Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Vloed Waters!

22 Kommentaar

Dit reën en reën en hou nie op nie.  Sagte reën en somtyd swaar reën.  Nou sit ek vandag hier en wonder of dieselfde lot ons gaan tref soos presies 2 jaar gelede. ‘n Groot wolkbreuk het hier by ons uitgebreek.  Oppad huis toe daardie dag bid ek so by myself dat dit nie daar by ons so hard moes reën nie.  Orals was net water waar jy kyk.  Jy konsentreer so op die pad om potholes te vermy, die sig is omtrent nil en jy ry op ‘n slakke pas huis toe en hoop jy kom veilig by die huis uit. 

Omdat dit so hard gereën het en die sig so swak was het ek geen idee gehad hoe dit voor my huis lyk nie, al wat ek in my kop gehad het was om uit hierdie storm te kom en veilig onder my dak te wees. 

Hieronder is hoe die water ingestroom het terwyl ek die garage deur oopgemaak het.

picture-427.jpg

My man se workshop het onmiddelik oorstroom want water het geen keer wanneer dit eers ‘n stroom het nie, en die water het deur alles begin sypel en later was my hele huis oorstroom.

 picture-423.jpg

picture-481.jpg

Buite het dit soos ‘n dam gelyk.  Ons Koi pond hieronder kan miskien verduidelik hoe groot die omvang van hierdie vloed was.

Hierdie foto wys die normale vlak van die water in die koi pond wat later heeltemal oorstroom het.

picture-453.jpg

Hier begin die koi pond oorloop!

picture-431.jpg

Ok, hierso hoef ons toe nie vir ‘n swembad grou nie, hy het sommer vanself ontstaan.

picture-459.jpg

picture-461.jpg

Met die krag van die water het die dubbel garage deur sommer opgevou.

picture-477.jpg

Buite in die straat het dit soos n rivier gelyk.

picture-438.jpg

Die hoeveelheid water wat later weer opgedam het voor ons huis.

picture-435.jpg

Die omvang van die skade was omtrent R300 000.00.  Al my kaste in die huis moes vervang word, meubels, computers……. 

Manlief besluit toe dat ons maar moet trek, en ekke wil nie, wat is die odds dat dit weer sal gebeur en presies ‘n maand later gebeur dit weer.  Hierdie keer was daar die kontrakteurs wat besig was om die eerste vloed se skade reg te maak en hulle het gelukkig die watervloei ge-reroute en geen water het in die huis ingekom nie.  Buite het die water opgedam tot omtrent heup hoogte en ek was bang op een stadium dat die glas skuif deure gaan meegee. Hulle het toe my buurman se muur platgeslaan om die water vloei straat se kant toe te laat vloei. 

Daar is baie veranderinge aangebring vir die watervloei wat gelukkig deur die assuransie betaal was om te verhoed dat dit ‘n derde keer gebeur.

My huis het ‘n mo@rse spring clean gekry!

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

22 thoughts on “Vloed Waters!

  1. Hahaha! Wow…dis nogal ‘n vloed en ‘n half wat jy daar aan die gang gehad het Zee! Lyk my julle moet maar begin kyk na kanoes? En “water-wings” vir die wat nie so lekker sterk swem nie.

    Dis ‘n vet gemors wanneer die water deur jou huis wil hardloop – ek dink baie gebiede kom eers met ‘n groot reen agter hoe hulle die storm aflope toegebou het waar die water wil deur en uit. Ek weet die een kompleks waar ek gebly het was so effens teen ‘n skuinstetjie gebou en die kontrakteurs het nagelaat om gate in die onderste buitemuur van die kompleks te maak vir die water om deur te kom wanneer dit reen. Toe maak die water maar self een…ook maar goed so want die ou op die onderste punt was al besig om sy goed soveel as moontlik op te piekle na die loft toe want die water was al so te se by sy deur toe die muur uiteindelik gees gegee het.

    Jou tuin (die stukke wat mens kan sien bo die water) lyk baie mooi btw).🙂

  2. Sjoe! Dis erg. Ek kan nie glo die skade was soveel nie!

    1997 Het ‘n vloed ons ook getref in Moreletta Park. Gelukkig was ons pas getroud en het nie baie gehad nie, maar dit was nogal ‘n weird gevoel om te kyk hoe dryf al jou goed rond in die water IN JOU HUISIE. Ons heining het ook gebreek van al die vloedwater wat van die (afdraende) pad af direk in ons erf ingeloop het.

  3. Roer, omtrent al my meubels het water skade gehad en moes vervang word. Al die kaste, yskaste se motors het geblaas, grassnyer, weedeater, elektriese tools (as jy so na die garage werkswinkel kyk). Ek het eintlik ‘n heel splinternuwe huis gekry as ek so daaraan dink😉

  4. Ag, mens, spaar my daarvan! Dit moet erg wees! Die naaste wat ek aan oorstroming gekom het was die een aand toe ons sit en tv kyk en met die omkykslag sien ek net hierdie bruin water oor die vloer aangespoel kom. Al die water het onder ons voordeur ingekom, want van die hek af is daar geen ander plek as na ons toe nie. Maar dit was darem nie heuphoogte nie – baie handdoeke kon nog die trick doen!

  5. Die grond is al oral oor versadig, die water sak net nie meer nie.

    Saterdag toe ek van die Noord af terug huis toe, besef ek eers in watter toestand ons paaie is, jy koes vir gatte sover jy ry, so end van ons af, is daar ‘n gat in die pad, die gat is al amper die hele pad vol, die ding word net groter en groter en dieper, en naby die golfbaan lyk dit of die pad “krimp”!

  6. Shit, ek weet nie of ek dit sou oorleef nie. Ek’s baie lief vir reën en water, maar wat genoeg is, is darem genoeg . . .!

  7. Sterkte met julle skade. Dink aan julle! Eks mal oor reen….. Ek sien dit so: uit ons eie uit gaan ons nie genoeg water he om al die poef langs die shacks skoon te spuit nie, dalk is dit die rede hoekom dit so baie reen, dinge sukkel bietjie om skoon gespoel te kom op spesifieke plekke, nou moet almal maar suffer! Apartheid se skuld, seker!

  8. Sjoe, gelukkig het ek nog nooit eers ‘n vloed gesien nie! Al oorstroming wat my al getref het is toe my wasmasjien die gees gegee het!!!

  9. Nice Blog Zee…

    Sal weer draai kom maak….

  10. Een standaard groot moerske EISH!!!!!!!

  11. Het julle toe die swembad gehou?😆

    Dit reen nou al ook van gisteraand af by ons, en soos Sharkie sê, die grond is so versadig dat die water nie meer weet waarheen nie. Gelukkig bly ek op die tweede verdieping, dit

  12. …gaan lank vat voor die water by my uitkom! Maar dis net ‘n modderspul oral, die hele “beach” is oorstroom.

  13. Ai Dellie, as ek kyk hoe die reen aanhou (nie dat ek omgee nie, al die plante groei mooi), die grond raak nie meer versadig nie want ons bly op leiklip, en dis omtrent dieselfde tyd as 2 jaar terug, gaan ons dit weer kry al het ons moewiese dreinering systems laat insit wat gelukkig deur die assuransie betaal is, my bure agter het so 1m2 gat in hulle muur agter om die water te laat vloei! Gaan dit weer gebeur? Ek hoop nie so nie!

  14. Hi Zee,

    Ek het niks teen reen nie, maar ek sou graag wou sien hoe lyk die son vir ‘n slag. Dit reen hier vir ‘n week aaneen, en dalk is ons gelukkig om een droe dag te he voor dit weer begin reen. dis nie vloed reen nie, maar aanhoudende-24-uur-‘n-dag-reen. En dis koud! In die middel van die somer het ons maar nog min somer gesien. As ek kla oor die reen dan is dit die manne wat se…”dis lekker as dit reen – die aarde is droog – en die plante het dit nodig” Se die man wat nie wasgoed moet was nie!!! 😉

    Lekker daggie
    Sonneblom

  15. Sonneblom, stem heeltemal saam met jou, almal word nou siek van hierdie weer, klein Zee sit met hoeveel somersklere wat hy nie kan dra nie, hy moes al ‘n hele paar keer geswem het maar dit bly net te koud om hom daai experience te gee!!

  16. lewe hell, maar dis nat daar by julle! good luck en hou kop bo water, ek hoop nie die water skade gaan te erg wees nie…

  17. Hi Triston, Hierdie vloed het presies 2 jaar terug gebeur!! Hou maar duime vas die dreinering werk hierdie keer want die reen hou nie op hier by ons nie!😉

  18. Hi Zee

    Ek is nuut op jou blog. Dit lyk verskriklik. Ek is net so mal oor die reën, maar liewer vir my meubels en persoonlike goedjies. Wil hulle nie graag sien ronddryf nie. Waar in ons ou wêreld bly julle?

    Annie

  19. lol… sal my leer om dinge beter te lees!😆

  20. Zee se see….

  21. Costello, jy is snaaks!!!! Het amper hierdie week gedink ek gaan weer in die “see” wees hier by ons😆

  22. Sterkte met alles Zee!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s