Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

Never Alone

19 Kommentaar

Gaan loer gerus ook by Dellie en Sonkind en by Karoles oor die verskillende tipes dwelms, gebruike en simptome.

 Vandag is jy 24.  Vanoggend bel ek jou om vir jou geluk te wens maar ek glo nie dat jy eers bewus was van wat ek vir jou gesê het nie. Jy was seker “high”.  Eers later sou ek uitvind dat jy net wakker geword het, ek is jammer dat ek geglo het dat jy so vroeg al onder die invloed van dwelms was.

Ek tjank al die hele dag oor jou.  My hart is al die hele dag so seer.  Jy is ver van my af, letterlik en figuurlik en ek kan nie eers vir jou ‘n drukkie gee nie.  Geluk met jou verjaarsdag, mamma is baie lief vir jou en ek weet dat jou Guardian Angel oor jou waak.  Ek wens dat eendag op jou verjaarsdag ek jou weer in my arms sal kan toevou en net drukkies en soentjies kan gee.

Onthou jy toe mamma jou in die tronk laat sit het om jou te probeer help het,  het ek hierdie liedjie vir jou gegee om elke dag te lees om te onthou dat jy nooit aleen hoef te wees nie.  Weet dat sodra jy Hom vra om jou te help jy verlos sal word!

When you’re sitting on your own in a room that feels so cold,
I am here in every place and time when the cry of your heart is echoing in the dark.
I am here for every tear that falls, I’ll dry it up
For every storm in your heart, it’s in Me you must trust.

You will feel the warmth of sun in your life; you won’t run I am here,
Give your body a brand new breath; give your walk a brand new step,
No mountain to high,
I am here for every tear that falls,
I’ll dry it up for every storm in your heart,
It’s in Me you must trust.

You’re never alone, no need to be alone, cause I am everywhere,
I’m the rock that you lean on, you’re never alone.
I’m right in your heart right by your side, you’ll never be lonely.

Even if a whisper scares you any day any time and place,
Even if a dark clouds ahead you or a raging storm takes you on,
Know that….

YOU’RE NEVER ALONE

 (Liedjie deur Rory McLaren)

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

19 thoughts on “Never Alone

  1. Damn! Nou laat jy my tjank…

    Eendag sal als weer ok wees! Glo en bid net!

  2. So dra ons elkeen ‘n kruis of twee. Ek glo God het vir ons elk ‘n kruis gegee wat pas by die krag wat hy ons gegee het om dit mee te dra. Dit is as ons ophou glo dat ons struikel en swik onder die gewig daarvan. Sterkte.

  3. Ai, Zee. Woorde is onvoldoende om vir jou te sê hoe ek saam met jou voel. Wens ek kon jou net ‘n hug gee, soos in regtig, sodat jy kan weet, jy is nie alleen nie.

    Dis waar wat Jo-Ann sê. God gee nooit vir ons ‘n las wat te swaar is om te dra nie, al voel dit baie dae so. Solank ons net nie ophou glo dat Hy ‘n doel met daardie las het nie.

  4. ((Zee)) Sterkte vir jou en jou gesin! Moet nooit ophou hoop nie asb.

  5. Zee,
    ek hou nou al ‘n rukkie hierdie inskrywings van jou dop en het tot vandag nie ‘n comment gelos nie. Nie omdat ek nie wou nie, maar dood eenvoudig omdat dit my sprakeloos laat.

    Ek weet hoe ek grootgeword het, maar nie eens dit kan my begrip gee vir die enorme omvang van die omstdigheid rakende jou kroos nie.

    Ek weet hoe ek voel oor my eie 2 jarige seuntjie en die eis binne in my as ek net dink dat hy dalk seer het of siek is. menigvuldig dit met ‘n oneindigheid en ek dink nog steeds los dit ‘n totale wanbegrip van hoe dit regtig is.

    My hart gaan uit vir jou.

  6. Zee………………………………………………ek voel jou hartseer……………en ek skarrel rond in my brein om iets te kry wat ek vir jou kan se om jou te bemoedig………………maar ek kry niks………net een helse koue vrees! Ek stem saam met Jasper, ek het ook 2 jong seuntjies…….Ek en Ruben het gister verjaar (hy’s nou 7 jaar oud Tannie) Sterk wees Zee……..ek glo altyd dat hartseer en pyn n mens louter…..teen alles. In die boek “Wild Palms” se die skrywer, as hy moet kies tussen pyn en niks………sal hy altyd pyn kies…..ek weenie! As ouer weet ek nie wat ek sal doen as ek nie meer my klein goeters kan n drukkie gee nie. Sorrie…soos ek reeds gese het, weet ek nie wat om vir jou te se nie….net sorrie en wend jou blik opwaarts onthou “Die heer droog al die trane af…verby is droefheid dood. Ja pyn en smart wyk uit die hart” Ek dink aan jou!

  7. Dankie julle, dit was baie swaar vir my Saterdag, dan moet ek nou ook weer vanoggend hoor dat hy C se ma se plek letterlik omgekeer het vanoggend en dat sy dalk uitgeskop kan word, ek wens partykeer ek kan hom net heeltemal uit my gedagtes verban want ‘n mens wil nie meer seer kry elke dag nie, en weet julle, klein Zee het dit so aangevoel die naweek en tot hy was onrustig, vanoggend besluit, hy moet homself nou help en as ek weer met hom praat al wat ek vir hom gaan sê dat maak nie saak wat nie, ek bly nog lief vir jou maar jy moet die GROOT besluit nou neem, ons kan jou nie meer help nie. Thanks nou voel ek sommer baie beter!

  8. Hi Zee, ek was weer internetloos oor die naweek, het so pas weer aangekom.
    Dis ‘n moeilike situasie, ne. Aan die een kant is jy sy ma en wil die pad vir hom reguit maaak, maar aan die ander kant is hy ‘n volwasse man en moet hy self sy paadjie stap. Ag, man, hoe oorleef ‘n ma se hart dit?? Sterkte.

  9. (((Zee)))

  10. Sterkte Zee, ek het ook nie woorde nie. Ons kan maar net bid en glo!

  11. My hart gaan uit na jou, Zee, ek het ook ‘n storie om te vertel, maar ek sal dit op my blog doen. Kom loer. (((Zee)))

  12. (((Zee))) ai vrou watse woorde maak dit ok, vluister dit in my ore en ek sal dit vir jou se?? Maar ek weet hoeveel n eenvoudige “ek dink aan jou” beteken. So ek dink aan jou en joune… sterkte!

  13. Sal saam met jou bly bid.

  14. Geloof, Hoop en Liefde bly – en die grootste hiervan is die Liefde!! Jou kind moet altyd weet hoe lief julle hom het – die Here sal sy hand ook vat, ons moet net glo en hoop!

    Dink aan jou Zee!! xxx🙂

  15. Weet julle né, die inskrywing laat my nou weer dink – ek is so geneig om maklik oor die kleinste probleempie te kla – tot ek die las sien wat ander mense moet dra! Dan sak ek my kop in skaamte en sê nederig DANKIE vir al die seëninge wat ek elke dag ontvang!

    En Zee, ek vra verskoning – ek was verkeerd in my opmerking hierbo – die Here het klaar sy hand gevat – hy moet net SELF die besluit maak om saam met Hom te loop!!

  16. Aan almal (((Huggssssssssss)))

    Kyk uit vir klein Zee se gediggie vir sy 1ste verjaarsdag!

  17. Pingback: Kinderdief « Sonkind

  18. Pingback: Happy Birthday x 3 « Zee Se Scribbles

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s