Zee Se Scribbles

Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor

My Storie (2)

28 Kommentaar

Dag 4

Die Maatskaplike werkster wil ons dringend sien.  Sy gaan ‘n hofbevel kry om klein Zee in pleegsorg te plaas.  Ons sê toe nee, dis reg, ons het nie ‘n probleem met dit nie, ons sal al die nodige goed kry (doeke, melk, ens) en wanneer hy uit die hospitaal kom, kan hy sommer reguit na ons toe kom. 

Skokkende nuus volg, sy gaan hom nie by ons in pleegsorg plaas nie maar wel by ‘n paartjie wat al derduisende rande spandeer het om kinders te probeer kry.  Die vraag aan haar – wat het hulle wat ons nie het nie – geld?  Julle moet verstaan dat op daardie stadium die gemoedere baie hoog geloop het aan alle kante.

My man het met my begin praat oor aanneming omdat hy kon sien hoe seer ek binne gehad het.  Ek as ouma kon nie toelaat dat enige een hom van my af wegvat nie en ons het begin baklei vir hom.  Klein Zee se ouers het ingestem om hom af te teken ten gunste van ons en niemand anders nie.  Die MW kon nie anders as om aansoek in die hof te doen dat wanneer klein Zee gesond genoeg was om huis toe te gaan hom in ons (pleeg)sorg te plaas nie.

Dag 7 – Zee is van die respirator af en kan alleen asem haal alhoewel hy nog elke 4 uur morfien vir die pyn kry.

zee-1a.jpg

Wat ‘n geskarrel om al die papierwerk reg te kry want ons het nie geweet wanneer die pediater hom sou ontslaan nie.  Die papierwerk moes net reg wees anders sou die MW hom by ‘n halfweg huis plaas totdat die hof die papiere geteken het.  Dag 10 is die papierwerk gedoen.  Dag 15 bel die hospitaal en sê dat hy kan huis toe kom.  Wat ‘n wonderlike dag!!!

My moeder staan reg by die huis om te help, julle moet onthou ek het 20 jaar terug laas ‘n baba in die huis gehad!  (Mamma het sommer intussen vir my ‘n stork party gereël en ek sê julle, ek het nie nodig gehad om enige iets vir hierdie kleinding te koop vir 3 maande nie)

Zee het van dag een by die huis ten spyte wat die susters in die hospitaal gesê het glad nie meer geskreeu nie en het net elke vier uur wakker geword vir sy voeding.  Dis asof hy geweet het dat hy nou veilig is en niks of niemand hom meer enige skade kan aandoen nie.  Hy het nog vir die volgende 3 maande elke aand om 10uur 3,1ml medisyne gekry en soos hy gewig opgetel het, het hy homself van die medisyne af “geween”.  Volgens sy pediater kan sy geen newe effekte sien op hierdie stadium nie en hy is so normaal as wat kan kom, tenspyte van wat hy moes deurmaak.  Ek weet verseker dat die Here hierdie kleinding geskape het met ‘n baie groot doel.

2 dae by die huis en klaar katjie van die baan

zee-2.jpg

Op een stadium was hy so moeg dat hy sommer so in oupa se hande aan die slaap geraak het

zee-7.jpg

Die volgende 60 dae was vir my en man man hel, die kinders het 60 dae gehad om die aanneming terug te trek en die kanse was baie goed dat sy mamma dit sou doen want sy is baie onvoorspelbaar, een dag sê sy so en die volgende dag kan sy nie onthou wat sy gister gesê nie.  Ek het hulle maar “gesweet talk” en baie van hulle nonsens gevat tot ek geweet het hulle kan nou niks meer doen nie.

Ons het deur baie toetse gegaan by sielkundiges, die MW het talle onderhoude met ons gevoer en uiteindelik op 10 Mei 2007 is hy wettiglik aan ons toegestaan.  Nou het ek geweet dat niks en niemand hom meer van ons kon wegvat of seer maak nie. 

Hierdie kleinding is nou wel my kleinkind wat ek nou as my eie grootmaak en wat ek nou hier gaan sê sal seker my eie dogter seer maak maar ek voel vir hierdie kleinding iets wat ek nie vir my eie kinders gevoel het nie.  Hy is baie “special” en is met ‘n doel op hierdie aarde gesit.  Dis asof hy ‘n hele paar mense se lewe met ‘n oogwink verander het in ‘n baie positiewe way.

 En hier is hy, 2 dae nadat hy wettiglik ons sin geword het – Ouma se engeltjie

engeltjie.jpg

Author: Zee

Waarvan die hart van vol is, loop die mond van oor....

28 thoughts on “My Storie (2)

  1. en jy worry oor die woorde?

    Jy kruip dieper en dieper in my hart in….

  2. Zee, dis voorwaar ‘n wonderwerk. Dink net hoe alles uitgewerk het. Zee is nie geaborteer nie. Hy het geen gevolge oorgehou van sy ma se verslawing nie. Ek glo daar is ‘n rede hoekom daai outjie hier is.
    (En siestog, oupa lyk gedaan op daai een foto!)

  3. Ek is so bly vir julle part . . . Hou ons asb op hoogte – ons voel elke stap saam. EN die foto’s is baie welkom!

  4. Ag hy is te pragtig, Zee! En ek kan heeltemal verstaan dat jy ‘n baie spesiale plekkie vir hom het. Ek is so bly dinge het tot ‘n punt gekom, en ek weet hy gaan jou sommer nog baie trots maak! Hy is ‘n regte klein vegtertjie.

  5. Nie baie ouers sal gedoen het wat jy gedoen het nie. Dank die Here hy is nie nou op straat of erens in ‘n asblik nie. Het juis nou die dag weer van so ‘n geval gelees. Ek kry yskoue rillings as ek net daaraan dink! Hoe kan mens so ‘n onskuldige dingetjie leed aandoen?! Mag die Here julle gesin ryklik seën!

  6. Ek is bly vir julle dat julle vir klein Zee uit die kloue van die sisteem kon red.

    Ek is bly vir Zee se biologiese ouers. Eendag dalk as hulle uit die kloue van die dwelmmonster kan ontsnap, sal hulle nie nodig hê om te wonder wat van die kind geword het nie.

    Maar meeste van alles is ek bly vir Zee. Elke kind verdien om liefgehê en beskerm te word.

  7. En n engel die is hy!! Pragtig, ek verstaan die gevoel. my seun het self so op suurstof gelê en veg (al twee keer)en ek dink as jou (klein)kind so na aan die dood stap dan is jy net daai titsel meer dankbaar as hy deel is van jou lewe – en so ook die gevoel dat die liefde vir die een mensie baie anders is as enige ander liefde.

    weer eens dankie dat jy met ons deel – Zee is

  8. Dankie almal vir julle mooi woorde, Zee het in die laaste 11 maande vir ons nog net plesier gebring, hy is ‘n baie “determent” ou mensie en weet presies hoe om almal om sy pinkie te draai.😉
    Mens kan nie dink dat vir die eerste 8 maande hy nie eers ‘n ou verkoue (deur die winter) gehad het nie. Hy het seker gemeen hy het genoeg van siekte gehad die eerste 2 weke van sy lewe.

  9. ZEE sjoe dit is hartseer, en ook aan die ander kant so mooi, hy is pragtig, dit is dan ‘n geskenk van GOD, bederf julle hom maar, hy verdien dit!!

  10. Uiteindelik kon ek rustig hier kom kuier. Baie dankie vir jou!

    Ek weet maar te goed hoe stadig 60 dae verby kan gaan. Tot daardie papiere in jou hand is, bid jy elke liewe dag om.

    Klein Zee is pragtig!

  11. Ag nee jong. Ek het nou ‘n groot knop in my keel. Daai laaste foto…as dit nie is hoe engeltjies lyk nie, dan weet ek nie. Onbeskryflik mooi. Sterkte vir julle.

  12. Zee, dankie vir jou kuier op my blog – jy was so wrintiewaar die eerste comment vir 2008! Klein Zee is die pragtigste dingetjie! Na als, besef mens dat daar altyd ‘n doel is – veral met ‘n nuwe lewe. Kinders is precious en hy is gelukkig om so stunning ouma en oupa te he. xxx

  13. Jou storie is baie goed, en ek is bly jy doen dit, dit help om alles uit jou hart te kry. Ek bid nog steeds vir julle almal,
    en is vrek lief vir klein Zee.

    Lovies

  14. Ek het ‘n broer wat ons lewe vir bykans vyf jaar in hel laat ontaard het toe hy kokaien begin gebruik het. Elke kort kort het hy vir sommer ‘n week weggeraak. Die spanning en die rusies en die wonder wil ek niemand toewens nie. Veral nie vir ouers wat moet deurgaan wat julle het nie. Baie sterkte. Dwelms is ‘n gruwel wat elke mens betrokke daarby tot in die diepste put van wanhoop trek.

    Gelukkig vir ons is my broer nou al 4 jaar skoon, suksesvolle prokureur, getroud en hulle eersteling is oppad. Ek wens julle dieselfde geluk en vrede toe.

  15. Hi rsr, ja, sy hel hou nou al seker so 8 jaar aan, in en uit rehabs en ons is nou juis weer besig om te probeer om hulle deur die hof weg te stuur vir at least 2 jaar, want hierdie short term (4-6 weke) werk net nie vir hulle nie. Dit is n tydsame proses, hulle stuur jou hierna toe en dan daarna toe, het hoeka met die ou in die gov gepraat wat besig is om die nuwe dwelm wet te skrywe, en hy was darem baie behulpsaam. Ja, ek moes hoog gaan net om te weereens te probeer hulp kry wat geld het ons nie meer vir die private instansies nie.

  16. Hey, sterkte! En geniet die kleinding.🙂

  17. Zee, mense soos jy maak my skaam – ek bedoel dit goed in jou rigting.
    Ek kry skaam vir alles waaroor ek altyd so kla, ek het geen rede as ek sien waardeer ander mense moet gaan!
    Sterkte, ek sal graag meer oor jou en die kinders wil hoor. Ek dink ek is te naief om te besef hoe WERKLIK iets soos dwelms is. Gelukkig was ek nog nooit met so iets gekonfronteer nie, maar ek het ‘n 5 jarige dogtertjie en weet nie wat die toekoms vir haar inhou nie.
    Weereens STERKTE!!

  18. liewe zee, ek het toevallig op jou blog afgekom en is werklik diep geraak deur alles wat julle en klein zeethan al moes beleef. maklik kon dit beslis nie wees nie. my hart is seer oor wat in jul lewe gebeur het en ek het die grootste bewondering vir julle as oupa en ouma van klein zee. ek is self ‘n ouma van 1 en het al menigmaal ernstig daaroor gedink om my kleinkind te gaan haal en self groot te maak. die verskil is net dat ek besef fisies sal ek nie kan volhou daarmee nie. wens ek kon. sterkte vir die toekoms, ek glo dat Hy sal voorsien soos wat Hy reeds gedoen het. groete, matty

  19. Matty, baie dankie, ja, dit vat baie uit ons uit, maar dit is die moeite werd x millions!!!

  20. Hallo kleinman. Jy is BEAUTIFULL!!!

  21. Lol ek lees nou elke storie van begin tot einde, dis wonderlik om te sien die mannetjie het so goed herstel, wys ons net wat geloof en God kan doen. Zee ons is so dankbaar vir mense soos julle.

  22. Beste Zee

    Dis vandag die eerste keer wat ek die verhaal lees…ek sit hier, stom en sonder woorde.
    Al wat ek kan kry is: Genade is Groot. Ek haal my hoed af vir julle, hoor!

    Mag jy en Zeethan en oupa hierdie Kersfees die grootste geluk en liefde ervaar. Daardie knapie is my hero.

    x
    Sonia

  23. Ek kuier nou vir die eerste keer hier en Zee
    “you are special”

    Die pad wat jy moes stap, steeds moet stap, is nie iets wat ‘n mens enigeen toebid nie.

    Mag julle genade ontvang, veral ten opsigte van die res van hierdie jaar tot Nov…

  24. Dankie Tannie Ogies..🙂
    Izak.. dankie, weet jy, ek dink die mannetjie is dalk te slim vir woorde🙂
    Sonia… Dankie vir jou inloer hier, ek weet nie hoe ek so van die kommentaar hier gemis het nie. En ja, ons het die wonderlikste Kersfees gehad.
    Huisvrou.. welkom hier! Weet jy, ek sien nogal uit na Nov… hopelik om my kind terug te hê by ons. Ons sal wel ‘n uitkoms hê by daardie tyd oor hoe, waar en wat ons met sy lewe vorentoe wil hê… Nee, wat hy wil hê!

  25. Dit is regtig ‘n touching storie. want my een vriend se verloofde was ook ‘n dwelm verslaafde op wie weet wat het ook ‘n baba seuntjie gehad en haar baba weg gegooi. My vriend maak aleen sy baba’tjie groot en nou twee jaar later het hy al 10 mammas want ons almal spring in en help waar ons ka. Baie liefde vir die baba want hy is baie spesiaal groete me🙂

    • Hi Bella, welkom hier op my blog. Ai, dit bly maar ‘n hartseer storie as so iets gebeur. Dit is wonderlik dat julle die vriend so bystaan.
      Onse kleinman se pa gaan een van die dae by die huis wees, en ek bid net dat hy alles in sy wêreld sal wees en ook ouerskap kan ervaar.

  26. Halo aan al ons Suid Afrikaaners, Ek en my vrou is al 18jaar getroud ons kan nie kinders he nie maar wil baie graag. Ons wil baie graag n kind aanneem , as daar iemand is wat ons kan hulp aanbied of kan help sal ons dit baie wardeer. My E-mail adres is : 0786428763@mtnloaded.co.za Baie Dankie , Jaco en Lizette

  27. Jaco, ek wens so ek kon vir jou se wat om te doen, maar ek dink die maklikste is seker n Maatskaplike werker.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s