julle elkeen ‘n stukkie van Zee se verjaarsdag koek!

p.gif

 

koek-mishap.jpg

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

25 thoughts on “Klein Zee word 1 en die disaster koek!

  1. HAPPY BIRTHDAY
    BABY ZEE.
    LOVE YOU LOTS LIKE JELLY TOTS
    AUNTY CHADINE

  2. Moenie worry oor die koek nie, hy sal dit nie onthou nie en daar is ‘n hele jaar oor om in te oefen vir die volgende een! Hehehe.

    Baie geluk met jou verjaarsdag, Zee! Mag daar nog baaaaiiiieeeeee jare voorlê!

  3. Baie geluk, Zeethan, mag jy ‘n sonstraaltjie bly vir Ouma en Oupa!

    Ag Zee, die koek het pragtig gelyk man, en hy gaan in elk geval stukkend in die maag in… 10 uit 10 vir jou poging! Miskien was daar ‘n aardbewing waarvan jy nie geweet het nie… (Thanx, dit smaak lekker!)

  4. Die koek lyk in elk geval pragtig of dit nou plat geval het of nie -dus die idee wat tel.

    Baie geluk klein Zee`tjie

    Wit perd

  5. Dis wonderlik dat jy die fotos het van sy heel eerste verjaardagkoek, al was dit dan ‘n flop. Dis nou alles deel van die geskiedenis en net reg vir jou scrap boek. En moenie bekommer oor jy nie ‘n bakster is nie….jy is baie ander wonderlike goed wat meer as opmaak vir dit. Jy en Marc is wonderlike grootouers en met Liewe Jesus se hulp weet ek dat julle hom reg sal grootmaak vir Sy Koningryk. Ek is so trots op julle en ek weet hy sal vir julle net ‘n plesier in die lewe word. Baie geluk met sy verjaardag en geniet die dag saam met hom.

    Baie liefde,

    Ma3

  6. So floppie koek smaak gewoonlik lekkerder as ‘n 100 % perfekte koek! Dankie, ek sal ‘n stukkie vat!

    En die ou dingetjie is DIERBAAR!! Baie geluk!

  7. Lekke verjaar Zee jnr! Baie seen en voorspoed vir die jare wat voorle!
    Die koek lyk stunning – jy’t darem probeer, die ma het met Sussa se 1ste verjaarsdag sommer ‘n winkelkoek gekry, want um, bak is nie ‘n sterkpunt nie.
    Ek glo in elk geval as hy groot genoeg is om te verstaan sal hy hierdie poging waardeer.
    xxx

  8. Baie geluk met jou 1ste verjaarsdag, klein Zee, ons sien jou vanaand, en Zee, baie geluk ook aan jou en Marc julle 2 is vir ons almal ‘n aansporing om weer eens vir die Here dankie te sê vir dit wat ons het. Kan nie glo ‘n jaar is al verby nie, en mag die jare vorentoe net vir julle en klein Zee geluk inhou. Ek dink die koek is stunning!! Baie goeie poging, en hy gaan in elk geval net maag toe.

  9. HAPPY HAPPY BDAY BABY ZEE

    Dis die mooiste kiki. Hy is al groot en te oulikies. Hoop die dag bring vir hom baie speelgoedjies en lekker laggies. Geniet die dag saam met hom ouma en oupa.

    MMMMMM die koek is very nice hey…LOL

  10. Baie, baie geluk Zeethan met jou verjaarsdag. Zee, daai koek lyk oulik man, moenie jouself onderskat nie. Ek sal ook ‘n stukkie eet, dankie

  11. Baie geluk Zeethan. Geniet hierdie eerste verjaardag wat die Here spesiaal vir jou gegee het.

    Zee, baie geluk aan jou en jou man ook. Mag die Here julle seen.

    Ek sien niks fout met die koek nie? Lyk vir my stunning!

  12. Ai tog, wou nog se:

    Klein Zee is te pragtig vir woorde!

  13. Wow tyd vlieg, ‘n jaar is verby dit voel soos gister toe jy my gebel het om te se hy is gebore groot was ons vreugde dit is en bly ‘n wonderwerk. God se genade is werklik groot en dankbaar is ons vir sy gesondheid en julle vreugde.

    Dankie dat ons hierdie bondeltjie vreugde met julle kan deel.

    Zeethan jy is pragtig ‘n ware engel gestuur van God reguit uit die hemel. Ons is baaaaaie lief vir jou!!!!

    Tannie Adele, Heinrich & Leane
    PS, ek weet oom Johan mis jou da in die hemel….

  14. Zee, ek het bietjie kom loer hier op jou blog, ek sukkel al twee dae lank om een te probeer maak, ek sweer ek weet nie meer nie, Baie geluk met die klein mensie se verjaarsdag. Hy is spesiaal, wees lief vir hom.

  15. Baie dankie aan almal vir al julle goeie wense, Zeethan stuur ‘n lekker sopnat soentjie vir julle almal😉

  16. Ai Zee… klein Zee is te kosbaar vir woorde! Gee vir hom n groot druk van my sommer ook! baie baie geluk met die viering van sy eerste verjaarsdag… en ek weet somer daar gaan nog vele meer wees!

  17. hi daar ma,

    geluk met ou klein boetie se b’day, ek het dit baie geniet om deel daar van te wees.

    ek hoop daar sal nog vele meer wees wat ek saam met hom kan deel.

    ek is baie lief vir jou zeethan en onthou my ma en pa is jou ouma en oupa nie mamma of dadda nie!!!

    love jou stukkend
    sussa

  18. Hi Zee,
    Ek kan sommer sien julle is ‘n baie hegte familie. Met so ondersteuningsnetwerk kan mens ver kom!
    Hoe het die birthday toe afgeloop? Het die mannetjie sy koek geniet?!

  19. Ag geluk julle! En moenie worry oor die koek nie. Dis die smaak wat saakmaak!

  20. Wat ‘n pragtige ou kindjie. Ek het dit nou gemis, maar baie geluk en welgedaan aan jou ook met daai koek.

  21. Zee

    Dankie vir jou inloer op my blog.
    Ons swembad het ook verdwyn in ‘n poel van modder. Ai wat ‘n storie om dit weer skoon te kry.
    Geniet die dag
    Karl

  22. mmmm! I r here!

    (hugz)

  23. Zee, die koek sou definitief 10 uit 10 by my dogter gekry het, maak nie saak hoe dit lyk nie. Al wat vir haar sou tel is dat Winnie the Pooh daarop is. Sy is nou 15 en is mal oor Pooh. Terloops, die koek het heel goed uitgekom. Jy is beter as ek… Hoop klein Zee het sy verjaarsdag geniet…

  24. hie hie zee ek grou in jou ou skryfies rond. Hierdie dingetjie het nou net my hart gesteel, ouma en oupa julle is gelukkig om so presentjie te kry!!!

  25. Wipneus, is ons nie gelukkig nie!!!! Hy is so n ou engeltjie en ek ruil hom vir niks in hierdie wêreld nie!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s