Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

My harts-kind

26 Kommentaar

My harts-kind

scan0006.jpgscan0006.jpgscan0006.jpg

DNS vermeng, verdeel…
word twee selle… tik… tik… word meer
‘n deeltjie van jou, ‘n deeltjie van hom
‘n deeltjie vir my… gedeel, tik… tik…

Hoeveel selle op die 4de dag?
gaan ek dit maak, hoeveel gaan ek groei?
ek weet ek verdeel alweer, my naelstring bloei
hoeveel selle op die 4de maand?

Ek kan voel my hart klop!… tik-tik
weet jy nog van my?
voel my skop, ek gly
in my fetus-posisie verby.

Jy’t my laat maak ontrek
my lyfie kon so min verwerk
van pyn het ek geskreeu, dag en nag
waarom het jy my verwag!

‘n Kind word mos op twee gespeen
maar ek was net ‘n ruk verleen
in plaas van tik en speed
kan ek nou blik-melk neem!

Nou kan ek saggies lê en slaap
met ouers wat met liefde waak
en tot die dokter se ek’s reg
die skade in my lyf is weg!

Dit self is net ‘n wonderwerk
nou maak ek kwyl-mondjie my merk
en diep spore met trane en geluk
my soentjies is nou wettiglik!

Dankie aan ‘n baie spesiale vriendin wat my gehelp het om hierdie gediggie die lig te laat sien!!! 

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

26 thoughts on “My harts-kind

  1. Dis vreeslik mooi! Is dit vir klein Zee?

  2. Sonkind, ja dit is vir hom, het my nogal lank gevat en moes hulp inroep, wou dit eers Maandag op sy verjaarsdag post, maar kon aan niks anders konstruktiefs dink om te post nie!!, sal maar ‘n koek of iets moet soek vir sy verjaarsdag😉

  3. Dis reg, hy word die 28ste 1 jaar, is dit nie? Mooi gediggie – hoop jy hou dit vir hom tot hy eendag kan verstaan. Hoe voel dit om nou weer ‘n kleinding in die huis te he na soveel jare? ‘n Skok vir die sisteem, he!

  4. Ai Zee… jou gediggie het my vanmôre heel onkant betrap. Dis pragtig!

    My meisiekind verjaar twee keer. Sy kry elke jaar twee geskenke en twee ‘partytjies’. Op die 26ste Oktober, die dag waarop sy gebore is, kry sy ‘n klein geskenk en word daar partytjie gehou saam met haar maats. Op 28 Oktober, die dag wat ons haar gekry het (en ook huis toe kon neem), ontvang sy haar groot geskenk en vier ons as gesin dit saam. Hierdie dag sal ook altyd vir ons spesiaal bly.

  5. Dis pragtig Zee. Jy moet ‘n plakboekie maak met al jou inskrywings vir hom, en dit eendag vir hom gee as hy mondig word. Ek dink dit sal ‘n baie spesiale geskenk wees!

  6. Zee… en weer het jy my in trane! bly trane! ek is bly klein Zee se lyfie gaan nie verder hoef te betaal vir die sondes van sy moeder!! Hy verdien so veel beter, en by julle gaan hy dit kry!

  7. Is ERG mooi….

    Is jy ok? Jy’s te stil???

    ((((Zee))))

  8. dit is pragtig,zee

    Julle liefde is kosbaar vir hom en eendag sal julle sy liefde aan julle net so kosbaar terug kry vir alles wat julle vir hom doen.

    lekker dag

  9. Dit is so baie mooi. Dankie dat jy deel – Ek stem met Dellie saam. n Plakboek is n goeie idee. My dogter is 21 en sy kan nie wag vir haar verjaardag om haar “mamma-boek” te kry nie.

  10. A special poem for a very special angle.
    Jou tannie kan nie wag om jou more te sien nie…sal maandag ook daar wees vir jou birthday.
    Miss jou en lief jou met al my hart.

  11. Toe ek die gediggie lees toe weet ek sommer dis klein Zee. Pragtig, ons sien julle ook Maandag met sy verjaarsdag, moet net eenvoudig vir hom ‘n persentjie bring.

  12. very nice (net-net te diep vir ‘n oppervlakkige skepsel soos ek), maar nog steeds very nice

  13. Dit is werklik iets kosbaars. Dit sê so baie.

    Zee, as ek mag vra, kan jy ons dalk vertel van sy gesondheied? Ek neem aan hy het seker ontrekkingsimptome, ens?

  14. rb, jy mag my enige iets oor dwelms vra, ek is glad nie skaam om te antwoord nie (bygese as ek darem nou die antwoord ken)
    Klein Zee het net ontrekkingsimptome gehad terwyl hy in die hospitaal was, moes nog vir 3 maande medisyne drink, elke dag dieselfde dosis en soos sy lyfie gegrooi het, het hy homself van die “medisyne” afgeween. Tot en met 8 maande terwyl ek na hom by die huis gekyk het was hy nie een keer siek nie – die hele winter deur, eers die gewone “Snot” neusie of twee opgetel by die skool. Hy gaan nou terug pediater toe vir n opvolg besoek volgende week en dan sal sy seker weer n paar toetse doen maar ek vertrou alles sal negatief wees.

    Dankie almal vir julle mooi woorde!! Ek het nooit besef dat daar so baie omgee mense in die kuber wereld kan wees nie!

  15. mooi gedig Zee. Gelukige verjaarsdag more……

    hoop die koek is lekker!

  16. Ai Zee, Kan nie glo ‘n jaar is verby nie. Ek bid vir vreeslik baie genade en liefde vir julle wat almal sulke spesiale mense is. Klein Zee, ek is so jammer dat ek nie daar by jou kan wees as jy jou armpies so uitsteek na my toe nie, maar sal baie aan ou dink met jou jarigheid. Zeetjie, jy is die wonderlikste ding wat met ons familie kon gebeur het. Baaaaaaaaie Liefde

  17. Zee, ek weet nie of ek more naby ‘n rekenaar gaan uitkom nie, dus wil ek sommer nou al vir klein Zee “Happy Birthday” toesing! Mag hy vir jou elke jaar net meer en meer vreugde bring en mag julle die gesondheid, die wysheid en die geduld he om hom groot te maak en die wereld in te stuur en te kan weet – dit was alles oor en oor die moeite werd!

    En mag jou seun eendag langs jou staan, ook gesond, en kan se: “Dankie ma.”

  18. Sonkind, baie dankie vir jou woorde, dit word opreg waardeer!!

  19. Hi Zee,
    Dit was ‘n jaar wat seker met tye te stadig en ander kere amper te vinnig verby gegaan het! As mens terugkyk op ‘n jaar, kan jy nie glo hoeveel goed kan gebeur in 365 dae nie. Ek hoop die volgende jaar is vir julle en klein Zee vol ryke seen. En ek deel Sonkind se wens dat jou seun ook volkome genees sal word, want ek glo dit bly maar ‘n stukkende plek in jou hart. ‘n Drukkie vir die klein mannetjie!

  20. Ek het die foto (met die hondjie by) en die koek-debakel geniet. Baie dierbaar, vol liefde.

  21. Pingback: My gunsteling « Zee Se Scribbles

  22. Zee,
    Ek lees nou net jou comment by Sonkind, en my hart pyn vir jou. Ek dink aan julle. X

  23. Dis pragtig, hoe wonderlik het alles vandag uitgedraai!!!

    Die pragtigste ou seuntjie!! Ons is almal baie lief vir hom.
    Mooi gedig (((Zee)))

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s